| "Sonneblom" deur JEANNE GOOSEN [boodskap #19557] |
Sa., 05 Desember 1998 00:00 |
G.B.
Boodskappe: 2157 Geregistreer: Mei 1997
|
Senior Lid |
|
|
Sonneblom
Jeanne Goosen
jy is stil soos 'n vrou wat borduur
as ek na jou roep draai jy jou gesig na die son
ek het jou lief en die dae duisel die afgronde binne
tussen twee berigte skryf ek jou neer jou sagte mond
en die grashalms van jou asemhaling
jy groei soos 'n sonneblom groei
planmatig
jy omvat my met blare van son en speke
sodat ek my naam vergeet ek woon in 'n voorportaal
'n plek waar stillewes woon
jy is die verlatenheid van alle landskappe
en onklaar gedigte
|
|
|
|