Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bees ! Luister jy ?
Bees ! Luister jy ? [boodskap #19559 is 'n antwoord op boodskap #19566] So, 06 Desember 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Weet nie watter nuusleser jy op jou rekenaar het nie en daarom verklap ek my
E adres aan jou vir direkte pos.
As jy van Outjo se wêreld af kom, was ons dalkies naby aan mekaar. Wat
soek 'n Suidwester so ver in die vreemde ?? Laat weet gerus. Het reeds
met 'n ander Suidwester op die internet kontak gemaak (12 uur tydsverskil)
en sederdien vriendskap opgebou.

Die "oom" besigheid het eintlik sy beslag gekry met 'n jagstorie - ek en
Henri (Hennerie !) het so bietjie in die veld rondgeloop. Ook in Outjo
distrik baie in die veld geloop. So 45 myl van Outjo af op die Kamanjab
pad uit. Ken jy daardie dele - jare gelede bekend as die "terrasse" ??

Groete
(Oom) Hans
jdejage...@iafrica.com.na

Haal die water uit bostaande adres vir direkte pos. Dis net daar geplaas
om spammers te versuip. Gesels gerus. Lyk my die NG se ratkierie is in
neutraal - almal met vakansie ??
Re: Bees ! Luister jy ? [boodskap #19566 is 'n antwoord op boodskap #19559] Sa, 05 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
oom Hans

Ek het vir jou geskryf direk na jou adres - jy behoort dit al te he. Laat
weet indien nie,

tot later

Bees
Re: Bees ! Luister jy ? [boodskap #19594 is 'n antwoord op boodskap #19566] Di, 08 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Woestynrot  is tans af-lyn  Woestynrot
Boodskappe: 4
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
As julle so 'n bietjie verder soek, dan sal julle nog van ons kry. Ek sit
nou byna drie maande in Brussel, besig met 'n M. in Volkereg aan die VUB, en
woon tans in Halle. Ken jy vir Jannie Van der Merwe, van Gobabis vroeër,
maar boer nou naby Otjinene? Ek kan sy plaasnaam nie meer onthou nie, maar
weet net dat die beste koedoes in die ooste daar te vinde is. Ek sal wel
weer enetjie gaan haal voor Kersfees 99 te naby kom.
Groete aan al die Biltongboere
Johann (Die Woestynrot)
Hans wrote in message ...
> Weet nie watter nuusleser jy op jou rekenaar het nie en daarom verklap ek my
> E adres aan jou vir direkte pos.
> As jy van Outjo se wêreld af kom, was ons dalkies naby aan mekaar. Wat
> soek 'n Suidwester so ver in die vreemde ?? Laat weet gerus. Het reeds
> met 'n ander Suidwester op die internet kontak gemaak (12 uur tydsverskil)
> en sederdien vriendskap opgebou.
>
> Die "oom" besigheid het eintlik sy beslag gekry met 'n jagstorie - ek en
> Henri (Hennerie !) het so bietjie in die veld rondgeloop. Ook in Outjo
> distrik baie in die veld geloop. So 45 myl van Outjo af op die Kamanjab
> pad uit. Ken jy daardie dele - jare gelede bekend as die "terrasse" ??
>
> Groete
> (Oom) Hans
> jdejage...@iafrica.com.na
>
> Haal die water uit bostaande adres vir direkte pos. Dis net daar geplaas
> om spammers te versuip. Gesels gerus. Lyk my die NG se ratkierie is in
> neutraal - almal met vakansie ??
>
Vorige onderwerp: Jan Skrik - Oulik en Vaak
Volgende onderwerp: 'n Wenkie om die gemorspos-verspreiders te fnuik (was Re: Bees ! Luister jy ?)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 30 06:07:15 MGT 2024