Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor wat goed kos
Oor wat goed kos [boodskap #19757] |
Fri, 08 January 1999 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dagse
My ou boodskappie oor my paar SA waarnemings het nogal 'n geskryf oor die
relatiewe koste van vergelykbare produkte in verskillende lande ontketen.
'n Meer sinvolle vraag is einlik die bekostigbaarheid van die produkte:
Vergelyk die koste van elke produk met 'n relevante inkomste-eenheid (bv die
gemiddelde na-belasting salaris van mense), in die twee of meer geldeenhede
wat ondersoek word. (Tricky. )
Byvoorbeeld, se maar die gemiddelde persoon wat 'n professie beoefen maak
R150,000 na belsting in SA. Verder, neem aan dat die gemiddelde
professionele persoon maak US$60,000 na belasting in die VSA. (Net
voorbeelde, maar ek dink nie hopelose raaiskote nie.)
Hulle wil elkeen 1 liter petrol koop. Dit kos, se maar, R2,20 in SA en
US$0.25 in die VSA. (beide min of meer reg.)
Sou hy wou, kan die SA persoon omtrent 68,000 liter petrol met een jaar se
na-belasting salaris koop. Sou sy wou, kan die VSA persoon ontrent 240,000
liter petrol met haar na-belasting salaris koop. Gevolgtrekking: petrol is
meer bekostigbaar in die VSA as in SA. (En dit is!) Dieselfde geld vir
motors: Die VSA persoon kan omtrent 2 goeie karre per jaar koop sou sy wou,
maar die SA persoon skaars een, en nie juis 'n wonderlike een nie.
Dit kan natuurlik andersom wees vir ander produkte. Huise is waarskynlik op
die oomblik so, op 'n kontant basis. (Maar as jy dan finansiering moet
gebruik, kom rentekoerse ter sprake. )
Nou ja, soveel vir Relatiewe Bekostigbaarheid 101.
Groete
Bees
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19965 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Mon, 18 January 1999 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Leendert van Oostrum"
> Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik gehou
> te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
> verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).
>
> Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
> bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
> nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.
>
> Mens tel dit baie gou by universiteite op,
En ek kan jou verseker dat die adolessente
op universiteit daardie mense is wat direk
na skool gaan hamburgers flip het en dit
gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.
Die mense wat nie die twintigjarige
adolessente is nie, is daardie mense wat
baie goed akademies in die skool was, en
aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
deelgeneem het, dinge wat hulle buite
die klaskamers maar binne die mure van die
skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
skoolrekords en omdat hulle bekend is in
die gemeenskap as goeie studente, goeie
sportspelers en goeie studente-leiers,
kry hulle die plum jobs gedurende die
twee maande lange somervakansie, wat hier
in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
is vir studente om hulle eie geld te
verdien. Maar die goeie studente kry
natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
akademiese rekords te h^e, is dit nood-
saaklik dat die kind baie hard werk binne
die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
hou van hamburgers flip na skool, want
op universiteit kos dit die ouers dan
baie min, of niks (soos in ons geval.)
Gloudina
|
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19996 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Tue, 19 January 1999 00:00   |
Alwyn Van Rooyen
Boodskappe: 49 Geregistreer: January 1999
Karma: 0
|
Volle Lid |
|
|
Stront. Regtig.
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>> Die mees korrupterende ding vir 'n jongmens is om kunsmatig afhanklik
> gehou
>> te word op 'n ouderdom waar hy biologies en emosioneel reeds gereed is om 'n
>> verantwoordelike lid van die samelewing te wees (12 - 16).
>>
>> Vandaar dat die verskynsel van "adolessensie" eers sedert die renaissance
>> bekend geword het - volgens sommiges. Die probleem lê nie by die inkomste
>> nie, maar by die gebrek aan verantwoordelikheid.
>>
>> Mens tel dit baie gou by universiteite op,
>
>
> En ek kan jou verseker dat die adolessente
> op universiteit daardie mense is wat direk
> na skool gaan hamburgers flip het en dit
> gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.
> Die mense wat nie die twintigjarige
> adolessente is nie, is daardie mense wat
> baie goed akademies in die skool was, en
> aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
> deelgeneem het, dinge wat hulle buite
> die klaskamers maar binne die mure van die
> skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
> skoolrekords en omdat hulle bekend is in
> die gemeenskap as goeie studente, goeie
> sportspelers en goeie studente-leiers,
> kry hulle die plum jobs gedurende die
> twee maande lange somervakansie, wat hier
> in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
> is vir studente om hulle eie geld te
> verdien. Maar die goeie studente kry
> natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
> hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
> akademiese rekords te h^e, is dit nood-
> saaklik dat die kind baie hard werk binne
> die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
> belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
> hou van hamburgers flip na skool, want
> op universiteit kos dit die ouers dan
> baie min, of niks (soos in ons geval.)
>
> Gloudina
>
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #19997 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Tue, 19 January 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> Internasionale peilings en metings dui die VSA duidelik aan as die
> mees produktiewe land.
Ek het nie 'n probleem daarmee dat die VSA glo besonder produktief is nie.
Maar hulle verbruik ook besonder baie. (Dis om te kan verbruik dat hulle
produseer. En hulle het die kuns uitgevind om verbruik te stimuleer sodat
hulle meer kan produseer, sodat hulle meer kan verbruik.) En besoedel die
omgewing ook besonder baie. En is nie besonder baie gretig om hulle daartoe
te verbind om hul produksie van kweekhuisgasse te beperk nie - of so verneem
ek.
> En alles wat ek hoor laat my dink dat die gemiddelde Yank nogal sy gat
> afwerk in ons terme.
> Vat die ouens nie net twee weke per jaar gemiddeld vakansie nie?
Ek weet nie of hulle twee weke vakansie vat nie - wel dat die meeste twee
weke kry wat hulle kan vat - en in senior posisies drie weke.
Praat nou die dag met 'n senior amptenaar in die Gautengse
onderwysdepartement. So 'n Ingelse oujongnooi van omtrent ouderdom 55 uit
die ou bedeling wat PC genoeg was om 'n verantwoordelike aanstelling in die
nuwe een te kry en op eerstenaamterme met Mary (Metcalfe) en James (Maseko)
te verkeer.
Sy neem nou drie maande verlof, want sy het uit moedeloosheid bedank. (Nie
pakket gevat nie, nie vroeë pensioen nie; bedank.) Nogtans verloor sy meer
as 400 dae verlof wat nie uitbetaal sal word nie.
Toe onthou ek - elke keer as ek bedank het by 'n werkgewer waar ek meer as
'n jaar of so gewerk het, het ek baie maande se opgehoopte verlof verbeur.
Twee van hulle was staatsdepartemente, en dit was baie algemeen dat mense
maande se opgehoopte verlof verbeur as hulle bedank. Dit was ook algemeen
vir mense wat aftree om eers drie tot ses maande verlof te gaan opgebruik
onmiddelik voor die aftreedatum, want slegs 'n jaar opgehoopte verlof kon
uitbetaal word as mens aftree.
Nou reken ek. Ek weet nie of die Amerikaanse werkers wel hul twee weke
vakansie per jaar vat nie, maar in die kringe waar ek in SA gewerk het was
dit redelik ongewoon om meer as twee weke per jaar te vat. Die algemene
houding was: "As ons jou vir 'n maand in die jaar kan mis, het ons jou nie
nodig nie".
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20001 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Tue, 19 January 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
>
> En ek kan jou verseker dat die adolessente
> op universiteit daardie mense is wat direk
> na skool gaan hamburgers flip het en dit
> gedurende die skoolvakansies ook gedoen het.
Tut...tut. Tevore het jy beweer dat hierdie kinders nooit by die
universiteit uitkom nie, Gloudina.
Lyk my jy lees te veel hygversies deesdae - die pornografie maak jou kop
sag. (Pun intended.)
> Die mense wat nie die twintigjarige
> adolessente is nie, is daardie mense wat
> baie goed akademies in die skool was, en
> aan baie aktiwiteite buite die klaskamers
> deelgeneem het, dinge wat hulle buite
> die klaskamers maar binne die mure van die
> skool moes doen. Hierdie kinders het goeie
> skoolrekords en omdat hulle bekend is in
> die gemeenskap as goeie studente, goeie
> sportspelers en goeie studente-leiers,
> kry hulle die plum jobs gedurende die
> twee maande lange somervakansie, wat hier
> in Noord-Amerika tradisioneel die tyd
> is vir studente om hulle eie geld te
> verdien. Maar die goeie studente kry
> natuurlik ook maklik beurse wat gewoonlik
> hulle universiteitsgelde dek. Om goeie
> akademiese rekords te h^e, is dit nood-
> saaklik dat die kind baie hard werk binne
> die skoolmure. Dis dus 'n baie goeie
> belegging vir 'n ouer om sy kind weg te
> hou van hamburgers flip na skool, want
> op universiteit kos dit die ouers dan
> baie min, of niks (soos in ons geval.)
Jy is, veronderstel ek, bewus daarvan dat honderde ondersoeke oor baie
dekades nog nooit daarin kon slaag om enige verband te vind tussen die
prestasie van studente op universiteit en prestasie daarna in die beroep en
die samelewing nie? (Anders gestel - die wat goed presteer op universiteit
toon gemiddeld nie beter sukses in die beroep of die samelewing as die wat
swak presteer op universiteit nie.)
Dieselfde geld vir prestasie op skool - die enigste ding waarmee prestasie
op skool korreleer, is prestasie op universiteit.
Op die bogenoemde bevindings het ek wel een beperkte uitsondering gevind -
'n afdeling van 'n Switserse ondersoek oor prestasie van ingenieurstudente
het gevind dat daardie studente wat die swakste presteer op universiteit die
beste entrepreneurs word.
Die afleiding is, natuurlik, dat die meeste eksamens wat mens op skool en
universiteit aflê ongeldig is, en niks meet wat buite die skool of
universiteit enige waarde het nie.
Dit lyk dus asof jou intellektuele snobbisme nie juis intellektueel begrond
kan word nie - dis blote vooroordeel, nie waar nie?
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20100 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Fri, 22 January 1999 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum"
>
>>> Ek verskaf maar net aan 'n wyer
>>> leserskring die nuutste sewe-
>>> dag-wonder van die Afrikaanse
>>> kultuurkringe daar in jou
>>> geweste.
>>
>> Ja, ek verneem dat jou besadigde suster hierdie goed (op gesag van
>> Christina) aan jou voorhou as die wonder van die Afrikaanse letterkunde.
>> Baie ander met vertraagde adolessensie sal ook identifiseer met Antjie
>> Samuels se fantasieë van 'n teleurgestelde bakvissie.
>
> Kyk hoe drawwe ou Leendert nou so kop
> en pootjies in die lokval in. As ek van
> 'n "sewe-dag-wonder" praat en jy nie kan
> sien wat my werklike opinie oor die saak
> is nie, dan is jou net eenvoudig dom,
> of miskien moedswillig.
Ek is nie bewus daarvan dat ek my uitgespreek het oor _jou_ opinie oor die
saak nie?
> Terloops, wat het
> "Christina" daaroor kwyt geraak? (Vir
> die wat nie weet waarvan Leendert praat
> nie, Christina Landman is 'n teoloog.)
Ek weet nie. Volg nie haar uitsprake oor elke dingetjie nie. Dis jy wat jou
suster in die konteks van pornografie met Christina ge-assosieer het.
>
>
>> Lank voor dit in hierdie vorm verskyn het.
>
> Wat bedoel jy hiermee. Dat iemand vir
> jou die bundel ter insae gestuur het
> voordat die publiek dit te koop kon
> kry. Dis wat jou woorde vir my beteken.
Dit kan ook (byvoorbeeld) beteken dat iets soos, sê nou maar, "die bose"
baie verskyningsvorme het, en dat mens dit tevore in ander vorme waargeneem
het.
Dit kan ook beteken dat mens (die meeste van) die individuele verse tevore
teëgekom het, voordat hulle in die betrokke bloemlesing (verkeerde woord vir
die betrokke publikasie) saamgevoeg is.
En 'n paar ander dinge.
> Een van die gevolge van so 'n proses
> van dekonstruksie, is dat dit toon
> dat na 'n halfeeu se kontrole deur die
> ou suurgesig-predikante wat op die
> preekstoel apartheid goedgepraat het
> en so agteraf met die duiwel geheul het,
> Afrikaners nou vry voel om soms hier en
> daar hulle ware gevoelens voor die dag
> te bring.
Ah! Pornografiese hygversies is nog 'n "legacy of apartheid". Tsk...tsk.
En ek het jou al tevore gevra: Noem vir my die naam van een predikant wat
apartheid op die preekstoel "goedgepraat" het. Ook datum en plek van die
uitspraak, en besonderhede van die woorde wat gebruik is.
> In alle geval, "Dye.." bevat
> baie mooi gedigte van 'n verskeidenheid
> van digters.
Korrek. Verse wat ook elders beskikbaar is, en wat geensins daarby baat om
in 'n konteks van wanfunksionele erotiek saamgegooi te word nie.
> Antjie Krog moet 'n mens
> nou maar vat soos sy kom.
Ek verkies om haar nie te vat nie - of sy kom of nie.
Vriendelike groete, Leendert
|
|
|
|
|
Re: Oor wat goed kos [boodskap #20797 is 'n antwoord op boodskap #19757] |
Mon, 08 February 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Mon, 08 Feb 1999 13:27:35 GMT, oos...@geocities.com wrote:
Rip van Oostrum heb opgestaan....!
Nou moet jy nog net die afgelope tyd se plasings lees, dan sal jy sien die
gesprek wat jy nou hier wil oopmaak is reeds gevoer. En ek gaan nie my tyd mors
om als weer vir jou te skryf nie.
|Jy beskou dus die grootskaalse bevuiling van die wêreld se atmosfeer deur
|Morsvark Amerika as onbelangrik.
|
"dus"??????? Jou afleidings is totaal skeef - net soos hierdie plasing wat
gemaak is, so lyk dit vir my, terwyl die spoeg spat. Leendert, 'n mens kan nie
altyd jou redenasies grond op suiwer emosie nie.
|En die feit dat Amerika weier om sy soevereiniteit onderhorig te stel aan
|norme vir besoedelingsbeheer.
Dis JOU opinie en duidelik 'n baie groot oor-vereenvoudiging van wat werklik
aangaan.....
|
|Maar jy durf te kraai hê oor al die geld wat die Amerikaners bestee om hul
|eie middestandwoonbuurte fraai en suiwer te hou
...JA!!!! Dis pragtig mooi! Jy moet kom kyk - daar is bome oral en natuurparke
en selfs die riviere se water is relatief skoon en so kan ek aanhou en ek hou
daarvan dat ek weet my belasting word so spandeer en ek hou daarvan om my seuns
in hierdie parke uit te neem en in die sneeu te gaan speel en vir mense te wys
hoe mooi is al die bome in die lente .... (eers asem haal, voor die spoeg by my
bek uitloop....)
Ek weet nie van die "middestand" woonbuurte nie - nog nie teegekom nie, maar
hulle hou my woonbuurt ookk mooi, nie net hulle s'n nie.
| - terwyl hulle giftige
|afvalstowwe uitvoer na arm lande waar dit "geberg" word, uitlek, en die
|omgewing vir die plaaslike bevolking onbewoonbaar maak. (Want die regulasies
|vir besoedelingsbeheer in die VSA self maak dit te duur om die afval daar te
|verwerk - dit word goedkoper om dit uit te voer na lande wat dit nie kan
|beskostig om dieselfde wetgewing in te stel of te polisieer nie.)
As die "arm" lande so dom is om hierdie soort van dumping so goedkoop toe te
laat, dan verdien hulle om op 'n vullishoop te leef. Ek hoor nie een van die
"arm" regerings kla of weier nie!?!?
|
|Miskien moet jy soms iets (behalwe die TV Guide) lees sonder dat iemand jou
|vra om dit te doen.
|
Hierdie een klink nou al soos my ou skoonma se "Kyk mooi na die kinders!" - ek
het dit al gehoor. TV Guide is nie so goed nie. Media One se boek is beter en
groter en het meer te lees. Selfs oor skandale! En besaaids, dit hou my die
hele maand besig dan kan ek kyk hoeveel stof my ander boeke probeer bymekaar
maak. Hille sê mens moet Taaaim probeer - dit het glo meer as kartoeens in.
Newsweek klink te haaivoloeten - so of ek nie deer 'n bladsy gaan kom in een
sitting opppie troon nie.
Mar die Media One boekie is goed - ek kan tog al Lewinskie spel!!!!!! Mar ek
sien na volgende week is daar nou so baie oopp kolle wat hulli nie weet wat
hulli gaan wys nie. Dan kan ek dalk meer lees. Mar wat bheveel jy nou an, moet
'n mens lees, Leedirt?????????? WAT LEES JY?????????????
|
|
|
Bladsye (2): [1 ] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:57:38 UTC 2025
|