Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "chaka's rock" deur MARLISE JOUBERT
"chaka's rock" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19692] Ma, 04 Januarie 1999 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
chaka's rock
-marlise joubert-

ek wou gaan stap het langs die see
wat nou swarter word teen sononder
ten spyte van die steenkool in die sand
die gebreekte pyp van 'n ou riool
en verderop die swambruin van 'n stroom
ten spyte van die swerm blikkies leeggedrink
die stalletjie alleen en toegestaal
in die laat lig van die aand

want ek het aan jou gedink
skaars ses uur afwesig
het ek verlang het ek gewonder
hoe was daardie droom
toe jy die woord skimmellig
skielik uit jou hartsak haal
Vorige onderwerp: Johannes Kerkorrel
Volgende onderwerp: Re: SA - 'n paar waarnemings,,,episode 1
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 06 01:24:33 MGT 2024