Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Briefie vir oom kaspaas
Briefie vir oom kaspaas [boodskap #19637] So, 20 Desember 1998 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom kaspaas,

dis die laaste keer lat ek skryf die jaar. ons ry woensdag na my
oupa se see toe. ma' dis nie so lekker soos oom dink nie. my pa sit
net die hele dag met 'n ver kyker op die stoep en syp. hy sê hy
kyk vir die dol fyne, ma' niemand glo hom nie.

my ma sê sy oge gaan nog ytval van vir die top lus mysies kyk. hy
stry. hy sê hy kyk dol fyne. ek weet nie wat sien hy aan top lus
mysies nie. vir my lyk dit hille maak net die bybiekies honger. my
ma sê hille maak my pa ook honger.

ek weet ook nie van dol fyne nie. ek ken dol honde. soos die een wat
oom mal anneries gebyt het voor hy dood is. sy eie hond wat hy nie wou
lat inspyt het nie oor die vee arts te veel vra. toe moes die antie
hom later aan die katel vas maak lat hy haar nie kan byt nie. toe
vrek hy oor hy nie kan byt nie.

honne raak dol as meer katte hille byt. ek het nog nooit 'n meer kat
by die see gesien nie, so ek weet nie hoe raak 'n fyn dol nie. miskien
byt die haaije hille.

koebaai oom kaspaas, as oom nie so baie soos my pa syp nie, sal oom
lekker krismis en niewe jaar hou. moenie lat die antie die bybiekies
honger maak nie.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Kerstmis
Volgende onderwerp: Afrikaanse spellingkontrole
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 08:09:51 MGT 2024