Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » brief vir oorle oom kaspaas
brief vir oorle oom kaspaas [boodskap #19608] Wo, 09 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom kaspaas

askies lat ek nou eers skryf ma' saterdag was weer rakbie en ek kon
dit vandag eers yt my kamer waag. syd afrika het verloor en dit nogal
teen ingeland. my pa is briesend. hy sê ons kan eerder teen simbawie
verloor as teen daai lot.

toe hille opdraf is joosthysen voor. ek dog eers hys kaptein ma' my pa
sê hy speel vyftig keer. gin wonner hyt so moeg gelyk nie. oom stief
sweetnie kla lat die bokke te wit is ma' oom moes die ingelse gesien het.
trye broeke bene alles spierwit. hille kan bly wees oom stief is nie hille
baas van sport nie.

toe sing hille die volks liedere. ingeland sing lat die jirre agter die
kwien moet kyk. ons sing lat hy sommer agter die jele afrika moet kyk. ons
het later agter gekom hy laaik die kwien meer as afrika.

toe slap tjips vroeg die ingelse lat stilstaan toe skree my pa magers
fontein en spioen kop. en ok iesand shlwana vir in geval oom stief dalk hoor.
toe mak kat wat yntlik van syd afrika af kom die bal kry toe lag my pa hard.
toe raak daai kat wild en skop 'n drie in die hoek. toes die bokke nie meer
lis vir speel nie toe gee hille ma' pinte vir ingeland. my pa sê die jaar
was vir hille te lank en die brig te vêr. toe gaan sit hy op die stoep en syp.

toe hy sondag met 'n kop seer op staan toes hy soos 'n briesende leeu. hy sê
mellit en taigman verstaan niks van vrouens en kinders in kont sentrasie
kampe nie. of van die slag van oeloendie nie vir ingeval oom stief hoor. ma'
hy sê oom stief sal dit miskien nie wil hoor nie want hy hoor en sien net wat
hy glo.

hy sê miskien moes mellit eerder syd afrika se ál bleks lat speel het soos
oom stief wil hê. dit sou nie slegter gegaan het nie. hy sê volgende jaar is
nog 'n jaar. ek dink die branne wyn is na sy kop toe want dit kan tog nie die
selfde jaar wees nie. ek hoop net nie hy is vir die bokke so lank soos die
jaar nie.

koebaai oom kaspaas, oppas vir mak katte wat wild word.

hennerietjie
Re: brief vir oorle oom kaspaas [boodskap #19615 is 'n antwoord op boodskap #19608] Vr, 11 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
antie pieghie van die rydio skryf:

>        Hier by ons is omtrent
>        al die sports-spanne swart.

hallo antie pieghie

hie by ons ok. dis hoekom hille net sports maak en vir loor. die
sport spanne doen darrim so 'n bietjie beter. sport spanne wat sports
maak vir loor die meeste van die tyd.

>        As jy na die
>        ouens kyk wat die vinnigste in Kanada
>        hardloop, of die hoogste spring, of op
>        meeste van die spanne speel, dan sal jy
>        dink dat jy in die hart van Afrika sit.
>        Ek dink dis Oom Steve Swete (?) wat ook
>        hier sy lyf rondgooi.

jis, antie, jille kan bly wees oom stief is nie jille groot baas van
sport nie. hy sal dit niks laaik lat da nie eskiemous in jille spanne
is nie al is dit net vir die sports. hy raak gat vol oor silke goed sê
hy. ma' hys nog orraait, antie. wees bly antie loeloe sien wana toe is
nie jille groot antie van sport nie.

sy sê sy gaan 'n wet maak lat ons meer eskiemous in ons spanne moet hê.
sy vra hoekom brytintjie polse nie teen ingeland gespeel het nie. lyk
my sy weet iets van rakbie want ek wil dit ok weet. teen ingeland kon
hille my ok lat speel het sê my pa.

toe vra sy hoekom het ouwin oom koemanie nie ok gespeel nie. toe weet ek
sy weet niks van rakbie nie. antie sien ouwin het nog nie geleer lat dit
teen die reels is om skeef in te gooi by die lyn stane nie. dit help nie
om teen die reels te speel nie.

wat my warrie antie is wat dink die eskiemous lat antie loeloe hille met
'n wet in 'n span wil indrik. ek kry brytintjie jammer die dag as die wet
sê hy moet teen jouna loumoe van neeu see land speel. hy sal die heel tyd
wonner of hy in die span is oor lat hy goed is of oor die wet so sê. lat
jouna vyf keer so groot soos hy is sal hom seker ook lat wonner.

wat ek nie vir staan nie antie is lat laas jaar toe syd afrika teen die
slawe drywers van iegipte gaan stoei het was die hele span boerkies. toet
oom stief niks gemoun nie. my pa sê dis oor lat 'n mens in 'n bos kan weg
kruip ma' nie op die oop vlaktes nie. vir staan antie dit.

ek wil vir oom stief ook 'n briefie skryf. ek wil vir hom vra wanner gaan
hy moun oor da nie eskiemous in syd afrika se val skerm span is nie. of in
die diep see dyk of swem van robbin yland na kaap stat spanne nie.

koebaai antie, en jille moet die eskiemous lat ys hokkie speel of is jille
bang hille bou hyse van die hokkie veld.

hennerietjie
Re: brief vir oorle oom kaspaas [boodskap #19616 is 'n antwoord op boodskap #19608] Vr, 11 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hen...@my-dejanews.com writes:

> koebaai antie, en jille moet die eskiemous lat ys hokkie speel of is jille
> bang hille bou hyse van die hokkie veld.
>
> hennerietjie

Liewe Hennerietjie,

Nee wat, Hennerietjie, ons het noual uit-
gevind dis die beste om die Russe vir Kanada
te laat speel. Hulle speel vreeslik hard,
sodat hulle seker kan maak dat hulle nie weer
na Rusland terug hoef te gaan nie.

Buitendien dink ek nie die Inuit is vreeslik
lief vir yshokkie nie. Hulle hou meer van
nasie-bou. Hulle het nou die reg gewen om
hulle eie streeks-regering tot stand te
bring. Dit sal Nunavut genoem word. En,
kry ek die indruk, hulle is meer bekommerd
oor die lot van hulle genetiese rasgenote
wat in die verre noorde van Rusland bly,
en wat nou, na die val van die U.S.S.R.
ekonomies verwaarloos en verhonger. Dit sal
my nie eendag verbaas as al die Inuit van
die verre noorde in beide Kanada en Rusland
en miskien in Noorwe"e en Finland, hulle eie
gebied onafhanklik sal wil verklaar nie.
Miskien moet daardie stukke land afstig van
Rusland ens. en by Kanada aansluit, dan sal
Kanada die grootste land in die wereld wees,
in plaas van die tweede-grootste.

Piggy op die Rideau.
Vorige onderwerp: Die glorieryke demokratiese registrasie
Volgende onderwerp: Hardekoolvuur!
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 00:15:51 MGT 2024