Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gemoedsbekaktes
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19456 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Mon, 30 November 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
> Komaan Doudie
> Mense het wel veralgemenings nodig om aan die begin 'n paar basiese reels te
> maak, wat hulle later verbeter deur die uitsonderings op die reel waar te
> neem.
> tot later
> Bees
Bees, ek laaik jou nuwe epos-adres. Tog
so jammer dat K.D. Lang nou 'n vegetarier
is. En nie van beesvleis hou nie. En sy
is julle mees belangrike uitvoer-produk.
Ek dink mense het minder veralgemenings nodig,
en verskil dus van jou. Vir iemand wat weet
waarvan hy praat, kan baie min veralgemenings
oor "Kanada" waar wees. Dis daarom dat ek
altyd versigtig aandui dat ek op die oomblik
in Oos-Ontario bly, want ek is sterk bewus
daarvan dat selfs suid-westelike Ontario
"anders" is as hier by ons. Oos-Ontario en
Noordelike New York staat, net oor die grens,
is in gees heelwaarskynlik veel nader aan
mekaar as enige ander twee landstreke. Bietjie
verskil, ons aan hierdie kant van die St.
Lawrence vier Thanksgiving in die middel van
Oktober, hulle aan die einde van November.
Nou, hierdie jaar met geen sneeu en warm
temperature het dit nie saak gemaak nie, maar
gewoonlik is hulle net so koud en toe onder die
sneeu as ons, en moet hulle dan Thanksgiving vier
saam met die suidelike VSA.
Doudie
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19462 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Mon, 30 November 1998 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
@igs.net wrote in message ...
> Tog so jammer dat K.D. Lang nou 'n vegetarier
> is. En nie van beesvleis hou nie. En sy
> is julle mees belangrike uitvoer-produk.
Hey Doudie
Jy is seker nie ernstig nie. Ek verstaan sy is (was?) van Edmonton, maar wil
graag glo dat olie en gas (en wie weet, selfs die ou alberta besies) haar
nog met 'n kortkop wen in die dollar-resies. (En die ski oorde in Banff, wat
my help ontslae raak van oortollige loonies.)
Dit herhinner my. Jy het so rukkie terug aan my gekarring met die storie oor
die "rowery" van die natuurlike hulpbronne "om dit oor die see" te stuur.
Was jy ernstig of het jy maar bietjie gestir? Indien jy wel ernstig was sal
ek graag wil weet wie die lydende party in die "roof" proses is. En, sover
ek weet, word relatief min Kanadese petroleum produkte verskeep na buite
Noord-Amerika - dit word hoofsaaklik in na noord VSA gepomp / vervoer en
andersins hier in Kanada gebruik.
> Ek dink mense het minder veralgemenings nodig,
> en verskil dus van jou. Vir iemand wat weet
> waarvan hy praat, kan baie min veralgemenings
> oor "Kanada" waar wees.
Ek stem saam met dit wat jy hier se - my punt is dat dit tot 'n mate
onvermydelik is wanneer mense ervarings oor nuwe omgewings beskryf. So, al
is veralgemenings (per defenisie?) nie totaal "waar" nie, is dit ok vir
sekere gebruike. (Dit beteken nie dat dit ok is in alle of selfs meeste
gebruike nie.) Maar, in my opinie, is dit ok vir 'n nuwe inwoner van Perth
of Pofadder om so bietjie los te skryf oor hulle ervarings. Genoeg hiervan.
Van die bees op die baadjie, ek sal graag wil hoor wat die "vibe" in Ottawa
is oor die Quebec verkiesing. (Ek kan jou vertel wat dit hier is, maar ek
vermoed jy kan raai) Vir wat dit werd is, ek raai dat die PQ se meerderheid
nie so groot gaan wees as wat die laaste polls voorspel het nie.
Tot later
Bees
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19463 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Mon, 30 November 1998 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
>> So van die os op die jas, "groot dele van die action" in Kanada is ook nie
>> in Ontario nie. Soos jy 'n ruk terug uitgewys het - 1/3 van Kanadese bly in
>> ontario. Of anders benader - 2/3 woon nie in ontario nie. Dit maak nie
>> ontario noodwendig verteenwoordigend (of onverteenwoordigend) van Kanada
>> nie. Dit maak ontario, wel, ontario. Net nog 'n plek, part mense hou
>> daarvan, ander nie. Party mense het 'n rede om daar te wees, ander nie.
> En jou punt is?
Komaan Doudie
Lees weer wat jy se:
...maar weet dat groot dele van die
action in Australi"e nie in Perth
is nie. Dus om liries te raak oor
Perth asof dit "Australi"e" is.
of liries oor Minnesota asof dit
nou verteenwoordigend van "Amerika"
is, is net so onwerklik..........
Dit lyk asof jy dink dat 'n plek se kwota van die "action" = die plek se
verteenwoordigendheids "kwosient" van 'n die land waaruit dit deel vorm.
Wat ek se is dat: 1. Dit is kan so wees, maar dit is nie noodwendig so nie;
2.
Dit het niks met mense se idees oor en ervaring van 'n omgewing te doen nie.
Mense het wel veralgemenings nodig om aan die begin 'n paar basiese reels te
maak, wat hulle later verbeter deur die uitsonderings op die reel waar te
neem.
Verseker, Perth is nie totaal verteenwoordigend van Aussie nie. Maar is
Melbourne, Brisbane, Sydney... Mt
Isa of Paraburdoo? Die antwoord is dat geen een totaal verteenwoordigend is
nie, en ook terselfdertyd dat almal is op 'n manier verteenwoordigend is.
Daar is baie ooreenkomste en baie verskille tussen die plekke. Dus, hoe
verteenwoordigend 'n plek van 'n land is, al dan nie, het min met die mense
se ervaring van die plek te doen. Die idee dra nie veel by tot die
gesprekvoering oor plekke, lande, verskille, ervarings van die plekke,
lande....
tot later
Bees
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19491 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Wed, 02 December 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Bees" writes:
> Hierdie is maar Kanada se permanente probleem as jy my vra. Ek glo dit is
> baie onwaarkynlik dat 'n duidelike meerderheid van Q regtig wil afskei
> (veral as hulle bietjie aan die ekonomiese implikasies begin dink).
> Terselfdertyd sal 'n relatief groot hoeveelheid van hulle altyd met die
> gedagte speel en kort-kort wil afskei. Soos daai liedjie van U2 - "cannot
> live with or without you..."
> Dit is 'n algemene opinie in hiedie wereld - maar dit maak nie regtig saak
> wat die res van Kanada dink nie. Dit is die Ouebecois se besluit. Maar ek
> moet se, dit sal goed wees as hulle kan besluit. Moenie begin asem ophou
> nie....
Die "kwessie van Quebec" het, myns insiens,
baie te maak met die res van Kanada, en in
sekere opsigte selfs meer te maak met die
mense in Alberta, waar daar 'n sterk gevoel
is dat hulle 'n kolonie van Oostelike Kanada
is, en hulle "onafhanklikheid" wil h^e. In
die nie verre toekoms sal daar samesprekings
begin oor 'n nuwe "Social Union" ('n proses
wat die provinsies baie meer onafhanklik sal
maak van die sentrale regering) en wat blyk-
baar daarop gemik sal wees om die mense van
Quebec te laat voel dat hulle die belangrike
leisels in hulle eie hande kry. Dieselfde sal
dan ook waar wees van Alberta, en British
Columbia, en al die ander provinsies. Nou hoop
ek net dat Alberta nie sal sit en kla nie wanneer
hulle minder en minder geld sal kry van die
belastings wat in Ontario gegenereer word
(waar een derde van die mense in Kanada bly.)
Ontario is alreeds die grootste politieke
eenheid in Noord-Amerika wat landsoppervlakte
betref, en is ook finansieel geheel en al
instaat om totaal onafhanklik van die res
van Kanada te opereer. Hulle kla aanhoudend
dat hulle minder van die federale regering
kry as wat hulle in die koffers van die sentrale
regering stort. Ontario het dus, sover dit my
aangaan, die meeste te wen deur sy onafhanklik-
heid te kry van die res van Kanada.
Gloudina langs Lake Ontario.
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19494 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Wed, 02 December 1998 00:00   |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
> Die "kwessie van Quebec" het, myns insiens,
> baie te maak met die res van Kanada...
My punt was spesifiek dat Quebec self 'n saak vir Q is. Ek stem saam dat dit
is relevant vir die res, veral in terme van 'n moontlike presedent en
verwante issues.
> Nou hoop
> ek net dat Alberta nie sal sit en kla nie wanneer
> hulle minder en minder geld sal kry van die
> belastings wat in Ontario gegenereer word
> (waar een derde van die mense in Kanada bly.)
Hey dowdy,
Ons weet nou 1/3 van Kanada bly in Ontario. (En 2/3 bly nie daar nie.) Het
jy al die netto interprovinsiale kontantvloei goed beskou? Geen provinsie,
oor tyd, betaal meer geld in (op 'n netto per-kapita basis) as Alberta nie.
Finansieel sal Alberta waarskynlik die grootste wenner van alle provinsies
wees indien daar 'n vorm van "onhanklikheid" sou wees waar totale
belastingsgeld binne die provinsie bly. Maar moenie begin asem ophou nie....
> Ontario is alreeds die grootste politieke
> eenheid in Noord-Amerika wat landsoppervlakte
> betref, en is ook finansieel geheel en al
> instaat om totaal onafhanklik van die res
> van Kanada te opereer.
Die feite is: net-net. Ontario sal nie naastenby dieselfde relatiewe
surplusse opbou as Alberta nie. (Alles te danke aan die natuurlike
hulpbronne wat ons "roof" van iemand.) En Alberta is heeltemal groot genoeg.
> Ontario het dus, sover dit my
> aangaan, die meeste te wen deur sy onafhanklik-
> heid te kry van die res van Kanada.
Nope - absolute syfers maaayyybe. Maar onthou, 1/3 van Kanada bly daar, so
die deler (divisor) is baie groter. Alberta se surplus sal net verdeel word
tussen so 2.5 m mense, nie 10m nie. So dit sal die totale belastingkoerse,
reeds die laagste in Kanada, waarskynlik verder verlaag. (En dan sal die res
van Sesk., en hemele behoede ons, 'n klomp ontariers ook hier aangesit kom.
:-))
Ek stel nie regtig belang om in 'n ou provinsiale vergelyking betrokke te
raak nie, maar ek het gedink jy mis 'n paar belangrike feite hierbo. Wat my
betref, het elke provinsie (of territory) iets besonders - as dit nie so was
nie sou ons seker almal in Ontario gebly het! Byvoorbeeld die Yukon, met
minder as 30,000 permanente inwoners, is 'n absolute juweel (veral in die
somer!). Moet nou net vir die ander mense in ontario gaan staan en vertel
nie - netnou trek almal YT toe.
Tot later
Bees, ryk en lekker Alberta Bees.
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19513 is 'n antwoord op boodskap #19325] |
Thu, 03 December 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
e...@dot.com (Johan ) writes:
"ek kan nie jou streeknuus sien nie."
Johan, hier in Kanada maak ons nie staat op
ons "streeknuus" vir nuus van Minneapolis nie.
Ons kry dit direk van die hoogste gesag, CNN.
Ons kry, behalwe CNN se twee kanale, nog
ABC en NBC en CBS via die radio-stasies wat
net oor die grens in noordelike New-York staat
uitsaai en deur ons kabelsisteem aan ons voorsien
word. Daarbenewens kry ons nog twee of drie
Kanadese stasies van onafhanklike maatskappye,
benewens die CBC wat half staatsondersteun is.
Dan kry ons nog een Franse stasie wat direk van
Frankryk uitgesaai word, en twee of drie kanale
vanuit Quebec. Tel dan ook nog "Vision Television,"
'n kanaal uitsluitlik vir die gebruik van godsdienstige
en kerklike instansies. En 'n ander kanaal vir die
gebruik van kulturele instansies wat in ander tale as
Engels of Frans wil uitsaai, tientalle van hulle. Om
nie te vergeet van Muchmusic nie, 'n musiek-kanaal
wat kult-volgelinge het onder die jonger geslag.
Ek dink, terloops, nie veel van die kanaal wat ons
direk van Frankryk kry nie. Dis gewoonlik vol snert
waar hulle Amerikaners probeer na-aap, maar dit nie
"kry" nie. (Hulle kan nie verstaan dat die Amerikaanse
kultuur 'n down to earth kwaliteit het wat nie maklik
nageaap kan word nie. Soos die kopbandjies wat die
mense uit Europa om hulle koppe gedra het in die
sestigerjare - skoon en ongekreukeld, terwyl die band
van die werklike Amerikaanse hippie vuil en gekreukeld
was.)
Die Franse kanale wat ons uit Quebec kry, maak egter
op vir die snert wat ons van Frankryk kry. Quebecers is
gesofistikeerd oor die algemeen en baie goeie produseerders
van kulturele produkte. Dit is vir my, terloops, merkwaardig
hoe baie talk show hosts en ander uitsaaiers veral in Montreal
nie lelie-blank is nie, maar met perfekte Quebec-Franse
aksente. Ek dink hulle is kinders van immigrante wat
Quebec in die afgelope dekades probeer lok het uit die
Franssprekende lande van die Karibbiese Oseaan en Afrika.
So, Johan, as ek die soap opera in Washington wil
kyk, dan kyk ek dit direk op dieselfde kanale wat jy kry.
Die laaste hoofstuk in die soap opera: hoe die Republikeinse
party reg voor jou oë disintegreer. Luister hoe die woord
"McCarthyism" nou al meer gebruik gaan word.
Gloudina
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19515 is 'n antwoord op boodskap #19325] |
Thu, 03 December 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi wrote in message ...
> Prof. Willie Esterhuyse in Beeld
> Daar is 'n gesegde wat min of meer as volg lui: Hoe jy kyk, bepaal
> wat jy sien. En dan moet 'n mens natuuurlik byvoeg dat Die "hoe"
> kan deur baie faktore bevoordeel of beduiwel word. Soos deur onder
> meer 'n mens se ervarings, vooroordele en waardes.
> ^Wat daar alles vandag oor Suid-Afrika gese en verwag word, is
> 'n goeie illustrasie van hierdie gesegde. Daar word deur soveel
> brille na ons land gekyk dat 'n mens soms skoon deurmekaar raak
> daarvan. En baie verward.
Inderdaad.
[...]
> Uit frustrasie met die geykte kyk op sake, maar ook as 'n ernstige
> poging om die land en sy dinamiek te probeer verstaan, is daar sommige
> mense wat met ander oe en verwysingsraamwerk na die land kyk,
> naamlik Suid-Afrika as 'n front-land; 'n land op die grens. Dit het
> ook sy beperkings. Dit bied egter 'n hele aantal perspektiewe wat
> aandag vra.
> Mense wat vanuit hierdie verwysingsraamwerk na ons land kyk, redeneer
> min of meer as volg:
> Apartheid het onder veral die wit middelstand die illusie geskep dat
> daar 'n isoleerbare en verdedigbare "eerste wereld" bestaan wat
> ondanks die groot "derde wereld" ongesteurd sy gang kan gaan. Dit
> was 'n kyk op sake wat van die aanname uitgegaan het dat die "eerste
> weëreld 'n soort oninneembare kasteel is. Met die kasteelbewoners
> volledig in beheer van die toegangsbrug.
> En toe val die mure van apartheid. En tesame daarmee ook die illusie
> van twee weërelde wat van mekaar isoleerbaar is. Wat toe sigbaar word,
> was die Suid-Afrika wat maar altyd bestaan het. Maar verberg agter
> kunsmatige mure en verskansings.
> Wat toe sigbaar word, was 'n land aan die front, 'n grensland.
Ek dink dit is veral die naïewes onder ons wat illusies gekoester het oor
kastele. En Willie Esterhuyse tel ongetwyfeld onder die naïewes in hierdie
verband. Dit is erg opmerklik onder Kapenaars in die algemeen, maar ook in
gemeenskappe soos die wat al die jare in plekke soos Wits gefloreer het.
Maar hulle was nie net naïef nie. Hulle was ook uiters hooghartig. Hulle het
dag in en dag die mond vol gehad oor mense wat nie, soos hulle, "die derde
wêreld daarbuite" in "die kasteel" wou innooi nie. Maar daar was 'n
ononderhandelbare voorwaarde - elkeen wat hulle kasteel wou binnekom moes
daarmee ook hul waardes, norme en gebruike aanvaar sonder om hulle te
bevraagteken.
Attie van Niekerk was een van die wat daarop gewys het hoe vernederend
hierdie standpunt was - Steve Biko was nog een.
> Hierdie verwysingsraamwerk laat 'n mens wel met ander oë en
> verwagtings na ons land kyk. Ook met ander verwagtings. Want 'n
> front-land is nie 'n land vir mense met week harte, sagte handjies en
> swaarmoedige stemmings nie.
> 'n Front- of grensland is nie vergelykbaar met Brittanje of Amerika
> nie. Ons moet eerder na ander front-situasies kyk - na Indië, Uganda
> en die Ivoorkus. Selfs na die sogenaamde "Wilde Weste" en die
> eertydse delwerye - gestroop van hulle romantiek. Dit klink wel
> vergesog, maar dit help om 'n paar dinge beter te verstaan.
> Ter wille van die kontras met geykte sienings, kan van situasies
> aan die front die volgende gesê word.
> Kerk en kroeg, wet en anargie, orde en chaos, die goeie en die bose,
> lewe en dood was vir baie lank in 'n felle stryd met mekaar gewikkel.
> Dit was 'n weëreld waarin die Bybel en die geweer langs mekaar geleë
> het.
> Want front-lande is lande met baie paradokse en vele gesigte. Dis
> lande met rowwe mense en ruwe omgewings. Maar ook lande met kolle van
> beskawing, goeie gewoontes, aan vaarbare waardes en ordentlike
> mense.
> Wat het gebeur dat die front uitgeskuif en selfs verdwyn het? Baie
> dinge. En oor 'n lang tyd heen sonder kitsoplossings.
> Daar was mense wat gesê het: "Oor my dooie liggaam." Mense wat
> bereid was om vir dit wat goed en reg was, getel te word. Selfs die
> vrou wat in die kroeg gesing het, het vir die ruwe drinkebroers gesê:
> "Julle kan na my bates kyk. Maar julle gryp nie daarna nie." Daar
> was mense met klaviere wat ander die wonder van
> kultuur laat waardeer het.
> Gemeenskapsorganisasies, gedryf deur mense met visie, het ontstaan
> en al sterker gegroei. Ontwikkelingskolle het groter geword. Die
> polisieman het nie met sy integriteit laat mors nie. Instellings het
> soos koraalriwwe gegroei. Die front se karakter is verander.
[color=blue]> Ekonomiese groei het plaasgevind. So ook die groei van[/colorê]
> beskawingswaardes.
> Soos reeds gesê, die front is nie 'n plek vir klakouse,
> gemoedsbekaktes en fataliste nie - al moet 'n mens maar aanvaar dat
> jy diesulkes altyd by jou sal hê.
> Die vraag waarvoor ons staan, is kort maar kragtig: Het ons die soort
> mense wat die front kan tem? Waar is die ontwikkelingskolle? Is daar
> genoeg mense met klaviere by wyse van spreke? Hardekwasmense wat 'n
> verskil kan en wil maak?
> Ek wil dit waag om te sê dat as 'n mens deur die front-metafoor na
> ons land kyk, jy nie net bloed en vullis in die strate sien nie. Nie
> net prostitute wat die hele weëreld vol staan nie.
> Maar ook talle kolle van ontwikkeling. En nuwe "pioniers".
> Soos byvoorbeeld die PU vir CHO, die eerste universiteit
> waarvan die statuut deur die minister goedgekeur is. En by wie se
> gradeplegtighede die multikulturele naamlys tot by die hoogste grade
> vir niks skrik nie. By die aanhoor van die name moes 'n mens sê:
> Hier kom 'n stille revolusie.
Arme Willie Esterhuyse - wat hy as 'n revolusie beskou is die resultaat van
'n gemeenskap wat al dekades lank intens betrokke is by "die derde wêreld
daarbuite". Nie op sy eie voorwaardes nie, soos Wits, Ikeys en Rhodes nie,
maar in volgehoue poging om betrokke te wees op maniere wat die uniekheid
van "die derde wêreld daarbuite" respekteer.
Wat vir Esterhuyse so vreemd is dat hy dit "revolusionêr"noem, is bloot
dieselfde ding wat daartoe lei dat Afrikaanse universiteite in 'n ondersoek
van die Sunday Times (gedoen deur 'n internasionale span onder leiding van
UWK) wegloop met die loure as die top universiteite in die land. En die
kriteria vir voortreflikheid was grootliks gemik op die bydrae wat hulle
plek maak tot ontwikkeling.
Inderdaad, daar is baie perspektiewe oor Suid-Afrika. Maar die perspektief
van Suid-Afrika as 'n frontsamelewing is veel ouer as wat die naïewes soos
Esterhuyse dink - of die kwaadwilliges wat voortdurend brul van
"apartheidsvarke".
Daar is baie wat nog altyd in die frontsamelewing geleef het, en intens
bewus was daarvan. Vir wie dit nie, soos vir Esterhuyse, 'n verrassing is
dat week harte en safte handjies onvoldoende is nie.
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes [boodskap #19516 is 'n antwoord op boodskap #19325] |
Thu, 03 December 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 3 Dec 1998 19:23:16 GMT, said the following:
| Johan, hier in Kanada maak ons nie staat op
|ons "streeknuus" vir nuus van Minneapolis nie.
|Ons kry dit direk van die hoogste gesag, CNN.
| Ons kry, behalwe CNN se twee kanale, nog
|ABC en NBC en CBS via die radio-stasies wat
|net oor die grens in noordelike New-York staat
|uitsaai en deur ons kabelsisteem aan ons voorsien
|word. Daarbenewe....snip......
|
Baie interesant! Die TV kanaal beskrywing beskryf omtrent ons kabel
diens ook, bahalwe dat ons natuurlik nie die Franse kanale kry nie.
Sou my ook nie veel help nie - ek kan daar geen duit van verstaan nie.
Ek is net spyt dat ons nie meer Kanadese produksies te sien kry nie,
behalwe so nou en dan op die kuns kanaal. Ek het so in my agterkop
dat die Kanadese nogal baie mooi en kykbare TV programme en films
maak...?!?
Ons het weer 'n Spaanse kanaal waarna ek sou nou en dan vir 'n paar
minute kyk - my seun begin nou Spaans op skool leer en ek het gesê hy
moet ons by die huis ook leer sodat ek sien hoeveel daarvan ek kan
optel.
| So, Johan, as ek die soap opera in Washington wil
|kyk, dan kyk ek dit direk op dieselfde kanale wat jy kry.
|Die laaste hoofstuk in die soap opera: hoe die Republikeinse
|party reg voor jou oë disintegreer. Luister hoe die woord
|"McCarthyism" nou al meer gebruik gaan word.
|
Jy moenie sulke goed sê nie - ek is mos 'n olifant ondersteuner! Ons
sal maar sien. Gelukkig is die partypolitiek vir my minder krities as
daar 'n redelike mate van balans tussen hulle is. Maar nou ja, oor
alles dit sal ek nie nou al te ernstig raak nie - ek het nog baie om
oor die plaaslike politiek te leer en ek sal hopelik eers oor vier
jaar of so kan stem.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19524 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Thu, 03 December 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 2 Dec 1998 18:40:20 GMT, wrote:
| Johan, daar tussen die mere en die
| kalkoene, alweer besig om te ponti-
| fikeer.
Snert ou tante, jy ry hierdie donkie (woord) nou al heellemaal holrug!
Kyk mooi - ek spreek bloot my opinie uit en sê ook so en maak glad nie
of ek die alwetende en alheilige Pous is nie.
| En dit na hy die punt van
| die pos waarop hy antwoord geheel
| en al misverstaan het.
Ek vermoed eerder jy weet nie waarvan daar hier gepraat word nie. Of
jy verstaan bloot net nie my opmerking nie.
| En dan oor
| hoe lekker dit in Minneapolis is:
Maak dit eerder Minnesota en die VSA - ek hou van die hele plek!
| dis seker my verbeelding, Johan,
| maar is julle nie vreeslik baie
| deesdae in die nuus nie
Ek weet nie, ek kan mos nie jou streeksnuus sien nie. En ook nie jou
verbeelding nie, so ek kan die goed nie vir jou bevestig nie.
Maar as jy so sê neem ek aan dit is so ....
| - moorde in
| die downtown,
...sommmer sulke wilde weste draaaifbaaai shooootiengs... JA, jy's reg
- is dit nie vreeslik nie. Dit laat 'n mens ril! Hierdie maand
sover TWEE moorde in die metropool! Afgryse! Vertel, vertel, dis
erg, dis waar, ek gril, ek gril - ek bly in so 'n nagmerrie van 'n
plek waar iemand VERMOOR word!!!!!!! OOOEEEEEEE!!!!!!!!
| dakke wat inval?
Sommer so aspris, net om te kyk of daar nie meer mense gedood kan word
nie en aan Johan kan vertel word wat 'n geweldige slegte plek hy nou
in bly nie!!!!!!!!
|
| Gloudina
|
22 dae van die maand is jou redenasies meesal so op die level (so
ervaar ek dit - let op die disclaimer), maar laat die maan nou net
vollerig begin word soos nou, dan sien ons nou sulke skewe opmerking
soos hierdie van jou.
Wat is jou grondliggende redenasie, Gloudina? Wat probeer jy sê? Ek
verstaan regtig nie wat jou punt is nie.
Ons was baie meer in die nuus toe Jessie verkies is, soos jyself ook
opgemerk het. Ek is glad nie blind vir my nuwe tuiste se swak punte
nie en ek het dit in die verlede ook al gesê. Ek weet nie wat jy nog
wil hê nie.
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19526 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Thu, 03 December 1998 00:00   |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote in message ...
> Ons weet nou 1/3 van Kanada bly in Ontario. (En 2/3 bly nie daar nie.) Het
> jy al die netto interprovinsiale kontantvloei goed beskou? Geen provinsie,
> oor tyd, betaal meer geld in (op 'n netto per-kapita basis) as Alberta nie.
Iets interesseer my nou:
Sluit "Alberta" in die bg vergelyking die inboorlingreservate in? (En het ek
dit mis as ek iewers gehoor het Alberta het 'n besonder groot
inboorlingbevolking?)
Ek vra, want as die twee stellings bo korrek is, sou dit suggereer dat
Kanada nie vreeslik baie bestee aan die ontwikkeling van / reparasie aan hul
"eerste volke" nie?
(Dit is natuurlik moontlik dat sulke ontwikkelingsfondse elders verreken
word - of dat daar inderdaad maar verskriklik min van die arme blikskottels
oorgebly het.)
Ek vergelyk dit met iets wat ek iewers anders gehoor het (as iemand 'n bron
hiervoor het, sal ek bly wees - ek het vergeet waar dit vandaan kom) - dat
die gemiddelde "wit" Suid-Afrikaner (dis nou dié wat "op die vet van die
land leef", aldus Gloudina) ongeveer 10c se waarde uit elke Rand belasting
kry - vir dekades al. Die gemiddelde "ontwikkelende" Suid-Afrikaner,
daarenteen, kry heelwat meer in waarde as wat hy belasting betaal. Die
grootste herverdeling van rykdom in enige samelewing, het iemand dit genoem.
(G'n wonder Gloudina het al in die sestigs 'n "tax refugee" geword nie - met
al daardie wiskunde in die familie het hulle seker toe al die sommetjies
gemaak. Was dit nie die jare wat _alle_ belasting wat swart SA-ners betaal
het net so aan swart onderwys bestee is nie? Seker ok dié dat sy die mond so
vol het oor ander mense wat kwansuis "op die vet van die land leef" -
projeksie van haar eie gedrag op ander mense.)
Groete, Leendert
|
|
|
|
|
|
|
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19585 is 'n antwoord op boodskap #19323] |
Mon, 07 December 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Fri, 04 Dec 1998 11:32:16 +0200, lou wrote:
>
> >
>
> En ek, jou dom bleddie aap, praat oor die grondwet wat regte opweeg en
> die feit dat wette verander kan word en legitimiteit van die grondwet
> kry.
>
> Want die bespreking gaan oor die moontlikheid dat n vingerafdruk-basis
> IN DIE TOEKOMS in n digitale net saamgevoeg kan word.
>
> Brittanje beplan so n stelsel om oor drie jaar in te skop. En hulle
> doen dit binne die riglyne van privaatheid wat in Europa geld.
Oeps! Ferdi gooi sy speelgoed uit sy kot uit! Weereens probeer jy die
bespreking omswaai om aan te pas by dit waaroor jy dink ons praat? As jy
terug gaan op die thread sal jy sien dat ek van die begin af sê dit is
TANS
|
|
|
|
Bladsye (2): [ 2] |
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:54 UTC 2025
|