| "Sondag" deur LEON STRYDOM [boodskap #19598] |
Di., 08 Desember 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
Sondag
Leon Strydom
met hom weg van die huis weet sy is die hond
weer baas verwilder hy die bure se brakke
loom van lyf sien sy luiter hy in die son rond
asof hy van haar nog taal nog tyding het
sy luister hoe hy snuffel van vertrek tot vertrek
sy luister hoe hy smak hoe hy lippe aflek
sy kwispel bring hom stert in die lug na haar bed
sy tong god weet maak 'n teef in haar wakker
(Uit "Die dye trek die dye aan" - of sommer
"Die Dye" in die Nuwe Suid-Afrika.)
|
|
|
|