Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor wat goed kos
Oor wat goed kos [boodskap #19757] Vr, 08 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse

My ou boodskappie oor my paar SA waarnemings het nogal 'n geskryf oor die
relatiewe koste van vergelykbare produkte in verskillende lande ontketen.

'n Meer sinvolle vraag is einlik die bekostigbaarheid van die produkte:

Vergelyk die koste van elke produk met 'n relevante inkomste-eenheid (bv die
gemiddelde na-belasting salaris van mense), in die twee of meer geldeenhede
wat ondersoek word. (Tricky. )

Byvoorbeeld, se maar die gemiddelde persoon wat 'n professie beoefen maak
R150,000 na belsting in SA. Verder, neem aan dat die gemiddelde
professionele persoon maak US$60,000 na belasting in die VSA. (Net
voorbeelde, maar ek dink nie hopelose raaiskote nie.)

Hulle wil elkeen 1 liter petrol koop. Dit kos, se maar, R2,20 in SA en
US$0.25 in die VSA. (beide min of meer reg.)

Sou hy wou, kan die SA persoon omtrent 68,000 liter petrol met een jaar se
na-belasting salaris koop. Sou sy wou, kan die VSA persoon ontrent 240,000
liter petrol met haar na-belasting salaris koop. Gevolgtrekking: petrol is
meer bekostigbaar in die VSA as in SA. (En dit is!) Dieselfde geld vir
motors: Die VSA persoon kan omtrent 2 goeie karre per jaar koop sou sy wou,
maar die SA persoon skaars een, en nie juis 'n wonderlike een nie.

Dit kan natuurlik andersom wees vir ander produkte. Huise is waarskynlik op
die oomblik so, op 'n kontant basis. (Maar as jy dan finansiering moet
gebruik, kom rentekoerse ter sprake. )

Nou ja, soveel vir Relatiewe Bekostigbaarheid 101.

Groete
Bees
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19784 is 'n antwoord op boodskap #19757] Sa, 09 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 8 Jan 1999 17:59:20 -0700, "Bees" wrote:

liter petrol met haar na-belasting salaris koop. Gevolgtrekking: petrol is[/color]
> meer bekostigbaar in die VSA as in SA. (En dit is!) Dieselfde geld vir
> motors: Die VSA persoon kan omtrent 2 goeie karre per jaar koop sou sy wou,
> maar die SA persoon skaars een, en nie juis 'n wonderlike een nie.>>

Twee dinge om te oorweeg:
Moenie vergeet dat vergelykings ook kan wees tussen n boemelaar in die
VSA en n executive in SA.
En dan: Dis mos niks nuut dat in die algemeen mense meer kan koop en
wel meer koop in die VSA nie?
Die VSA is die rykste land op aarde.
SA is n ontwikkelende ekonomie.

Al punt wat ek maak is dat die pryse van die meeste dinge vandag
internasionaal is (give and take n paar aanpassings) en dat dit in US
dollar gemeet word.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19799 is 'n antwoord op boodskap #19757] So, 10 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Jan 1999 00:48:00 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:



Dis "Ferdi".

>[/color]

Van onkunde gepraat:

Watter land het die grootste ekonomie?

Watter land het die hoogste produktiwiteit?

Watter land is die enigste een wat n ordentlike ruimteprogram kan
handhaaf - omdat hy ekonomies sterk genoeg is?

P.S. Dink jy n land soos Nieu-Seeland of Kanada sou n Marshall Plan
kon uitvoer?
Indien nie, hoekom nie?
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19823 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Jan 1999 08:53:39 +0200, lou wrote:

> [/color]
>> Watter land het die hoogste produktiwiteit?
>
> Nie die VSA nie?>>>

Yep.
Die VSA.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19824 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ant Man  is tans af-lyn  Ant Man
Boodskappe: 41
Geregistreer: Januarie 1996
Karma: 0
Volle Lid
In skrywe , het be...@vleis.com die volgende
te sê gehad:
> Byvoorbeeld, se maar die gemiddelde persoon wat 'n professie beoefen maak
> R150,000 na belsting in SA. Verder, neem aan dat die gemiddelde

Dalk is jou SA gemiddeld bietjie hoog?

Ek het 4 grade, insluitende 'n PhD, 18 jaar ondervinding, en 'n geldige
SNO-gradering van C+. Ek kry R120 000 *voor* belasting.

Groete
(en moenie dink ek sal nou my naam hier bysit nie)
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19825 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> Watter land het die hoogste produktiwiteit?

Nie die VSA nie?
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19826 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...

> Die VSA is die rykste land op aarde.

Fredie, Fredie op dees aarde

Tien rykste lande volgens die wêreldbank.
1. Australia
2. Canada
3. Luxembourg
4. Switzerland
5. Japan
6. Sweden
7. Iceland
8. Qatar
9. United Arab Emirates
10. Denmark
Net een in die suidelike halfrond

Top tien lande volgens die United Nations Human Development Report
1. Canada
2. France
3. Norway
4. United States
5. Iceland
6. Netherlands
7. Japan
8. Finland
9. New Zealand
10. Sweden
Net een in die suidelike halfrond

Kanada is koning en die VSA blind
Jou onkunde gaan jou nog eendag verslind

Groete
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19827 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...

> Watter land het die grootste ekonomie?
> hoogste produktiwiteit?
> die enigste een wat n ordentlike ruimteprogram kan
> handhaaf - omdat hy ekonomies sterk genoeg is?

VSA, maar jy't oorspronklik van die RYKSTE land gepraat.

> P.S. Dink jy n land soos Nieu-Seeland of Kanada sou n Marshall Plan
> kon uitvoer?
> Indien nie, hoekom nie?

Volgens jou tipe redenasies is die antwoord seker "Want hulle het nie
Marshalls nie" ?

Nou weer een vir jou:
Watter land se Weermag-Opperbevelvoerder is 'n Dienspligontduiker?

Groete
(Dankie dat jy nie gevloek het nie)
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19828 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 11 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 11 Jan 1999 04:23:31 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

[/color]
>> Watter land het die grootste ekonomie?
>> hoogste produktiwiteit?
>> die enigste een wat n ordentlike ruimteprogram kan
>> handhaaf - omdat hy ekonomies sterk genoeg is?
>
> VSA, maar jy't oorspronklik van die RYKSTE land gepraat.>>>

In my taal IS dit "die rykste".

P.S. Dink jy n land soos Nieu-Seeland of Kanada sou n Marshall
Plan
>> kon uitvoer?
>> Indien nie, hoekom nie?
>
> Volgens jou tipe redenasies is die antwoord seker "Want hulle het nie
> Marshalls nie" ?>>>

Nee.
Hulle is ekonomies heeltemal te swak.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19847 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 12 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jan 1999 08:53:26 +0200, lou wrote:
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19848 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 12 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jan 1999 08:53:26 +0200, lou said
the following:
|
|Die bietjie wat ek van die Amerikaners gesien het is hulle nog luier as
|die SA'ners. Maar hulle is net BAIE slimmer. :)
|Cheers

O ja, nog iets interesant wat ek vergeet het: in Amerika is daar nie
'n globale exit sekere weeksmiddae na die golfbaan nie. En bier drink
tydens middagete is geheel en al taboo! Netsoos lang middagetes neem.
Ek dink dit dra ook heelwat by tot produktiwiteit.
Vrede!

Johan
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19849 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 12 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 12 Jan 1999 08:53:26 +0200, lou said
the following:

|Die bietjie wat ek van die Amerikaners gesien het is hulle nog luier as
|die SA'ners. Maar hulle is net BAIE slimmer. :)
|Cheers
Lou, moenie onder 'n wanindruk wees nie - net omdat (dit voel asof)
90% van die VSA in Sjina vervaardig word, beteken dit nie die
Amerikaners is lui nie.

Hulle gemiddelde verlof per jaar is byvoorbeeld net 10 werksdae.
Kinders begin op skool reeds deeltydse werk in winkels doen, op baie
groot skaal - dit is hier die in ding om jou eie sakgeld te verdien.
Langer as verwagte werksure is ook aan die orde van die dag.

Ek dink dat die bevolking se harde werk bydra tot die welvaart van die
land.

Vrede!

Johan
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19850 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 12 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 11 Jan 1999 08:53:39 +0200, lou wrote:
>
> >>
>>> Watter land het die hoogste produktiwiteit?
>>
>> Nie die VSA nie?>>>
>
> Yep.
> Die VSA.

Rerig. Hmmm - nou wonder ek is dit ingevoerde produktiwiteit waar hulle
die komponente - soos in motors en rekenaars invoer van 'opkomende'
lande en dit dan net aanmekaar sit en die tjap op die doos druk, want
die meeste van die groot maatskappye in VSA 'outsource' hulle
vervaardiging.

Die bietjie wat ek van die Amerikaners gesien het is hulle nog luier as
die SA'ners. Maar hulle is net BAIE slimmer. :)
Cheers
Lou
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19851 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 12 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes: >

> Kinders begin op skool reeds deeltydse werk in winkels doen, op baie
> groot skaal - dit is hier die in ding om jou eie sakgeld te verdien.

En myns insiens een van die redes hoekom
die Noord-Amerikaanse skoolgaande jeug
so sleg doen wanneer hulle vergelyk word
met ander lande. Dis een van die mees
korrupterende dinge vir 'n adolessente
student hier om sy "eie" geld te verdien.
Hy spandeer dit dan ook gewoonlik nie
baie oordeelkundig nie op allerhande
buitemuurse aktiwiteite. Dit verhoed hul
ook om aan al die verrykende aktiwiteite
binne die skoolstruktuur deel te neem.
Dus, terwyl ons seuns Student Representative
Council poste beklee het, of AAA Basketball
gespeel het, het sommige van hulle vriende
in McDonalds of Burger King gewerk. Op die
einde: wie is die kinders wat die beurse
gekry het en die toelatings tot goeie
universiteite? Baie keer het die mense wat
so hard in Burger King gewerk het, nooit
eers by die universiteit uitgekom nie. Nie
goeie akademiese prestasies, nie goeie
studie-gewoontes nie, verslaafdheid aan die
dollars in die sak het tot al die dinge
bygedra. As enigiemand vir my raad vra oor
kinders, dan is hierdie raad omtrent die
enigste wat ek gee.

Gloudina
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19876 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 13 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Tue, 12 Jan 1999 08:53:26 +0200, lou said
> the following:
> |
> |Die bietjie wat ek van die Amerikaners gesien het is hulle nog luier as
> |die SA'ners. Maar hulle is net BAIE slimmer. :)
> |Cheers
>
> O ja, nog iets interesant wat ek vergeet het: in Amerika is daar nie
> 'n globale exit sekere weeksmiddae na die golfbaan nie. En bier drink
> tydens middagete is geheel en al taboo! Netsoos lang middagetes neem.
> Ek dink dit dra ook heelwat by tot produktiwiteit.
> Vrede!
>

Maar daar is so iets in SA? Vir wie het jy gewerk toe jy hier was Johan?
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19877 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 13 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote:
>
> On Tue, 12 Jan 1999 08:53:26 +0200, lou said
> the following:
>
> |Die bietjie wat ek van die Amerikaners gesien het is hulle nog luier as
> |die SA'ners. Maar hulle is net BAIE slimmer. :)
> |Cheers
> Lou, moenie onder 'n wanindruk wees nie - net omdat (dit voel asof)
> 90% van die VSA in Sjina vervaardig word, beteken dit nie die
> Amerikaners is lui nie.
>
> Hulle gemiddelde verlof per jaar is byvoorbeeld net 10 werksdae.
> Kinders begin op skool reeds deeltydse werk in winkels doen, op baie
> groot skaal - dit is hier die in ding om jou eie sakgeld te verdien.
> Langer as verwagte werksure is ook aan die orde van die dag.
>
> Ek dink dat die bevolking se harde werk bydra tot die welvaart van die
> land.
>

90 % van die VSA is in China vervaardig en hulle is nie lui nie?

Ek spot maar net - maar toe ek daar was het ek my nou nie juis
doodgeskrik vir hulle hardwerkendheid nie. En die langer werksure -
hmmm? Die ding is net dat hulle ekonomie so groot is dat dit nou soort
van self aanrol - self Billie kan dit nie stuit nie.

Die 10 dae verlof (en 5 dae siek verlof :) ) is nogal interesant - seker
die wat die spul orals vlieg (Ek het self maar net 15 dae verlof 'n
jaar). Die klomp Europeers aan die ander kant het so baie verlof hulle
weet nie wat om daarmee te doen nie! Klomp luigatte :)

Lou
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19936 is 'n antwoord op boodskap #19757] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Die rykste is die land met die mense wat se voete die meeste stink.

Kobus Pietersen wrote in message ...
>
> Ferdi Greyling wrote in message ...
>> On Mon, 11 Jan 1999 04:23:31 +0200, "Kobus Pietersen"
>> wrote:
>>>> Watter land het die grootste ekonomie?
>>>> hoogste produktiwiteit?
>>>> die enigste een wat n ordentlike ruimteprogram kan
>>>> handhaaf - omdat hy ekonomies sterk genoeg is?
>
>
>>> VSA, maar jy't oorspronklik van die RYKSTE land gepraat.
>> In my taal IS dit "die rykste".
>
>
> Hoe bepaal mens die tweede rykste, ensovoorts lande in jou taal?
> Moet almal byvoorbeeld ruimteprogramme hê om beoordeel te word?
>
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19937 is 'n antwoord op boodskap #19757] Sa, 16 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Mon, 11 Jan 1999 04:23:31 +0200, "Kobus Pietersen"
> wrote:
>>> Watter land het die grootste ekonomie?
>>> hoogste produktiwiteit?
>>> die enigste een wat n ordentlike ruimteprogram kan
>>> handhaaf - omdat hy ekonomies sterk genoeg is?

>> VSA, maar jy't oorspronklik van die RYKSTE land gepraat.
> In my taal IS dit "die rykste".

Hoe bepaal mens die tweede rykste, ensovoorts lande in jou taal?
Moet almal byvoorbeeld ruimteprogramme hê om beoordeel te word?
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19964 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sat, 16 Jan 1999 13:06:57 +0200, "Kobus Pietersen"
wrote:

>[/color]

Nee.

Gebruik jou verstand.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19965 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik gehou
> te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
> verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).
>
> Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
> bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
> nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.
>
> Mens tel dit baie gou by universiteite op,

En ek kan jou verseker dat die adolessente
op universiteit daardie mense is wat direk
na skool gaan hamburgers flip het en dit
gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.
Die mense wat nie die twintigjarige
adolessente is nie, is daardie mense wat
baie goed akademies in die skool was, en
aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
deelgeneem het, dinge wat hulle buite
die klaskamers maar binne die mure van die
skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
skoolrekords en omdat hulle bekend is in
die gemeenskap as goeie studente, goeie
sportspelers en goeie studente-leiers,
kry hulle die plum jobs gedurende die
twee maande lange somervakansie, wat hier
in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
is vir studente om hulle eie geld te
verdien. Maar die goeie studente kry
natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
akademiese rekords te h^e, is dit nood-
saaklik dat die kind baie hard werk binne
die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
hou van hamburgers flip na skool, want
op universiteit kos dit die ouers dan
baie min, of niks (soos in ons geval.)

Gloudina
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19966 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 18 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik gehou
> te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
> verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).
>
> Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
> bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
> nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.

Ek neem aan dat jy vanplan is om jou
kinders in die wereld in te stuur as
hulle twaalf is om hulle eie geld te
verdien. Ek neem ook aan dat jy nie
vir hulle in jou huis sal wil laat bly
nie. Dis jou keuse.
Ek dink egter dis baie meer verlig
om 'n gesin as 'n kommune te sien. Toe
ons kinders almal adolessente was, het
ons twee ouers uitgegaan en die fondse
ingebring vir die gebruik van die kommune.
(Ons het toe al al die opleiding en grade
gehad wat ons kon wens.) Die "werk" van
ons kinders was om vir hulself voor te
berei om onafhanklike broodwinners te word
in die middel toekoms. Selfs die familie-kar
het aan die kommune behoort. Ons twee ouers
het aangedui wanneer ons die kar nodig gehad
het. Vir die res was dit nogal amusant om
te luister hoe ons kinders onder mekaar
onderhandel oor wie die kar op hierdie of
daardie tydstip kan gebruik. Eers wanneer
hulle onder mekaar besluit het "wie die
kar gaan kry" het hulle finaal kom "vra
of hulle die kar kan kry."
In die finale analise, 'n kind is nie
'n eenheid wat geisoleerd in die wereld
moet staan nie. 'n Kind moet altyd voel
dat hy deel is van 'n groep, 'n liefde-
volle groep met 'n gesonde dinamiek. Dan
voel hy veilig terwyl hy nog tuis is,
en veilig wanneer hy van die ouerhuis af
moet vertrek. Skoolgaan is 'n belangrike
brug, waar die kind in die wereld ingaan
maar nog kan terugkeer na die veiligheid
van die familiekring in die aand. Dis
hierdie soort ding wat jy van jou kind
ontneem as sy skool by die huis is.

Gloudina
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19996 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Stront. Regtig.

@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik
> gehou
>> te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
>> verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).
>>
>> Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
>> bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
>> nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.
>>
>> Mens tel dit baie gou by universiteite op,
>
>
> En ek kan jou verseker dat die adolessente
> op universiteit daardie mense is wat direk
> na skool gaan hamburgers flip het en dit
> gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.
> Die mense wat nie die twintigjarige
> adolessente is nie, is daardie mense wat
> baie goed akademies in die skool was, en
> aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
> deelgeneem het, dinge wat hulle buite
> die klaskamers maar binne die mure van die
> skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
> skoolrekords en omdat hulle bekend is in
> die gemeenskap as goeie studente, goeie
> sportspelers en goeie studente-leiers,
> kry hulle die plum jobs gedurende die
> twee maande lange somervakansie, wat hier
> in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
> is vir studente om hulle eie geld te
> verdien. Maar die goeie studente kry
> natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
> hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
> akademiese rekords te h^e, is dit nood-
> saaklik dat die kind baie hard werk binne
> die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
> belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
> hou van hamburgers flip na skool, want
> op universiteit kos dit die ouers dan
> baie min, of niks (soos in ons geval.)
>
> Gloudina
>
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19997 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Internasionale peilings en metings dui die VSA duidelik aan as die
> mees produktiewe land.

Ek het nie 'n probleem daarmee dat die VSA glo besonder produktief is nie.
Maar hulle verbruik ook besonder baie. (Dis om te kan verbruik dat hulle
produseer. En hulle het die kuns uitgevind om verbruik te stimuleer sodat
hulle meer kan produseer, sodat hulle meer kan verbruik.) En besoedel die
omgewing ook besonder baie. En is nie besonder baie gretig om hulle daartoe
te verbind om hul produksie van kweekhuisgasse te beperk nie - of so verneem
ek.

> En alles wat ek hoor laat my dink dat die gemiddelde Yank nogal sy gat
> afwerk in ons terme.
> Vat die ouens nie net twee weke per jaar gemiddeld vakansie nie?

Ek weet nie of hulle twee weke vakansie vat nie - wel dat die meeste twee
weke kry wat hulle kan vat - en in senior posisies drie weke.

Praat nou die dag met 'n senior amptenaar in die Gautengse
onderwysdepartement. So 'n Ingelse oujongnooi van omtrent ouderdom 55 uit
die ou bedeling wat PC genoeg was om 'n verantwoordelike aanstelling in die
nuwe een te kry en op eerstenaamterme met Mary (Metcalfe) en James (Maseko)
te verkeer.

Sy neem nou drie maande verlof, want sy het uit moedeloosheid bedank. (Nie
pakket gevat nie, nie vroeë pensioen nie; bedank.) Nogtans verloor sy meer
as 400 dae verlof wat nie uitbetaal sal word nie.

Toe onthou ek - elke keer as ek bedank het by 'n werkgewer waar ek meer as
'n jaar of so gewerk het, het ek baie maande se opgehoopte verlof verbeur.
Twee van hulle was staatsdepartemente, en dit was baie algemeen dat mense
maande se opgehoopte verlof verbeur as hulle bedank. Dit was ook algemeen
vir mense wat aftree om eers drie tot ses maande verlof te gaan opgebruik
onmiddelik voor die aftreedatum, want slegs 'n jaar opgehoopte verlof kon
uitbetaal word as mens aftree.

Nou reken ek. Ek weet nie of die Amerikaanse werkers wel hul twee weke
vakansie per jaar vat nie, maar in die kringe waar ek in SA gewerk het was
dit redelik ongewoon om meer as twee weke per jaar te vat. Die algemene
houding was: "As ons jou vir 'n maand in die jaar kan mis, het ons jou nie
nodig nie".

Groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19998 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Let's Go Travel  is tans af-lyn  Let's Go Travel
Boodskappe: 27
Geregistreer: April 1997
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote in message ...
>
>> En alles wat ek hoor laat my dink dat die gemiddelde Yank nogal sy gat
>> afwerk in ons terme.
>> Vat die ouens nie net twee weke per jaar gemiddeld vakansie nie?
>
>
> Ek weet nie of hulle twee weke vakansie vat nie - wel dat die meeste twee
> weke kry wat hulle kan vat - en in senior posisies drie weke.
>

Daar is baie wat slegs een week vakansie kry - soos my man. Werk al 7 jaar
vir dieselfde maatskappy en kry slegs een week vakansie. Hy het ook geen
byvoordele soos medies, ens.

Ek kry 2 weke, en as ek na 5 jaar nog steeds by dieselfde maatskappy is, dan
kry ek 3 weke. Vakansiedae moet geneem word voor jou jaarlikse
"anniversary" anders verloor jy dit - dit kan nie oorgedra word na die
volgende jaar nie. En jy mag eers jou eerste verlof neem nadat jy 1 jaar by
die maatskappy was.

Ons kry geen siekverlof dus as ek siek is en by die huis bly, word ek nie
betaal nie. Die enigste vakansiedae waarvoor ons betaal word is Kersfees,
Nuwejaar, Labor Day en Thanksgiving.

Julie
Visit my website: http://www.oocities.org/~tiegercat
My Photo Album: http://www.oocities.org/~julesworld
Page me: http://wwp.mirabilis.com/1624030
For my always up-to-date contact information:
http://www.planetall.com/main.asp?cid=1263596
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19999 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

> Te veel pornografiese hygversies maak jou koppie saf, ou Varkentjie!
>
> Vriendelike groete, Leendert

Ek verskaf maar net aan 'n wyer
leserskring die nuutste sewe-
dag-wonder van die Afrikaanse
kultuurkringe daar in jou
geweste. Het jy al "Die dye
trek die dye aan" te sien gekry?
En wat dink jou vrou daarvan?
(Iemand wat volgens jou rapporte
in die verlede nogal goeie smaak
en kennis het wat letterkunde
betref.)

La petite Piggee
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20000 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan) writes: >
>
>
>> Kinders begin op skool reeds deeltydse werk in winkels doen, op baie
>> groot skaal - dit is hier die in ding om jou eie sakgeld te verdien.
>
>
> En myns insiens een van die redes hoekom
> die Noord-Amerikaanse skoolgaande jeug
> so sleg doen wanneer hulle vergelyk word
> met ander lande. Dis een van die mees
> korrupterende dinge vir 'n adolessente
> student hier om sy "eie" geld te verdien.

Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik gehou
te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).

Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.

Mens tel dit baie gou by universiteite op, veral in vakgebiede waar dit die
gebruik is om direk na voorgraadse studie aan te gaan met nagraadse werk.
Een (Amerikaanse) professor verwys na sy PhD-studente as "25 year old
adolescents".

Groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20001 is 'n antwoord op boodskap #19757] Di, 19 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> En ek kan jou verseker dat die adolessente
> op universiteit daardie mense is wat direk
> na skool gaan hamburgers flip het en dit
> gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.

Tut...tut. Tevore het jy beweer dat hierdie kinders nooit by die
universiteit uitkom nie, Gloudina.

Lyk my jy lees te veel hygversies deesdae - die pornografie maak jou kop
sag. (Pun intended.)

> Die mense wat nie die twintigjarige
> adolessente is nie, is daardie mense wat
> baie goed akademies in die skool was, en
> aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
> deelgeneem het, dinge wat hulle buite
> die klaskamers maar binne die mure van die
> skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
> skoolrekords en omdat hulle bekend is in
> die gemeenskap as goeie studente, goeie
> sportspelers en goeie studente-leiers,
> kry hulle die plum jobs gedurende die
> twee maande lange somervakansie, wat hier
> in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
> is vir studente om hulle eie geld te
> verdien. Maar die goeie studente kry
> natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
> hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
> akademiese rekords te h^e, is dit nood-
> saaklik dat die kind baie hard werk binne
> die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
> belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
> hou van hamburgers flip na skool, want
> op universiteit kos dit die ouers dan
> baie min, of niks (soos in ons geval.)

Jy is, veronderstel ek, bewus daarvan dat honderde ondersoeke oor baie
dekades nog nooit daarin kon slaag om enige verband te vind tussen die
prestasie van studente op universiteit en prestasie daarna in die beroep en
die samelewing nie? (Anders gestel - die wat goed presteer op universiteit
toon gemiddeld nie beter sukses in die beroep of die samelewing as die wat
swak presteer op universiteit nie.)

Dieselfde geld vir prestasie op skool - die enigste ding waarmee prestasie
op skool korreleer, is prestasie op universiteit.

Op die bogenoemde bevindings het ek wel een beperkte uitsondering gevind -
'n afdeling van 'n Switserse ondersoek oor prestasie van ingenieurstudente
het gevind dat daardie studente wat die swakste presteer op universiteit die
beste entrepreneurs word.

Die afleiding is, natuurlik, dat die meeste eksamens wat mens op skool en
universiteit aflê ongeldig is, en niks meet wat buite die skool of
universiteit enige waarde het nie.

Dit lyk dus asof jou intellektuele snobbisme nie juis intellektueel begrond
kan word nie - dis blote vooroordeel, nie waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20018 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> On Tue, 19 Jan 1999 22:20:16 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Ek het nie 'n probleem daarmee dat die VSA glo besonder produktief is nie.
> |Maar hulle verbruik ook besonder baie.
>
> Per kapita of as 'n land as geheel.....?

Beide - wat was die syfer nou weer? Dat die verbruik van een Amerikaanse
gesin 150 gesinne in arm wêrelddele kan versorg?

>
> | (Dis om te kan verbruik dat hulle
> |produseer. En hulle het die kuns uitgevind om verbruik te stimuleer sodat
> |hulle meer kan produseer, sodat hulle meer kan verbruik.) En besoedel die
> |omgewing ook besonder baie. En is nie besonder baie gretig om hulle daartoe
> |te verbind om hul produksie van kweekhuisgasse te beperk nie - of so verneem
> |ek.
>
> Ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie - klink maar soos baie ou
> retoriek wat jy probeer opdis. Wat jy hier probeer voorgee, is dood
> eenvoudig net nie dag-vir-dag op straat waarneembaar nie.

Natuurlik is dit nie op straat in Minnesota waarneembaar nie. Mens moet so
nou en dan iets meer as die TV Guide van jou kabelverskaffer lees om daarvan
te verneem.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20019 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Leendert - so 'n oormatige gebruik van sarkasme wys maar net dat jy
nie werklik jou redenasies op aanhaalbare feite kan berus nie.

On Wed, 20 Jan 1999 23:56:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
said the following:

|>Per kapita of as 'n land as geheel.....?
|
|
|Beide - wat was die syfer nou weer? Dat die verbruik van een Amerikaanse
|gesin 150 gesinne in arm wêrelddele kan versorg?
|
Leendert, ek is oortuig daarvan dat die syfer vir jou eie gesin nie
veel van die Amerikaanse gesin s'n verskil nie.

En so maak jy dit duidelik dat jy nie weet waarvan jy praat nie. As
'n land as geheel ja - hier is baie meer mense (en ek vergelyk nou net
SA en die VSA - die enigste twee wat ek nog waargeneem het - en ek gee
toe - my ondervinding van SA is reeds 18 maande oud).

Per kapita en per vierkante meter is hier baie minder besoedeling as
in SA. Ek het nog nooit rook by 'n vragmotor hier sien uitborrel nie.
Hier land slegs 30% van die staat se vullis op landfills - die res
word ge recycle - hoeveel recycling is daar in SA? Die lug in ons
metropolitaanse gebied is sigbaar heeltemaal skoon - Johannesburg se
lug???? Op straat en selfs agterstegies in St Paul se oudste dele, lê
daar nie vullis rond nie. Tien minute hier in die verkeer laat my nie
hoes - soos die werktoe ry in SA nie. My vrou het omtrent 5% van die
sinus probleme wat sy in SA gehad het. Watter persentasie van jou
provinsie se inkomste word spandeer om parke te vergroot en te
onderhou? Is een van jou premier se grootste prioriteite om die
ontwikkeling van oop ruimtes te voorkom?
|>
|Natuurlik is dit nie op straat in Minnesota waarneembaar nie. Mens moet so
|nou en dan iets meer as die TV Guide van jou kabelverskaffer lees om daarvan
|te verneem.
|
My uiters wyd belese vriend, Jou sarkasme verander geen feite nie.
Besoedeling is iets wat in 'n mens se omgewing voorkom, en as ek niks
daarvan kan waarneem nie - soos jy hier bevestig, dan is hier seker
nie so baie besoedeling nie.

Intussen is die TV Guide baie meer as wat jy dink! Ek sien
byvoorbeeld daarin wanneer ek kan kyk na die DNR (dept of Natural
Resources) se program oor die ekologie in Minnesota en oor die staat
se parke en oor recycling programme en selfs watter kanale dra die
text screens wat ons vertel waar en wanneer ons van ou batterye mag
ontslae raak (dit gaan nie in die vullis nie).

Johan
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20020 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
>
> Ek neem aan dat jy vanplan is om jou
> kinders in die wereld in te stuur as
> hulle twaalf is om hulle eie geld te
> verdien. Ek neem ook aan dat jy nie
> vir hulle in jou huis sal wil laat bly
> nie. Dis jou keuse.

Dis jou aannames. (En beterweters toets nooit die geldigheid van hul
aannames nie, nie waar nie?)

> Skoolgaan is 'n belangrike
> brug, waar die kind in die wereld ingaan
> maar nog kan terugkeer na die veiligheid
> van die familiekring in die aand. Dis
> hierdie soort ding wat jy van jou kind
> ontneem as sy skool by die huis is.
>

Net jammer die brug werk nie - soos die onderwysestablishment ooral
agterkom. Dis waarom lande soos die VSA miljarde dollar bestee aan
"school-to-work programmes", "community service", en ander "brue".

En weereens is jou laaste sin teenstrydig met jou aannames in jou eerste
paragraaf (en met die resultate van empiriese navorsing oor die sosiale
emansipasie van kinders in tuisonderwys, maar jy sal nie verstaan van
empiriese kontroles vir 'n mens se vooroordele nie, nie waar nie?)

Te veel pornografiese hygversies maak jou koppie saf, ou Varkentjie!

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20021 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Van Rooyen  is tans af-lyn  Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Volle Lid
Blykbaar nie.

Johan wrote in message ...
> On Tue, 19 Jan 1999 22:20:16 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
> |Ek het nie 'n probleem daarmee dat die VSA glo besonder produktief is nie.
> |Maar hulle verbruik ook besonder baie.
>
> Per kapita of as 'n land as geheel.....?
>
> | (Dis om te kan verbruik dat hulle
> |produseer. En hulle het die kuns uitgevind om verbruik te stimuleer sodat
> |hulle meer kan produseer, sodat hulle meer kan verbruik.) En besoedel die
> |omgewing ook besonder baie. En is nie besonder baie gretig om hulle daartoe
> |te verbind om hul produksie van kweekhuisgasse te beperk nie - of so verneem
> |ek.
>
> Ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie - klink maar soos baie ou
> retoriek wat jy probeer opdis. Wat jy hier probeer voorgee, is dood
> eenvoudig net nie dag-vir-dag op straat waarneembaar nie.
>
> Johan
>
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20022 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> Ek verskaf maar net aan 'n wyer
>> leserskring die nuutste sewe-
>> dag-wonder van die Afrikaanse
>> kultuurkringe daar in jou
>> geweste.
>
> Ja, ek verneem dat jou besadigde suster hierdie goed (op gesag van
> Christina) aan jou voorhou as die wonder van die Afrikaanse letterkunde.
> Baie ander met vertraagde adolessensie sal ook identifiseer met Antjie
> Samuels se fantasieë van 'n teleurgestelde bakvissie.

Kyk hoe drawwe ou Leendert nou so kop
en pootjies in die lokval in. As ek van
'n "sewe-dag-wonder" praat en jy nie kan
sien wat my werklike opinie oor die saak
is nie, dan is jou net eenvoudig dom,
of miskien moedswillig. Terloops, wat het
"Christina" daaroor kwyt geraak? (Vir
die wat nie weet waarvan Leendert praat
nie, Christina Landman is 'n teoloog.)

> Lank voor dit in hierdie vorm verskyn het.

Wat bedoel jy hiermee. Dat iemand vir
jou die bundel ter insae gestuur het
voordat die publiek dit te koop kon
kry. Dis wat jou woorde vir my beteken.

>> En wat dink jou vrou daarvan?
>> (Iemand wat volgens jou rapporte
>> in die verlede nogal goeie smaak
>> en kennis het wat letterkunde
>> betref.)
>
>
> My vrou vind die reaksies van die Seders van ons Samelewing meer onthullend
> as die teks op papier. Sy dink iemand behoort dit te dekonstrueer.

Jou vrou is reg dat iemand dit behoort
te dekonstrueer.

Een van die gevolge van so 'n proses
van dekonstruksie, is dat dit toon
dat na 'n halfeeu se kontrole deur die
ou suurgesig-predikante wat op die
preekstoel apartheid goedgepraat het
en so agteraf met die duiwel geheul het,
Afrikaners nou vry voel om soms hier en
daar hulle ware gevoelens voor die dag
te bring. In alle geval, "Dye.." bevat
baie mooi gedigte van 'n verskeidenheid
van digters. Antjie Krog moet 'n mens
nou maar vat soos sy kom.

Gloudina
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20023 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>
>
>> Te veel pornografiese hygversies maak jou koppie saf, ou Varkentjie!
>>
>> Vriendelike groete, Leendert
>
>
> Ek verskaf maar net aan 'n wyer
> leserskring die nuutste sewe-
> dag-wonder van die Afrikaanse
> kultuurkringe daar in jou
> geweste.

Ja, ek verneem dat jou besadigde suster hierdie goed (op gesag van
Christina) aan jou voorhou as die wonder van die Afrikaanse letterkunde.
Baie ander met vertraagde adolessensie sal ook identifiseer met Antjie
Samuels se fantasieë van 'n teleurgestelde bakvissie.

Maar enigeen wat 'n bietjie van die wêreld gesien het sal bevestig dat die
meeste daarvan maar net nog 'n distillaat van prul is wat kwalik daarby baat
om in Afrikaans gesê te word. ("Loslyf" doen dit met minder pretensie van
"kuuuuuhns".)

> Het jy al "Die dye
> trek die dye aan" te sien gekry?

Lank voor dit in hierdie vorm verskyn het.

> En wat dink jou vrou daarvan?
> (Iemand wat volgens jou rapporte
> in die verlede nogal goeie smaak
> en kennis het wat letterkunde
> betref.)

My vrou vind die reaksies van die Seders van ons Samelewing meer onthullend
as die teks op papier. Sy dink iemand behoort dit te dekonstrueer.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20024 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...
> Leendert - so 'n oormatige gebruik van sarkasme wys maar net dat jy
> nie werklik jou redenasies op aanhaalbare feite kan berus nie.

Ek let op dat jou "feite" nie veel meer as jou eie waarnemings behels nie,
Johan (wat dit natuurlik nie waardeloos maak nie, net beperk). Maar ek sal
bietjie die materiaal nagaan waarop my stellings gegrond is, en kom terug na
jou met "aanhaalbare" inligting.

Intussen - Twee vrae oor jou aangenome vaderland en besoedeling:

a) Het Clinton die Kyoto protokol onderteken?
b) Het die Amerikaanse Senaat die Kyoto protokol bekragtig?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20025 is 'n antwoord op boodskap #19757] Wo, 20 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 19 Jan 1999 22:20:16 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:
|Ek het nie 'n probleem daarmee dat die VSA glo besonder produktief is nie.
|Maar hulle verbruik ook besonder baie.

Per kapita of as 'n land as geheel.....?

| (Dis om te kan verbruik dat hulle
|produseer. En hulle het die kuns uitgevind om verbruik te stimuleer sodat
|hulle meer kan produseer, sodat hulle meer kan verbruik.) En besoedel die
|omgewing ook besonder baie. En is nie besonder baie gretig om hulle daartoe
|te verbind om hul produksie van kweekhuisgasse te beperk nie - of so verneem
|ek.

Ek dink nie jy weet waarvan jy praat nie - klink maar soos baie ou
retoriek wat jy probeer opdis. Wat jy hier probeer voorgee, is dood
eenvoudig net nie dag-vir-dag op straat waarneembaar nie.

Johan
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20051 is 'n antwoord op boodskap #19757] Do, 21 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum"

>> Terloops, wat het
>> "Christina" daaroor kwyt geraak? (Vir
>> die wat nie weet waarvan Leendert praat
>> nie, Christina Landman is 'n teoloog.)
>
> Ek weet nie. Volg nie haar uitsprake oor elke dingetjie nie. Dis jy wat jou
> suster in die konteks van pornografie met Christina ge-assosieer het.

Ek verloor jou nou heeltemal. Waar
het ek ooit Christina Landman en
my suster en die digversamelbundel
in een asem genoem. Dis jy wat dit
gedoen het. My suster se enigste
assosiasie met Christina Landman
is dat hulle name albei verskyn op
'n publikasie oor nie-tradisionele
kerke in Suider Afrika.

Gloudina
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20100 is 'n antwoord op boodskap #19757] Vr, 22 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>>> Ek verskaf maar net aan 'n wyer
>>> leserskring die nuutste sewe-
>>> dag-wonder van die Afrikaanse
>>> kultuurkringe daar in jou
>>> geweste.
>>
>> Ja, ek verneem dat jou besadigde suster hierdie goed (op gesag van
>> Christina) aan jou voorhou as die wonder van die Afrikaanse letterkunde.
>> Baie ander met vertraagde adolessensie sal ook identifiseer met Antjie
>> Samuels se fantasieë van 'n teleurgestelde bakvissie.
>
> Kyk hoe drawwe ou Leendert nou so kop
> en pootjies in die lokval in. As ek van
> 'n "sewe-dag-wonder" praat en jy nie kan
> sien wat my werklike opinie oor die saak
> is nie, dan is jou net eenvoudig dom,
> of miskien moedswillig.

Ek is nie bewus daarvan dat ek my uitgespreek het oor _jou_ opinie oor die
saak nie?

> Terloops, wat het
> "Christina" daaroor kwyt geraak? (Vir
> die wat nie weet waarvan Leendert praat
> nie, Christina Landman is 'n teoloog.)

Ek weet nie. Volg nie haar uitsprake oor elke dingetjie nie. Dis jy wat jou
suster in die konteks van pornografie met Christina ge-assosieer het.

>
>
>> Lank voor dit in hierdie vorm verskyn het.
>
> Wat bedoel jy hiermee. Dat iemand vir
> jou die bundel ter insae gestuur het
> voordat die publiek dit te koop kon
> kry. Dis wat jou woorde vir my beteken.

Dit kan ook (byvoorbeeld) beteken dat iets soos, sê nou maar, "die bose"
baie verskyningsvorme het, en dat mens dit tevore in ander vorme waargeneem
het.

Dit kan ook beteken dat mens (die meeste van) die individuele verse tevore
teëgekom het, voordat hulle in die betrokke bloemlesing (verkeerde woord vir
die betrokke publikasie) saamgevoeg is.

En 'n paar ander dinge.

> Een van die gevolge van so 'n proses
> van dekonstruksie, is dat dit toon
> dat na 'n halfeeu se kontrole deur die
> ou suurgesig-predikante wat op die
> preekstoel apartheid goedgepraat het
> en so agteraf met die duiwel geheul het,
> Afrikaners nou vry voel om soms hier en
> daar hulle ware gevoelens voor die dag
> te bring.

Ah! Pornografiese hygversies is nog 'n "legacy of apartheid". Tsk...tsk.

En ek het jou al tevore gevra: Noem vir my die naam van een predikant wat
apartheid op die preekstoel "goedgepraat" het. Ook datum en plek van die
uitspraak, en besonderhede van die woorde wat gebruik is.

> In alle geval, "Dye.." bevat
> baie mooi gedigte van 'n verskeidenheid
> van digters.

Korrek. Verse wat ook elders beskikbaar is, en wat geensins daarby baat om
in 'n konteks van wanfunksionele erotiek saamgegooi te word nie.

> Antjie Krog moet 'n mens
> nou maar vat soos sy kom.

Ek verkies om haar nie te vat nie - of sy kom of nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20158 is 'n antwoord op boodskap #19757] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek verloor jou nou heeltemal. Waar
> het ek ooit Christina Landman en
> my suster en die digversamelbundel
> in een asem genoem. Dis jy wat dit
> gedoen het. My suster se enigste
> assosiasie met Christina Landman
> is dat hulle name albei verskyn op
> 'n publikasie oor nie-tradisionele
> kerke in Suider Afrika.

Dis reg, en jy het dit te berde gebring toe jy beduie het hoe dankbaar bly
jou suster is dat Antjie Samuels nou al haar erotiese (wan)funksies in die
boekwinkels en (met jou hulp) in die kuberruimte kan beoefen.

Dis jy wat die assosiasie geskep het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20160 is 'n antwoord op boodskap #19757] Sa, 23 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 20 Jan 1999 23:46:37 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

|a) Het Clinton die Kyoto protokol onderteken?
|b) Het die Amerikaanse Senaat die Kyoto protokol bekragtig?
|
Kan regtig nie baie belangrik wees nie want niemand het MY nog gevra
om dit deur te lees of goed te keur nie.
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20797 is 'n antwoord op boodskap #19757] Ma, 08 Februarie 1999 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 08 Feb 1999 13:27:35 GMT, oos...@geocities.com wrote:

Rip van Oostrum heb opgestaan....!

Nou moet jy nog net die afgelope tyd se plasings lees, dan sal jy sien die
gesprek wat jy nou hier wil oopmaak is reeds gevoer. En ek gaan nie my tyd mors
om als weer vir jou te skryf nie.

|Jy beskou dus die grootskaalse bevuiling van die wêreld se atmosfeer deur
|Morsvark Amerika as onbelangrik.
|
"dus"??????? Jou afleidings is totaal skeef - net soos hierdie plasing wat
gemaak is, so lyk dit vir my, terwyl die spoeg spat. Leendert, 'n mens kan nie
altyd jou redenasies grond op suiwer emosie nie.

|En die feit dat Amerika weier om sy soevereiniteit onderhorig te stel aan
|norme vir besoedelingsbeheer.

Dis JOU opinie en duidelik 'n baie groot oor-vereenvoudiging van wat werklik
aangaan.....
|
|Maar jy durf te kraai hê oor al die geld wat die Amerikaners bestee om hul
|eie middestandwoonbuurte fraai en suiwer te hou

...JA!!!! Dis pragtig mooi! Jy moet kom kyk - daar is bome oral en natuurparke
en selfs die riviere se water is relatief skoon en so kan ek aanhou en ek hou
daarvan dat ek weet my belasting word so spandeer en ek hou daarvan om my seuns
in hierdie parke uit te neem en in die sneeu te gaan speel en vir mense te wys
hoe mooi is al die bome in die lente .... (eers asem haal, voor die spoeg by my
bek uitloop....)

Ek weet nie van die "middestand" woonbuurte nie - nog nie teegekom nie, maar
hulle hou my woonbuurt ookk mooi, nie net hulle s'n nie.

| - terwyl hulle giftige
|afvalstowwe uitvoer na arm lande waar dit "geberg" word, uitlek, en die
|omgewing vir die plaaslike bevolking onbewoonbaar maak. (Want die regulasies
|vir besoedelingsbeheer in die VSA self maak dit te duur om die afval daar te
|verwerk - dit word goedkoper om dit uit te voer na lande wat dit nie kan
|beskostig om dieselfde wetgewing in te stel of te polisieer nie.)

As die "arm" lande so dom is om hierdie soort van dumping so goedkoop toe te
laat, dan verdien hulle om op 'n vullishoop te leef. Ek hoor nie een van die
"arm" regerings kla of weier nie!?!?
|
|Miskien moet jy soms iets (behalwe die TV Guide) lees sonder dat iemand jou
|vra om dit te doen.
|
Hierdie een klink nou al soos my ou skoonma se "Kyk mooi na die kinders!" - ek
het dit al gehoor. TV Guide is nie so goed nie. Media One se boek is beter en
groter en het meer te lees. Selfs oor skandale! En besaaids, dit hou my die
hele maand besig dan kan ek kyk hoeveel stof my ander boeke probeer bymekaar
maak. Hille sê mens moet Taaaim probeer - dit het glo meer as kartoeens in.
Newsweek klink te haaivoloeten - so of ek nie deer 'n bladsy gaan kom in een
sitting opppie troon nie.
Mar die Media One boekie is goed - ek kan tog al Lewinskie spel!!!!!! Mar ek
sien na volgende week is daar nou so baie oopp kolle wat hulli nie weet wat
hulli gaan wys nie. Dan kan ek dalk meer lees. Mar wat bheveel jy nou an, moet
'n mens lees, Leedirt?????????? WAT LEES JY?????????????
Vorige onderwerp: Oeps! - Gewone Woorde
Volgende onderwerp: Oproep Habitat
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 13:32:08 MGT 2024