Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » opsiek na metgesel - verkieslik dame
opsiek na metgesel - verkieslik dame [boodskap #19681] Sa, 02 Januarie 1999 00:00 na volgende boodskap
Pieter van Wyk  is tans af-lyn  Pieter van Wyk
Boodskappe: 1
Geregistreer: Januarie 1999
Karma: 0
Junior Lid
Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van tussen 20 en 30. Jy
moet mooi wees, goed gebou, bruin gebrand wees en baie hou van "jol". Jy
moet ook baie hou van partytjies asook van sosiale geleenthede. Foto sal
as waardeer word
(veral in jou bi-kini)

Jy kan my kontak by die volgende E-Mail adres:

pvwa...@intekom.co.za
Re: opsiek na metgesel - verkieslik dame [boodskap #19685 is 'n antwoord op boodskap #19681] So, 03 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"ekspat" writes:

> Touche Gloudina!!! Hoop dit het die vermetelde
mannetjie bietjie in sy bek
> gerek:-)))
>
>
> @igs.net wrote in article ...
>> "Pieter van Wyk" writes:
>>
>>> Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van
>> tussen 20 en 30.

So, Johan, het jy jou onder die sneeu
uitgegrawe? Ons deel was gelukkig nie
baie intens of lank nie, en alles in
die vorm van sneeu. Dis rofweg 'n jaar
gelede dat ons die ysstorm gehad het,
en ons was bang dat dit miskien as reen
kan val.

Piggy op die Rideau (en dis ongeveer volmaan)
Re: opsiek na metgesel - verkieslik dame [boodskap #19686 is 'n antwoord op boodskap #19681] So, 03 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ekspat  is tans af-lyn  ekspat
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Touche Gloudina!!! Hoop dit het die vermetelde mannetjie bietjie in sy bek
gerek:-)))

@igs.net wrote in article ...
> "Pieter van Wyk" writes:
>
>> Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van
> tussen 20 en 30. Jy
>> moet mooi wees, goed gebou, bruin gebrand wees
> en baie hou van "jol". Jy
>> moet ook baie hou van partytjies asook van sosiale
> geleenthede. Foto sal
>> as waardeer word
>> (veral in jou bi-kini)
>>
>> Jy kan my kontak by die volgende E-Mail adres:
>>
>> pvwa...@intekom.co.za
>
>
> So, jy soek na 'n metgesel, "verkieslik 'n
> dame." Beteken dit dat dit ook 'n heer kan
> wees? Of beteken dit dat dit nie noodwendig
> 'n dame hoef te wees nie, maar ook 'n losbol,
> 'n feeks, 'n viswyf, ensovoorts, ensovoorts,
> solank sy aan die vroulike geslag behoort?
>
> Vir iemand wat op die eerste Januarie op sy
> rekenaar sit, terwyl hy eintlik besig moet
> wees om te jol, het jy baie veeleisende
> vereistes vir die applikant. Jy klink na een
> van daardie persone waarvoor die Engelse
> idioom van pas is: "beggars can't be choosers."
>
> Maar miskien verklaar die titel van jou pos
> die hele ding: ek sien jy is "opsiek na 'n
> metgesel." Ek wens jou gesondheid vir die
> nuwe jaar.
>
> Tant Hessie en haar witperd.
>
Re: opsiek na metgesel - verkieslik dame [boodskap #19690 is 'n antwoord op boodskap #19681] Ma, 04 Januarie 1999 00:00 Na vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Jan 1999 22:53:04 GMT, wrote:

|"ekspat" writes:
|
| > Touche Gloudina!!! Hoop dit het die vermetelde
| mannetjie bietjie in sy bek
|> gerek:-)))
|>
|>
|> @igs.net wrote in article ...
|> > "Pieter van Wyk" writes:
|> >
|> > > Ek is op soek na 'n metgesel in die ouderdom groep van
|> > tussen 20 en 30.
|
|
| So, Johan, het jy jou onder die sneeu
| uitgegrawe? Ons deel was gelukkig nie
| baie intens of lank nie, en alles in
| die vorm van sneeu. Dis rofweg 'n jaar
| gelede dat ons die ysstorm gehad het,
| en ons was bang dat dit miskien as reen
| kan val.
|
| Piggy op die Rideau (en dis ongeveer volmaan)

Sorrie M�dem, dets not mieee! Nei, eksie meer bydie sienie. Ek sit
hie met my gat op 'n yshoop.....

Meer ernstig - nee Gloudina, groot teleurstelling sover met die sneeu
- ons het drie dae terug eers begin sneeu kry en sover nog net twee
duim van die heel poeierige sneeu wat nie wil vaskleef as jy hom
saampers nie (ja, ek wou vroulief met 'n sneeubol teen die kop tref!
- net saggies, maaindjoe, die goed kan mos doodgooi).

Ek het nog net drie keer die "draaivway geshovel" en die res van die
sneeu het nou al sederdien afgewaai en lê voor my voordeur. Die seuns
kan nie wag vir ordentlike sneeu waarop hulle met hulle slee kan ry
nie! En dit lyk nie in die vooruitsig nie....

Ek onthou julle wrede ysstorm - was julle ook sonder krag? Gelukkig
is ons temperature nou permanent onder -10°C in sodat alles wat val
sneeu is. En die paaie is net sneeuglad en nie ysglad nie!

Die Twin Cities was regtig die afgelope jaar gespaar van al die weer
uiterstes, behalwe vir 70mph winde wat ons op 30Mei gehad het.

Laat dit met jou en al die ander wat hier rondhang, goed gaan in die
nuwe jaar!

Vrede!

Johan
Vorige onderwerp: Aandag Dames tussen 30 en 40
Volgende onderwerp: Johannes Kerkorrel
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jul 06 02:04:16 MGT 2024