Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » "kan jy nog herspeel" deur MARLISE JOUBERT
"kan jy nog herspeel" deur MARLISE JOUBERT [boodskap #19666] Sa, 26 Desember 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
kan jy nog herspeel
- marlise joubert-

kan jy nog herspeel pantsers ruwe westekus
hoe waterspier en sand verloop en ons
van alles onbewus by paternoster op die stoep
hoe outyds alles was hoe die kinders veraf roep
helenabaai met skemertyd die see was glad
en grieks die bote stil en toegesluit

kan jy nog onthou vraatsugtige son by lambertsbaai
hoe jy my hare stadig kam hoe die voëls
rooflustig nader nader draai: dat ek jou wil hê
is so maklik om te sê dat ek jou wil hê
is 'n ding wat in my lê
Vorige onderwerp: " 'n Begin at last" deur MARLISE JOUBERT
Volgende onderwerp: Re: Viagra wil make you strong proven 100%
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:14:32 MGT 2024