Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » i.v.m 'n au pair in Columbus
i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19902] Vr, 15 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
My skoonsus se dogter het die week as au pair in Columbus, Ohio begin werk.
Die eerste week was alreeds traumaties met haar intrap slag: die twee
kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
(nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
vinnig leer hoe om kreatief te wees.

In alle erns, die tweede dag het sy baie tranerig, hewig na die huis verlang
en nadat haar ma afgelui het sit die ma in trane oor haar arme kind! Die
derde dag het sy verneem dat haar internasionale bestuurslisensie om een of
ander rede nie erken word in Amerika nie, sy moet weer 'n toets deurgaan.
Weet julle miskien hoe dit werk?

Groete

Shannon

sonder die 'kol' in my service provider sal die pos my bereik.
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19903 is 'n antwoord op boodskap #19902] Vr, 15 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 15 Jan 1999 09:01:33 +0200, "Shannon"
said the following:

|My skoonsus se dogter het die week as au pair in Columbus, Ohio begin werk.
|Die eerste week was alreeds traumaties met haar intrap slag: die twee
|kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
|(nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
|Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
|doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
|vinnig leer hoe om kreatief te wees.

Sê sy moet die volgende probeer: Gaan biblioteek toe en kry die video
of die boek met die titel 1-2-3 Magic. Sy kan sonder vrees dat haar
Amerikaanse werkgewer ook daarna kyk - dis 'n dissipline metode wat
absoluut geen emosie of hardhandigheid insluit nie. Dis ontwerp vir
kinders met ADD (Attention Deficiency Disorder) maar werk ewe goed op
enige kind.

Die ander raad is dat haar ma haar vir so twee weke moet ignoreer - al
is dit hoe swaar. Hoe meer hulle bel, hoe swaarder is die skeiding.
Sê vir haar sy mag vir twee weke nie haar ma bel nie - net sodat daar
van die voorskoot lintjies kan losgaan.

Ons het al 'n paargevalle hier gehad waar dieselfde gebeur het met
beide enkellopendes en met jong getroude dames.

Die meisie moet ook so gou moontlik probeer kontak maak met die ander
au pairs wat daar is - hulle ondersteun mekaar baie lekker.
|
|In alle erns, die tweede dag het sy baie tranerig, hewig na die huis verlang
|en nadat haar ma afgelui het sit die ma in trane oor haar arme kind! Die
|derde dag het sy verneem dat haar internasionale bestuurslisensie om een of
|ander rede nie erken word in Amerika nie, sy moet weer 'n toets deurgaan.
|Weet julle miskien hoe dit werk?
|
Ek weet nie hoe dit werk nie - ons het 'n paar maande gehad voor ons
Amerikaanse lisensies moes kry, maar hoe gouer hoe beter - dis al ID
wat jy het en word gedurig daarvoor gevra.

Die au pairs wat ons al hier in Minnesota raakgeloop het, gaan sommer
binne 'n week of drie vir hulle Minnesota lisensies.

Vra maar as daar nog iets is.

Johan
Minnesota, VSA

Johan
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19928 is 'n antwoord op boodskap #19902] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Betsie  is tans af-lyn  Betsie
Boodskappe: 6
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Sy sal gou aanpas, die Amerikaners is baie easy going en oor die algemeen
baie vriendelik.

Die bestuurslisensie is maklik. Hulle gee n boek uit wat jy moet leer
(maklik) en dan gaan jy in vir jou toets - eers skryf jy, en dan reel jy
om weer te gaan om dan die rytoets te doen. Soos ek se, dit is baie
maklik, ek het met flying colours deurgekom en as ek dit kan doen, sal sy
ook.

Ek sou graag wou weet hoeveel sy betaal word en wat haar pligte is, want n
kollega van my is nogal gretig om n au pair te kry, maar sy weet nie watter
agency die beste is nie.

Shannon wrote in article
...
> My skoonsus se dogter het die week as au pair in Columbus, Ohio begin werk.
> Die eerste week was alreeds traumaties met haar intrap slag: die twee
> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
> Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
> doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
> vinnig leer hoe om kreatief te wees.
>
> In alle erns, die tweede dag het sy baie tranerig, hewig na die huis verlang
> en nadat haar ma afgelui het sit die ma in trane oor haar arme kind! Die
> derde dag het sy verneem dat haar internasionale bestuurslisensie om een of
> ander rede nie erken word in Amerika nie, sy moet weer 'n toets deurgaan.
> Weet julle miskien hoe dit werk?
>
> Groete
>
> Shannon
>
> sonder die 'kol' in my service provider sal die pos my bereik.
>
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19929 is 'n antwoord op boodskap #19902] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Henry  is tans af-lyn  Henry
Boodskappe: 16
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Hallo Shannon

Daar is iewers iets fout. As jou skoonsus se dogter 'n geldige SA
bestuurderslisensie het, en 'n AA internasionale rybewys, mag sy in die VSA
bestuur. Ek vermoed die kwessie van anvaarding kom hier ter sprake: hier in die
VSA het mense nie 'n ID-boekie of ID-nommer soos in SA nie. As jy jouself moet
identifiseer (soos in 'n winkel as jy met 'n tjek betaal, of om watter rede
ookal) vra hulle outomaties na jou bestuurderslisensie, omdat dit universeel in
die VSA as 'n soort ID dokument dien. Jou foto is daarop, en daar is 'n unieke
nommer op. Jy kry dit net as jy weer die bestuurstoets in die betrokke staat
aflê (Ohio, in die geval). Dis nie regtig 'n pyn om dit af te lê nie - ons moes
net die rekenaargebaseerde toets slaag, en toe met die toetsbeampte om die blok
gaan ry om te bewys ons kan aan die regterkant bestuur en die verkeer beheer. O
ja, en parallel parkeer. Die hele petalje het hier (Pennsylvania) omtrent 'n uur
geduur, en $29 gekos.

Maar jou skoonsus se dogter hoef dit nie te doen nie. As ID kan sy haar paspoort
(en/of visum) gebruik. Met die AA Internasionale rybewys kan sy 'n jaar lank
wettiglik rondry. Teen daardie tyd is sy alweer terug by Ma.

My dogter was ook au pair; en ons woon nou hier. Ek weet wat au pairs deurmaak.
Dis twyfelagtig of my dogter (wat origens 'n BAIE goeie gesin gekry het) iemand
maklik sal aanraai om au pair te wees. Maar eenmaal daarin, moet jy net
deurdruk. Die wins (nie net materieel gesproke nie) is baie groot - as jy die
geleenthede aangryp.

Sterkte. En laat weet as jy nog iets wil weet. As ons kan help (morele steun en
so aan) kan sy ons skakel. Laat weet maar. Ohio is nie te ver van Pennsylvania
af nie. In elk geval nie meer as so vyf uur per motor van waar ons woon tot by
Columbus nie.

Henry

Shannon wrote:

> My skoonsus se dogter het die week as au pair in Columbus, Ohio begin werk.
> Die eerste week was alreeds traumaties met haar intrap slag: die twee
> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
> Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
> doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
> vinnig leer hoe om kreatief te wees.
>
> In alle erns, die tweede dag het sy baie tranerig, hewig na die huis verlang
> en nadat haar ma afgelui het sit die ma in trane oor haar arme kind! Die
> derde dag het sy verneem dat haar internasionale bestuurslisensie om een of
> ander rede nie erken word in Amerika nie, sy moet weer 'n toets deurgaan.
> Weet julle miskien hoe dit werk?
>
> Groete
>
> Shannon
>
> sonder die 'kol' in my service provider sal die pos my bereik.

Shannon wrote:

> My skoonsus se dogter het die week as au pair in Columbus, Ohio begin werk.
> Die eerste week was alreeds traumaties met haar intrap slag: die twee
> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
> Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
> doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
> vinnig leer hoe om kreatief te wees.
>
> In alle erns, die tweede dag het sy baie tranerig, hewig na die huis verlang
> en nadat haar ma afgelui het sit die ma in trane oor haar arme kind! Die
> derde dag het sy verneem dat haar internasionale bestuurslisensie om een of
> ander rede nie erken word in Amerika nie, sy moet weer 'n toets deurgaan.
> Weet julle miskien hoe dit werk?
>
> Groete
>
> Shannon
>
> sonder die 'kol' in my service provider sal die pos my bereik.
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19951 is 'n antwoord op boodskap #19902] So, 17 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
> Shannon wrote:

die twee
>> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat' -kinders!
>> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
>> Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
>> doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere. Maar ek dink sy sal
>> vinnig leer hoe om kreatief te wees.

Wel, miss piggy sal tog 'n stuiwer in die
armbeurs gooi. Veral oor die gebruik van
die woord "tipiese" voor Amerikaanse "spoilt
brat" kinders. Ek dink nie Amerikaanse
kinders is oor die algemeen meer spoilt
brats as wat 'n deursnee Afrikaner kind
is, veral teenoor die bediendes in die
huis nie. Wat egter in ag geneem moet word,
is dat die au pair begin werk vir mense
wat in die eerste plek welgesteld moet
wees om 'n au pair te kan bekostig. Hulle
kry 'n au pair dan ook gewoonlik om vir
die ma vrye tyd te kry om ander dinge
te doen. Dus het jy al klaar moeilikheid:
die kinders kry nie genoeg aandag van
die ouers nie, en nie genoeg dissipline
van die ouers nie, en siedaar: enige
au pair loop hom/haar gewoonlik in 'n
disfunksionele familie vas. Dis die
storie wat ons baie hier hoor in Kanada
waar studente au pairs word in Frankryk
om hulle Frans te oefen. Ek kry die
indruk dat au-pair-wees nou skielik
vreeslik "in" geword het in SA. Ek kry
ook die indruk dat die jongmense hierheen
kom met onrealistiese verwagtinge. Hulle
word, after all, omtrent in diens geneem
as aia, when all is said and done. En
om 'n aia te wees, is harde werk.

Mademoiselle Piggee
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19958 is 'n antwoord op boodskap #19902] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
>> Shannon wrote:
>
> die twee
>>> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat'-kinders!
>>> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
>>> Piggy te ontlok nie! ;-) Sy kan nie vir hulle vertel wat om te speel of
>>> doen nie, sy moet spring na hulle grille en giere.
> Maar ek dink sy sal
>>> vinnig leer hoe om kreatief te wees.
>
> Wel, miss piggy sal tog 'n stuiwer in die
> armbeurs gooi. Veral oor die gebruik van
> die woord "tipiese" voor Amerikaanse "spoilt
> brat" kinders. Ek dink nie Amerikaanse
> kinders is oor die algemeen meer spoilt
> brats as wat 'n deursnee Afrikaner kind
> is, veral teenoor die bediendes in die
> huis nie.

Hoesê?? Waar val jy nou weer uit Antie? Jy was in geen jare in SA
gewees nie en sien Amerika maar ook net so in die verbygaan en op die TV
- nou wil jy jou verstout (he he) om aansprake oor beide Amerikaanse en
Afrikaanse kinders te maak.

> Ek kry die
> indruk dat au-pair-wees nou skielik
> vreeslik "in" geword het in SA. Ek kry
> ook die indruk dat die jongmense hierheen
> kom met onrealistiese verwagtinge. Hulle
> word, after all, omtrent in diens geneem
> as aia, when all is said and done. En
> om 'n aia te wees, is harde werk.
>

En as die kinders nie hier in SA werk of beurse moet kan kry nie - dit
is nou gewoonlik wit kinders wat Engels redelik goed kan praat - dan
word hulle maar uit pure radeloosheid au pair's, sekuriteitsbeamptes,
vrugte plukkers ens. oorsee.

O ja, :b die woord aia is nie polities korrek nie - dit verwys na iemand
met 'n nie-wit agtergrond wat huiswerk doen (duidelike nee nee in die SA
konteks). Gebruik eerder die meer aanvaarde en PC woord huishulp of
assistent-huishouer. :}

Lou

PS: Shannon het gehoop sy kry nie prekies van Igs en Leenders nie. Die
hoop beskaam hom weereens.
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19959 is 'n antwoord op boodskap #19902] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> Hoesê?? Waar val jy nou weer uit Antie? Jy was in geen jare in SA
> gewees nie en sien Amerika maar ook net so in die verbygaan en op die TV
> - nou wil jy jou verstout (he he) om aansprake oor beide Amerikaanse en
> Afrikaanse kinders te maak.

Hier is ou oom Lou weer met sy snipperige
beterwetigheid. Ou Lou, SA is nie ver weg
met 'n vliegtuig nie, en as mens met jou
familie per epos kontak het, is dit omtrent
net so ver Kaapstad toe as Ottawa toe wat
kontak betref. Ek het ook heelwaarskynlik
kontak met 'n bre"er spektrum van SA as jy,
want ek neem aan dat jou kring ook maar
beperk is tot die wit gemeenskap, behalwe
die een of twee nie-blankes waarmee jy
saamwerk. Jy kan veilig aanneem dat ek
SA, die ware SA, beter geken het as jy
en nou nog miskien baie goed ken.

Wat die kontak met die VSA betref: onthou
dat ek net sestig myl van die VSA se grens
bly. Dis vir my makliker om die VSA te besoek
as om vir Toronto te besoek. Ek was weke
gelede in die VSA. Ek was maande gelede in
Toronto.

> O ja, :b die woord aia is nie polities korrek nie - dit verwys na iemand
> met 'n nie-wit agtergrond wat huiswerk doen (duidelike nee nee in die SA
> konteks). Gebuik eerder die meer aanvaarde en PC woord huishulp of
> assistent huishouer. :}

Sien, marionet, hoe maklik ek jou klokkie
laat lui, amper net so maklik soos 'n mens
Riaan en Frikkie se klokkies kan lui. Ek
weet presies watter woorde om te kies om
vir jou te laat lostrek. Ek het ook die
woord "aia" met oorleg gekies. Want dis
wat 'n huishulp en assistent-huishoudster
mos maar was in SA, maar om hulle aia's
te noem, het jou mos die reg gegee om
hulle as 'n mindere vorm van mensskap
te stempel. En vertel my, het hulle al
genoegsame wetgewing in SA ingedien om
die regte van huishulp en tuinhulp te
kontrolleer? Ek hoop so.

Gloudina
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19988 is 'n antwoord op boodskap #19902] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Wel, miss piggy sal tog 'n stuiwer in die
> armbeurs gooi.

[Fanfare, wegsterwend in die verte.....]

> Veral oor die gebruik van
> die woord "tipiese" voor Amerikaanse "spoilt
> brat" kinders. Ek dink nie Amerikaanse
> kinders is oor die algemeen meer spoilt
> brats as wat 'n deursnee Afrikaner kind
> is, veral teenoor die bediendes in die
> huis nie. Wat egter in ag geneem moet word,
> is dat die au pair begin werk vir mense
> wat in die eerste plek welgesteld moet
> wees om 'n au pair te kan bekostig.

[Ongeskikte elektroniese geluid wat suggereer dat 'n wind gelaat is....]

Varkentjie se argument lui:

a) Au pairs word gehuur deur welgestelde gesinne wat dit kan bekostig om
vir ledige vrouens nog meer vrye tyd te koop, in plaas van om hul kinders te
versorg = disfunksionele gesinne, = kiders wat "spoilt brats" is.
b) Die gemiddelde Amerikaanse gesin kan nie au pairs bekostig nie. Dus,
die kinders is "oor die algemeen" nie "spoilt brats" nie.
c) Die deursnee Afrikaner kind [sic] se status as "spoilt brat" is
vergelykbaar met die van die Amerikaanse kind "oor die algemeen".
d) Maar lg. word geassosieer met "die bediendes in die huis" (meervoud,
nogal!)

Varkentjie, jy ken die "die deursnee Afrikaners kind" nie. Ek dink nie jy
het ooit nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19989 is 'n antwoord op boodskap #19902] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Shannon  is tans af-lyn  Shannon
Boodskappe: 220
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
>> Shannon wrote:
>
> die twee
>>> kinders waarna sy kyk is die tipiese Amerikaanse 'spoilt brat'-kinders!
>>> (nee, die opmerking is nie om 'n hewige diskussie vanaf Leendert en miss
>>> Piggy te ontlok nie! ;-) >

Gewoonlik vang mens vis, maar(soos ek verwag het) daar is altyd 'n eerste
keer... 'n varkentjie... 'hook line and sinker'... miss Piggee! :-))

>
> Wel, miss piggy sal tog 'n stuiwer in die
> armbeurs gooi. Veral oor die gebruik van
> die woord "tipiese" voor Amerikaanse "spoilt
> brat" kinders. Ek dink nie Amerikaanse
> kinders is oor die algemeen meer spoilt
> brats as wat 'n deursnee Afrikaner kind
> is,

ek het met omsigtigheid juis die woord 'tipies' gebruik, omdat ek nie die
Amerikaanse kind as 'n spoilt brat sien nie. Daar is egter wel 'n groep wat
aan daardie 'vereistes voldoen' om as spoilt brats getipeer te word.
natuurlik SUID Afrikaanse kinders ook)

veral teenoor die bediendes in die
> huis nie.

Hopelik sal mense van opvoeding hul kinders leer hoe om ordentlik teenoor
hulle op te tree.

Wat egter in ag geneem moet word,
> is dat die au pair begin werk vir mense
> wat in die eerste plek welgesteld moet
> wees om 'n au pair te kan bekostig. Hulle
> kry 'n au pair dan ook gewoonlik om vir
> die ma vrye tyd te kry om ander dinge
> te doen. Dus het jy al klaar moeilikheid:
> die kinders kry nie genoeg aandag van
> die ouers nie, en nie genoeg dissipline
> van die ouers nie, en siedaar: enige
> au pair loop hom/haar gewoonlik in 'n
> disfunksionele familie vas.

Ek stem. In die gesin waarin sy beland het is beide ouers beroepsmense, wat
soos dit vir my lyk, nie veel van kinderopvoeding weet nie. Indien die
jongste (3 jaar oud) nie haar sin kry nie, verval sy in 'n skreeu tirade uit
teenoor volwassenes! Waarop die ouers reageer: 'n mens skree nie so nie, jy
mag my gevoelens seermaak, e.a.

Ek kry die
> indruk dat au-pair-wees nou skielik
> vreeslik "in" geword het in SA. Ek kry
> ook die indruk dat die jongmense hierheen
> kom met onrealistiese verwagtinge. Hulle
> word, after all, omtrent in diens geneem
> as aia, when all is said and done. En
> om 'n aia te wees, is harde werk.
>
> Mademoiselle Piggee

Teen die waarde van die Rand deesdae, werksgeleenthede tuis en onvoldoende
kans om opleiding na Matriek, dink ek, is 'n werk oorsee vir 'n jaar of 2,
die lewenservaring en finansieel die moeite werd. Ek dink ons
Suid-Afrikaanse kinders word te huisvas groot.

Shannon

Ns. dankie aan almal wat reageer het op my eerste skrywe, die inligting is
aan die familie gegee.
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #19990 is 'n antwoord op boodskap #19902] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> lou writes:
>
>> Hoesê?? Waar val jy nou weer uit Antie? Jy was in geen jare in SA
>> gewees nie en sien Amerika maar ook net so in die verbygaan en op die TV
>> - nou wil jy jou verstout (he he) om aansprake oor beide Amerikaanse en
>> Afrikaanse kinders te maak.
>
> Hier is ou oom Lou weer met sy snipperige
> beterwetigheid. Ou Lou, SA is nie ver weg
> met 'n vliegtuig nie, en as mens met jou
> familie per epos kontak het, is dit omtrent
> net so ver Kaapstad toe as Ottawa toe wat
> kontak betref. Ek het ook heelwaarskynlik
> kontak met 'n bre"er spektrum van SA as jy,
> want ek neem aan dat jou kring ook maar
> beperk is tot die wit gemeenskap, behalwe
> die een of twee nie-blankes waarmee jy
> saamwerk. Jy kan veilig aanneem dat ek
> SA, die ware SA, beter geken het as jy
> en nou nog miskien baie goed ken.
>

Gloudina - jy is altyd goed vir 'n glimlag. Jy is nie dalk blond nie?
Jou idee dat deur met jou familie oor epos te gesels en die besoeke wat
jy van hieraf kry - soos van die swart dosent van RAU wie se 'insig' jou
jou naam laat dinges maak het - gee jou nie 'n idee van wat werklik hier
aangaan, hoe ens leef , praat en voel nie. Jou aannames bewys dit ook
duidelik. Ek kry gereeld epos van Kanada en Austrlie maar dit maak my
nog nie 'n kenner van die plekke nie.

En van snipperig gepraat - het jy alleen reg daarop?

> Wat die kontak met die VSA betref: onthou
> dat ek net sestig myl van die VSA se grens
> bly. Dis vir my makliker om die VSA te besoek
> as om vir Toronto te besoek. Ek was weke
> gelede in die VSA. Ek was maande gelede in
> Toronto.
>
>

O jimelkie tog - sy was weke gelede in die VSA - nou kan sy uitspraak
oor die kinders lewer. Jammer hoor - nooit gedink jou insig is so diep
nie - eintlik gedog dis dieper. So watter TV program grond jy jou diep
kennis op - 'Married with Children'?.

>
>> O ja, :b die woord aia is nie polities korrek nie - dit verwys na iemand
>> met 'n nie-wit agtergrond wat huiswerk doen (duidelike nee nee in die SA
>> konteks). Gebuik eerder die meer aanvaarde en PC woord huishulp of
>> assistent huishouer. :}
>
> Sien, marionet, hoe maklik ek jou klokkie
> laat lui, amper net so maklik soos 'n mens
> Riaan en Frikkie se klokkies kan lui. Ek
> weet presies watter woorde om te kies om
> vir jou te laat lostrek. Ek het ook die
> woord "aia" met oorleg gekies. Want dis
> wat 'n huishulp en assistent-huishoudster
> mos maar was in SA, maar om hulle aia's
> te noem, het jou mos die reg gegee om
> hulle as 'n mindere vorm van mensskap
> te stempel. En vertel my, het hulle al
> genoegsame wetgewing in SA ingedien om
> die regte van huishulp en tuinhulp te
> kontrolleer? Ek hoop so.
>
> Gloudina
>
Nee Antie - jy is die een wat jou bek verby gepraat het - sies vir jou -
die tipe woorde word nie in die Nuwe SA geduld nie en al jou
jakkalsdraaie gaan jou nie so lekker laat loskom nie. Net so terloops -
jy kan iemand President noem en nog steeds nie veel van hom dink nie :).

Terloops nr 2 - assistent huishoudster is iets wat ek tong in die kies
gesê het - weereens bewys jy jou diepgaande kennis van die huidige
gebruik van Afrikaans in SA.

Die wetgewing - natuurlik. Dit val nou onder normale arbeidswette.
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #20008 is 'n antwoord op boodskap #19902] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...
>
> En as die kinders nie hier in SA werk of beurse moet kan kry nie - dit
> is nou gewoonlik wit kinders wat Engels redelik goed kan praat - dan
> word hulle maar uit pure radeloosheid au pair's, sekuriteits beamptes,
> vrugte plukkers ens. oorsee.
>

Ag nee, wat. Vir my lyk dit asof die meeste van hulle dit vir pure
avontuurlustigheid doen - soos baie van hulle grootouers en ouers voordat
die wêreld besluit het dat mens "apartheid" die beste beveg deur "apartheid"
toe te pas.

Ek kry die indruk dat baie van die kinders wat hier nie werk kan kry nie vir
hulleself werk skep.

Om die waarheid te sê, dit lyk vir my asof die "regstellende aksie" van die
afgelope jare 'n smaak vir onafhanklikheid onder heelwat Afrikaners geskep
het. Verskeie middeljariges in my gemeente is pakkette geweier omdat hulle
dienste onontbeerlik is. Hierdie ouens bedank nou (met twintig-dertig jaar
dienstyd) sonder die voordele van pakkette, en begin praktyke en
ondernemings van die huis af.

Lyk my die volgende geslag Afrikaners in SA gaan entrepreneurs en ryk mense
wees. Of miskien nie so ryk nie, maar ten minste onafhanklik. Dan sal die
individualisme wat die Afrikaner in vorige eeue gehad het terugkom (ook
omdat die wat afhanklik wil bly van die pensioentjie en die mediese skema en
die jaarlikse treinkonsessie besig is om uit te wyk na plekke soos Kanada en
Nieu Zeeland wat nog lekker sosialisties is.)

Groete, Leendert
Re: i.v.m 'n au pair in Columbus [boodskap #20082 is 'n antwoord op boodskap #19902] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Doedie Nel  is tans af-lyn  Doedie Nel
Boodskappe: 19
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
> Die au pairs wat ons al hier in Minnesota raakgeloop het, gaan sommer
> binne 'n week of drie vir hulle Minnesota lisensies.
>
> Vra maar as daar nog iets is.
>
> Johan
> Minnesota, VSA
>

Liewe Johan,

In 1993 was ek au pair in Arkansas, en het ek na 'n baie ryk oliemagnaat se
dogter gekyk. Een van sy vriende het die gewoonte gehad om met sy sigaardosie met
my dosie te speel. Ek dink hy is nou 'n senator of iets. In elk geval, ek het
baie lekker geld verdien.

Liefies

Doedie
Vorige onderwerp: Vergadering
Volgende onderwerp: Broekskeur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 21 20:13:52 MGT 2024