Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gemoedsbekaktes
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19455 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 29 Nov 1998 03:46:24 GMT, e...@dot.com (Johan ) wrote:
<<>Ferdi, jy's daar midde in dinge - vertel ons bietjie meer!>>

In die algemeen word dit as n sukses beskou.
Daar sal verdere registrasie wees volgende jaar.

Ons ondervinding hier in Johannesburg is dat die Vrydag-oggend was
daar - soos belowe - n pamflet in ons posbus wat gese het waar en
wanneer ons moet gaan registreer.

(Registrasie moes gebeur het by punte naby aan jou woning. Jy kon nie
op enige plek gaan registreer het nie.
Ek reken dit is n duidelik beweging (wat bou op die kieslys van die
eerste munisipale verkiesing ook) na streeksgebonde kieslyste - soos
in die ou SA verkiesings.
Maar die keer moet die ander 80% van die bevolking natuurlik ook op
die lyste geplaas word.)

My vrou het Sondag gegaan. Dit was so 500 meter van ons huis af. Sy
was vriendelik ontvang en die proses het 5 minute geduur.

Dis maklik om sinies te wees, maar dink vir 30 sekondes aan die
volgende konsep: Die hele Soweto/Alexandra/Vosloosrust/Tokoza waar
ookal se mense wat stemgeregtig is met korrekte ID boeke en op n
kieslys wat voorstad en straat-gebonde is.

En doen dit in een jaar?
In een naweek?!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19456 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Komaan Doudie

> Mense het wel veralgemenings nodig om aan die begin 'n paar basiese reels te
> maak, wat hulle later verbeter deur die uitsonderings op die reel waar te
> neem.

> tot later
> Bees

Bees, ek laaik jou nuwe epos-adres. Tog
so jammer dat K.D. Lang nou 'n vegetarier
is. En nie van beesvleis hou nie. En sy
is julle mees belangrike uitvoer-produk.

Ek dink mense het minder veralgemenings nodig,
en verskil dus van jou. Vir iemand wat weet
waarvan hy praat, kan baie min veralgemenings
oor "Kanada" waar wees. Dis daarom dat ek
altyd versigtig aandui dat ek op die oomblik
in Oos-Ontario bly, want ek is sterk bewus
daarvan dat selfs suid-westelike Ontario
"anders" is as hier by ons. Oos-Ontario en
Noordelike New York staat, net oor die grens,
is in gees heelwaarskynlik veel nader aan
mekaar as enige ander twee landstreke. Bietjie
verskil, ons aan hierdie kant van die St.
Lawrence vier Thanksgiving in die middel van
Oktober, hulle aan die einde van November.
Nou, hierdie jaar met geen sneeu en warm
temperature het dit nie saak gemaak nie, maar
gewoonlik is hulle net so koud en toe onder die
sneeu as ons, en moet hulle dan Thanksgiving vier
saam met die suidelike VSA.

Doudie
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19457 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 26 Nov 1998 10:24:46 +0200, lou wrote:
>
> geheue>>
>
> En ek het mos gese ek het die tweede dag gaan stem. Met ander woorde
> NIE DIE EERSTE DAG NIE.
>
[color=blue]>
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19458 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 30 Nov 1998 09:17:28 +0200, lou wrote:


>>
>> Hoekom nie?
>> As die reg op besekrming teen kriminele swaarder weeg, geld hy.
>
> NOT! Die beskerming van regte ens ens ens. Soos ons lankal gesien het
> weeg die reg van die krimineel swaarder as die van Jan Publiek.>>

Ag nee wat Lou. Hierop hoef n mens nie enrstig te antwoord nie.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19459 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Thu, 26 Nov 1998 09:05:25 +0200, lou wrote:
>
> >
>
> Hoekom nie?
> As die reg op besekrming teen kriminele swaarder weeg, geld hy.

NOT! Die beskerming van regte ens ens ens. Soos ons lankal gesien het
weeg die reg van die krimineel swaarder as die van Jan Publiek.

>
> >
>
> Lou. So vier jaar gelede is daar in tydskrifte soos Scientific
> American en so aan geskryf dat spraak-herkenning nie binne sig is vir
> die huidige geslag mense nie omdat AI te moeilik is en omdat PC's
> nooit in die afsienbare toekoms die crunching power sal he om
> inkomende klanke vinnig genoeg met n databasis te vergelyk nie.
> Vandag kos Dragon of IBM the DEURLOPENDE SPRAAK herkenningspakkette
> vir PC's iets in die omgewing van R400.

Hint: kyk na http://www.c3.lanl.gov/~brislawn/FBI/FBI.html dan sal jy
sien hoe wat fingerpring herkening eintlik verg.

> Vandag se super computer in twee jaar van nou af se PC.

Nee wat - ok nou nie so maklik nie! PC ontwikkel vinning ja - maar ek
sal daarvan hou om 'n CRAY of HP V-series oor twee jaar op my lesenaar
te he! :)
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19460 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Darem speel die weer hier by ons saam met jou idee van min
> veralgemening! Ons het in die naweek 'n dag gehad wat 1909 se rekord
> warm weer (61°F) vir die spesifieke datum gebreek het en nou die
> rekord op 65°F laat staan. Gister het ons braaivleis gehou op die
> deck met kortbroek en T-hemp.

Ja, vandag was ons temperatuur
om en by 10 C. Maar met 'n fris
wind, en bewolkte lug. Niemand,
dink ek, sal hier braaivleis hou
nie.

> Dis als baie lekker, maar baie mense hier het al kersliggies opgesit
> en dit lyk net nie so mooi as daar nie ook sneeu lê nie. Vind daar by
> julle ook so baie huisversiering plaas met die liggies, in Desember?

Ja, die afgelope paar dae begin
die liggies orals aangaan. So 'n
bietjie sneeu sal nie sleg wees
nie. Die bolle in die grond vir
volgende lente behoort nie nou
warm weer te kry nie. En dis beter
as die aarde 'n deksel van sneeu
het, sodat dit nie diep sal vries
as ons nou skielik baie koue weer
kry nie. Dis sleg vir huise se
fondamente as die grond te diep in
vries.

Gloudina
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19461 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 30 Nov 1998 08:59:23 +0200, lou wrote:

registrasie punte te besoek omdat die IEC nie sy werk doen nie. Hulle[/color]
> maak so 'n boggerop an sake EK hoef hulle nie sleg te laat lyk nie -
> hulle doen 'n moerse goeie job hulle self.>>

Wat is daai een nou weer van govt BY the people for the people.

Teenoor jou gemoedsbekakking is daar die storie van die twee afgetrede
omies in die ou Wes-Transvaal (as ek reg onthou) wat nie gesit en kerm
het oor die dept van binnelandse sake nie by hulle klein dorpie uitkom
nie.
Toe kry hulle toestemming om die aansoeke vir nuwe ID boekies self op
die dorp te doen.
Teen geen betaling nie spring hulle toe in begin die dorp opteken en
vingerafdrukke doen en forms wegstuur.
Hulle raak toe so gewild dat toe die dept. by die dorp uitkom, het die
meeste township mense verkies om eerder na die twee omies te gaan.

Hulle bou demokrasie.
Of miskien is dit eerder - hulle ontdek demokrasie van govt by the
people for the people.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19462 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Tog so jammer dat K.D. Lang nou 'n vegetarier
> is. En nie van beesvleis hou nie. En sy
> is julle mees belangrike uitvoer-produk.

Hey Doudie

Jy is seker nie ernstig nie. Ek verstaan sy is (was?) van Edmonton, maar wil
graag glo dat olie en gas (en wie weet, selfs die ou alberta besies) haar
nog met 'n kortkop wen in die dollar-resies. (En die ski oorde in Banff, wat
my help ontslae raak van oortollige loonies.)

Dit herhinner my. Jy het so rukkie terug aan my gekarring met die storie oor
die "rowery" van die natuurlike hulpbronne "om dit oor die see" te stuur.
Was jy ernstig of het jy maar bietjie gestir? Indien jy wel ernstig was sal
ek graag wil weet wie die lydende party in die "roof" proses is. En, sover
ek weet, word relatief min Kanadese petroleum produkte verskeep na buite
Noord-Amerika - dit word hoofsaaklik in na noord VSA gepomp / vervoer en
andersins hier in Kanada gebruik.

> Ek dink mense het minder veralgemenings nodig,
> en verskil dus van jou. Vir iemand wat weet
> waarvan hy praat, kan baie min veralgemenings
> oor "Kanada" waar wees.

Ek stem saam met dit wat jy hier se - my punt is dat dit tot 'n mate
onvermydelik is wanneer mense ervarings oor nuwe omgewings beskryf. So, al
is veralgemenings (per defenisie?) nie totaal "waar" nie, is dit ok vir
sekere gebruike. (Dit beteken nie dat dit ok is in alle of selfs meeste
gebruike nie.) Maar, in my opinie, is dit ok vir 'n nuwe inwoner van Perth
of Pofadder om so bietjie los te skryf oor hulle ervarings. Genoeg hiervan.

Van die bees op die baadjie, ek sal graag wil hoor wat die "vibe" in Ottawa
is oor die Quebec verkiesing. (Ek kan jou vertel wat dit hier is, maar ek
vermoed jy kan raai) Vir wat dit werd is, ek raai dat die PQ se meerderheid
nie so groot gaan wees as wat die laaste polls voorspel het nie.

Tot later
Bees
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19463 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
>> So van die os op die jas, "groot dele van die action" in Kanada is ook nie
>> in Ontario nie. Soos jy 'n ruk terug uitgewys het - 1/3 van Kanadese bly in
>> ontario. Of anders benader - 2/3 woon nie in ontario nie. Dit maak nie
>> ontario noodwendig verteenwoordigend (of onverteenwoordigend) van Kanada
>> nie. Dit maak ontario, wel, ontario. Net nog 'n plek, part mense hou
>> daarvan, ander nie. Party mense het 'n rede om daar te wees, ander nie.

> En jou punt is?

Komaan Doudie

Lees weer wat jy se:

...maar weet dat groot dele van die
action in Australi"e nie in Perth
is nie. Dus om liries te raak oor
Perth asof dit "Australi"e" is.
of liries oor Minnesota asof dit
nou verteenwoordigend van "Amerika"
is, is net so onwerklik..........

Dit lyk asof jy dink dat 'n plek se kwota van die "action" = die plek se
verteenwoordigendheids "kwosient" van 'n die land waaruit dit deel vorm.

Wat ek se is dat: 1. Dit is kan so wees, maar dit is nie noodwendig so nie;
2.
Dit het niks met mense se idees oor en ervaring van 'n omgewing te doen nie.

Mense het wel veralgemenings nodig om aan die begin 'n paar basiese reels te
maak, wat hulle later verbeter deur die uitsonderings op die reel waar te
neem.

Verseker, Perth is nie totaal verteenwoordigend van Aussie nie. Maar is
Melbourne, Brisbane, Sydney... Mt
Isa of Paraburdoo? Die antwoord is dat geen een totaal verteenwoordigend is
nie, en ook terselfdertyd dat almal is op 'n manier verteenwoordigend is.
Daar is baie ooreenkomste en baie verskille tussen die plekke. Dus, hoe
verteenwoordigend 'n plek van 'n land is, al dan nie, het min met die mense
se ervaring van die plek te doen. Die idee dra nie veel by tot die
gesprekvoering oor plekke, lande, verskille, ervarings van die plekke,
lande....

tot later
Bees
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19474 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 30 Nov 1998 08:59:23 +0200, lou wrote:
>
> > registrasie punte te besoek omdat die IEC nie sy werk doen nie. Hulle
>> maak so 'n boggerop an sake EK hoef hulle nie sleg te laat lyk nie -
>> hulle doen 'n moerse goeie job hulle self.>>
>
> Wat is daai een nou weer van govt BY the people for the people.
>
> Teenoor jou gemoedsbekakking is daar die storie van die twee afgetrede
> omies in die ou Wes-Transvaal (as ek reg onthou) wat nie gesit en kerm
> het oor die dept van binnelandse sake nie by hulle klein dorpie uitkom
> nie.
> Toe kry hulle toestemming om die aansoeke vir nuwe ID boekies self op
> die dorp te doen.
> Teen geen betaling nie spring hulle toe in begin die dorp opteken en
> vingerafdrukke doen en forms wegstuur.
> Hulle raak toe so gewild dat toe die dept. by die dorp uitkom, het die
> meeste township mense verkies om eerder na die twee omies te gaan.
>
> Hulle bou demokrasie.
> Of miskien is dit eerder - hulle ontdek demokrasie van govt by the
> people for the people.

Presies Ferdi. Jy ondersteun nou my punt, dankie daarvoor. Die
departement van binnelandse sake is te k*k sleg om hulle werk te doen -
so nou moet ander mense maar die ding oorvat. Ek neem natuuurlik ook nie
mense kwalik as hulel eerder vir binnelandse sake se mense vermy nie.
Sowat van suur gesigte en onbehulpsaamheid het ek jare laas gesien. Ek
sou graag dieslefde wil doen maar is ongelukkig net bietjie besig. Maar
dis presies my punt - ons sal 30 Biljoen aan wapens bestee, 24 Miljoen
in Lesotho uitmors, maar ons het nie genoeg geld om die demokrasie in SA
te laat werk nie? Die IEC moet raap en skraap om hulle taak gedoen te
kry, maar daar is hope geld vir bogenoemde?

Kyk die voorbeeld van die poskantoor - hule privatiseer baie van hulle
dienste - en dit is nou moontlik om na werk jou pos besigheid af te
handel. Maklik - as iemand net sy kop gebruik en ophou 'blame it on
apartheid' te skrou. Mense doen dinge omdat hulle vergoeding daarvoor
kry. Die twee mense bo is die uitsondering - laat die poskatore die
aansoeke om ID dokumente ook hanteer - dit is daardie mense se sak wat
geraak word - hulle sal dit maak werk!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19475 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 01 Dec 1998 09:06:24 +0200, lou wrote:

die van Binnalandse Sake mag nie gebruik word vir kriminele opsporing[/color]
> nie. Dit is die WET. PUNT. So as jy nie weet waarvan jy praat nie - bly
> dan stil. Lee vat hou toe jou kraan ... ens.>>

Ek weet waarvan ek praat, Lou.

1. Die grondwet balanseer regte teen mekaar op.
2. Wette kan verander word.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19476 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 01 Dec 1998 09:19:57 +0200, lou wrote:

departement van binnelandse sake is te k*k sleg om hulle werk te doen -[/color]
> so nou moet ander mense maar die ding oorvat.>>>

Soms laat jy mens stom van verbasing.

Jy illustreer die ou grap van FW en Mandela baie goed.

Die twee drink tee - so het die grap gegaan - en n papier waai in die
swembad. Mandela staan op, loop op die water en gaan tel dit op.

Toe Mandela weg is, hardloop FW na sy vrou toe en se: "Het jy gesien!
Hy kan nie swem ni!!"

Wel Lou jy lyk nou na living proof dat dit nie n grap is nie.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19477 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Die algemene
> opinie is dat die Quebecers in 'n
> referendum afskeiding sal verwerp. Dus
> is dit, myns insiens, goed dat dit
> Bouchard is wat hulle daardie vraag moet
> vra.

Ja, dit is iets om te onthou.

Hierdie uitslag het my herhinner hoe absoluut onsinnig hierdie "winner takes
all" sisteem is. (van die Britte geerf neem ek aan, die sg
Westminster-stelsel)

43% van die totale stemme = 75 seats, 44% = 48 seats?? (of iets dergeliks)

Nee genade, hulle kan iets van die ANC leer oor hierdie onderwerp.

Tot later
Bees
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19478 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote: terme van die konstitusie mag hulle nie! >>
>>>
>>> Hoekom nie?
>>> As die reg op besekrming teen kriminele swaarder weeg, geld hy.
>>
>> NOT! Die beskerming van regte ens ens ens. Soos ons lankal gesien het
>> weeg die reg van die krimineel swaarder as die van Jan Publiek.>>
>
> Ag nee wat Lou. Hierop hoef n mens nie enrstig te antwoord nie.

Nou moet dan nie. Want Ferdi die vingeradrukke van Dep van Vervoer en
die van Binnalandse Sake mag nie gebruik word vir kriminele opsporing
nie. Dit is die WET. PUNT. So as jy nie weet waarvan jy praat nie - bly
dan stil. Lee vat hou toe jou kraan ... ens.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19479 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Van die bees op die baadjie, ek sal graag wil hoor wat die "vibe" in Ottawa
> is oor die Quebec verkiesing. (Ek kan jou vertel wat dit hier is, maar ek
> vermoed jy kan raai) Vir wat dit werd is, ek raai dat die PQ se meerderheid
> nie so groot gaan wees as wat die laaste polls voorspel het nie.
>
> Tot later
> Bees

Nee wat, hierdie keer het die Quebec-
verkiesing geen opslae gemaak nie.
Almal het verwag Bouchard sou wen, en
toe daar nie 'n landslide is nie, toe
prys almal vir Charest. Die algemene
opinie is dat die Quebecers in 'n
referendum afskeiding sal verwerp. Dus
is dit, myns insiens, goed dat dit
Bouchard is wat hulle daardie vraag moet
vra.

Doudie
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19480 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
be...@vleis.com mislei...
>
> Gloudina
>
>> Tog so jammer dat K.D. Lang nou 'n vegetarier is.

> Ek verstaan sy is (was?) van Edmonton. . .

k.d.lang is oorspronklik van Consort, 'n klein dorpie êrens
oos van Red Deer in sentraal-Alberta.

> Van die bees op die baadjie, ek sal graag wil hoor wat die
> "vibe" in Ottawa is oor die Quebec verkiesing.

Wie gee om wat die "vibe" in Ottawa is. Ek is net jammer dat
die PQ nie 'n beslissende kapita-meerderheid behaal het nie,
want nou gaan die tandpyn minstens 'n verdere vier jare lank
duur. Nee wat, ek dink Rick Mercer ("22 Minutes") is reg dat
ons hulle 'n "helping hand" moet geen as Quebec dreig om van
die konfederale lys af te spring. :-) (hand met stootgebaar)

Hjalmar
________
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19481 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 01 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagse

Hjalmar Gerber wrote in message ...

>
> Wie gee om wat die "vibe" in Ottawa is. Ek is net jammer dat
> die PQ nie 'n beslissende kapita-meerderheid behaal het nie,
> want nou gaan die tandpyn minstens 'n verdere vier jare lank
> duur.

Ek dink nie dit sou regtig 'n veskil gemaak het nie tensy hulle 'n
oorweldigende meerderheid gekry het, wat dan die afskeidings proses aan die
gang kon sit. (Die "clear majority" waarvan die onlangse hofuitspraak
gepraat het as ek reg onthou. )

Hierdie is maar Kanada se permanente probleem as jy my vra. Ek glo dit is
baie onwaarkynlik dat 'n duidelike meerderheid van Q regtig wil afskei
(veral as hulle bietjie aan die ekonomiese implikasies begin dink).
Terselfdertyd sal 'n relatief groot hoeveelheid van hulle altyd met die
gedagte speel en kort-kort wil afskei. Soos daai liedjie van U2 - "cannot
live with or without you..."

Nee wat, ek dink Rick Mercer ("22 Minutes") is reg dat
> ons hulle 'n "helping hand" moet geen as Quebec dreig om van
> die konfederale lys af te spring. :-) (hand met stootgebaar)

Dit is 'n algemene opinie in hiedie wereld - maar dit maak nie regtig saak
wat die res van Kanada dink nie. Dit is die Ouebecois se besluit. Maar ek
moet se, dit sal goed wees as hulle kan besluit. Moenie begin asem ophou
nie....

Tot later
Bees.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19490 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Sluiper" writes:
>
>> Was jy al ooit in Perth??
>
>
> Nee, was nog nooit in Perth nie,
> maar weet dat groot dele van die
> action in Australi"e nie in Perth
> is nie. Dus om liries te raak oor
> Perth asof dit "Australi"e" is.
> of liries oor Minnesota asof dit
> nou verteenwoordigend van "Amerika"
> is, is net so onwerklik as om
> liries te raak oor George of
> Swellendam, en dit as verteenwoor-
> digend van "Suid-Afrika" te maak.
>
> Gloudina
>
Wel ek bly al amper 10 jaar in Perth en ek hou van die plek --- nog nooit
geisoleerd gevoel nie. Nee wat, met moderne vervoer en die internet doen ek
elke dag heel dag besigheid met die res van Australie (en baie dele van die
wereld) hier van Perth.

Ek het ook nog nooit vir iemand gese hulle is dom in SA te bly nie. Elke
persoon se omstandighede is.

Terloops, ek het al baie van die res van Australie besoek en dit is net so
goed soos Perth met dele selfs nog beter as Perth.

Sluiper (in isolasie)
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19491 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> Hierdie is maar Kanada se permanente probleem as jy my vra. Ek glo dit is
> baie onwaarkynlik dat 'n duidelike meerderheid van Q regtig wil afskei
> (veral as hulle bietjie aan die ekonomiese implikasies begin dink).
> Terselfdertyd sal 'n relatief groot hoeveelheid van hulle altyd met die
> gedagte speel en kort-kort wil afskei. Soos daai liedjie van U2 - "cannot
> live with or without you..."

> Dit is 'n algemene opinie in hiedie wereld - maar dit maak nie regtig saak
> wat die res van Kanada dink nie. Dit is die Ouebecois se besluit. Maar ek
> moet se, dit sal goed wees as hulle kan besluit. Moenie begin asem ophou
> nie....

Die "kwessie van Quebec" het, myns insiens,
baie te maak met die res van Kanada, en in
sekere opsigte selfs meer te maak met die
mense in Alberta, waar daar 'n sterk gevoel
is dat hulle 'n kolonie van Oostelike Kanada
is, en hulle "onafhanklikheid" wil h^e. In
die nie verre toekoms sal daar samesprekings
begin oor 'n nuwe "Social Union" ('n proses
wat die provinsies baie meer onafhanklik sal
maak van die sentrale regering) en wat blyk-
baar daarop gemik sal wees om die mense van
Quebec te laat voel dat hulle die belangrike
leisels in hulle eie hande kry. Dieselfde sal
dan ook waar wees van Alberta, en British
Columbia, en al die ander provinsies. Nou hoop
ek net dat Alberta nie sal sit en kla nie wanneer
hulle minder en minder geld sal kry van die
belastings wat in Ontario gegenereer word
(waar een derde van die mense in Kanada bly.)
Ontario is alreeds die grootste politieke
eenheid in Noord-Amerika wat landsoppervlakte
betref, en is ook finansieel geheel en al
instaat om totaal onafhanklik van die res
van Kanada te opereer. Hulle kla aanhoudend
dat hulle minder van die federale regering
kry as wat hulle in die koffers van die sentrale
regering stort. Ontario het dus, sover dit my
aangaan, die meeste te wen deur sy onafhanklik-
heid te kry van die res van Kanada.

Gloudina langs Lake Ontario.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19492 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Tue, 01 Dec 1998 09:19:57 +0200, lou wrote:
>
> > departement van binnelandse sake is te k*k sleg om hulle werk te doen -
>> so nou moet ander mense maar die ding oorvat.>>>
>
> Soms laat jy mens stom van verbasing.
>
> Jy illustreer die ou grap van FW en Mandela baie goed.
>
> Die twee drink tee - so het die grap gegaan - en n papier waai in die
> swembad. Mandela staan op, loop op die water en gaan tel dit op.
>
> Toe Mandela weg is, hardloop FW na sy vrou toe en se: "Het jy gesien!
> Hy kan nie swem ni!!"
>
> Wel Lou jy lyk nou na living proof dat dit nie n grap is nie.

Jy ferdi is 'n voorbeeld daarvan dat mens dieselfde ou graapie fokken
oor en oor vertel. Altzheimers? Jou redenasie vermoee laat my partykeer
stom van verbasing - dit is nou die gebrek daaraan.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19493 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Tue, 01 Dec 1998 09:06:24 +0200, lou wrote:
>
> en
>> die van Binnalandse Sake mag nie gebruik word vir kriminele opsporing
>> nie. Dit is die WET. PUNT. So as jy nie weet waarvan jy praat nie - bly
>> dan stil. Lee vat hou toe jou kraan ... ens.>>
>
> Ek weet waarvan ek praat, Lou.
>
> 1. Die grondwet balanseer regte teen mekaar op.
> 2. Wette kan verander word.

Kak! Jy weet nie waarvan jy praat nie - die wet se tans dit kan nie
gebruik kan word nie. PUNT.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19494 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Die "kwessie van Quebec" het, myns insiens,
> baie te maak met die res van Kanada...

My punt was spesifiek dat Quebec self 'n saak vir Q is. Ek stem saam dat dit
is relevant vir die res, veral in terme van 'n moontlike presedent en
verwante issues.

> Nou hoop
> ek net dat Alberta nie sal sit en kla nie wanneer
> hulle minder en minder geld sal kry van die
> belastings wat in Ontario gegenereer word
> (waar een derde van die mense in Kanada bly.)

Hey dowdy,

Ons weet nou 1/3 van Kanada bly in Ontario. (En 2/3 bly nie daar nie.) Het
jy al die netto interprovinsiale kontantvloei goed beskou? Geen provinsie,
oor tyd, betaal meer geld in (op 'n netto per-kapita basis) as Alberta nie.

Finansieel sal Alberta waarskynlik die grootste wenner van alle provinsies
wees indien daar 'n vorm van "onhanklikheid" sou wees waar totale
belastingsgeld binne die provinsie bly. Maar moenie begin asem ophou nie....

> Ontario is alreeds die grootste politieke
> eenheid in Noord-Amerika wat landsoppervlakte
> betref, en is ook finansieel geheel en al
> instaat om totaal onafhanklik van die res
> van Kanada te opereer.

Die feite is: net-net. Ontario sal nie naastenby dieselfde relatiewe
surplusse opbou as Alberta nie. (Alles te danke aan die natuurlike
hulpbronne wat ons "roof" van iemand.) En Alberta is heeltemal groot genoeg.

> Ontario het dus, sover dit my
> aangaan, die meeste te wen deur sy onafhanklik-
> heid te kry van die res van Kanada.

Nope - absolute syfers maaayyybe. Maar onthou, 1/3 van Kanada bly daar, so
die deler (divisor) is baie groter. Alberta se surplus sal net verdeel word
tussen so 2.5 m mense, nie 10m nie. So dit sal die totale belastingkoerse,
reeds die laagste in Kanada, waarskynlik verder verlaag. (En dan sal die res
van Sesk., en hemele behoede ons, 'n klomp ontariers ook hier aangesit kom.
:-))

Ek stel nie regtig belang om in 'n ou provinsiale vergelyking betrokke te
raak nie, maar ek het gedink jy mis 'n paar belangrike feite hierbo. Wat my
betref, het elke provinsie (of territory) iets besonders - as dit nie so was
nie sou ons seker almal in Ontario gebly het! Byvoorbeeld die Yukon, met
minder as 30,000 permanente inwoners, is 'n absolute juweel (veral in die
somer!). Moet nou net vir die ander mense in ontario gaan staan en vertel
nie - netnou trek almal YT toe.

Tot later

Bees, ryk en lekker Alberta Bees.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19495 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Baie moeilik om te dink ENIGE regering is so goed dat dit gesê kan
> word dat hulle "op water loop", allermins lande wie se leiers altyd
> oorsee gaan bankhand staan vir handouts.
>
> Ek dink jou illustrasie sou meer saam met die werklikheid loop as
> Mandela net daar met die eerste tree in die water versuip het....
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!

Johan, daar tussen die mere en die
kalkoene, alweer besig om te ponti-
fikeer. En dit na hy die punt van
die pos waarop hy antwoord geheel
en al misverstaan het. En dan oor
hoe lekker dit in Minneapolis is:
dis seker my verbeelding, Johan,
maar is julle nie vreeslik baie
deesdae in die nuus nie - moorde in
die downtown, dakke wat inval?

Gloudina
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19496 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 02 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 01 Dec 1998 20:10:39 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) said the following:

|swembad. Mandela staan op, loop op die water en gaan tel dit op.
|
|Toe Mandela weg is, hardloop FW na sy vrou toe en se: "Het jy gesien!
|Hy kan nie swem ni!!"
|
Baie moeilik om te dink ENIGE regering is so goed dat dit gesê kan
word dat hulle "op water loop", allermins lande wie se leiers altyd
oorsee gaan bankhand staan vir handouts.

Ek dink jou illustrasie sou meer saam met die werklikheid loop as
Mandela net daar met die eerste tree in die water versuip het....
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19513 is 'n antwoord op boodskap #19325] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan ) writes:

"ek kan nie jou streeknuus sien nie."

Johan, hier in Kanada maak ons nie staat op
ons "streeknuus" vir nuus van Minneapolis nie.
Ons kry dit direk van die hoogste gesag, CNN.
Ons kry, behalwe CNN se twee kanale, nog
ABC en NBC en CBS via die radio-stasies wat
net oor die grens in noordelike New-York staat
uitsaai en deur ons kabelsisteem aan ons voorsien
word. Daarbenewens kry ons nog twee of drie
Kanadese stasies van onafhanklike maatskappye,
benewens die CBC wat half staatsondersteun is.
Dan kry ons nog een Franse stasie wat direk van
Frankryk uitgesaai word, en twee of drie kanale
vanuit Quebec. Tel dan ook nog "Vision Television,"
'n kanaal uitsluitlik vir die gebruik van godsdienstige
en kerklike instansies. En 'n ander kanaal vir die
gebruik van kulturele instansies wat in ander tale as
Engels of Frans wil uitsaai, tientalle van hulle. Om
nie te vergeet van Muchmusic nie, 'n musiek-kanaal
wat kult-volgelinge het onder die jonger geslag.
Ek dink, terloops, nie veel van die kanaal wat ons
direk van Frankryk kry nie. Dis gewoonlik vol snert
waar hulle Amerikaners probeer na-aap, maar dit nie
"kry" nie. (Hulle kan nie verstaan dat die Amerikaanse
kultuur 'n down to earth kwaliteit het wat nie maklik
nageaap kan word nie. Soos die kopbandjies wat die
mense uit Europa om hulle koppe gedra het in die
sestigerjare - skoon en ongekreukeld, terwyl die band
van die werklike Amerikaanse hippie vuil en gekreukeld
was.)
Die Franse kanale wat ons uit Quebec kry, maak egter
op vir die snert wat ons van Frankryk kry. Quebecers is
gesofistikeerd oor die algemeen en baie goeie produseerders
van kulturele produkte. Dit is vir my, terloops, merkwaardig
hoe baie talk show hosts en ander uitsaaiers veral in Montreal
nie lelie-blank is nie, maar met perfekte Quebec-Franse
aksente. Ek dink hulle is kinders van immigrante wat
Quebec in die afgelope dekades probeer lok het uit die
Franssprekende lande van die Karibbiese Oseaan en Afrika.
So, Johan, as ek die soap opera in Washington wil
kyk, dan kyk ek dit direk op dieselfde kanale wat jy kry.
Die laaste hoofstuk in die soap opera: hoe die Republikeinse
party reg voor jou oë disintegreer. Luister hoe die woord
"McCarthyism" nou al meer gebruik gaan word.

Gloudina
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19514 is 'n antwoord op boodskap #19325] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 3 Dec 1998 22:40:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

kastele. En Willie Esterhuyse tel ongetwyfeld onder die naïewes in hierdie[/color]
> verband. Dit is erg opmerklik onder Kapenaars in die algemeen, maar ook in
> gemeenskappe soos die wat al die jare in plekke soos Wits gefloreer het.>>

Willie Esterhuyse het deur die 90's dieselfde dinge gese sover ek
weet.

Wat van jy se vir ons wanneer en waar hy "naief" was. .
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19515 is 'n antwoord op boodskap #19325] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...

> Prof. Willie Esterhuyse in Beeld

> Daar is 'n gesegde wat min of meer as volg lui: Hoe jy kyk, bepaal
> wat jy sien. En dan moet 'n mens natuuurlik byvoeg dat Die "hoe"
> kan deur baie faktore bevoordeel of beduiwel word. Soos deur onder
> meer 'n mens se ervarings, vooroordele en waardes.
> ^Wat daar alles vandag oor Suid-Afrika gese en verwag word, is
> 'n goeie illustrasie van hierdie gesegde. Daar word deur soveel
> brille na ons land gekyk dat 'n mens soms skoon deurmekaar raak
> daarvan. En baie verward.

Inderdaad.

[...]

> Uit frustrasie met die geykte kyk op sake, maar ook as 'n ernstige
> poging om die land en sy dinamiek te probeer verstaan, is daar sommige

> mense wat met ander oe en verwysingsraamwerk na die land kyk,
> naamlik Suid-Afrika as 'n front-land; 'n land op die grens. Dit het
> ook sy beperkings. Dit bied egter 'n hele aantal perspektiewe wat
> aandag vra.
> Mense wat vanuit hierdie verwysingsraamwerk na ons land kyk, redeneer
> min of meer as volg:
> Apartheid het onder veral die wit middelstand die illusie geskep dat
> daar 'n isoleerbare en verdedigbare "eerste wereld" bestaan wat
> ondanks die groot "derde wereld" ongesteurd sy gang kan gaan. Dit
> was 'n kyk op sake wat van die aanname uitgegaan het dat die "eerste
> weëreld 'n soort oninneembare kasteel is. Met die kasteelbewoners
> volledig in beheer van die toegangsbrug.
> En toe val die mure van apartheid. En tesame daarmee ook die illusie
> van twee weërelde wat van mekaar isoleerbaar is. Wat toe sigbaar word,
> was die Suid-Afrika wat maar altyd bestaan het. Maar verberg agter
> kunsmatige mure en verskansings.
> Wat toe sigbaar word, was 'n land aan die front, 'n grensland.

Ek dink dit is veral die naïewes onder ons wat illusies gekoester het oor
kastele. En Willie Esterhuyse tel ongetwyfeld onder die naïewes in hierdie
verband. Dit is erg opmerklik onder Kapenaars in die algemeen, maar ook in
gemeenskappe soos die wat al die jare in plekke soos Wits gefloreer het.

Maar hulle was nie net naïef nie. Hulle was ook uiters hooghartig. Hulle het
dag in en dag die mond vol gehad oor mense wat nie, soos hulle, "die derde
wêreld daarbuite" in "die kasteel" wou innooi nie. Maar daar was 'n
ononderhandelbare voorwaarde - elkeen wat hulle kasteel wou binnekom moes
daarmee ook hul waardes, norme en gebruike aanvaar sonder om hulle te
bevraagteken.

Attie van Niekerk was een van die wat daarop gewys het hoe vernederend
hierdie standpunt was - Steve Biko was nog een.

> Hierdie verwysingsraamwerk laat 'n mens wel met ander oë en
> verwagtings na ons land kyk. Ook met ander verwagtings. Want 'n
> front-land is nie 'n land vir mense met week harte, sagte handjies en
> swaarmoedige stemmings nie.
> 'n Front- of grensland is nie vergelykbaar met Brittanje of Amerika
> nie. Ons moet eerder na ander front-situasies kyk - na Indië, Uganda
> en die Ivoorkus. Selfs na die sogenaamde "Wilde Weste" en die
> eertydse delwerye - gestroop van hulle romantiek. Dit klink wel
> vergesog, maar dit help om 'n paar dinge beter te verstaan.
> Ter wille van die kontras met geykte sienings, kan van situasies
> aan die front die volgende gesê word.
> Kerk en kroeg, wet en anargie, orde en chaos, die goeie en die bose,
> lewe en dood was vir baie lank in 'n felle stryd met mekaar gewikkel.
> Dit was 'n weëreld waarin die Bybel en die geweer langs mekaar geleë
> het.
> Want front-lande is lande met baie paradokse en vele gesigte. Dis
> lande met rowwe mense en ruwe omgewings. Maar ook lande met kolle van
> beskawing, goeie gewoontes, aan vaarbare waardes en ordentlike
> mense.
> Wat het gebeur dat die front uitgeskuif en selfs verdwyn het? Baie
> dinge. En oor 'n lang tyd heen sonder kitsoplossings.
> Daar was mense wat gesê het: "Oor my dooie liggaam." Mense wat
> bereid was om vir dit wat goed en reg was, getel te word. Selfs die
> vrou wat in die kroeg gesing het, het vir die ruwe drinkebroers gesê:
> "Julle kan na my bates kyk. Maar julle gryp nie daarna nie." Daar
> was mense met klaviere wat ander die wonder van
> kultuur laat waardeer het.
> Gemeenskapsorganisasies, gedryf deur mense met visie, het ontstaan
> en al sterker gegroei. Ontwikkelingskolle het groter geword. Die
> polisieman het nie met sy integriteit laat mors nie. Instellings het
> soos koraalriwwe gegroei. Die front se karakter is verander.
[color=blue]> Ekonomiese groei het plaasgevind. So ook die groei van[/colorê]
> beskawingswaardes.
> Soos reeds gesê, die front is nie 'n plek vir klakouse,
> gemoedsbekaktes en fataliste nie - al moet 'n mens maar aanvaar dat
> jy diesulkes altyd by jou sal hê.
> Die vraag waarvoor ons staan, is kort maar kragtig: Het ons die soort
> mense wat die front kan tem? Waar is die ontwikkelingskolle? Is daar
> genoeg mense met klaviere by wyse van spreke? Hardekwasmense wat 'n
> verskil kan en wil maak?
> Ek wil dit waag om te sê dat as 'n mens deur die front-metafoor na
> ons land kyk, jy nie net bloed en vullis in die strate sien nie. Nie
> net prostitute wat die hele weëreld vol staan nie.
> Maar ook talle kolle van ontwikkeling. En nuwe "pioniers".
> Soos byvoorbeeld die PU vir CHO, die eerste universiteit
> waarvan die statuut deur die minister goedgekeur is. En by wie se
> gradeplegtighede die multikulturele naamlys tot by die hoogste grade
> vir niks skrik nie. By die aanhoor van die name moes 'n mens sê:
> Hier kom 'n stille revolusie.

Arme Willie Esterhuyse - wat hy as 'n revolusie beskou is die resultaat van
'n gemeenskap wat al dekades lank intens betrokke is by "die derde wêreld
daarbuite". Nie op sy eie voorwaardes nie, soos Wits, Ikeys en Rhodes nie,
maar in volgehoue poging om betrokke te wees op maniere wat die uniekheid
van "die derde wêreld daarbuite" respekteer.

Wat vir Esterhuyse so vreemd is dat hy dit "revolusionêr"noem, is bloot
dieselfde ding wat daartoe lei dat Afrikaanse universiteite in 'n ondersoek
van die Sunday Times (gedoen deur 'n internasionale span onder leiding van
UWK) wegloop met die loure as die top universiteite in die land. En die
kriteria vir voortreflikheid was grootliks gemik op die bydrae wat hulle
plek maak tot ontwikkeling.

Inderdaad, daar is baie perspektiewe oor Suid-Afrika. Maar die perspektief
van Suid-Afrika as 'n frontsamelewing is veel ouer as wat die naïewes soos
Esterhuyse dink - of die kwaadwilliges wat voortdurend brul van
"apartheidsvarke".

Daar is baie wat nog altyd in die frontsamelewing geleef het, en intens
bewus was daarvan. Vir wie dit nie, soos vir Esterhuyse, 'n verrassing is
dat week harte en safte handjies onvoldoende is nie.
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19516 is 'n antwoord op boodskap #19325] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Dec 1998 19:23:16 GMT, said the following:
| Johan, hier in Kanada maak ons nie staat op
|ons "streeknuus" vir nuus van Minneapolis nie.
|Ons kry dit direk van die hoogste gesag, CNN.
| Ons kry, behalwe CNN se twee kanale, nog
|ABC en NBC en CBS via die radio-stasies wat
|net oor die grens in noordelike New-York staat
|uitsaai en deur ons kabelsisteem aan ons voorsien
|word. Daarbenewe....snip......
|
Baie interesant! Die TV kanaal beskrywing beskryf omtrent ons kabel
diens ook, bahalwe dat ons natuurlik nie die Franse kanale kry nie.
Sou my ook nie veel help nie - ek kan daar geen duit van verstaan nie.
Ek is net spyt dat ons nie meer Kanadese produksies te sien kry nie,
behalwe so nou en dan op die kuns kanaal. Ek het so in my agterkop
dat die Kanadese nogal baie mooi en kykbare TV programme en films
maak...?!?

Ons het weer 'n Spaanse kanaal waarna ek sou nou en dan vir 'n paar
minute kyk - my seun begin nou Spaans op skool leer en ek het gesê hy
moet ons by die huis ook leer sodat ek sien hoeveel daarvan ek kan
optel.

| So, Johan, as ek die soap opera in Washington wil
|kyk, dan kyk ek dit direk op dieselfde kanale wat jy kry.
|Die laaste hoofstuk in die soap opera: hoe die Republikeinse
|party reg voor jou oë disintegreer. Luister hoe die woord
|"McCarthyism" nou al meer gebruik gaan word.
|
Jy moenie sulke goed sê nie - ek is mos 'n olifant ondersteuner! Ons
sal maar sien. Gelukkig is die partypolitiek vir my minder krities as
daar 'n redelike mate van balans tussen hulle is. Maar nou ja, oor
alles dit sal ek nie nou al te ernstig raak nie - ek het nog baie om
oor die plaaslike politiek te leer en ek sal hopelik eers oor vier
jaar of so kan stem.

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19520 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Fri, 27 Nov 1998 00:31:00 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>> Ek weet nie. Wat ek wel al geleer het, is dat jy die ANC nie moet glo nie.
>> Selfs nie vir Mandela nie - soos hy onder eed voor 'n hof gedemonstreer
het.>>
>
> Bietjie stupid om die hof aan te haal voor die finale uitspraak,
> Leendert?

Inderdaad - dis die soort van ding wat Mandela gedoen het met die
Boesakverhoor.

Maar in Mandela se geval het die hof waar hy gelieg het reeds sy finale
uitspraak gelewer.

'n Apel geskied per definisie in 'n _ander_ hof as die een wat die uitspraak
gelewer het waarmee 'n party nie tevrede is nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19521 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Gloudina:
> Nou hoop
> ek net dat Alberta nie sal sit en kla nie wanneer
> hulle minder en minder geld sal kry van die
> belastings wat in Ontario gegenereer word
> (waar een derde van die mense in Kanada bly.)

Alberta maak 'n netto bydra tot die federale koffers.
Ons grootste uitvoerproduk is nie kdlang nie, maar
belastinggeld na Ottawa toe. Ons betaal meer aan
Ottawa as wat ons terugkry. Marc Lalonde se 'National
Energy Program' van die 1980s het Alberta na berekening
'n netto verlies van $65 Miljard (Amerikaanse Biljoen)
gekos. Waarom sal ons kla as on nie meer 'n netto
uitvloei van bates na Ottawa het nie ?

Ontario en BC betaal ook weliswaar netto bedrae aan
Ottawa. Kanada het slegs drie "have"-provinsies, en
sewe "have-not"-provinsies en twee "have-not" noordelike
streke (binnekort drie).

Die IMF het juis gister verklaar dat Kanada die hoogste
belastinglas onder ontwikkelde land het. Dis tyd dat
federale belasting drasties besnoei word, want Ottawa
mors geld op allerhande foefies wat die gemidddelde
Kanadees en die provinsies niks baat nie.

Hjalmar
________
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19523 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Dec 1998 11:00:23 +0200, lou wrote:

1. Die grondwet balanseer regte teen mekaar op.
>> 2. Wette kan verander word.
>
>
> Kak! Jy weet nie waarvan jy praat nie - die wet se tans dit kan nie
> gebruik kan word nie. PUNT.>>

Jy het baie om te leer, ne?
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19524 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 2 Dec 1998 18:40:20 GMT, wrote:
| Johan, daar tussen die mere en die
| kalkoene, alweer besig om te ponti-
| fikeer.

Snert ou tante, jy ry hierdie donkie (woord) nou al heellemaal holrug!
Kyk mooi - ek spreek bloot my opinie uit en sê ook so en maak glad nie
of ek die alwetende en alheilige Pous is nie.

| En dit na hy die punt van
| die pos waarop hy antwoord geheel
| en al misverstaan het.

Ek vermoed eerder jy weet nie waarvan daar hier gepraat word nie. Of
jy verstaan bloot net nie my opmerking nie.

| En dan oor
| hoe lekker dit in Minneapolis is:

Maak dit eerder Minnesota en die VSA - ek hou van die hele plek!

| dis seker my verbeelding, Johan,
| maar is julle nie vreeslik baie
| deesdae in die nuus nie

Ek weet nie, ek kan mos nie jou streeksnuus sien nie. En ook nie jou
verbeelding nie, so ek kan die goed nie vir jou bevestig nie.
Maar as jy so sê neem ek aan dit is so ....

| - moorde in
| die downtown,

...sommmer sulke wilde weste draaaifbaaai shooootiengs... JA, jy's reg
- is dit nie vreeslik nie. Dit laat 'n mens ril! Hierdie maand
sover TWEE moorde in die metropool! Afgryse! Vertel, vertel, dis
erg, dis waar, ek gril, ek gril - ek bly in so 'n nagmerrie van 'n
plek waar iemand VERMOOR word!!!!!!! OOOEEEEEEE!!!!!!!!

| dakke wat inval?

Sommer so aspris, net om te kyk of daar nie meer mense gedood kan word
nie en aan Johan kan vertel word wat 'n geweldige slegte plek hy nou
in bly nie!!!!!!!!

|
| Gloudina
|
22 dae van die maand is jou redenasies meesal so op die level (so
ervaar ek dit - let op die disclaimer), maar laat die maan nou net
vollerig begin word soos nou, dan sien ons nou sulke skewe opmerking
soos hierdie van jou.

Wat is jou grondliggende redenasie, Gloudina? Wat probeer jy sê? Ek
verstaan regtig nie wat jou punt is nie.

Ons was baie meer in die nuus toe Jessie verkies is, soos jyself ook
opgemerk het. Ek is glad nie blind vir my nuwe tuiste se swak punte
nie en ek het dit in die verlede ook al gesê. Ek weet nie wat jy nog
wil hê nie.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19525 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 02 Dec 1998 10:59:24 +0200, lou wrote:
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19526 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 03 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

> Ons weet nou 1/3 van Kanada bly in Ontario. (En 2/3 bly nie daar nie.) Het
> jy al die netto interprovinsiale kontantvloei goed beskou? Geen provinsie,
> oor tyd, betaal meer geld in (op 'n netto per-kapita basis) as Alberta nie.

Iets interesseer my nou:

Sluit "Alberta" in die bg vergelyking die inboorlingreservate in? (En het ek
dit mis as ek iewers gehoor het Alberta het 'n besonder groot
inboorlingbevolking?)

Ek vra, want as die twee stellings bo korrek is, sou dit suggereer dat
Kanada nie vreeslik baie bestee aan die ontwikkeling van / reparasie aan hul
"eerste volke" nie?

(Dit is natuurlik moontlik dat sulke ontwikkelingsfondse elders verreken
word - of dat daar inderdaad maar verskriklik min van die arme blikskottels
oorgebly het.)

Ek vergelyk dit met iets wat ek iewers anders gehoor het (as iemand 'n bron
hiervoor het, sal ek bly wees - ek het vergeet waar dit vandaan kom) - dat
die gemiddelde "wit" Suid-Afrikaner (dis nou dié wat "op die vet van die
land leef", aldus Gloudina) ongeveer 10c se waarde uit elke Rand belasting
kry - vir dekades al. Die gemiddelde "ontwikkelende" Suid-Afrikaner,
daarenteen, kry heelwat meer in waarde as wat hy belasting betaal. Die
grootste herverdeling van rykdom in enige samelewing, het iemand dit genoem.

(G'n wonder Gloudina het al in die sestigs 'n "tax refugee" geword nie - met
al daardie wiskunde in die familie het hulle seker toe al die sommetjies
gemaak. Was dit nie die jare wat _alle_ belasting wat swart SA-ners betaal
het net so aan swart onderwys bestee is nie? Seker ok dié dat sy die mond so
vol het oor ander mense wat kwansuis "op die vet van die land leef" -
projeksie van haar eie gedrag op ander mense.)

Groete, Leendert
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19546 is 'n antwoord op boodskap #19325] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote in message ...
> On Thu, 3 Dec 1998 22:40:51 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
>
> het oor
>> kastele. En Willie Esterhuyse tel ongetwyfeld onder die naïewes in hierdie
>> verband. Dit is erg opmerklik onder Kapenaars in die algemeen, maar ook in
>> gemeenskappe soos die wat al die jare in plekke soos Wits gefloreer het.>>
>
> Willie Esterhuyse het deur die 90's dieselfde dinge gese sover ek
> weet.
>
> Wat van jy se vir ons wanneer en waar hy "naief" was. .

Ek dag dis duidelik (maar miskien nie vir jou nie.)

Sy naiewiteit spreek uit sy stomme verbasing as hy agterkom dat instellings
soos PUK nie so uit voeling is as wat hy verwag het nie. Nou reken hy daar
is 'n rewolusie aan die gang. Die grap is dat dit demonstreer dat sulke
instellings heelwat meer "in touch" is as hyself.

Want soos jy sê, dis maar in die 90's wat hy "dieselfde ding" begin sê het.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19548 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 04 Dec 1998 11:32:16 +0200, lou wrote:

>

En ek, jou dom bleddie aap, praat oor die grondwet wat regte opweeg en
die feit dat wette verander kan word en legitimiteit van die grondwet
kry.

Want die bespreking gaan oor die moontlikheid dat n vingerafdruk-basis
IN DIE TOEKOMS in n digitale net saamgevoeg kan word.

Brittanje beplan so n stelsel om oor drie jaar in te skop. En hulle
doen dit binne die riglyne van privaatheid wat in Europa geld.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19549 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 04 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Wed, 02 Dec 1998 11:00:23 +0200, lou wrote:
>
> 1. Die grondwet balanseer regte teen mekaar op.
>>> 2. Wette kan verander word.
>>
>>
>> Kak! Jy weet nie waarvan jy praat nie - die wet se tans dit kan nie
>> gebruik kan word nie. PUNT.>>
>
> Jy het baie om te leer, ne?

On spraat oor hoe die wet nou staan Ferdi.
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19564 is 'n antwoord op boodskap #19325] Sa, 05 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan ) writes:
>
> "ek kan nie jou streeknuus sien nie."
>
>
> Johan, hier in Kanada maak ons nie staat op
> ons "streeknuus" vir nuus van Minneapolis nie.
> Ons kry dit direk van die hoogste gesag, CNN.

Ek dag so.

Leendert (in 'n ferdibui)
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19585 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 04 Dec 1998 11:32:16 +0200, lou wrote:
>
> >
>
> En ek, jou dom bleddie aap, praat oor die grondwet wat regte opweeg en
> die feit dat wette verander kan word en legitimiteit van die grondwet
> kry.
>
> Want die bespreking gaan oor die moontlikheid dat n vingerafdruk-basis
> IN DIE TOEKOMS in n digitale net saamgevoeg kan word.
>
> Brittanje beplan so n stelsel om oor drie jaar in te skop. En hulle
> doen dit binne die riglyne van privaatheid wat in Europa geld.

Oeps! Ferdi gooi sy speelgoed uit sy kot uit! Weereens probeer jy die
bespreking omswaai om aan te pas by dit waaroor jy dink ons praat? As jy
terug gaan op die thread sal jy sien dat ek van die begin af sê dit is
TANS
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19586 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 07 Desember 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Wed, 02 Dec 1998 10:59:24 +0200, lou wrote:
>
[color=blue]>
Vorige onderwerp: Re: Daardie tyd van die jaar....
Volgende onderwerp: Matriek-eksamen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Mei 20 14:18:16 MGT 2024