| TOFU [boodskap #19743] |
Do., 07 Januarie 1999 00:00  |
Paul
Boodskappe: 163 Geregistreer: November 2005
|
Senior Lid |
|
|
Kan enigiemand my dalk help deur te sê waar in Pretoria ek TOFU kan koop.
Dankei
Paul
kru...@saps.org.za
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: TOFU [boodskap #19768 is 'n antwoord op boodskap #19743] |
Vr., 08 Januarie 1999 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On 8 Jan 1999 14:28:44 GMT, said the following:
| Wat sal ons tog met jou maak.
| Elke keer wanneer jy in sekere
| plekke hamburgers eet, is die
| kanse goed dat deel daarvan tofu
| is.
Nee, ek is heeltemaal te allergies vir al hierdie snaakse soja
produkte - ek het net een maal lank terug 'n baba se doek skoongemaak
(nie eers my eie seuns nie) wat op soja melk was ......
Ek is nie 'n hamburger fan nie, maar eet dit net by Fuddruckers waar
jy self die rou vleis vir jou hamburger uitsoek (gewaarbord suiwer
vleis is) en hulle hom vir jou gaarmaak en jy hom dan self opdres.
Ek sal nie verbaas wees as iemand my tog miskien dan en wan 'n bietjie
soja slip nie, maar defnitief nie op groot skaal nie. Veral ook nie
sedert ek my eie wors maak nie.
|
| Miskien het julle daar in Minnesota
| 'n ander soort tofu. Ek dink byvoor-
| beeld julle goewerneur is 'n tofu.
Jy's lekker jaloers, né! Hoe meer ek van die ou hoor, hoe meer hou ek
van hom, maar hy moet homself nou maar eers bewys - sover was als nog
net praat en niks aksie nie.
Nou moet Miesies Dole nog net ons President word!!! Dan's ek in die
land van kaas en heuning!
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: TOFU [boodskap #19793 is 'n antwoord op boodskap #19743] |
Sa., 09 Januarie 1999 00:00  |
Johan Conroy
Boodskappe: 10 Geregistreer: Januarie 1997
|
Junior Lid |
|
|
Johan wrote in message ...
> On 8 Jan 1999 14:38:37 GMT, said the following:
> | protein uitmaak.) As jou vegetariers dan ook
> | nog eiers en kaasprodukte eet, dan het jy
>
> EIERS en KAAS!!!!!!!!!!!!!!! Horror!
>
> Meer ernstig - hoekom is daar vegetariers wat eiers en kaas eet maar
> nie vleis nie?
Die hoofrede soos ek dit sien is dat dit 'n etiese/morele oorweging is. Dit
is tipies nie nodig om 'n stuk kaas te vermoor voordat jy dit kan eet nie.
Ditto vir 'n onbevrugte eier. Nie dat dit my persoonlik keer om die lyke
van onskuldige lammers of kalfies op te vreet nie, maar ek kan die punt
insien.
Groetnis
Johan
|
|
|
|