Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Kersfees
Kersfees [boodskap #19649] Di, 22 Desember 1998 00:00
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ek wil almal op die NG 'n Geseënde Kersfees toewens. Ek hoop dat die
bo-natuurlike Vrede van Christus aan almal mildelik geskenk sal word,
waar jy jou ook al bevind.

Dankie vir almal wat my iets omtrent menswees geleer het die afgelope
jaar - soms om my self te probeer verbeter en soms hoe om nie op te
tree nie. Vir laasgenoemde handjievol, ek hou nie kwadegevoelens nie.
Ek het net 'n versoek dat ons almal probeer kommunikeer asof ons
persoonlik self van aangesig tot aangesig met elke persoon praat en
dieselfde respek sal betoon.

Gloudina, dankie vir die volgehoue effort wat jy insit met die
gedigte - meeste is baie mooi - en die wat nie vir my mooi is nie, kan
toegeskryf word aan persoonlike smaak.

Ons het eergister en gister ons eerste sneeu van die winter gekry en
temperature het getuimel van bo vriespunt af tot by -20°C vandag. Met
die wind in ag geneem sal ons aanvoelbare temperatuur more minder as
-40°C wees (-50�F). Die hele Minnesota is sommer weer in 'n gemaklike
bui noudat die weer normaal is en almal die winter kan begin geniet.

Onsself ry Donderdag af Illinois toe na familie toe en sal eers in die
volgende week terugkom.

Goed gaan aan almal!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: FEESBOODSKAPPE PER SMS
Volgende onderwerp: Leendert
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 02:33:07 MGT 2024