Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Nog oor die glorieryke demokratiese registrasie
Nog oor die glorieryke demokratiese registrasie [boodskap #19507] Do, 03 Desember 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdie se Newspeak het verklaar dat die kieserregistrasie "in die algemeen
'n sukses" was. Beeld het vandag die volgende kommentaar:

Leer die lesse

Die eerste registrasie-poging deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie
(OVK) is verby met slegs sowat 'n kwart van die kiesers in die noordelike
provinsies gereed om in aanstaande jaar se algemene verkiesing te stem.

Dat die OVK-voorsitter, regter Johann Kriegler, "verras is deur (die sukses
van) die eerste poging", is 'n erkenning van die ondoeltreffendheid van 'n
proses wat aanvanklik die eerste en enigste kans sou gewees het vir
stemgeregtigdes om hul name op die kieserslys te kry.

Dié bekentenis vereis dat die OVK 'n meer realistiese tydtafel aanpak vir sy
verdere registrasieveldtogte in Januarie en Februarie. Om aan die veilige
kant te wees, behoort hy voorsiening te maak vir meer as net ses bykomende
registrasiedae.
Beamptes wat die registrasie behartig, moet beter opgelei word as wat in die
belaglik kort tyd tot dusver moontlik was. Kiesers moet ook beter en langer
vooraf ingelig word oor waar en hoe hulle moet registreer.

Veral op dié plekke waar registrasielokale die afgelope naweek nooit
oopgemaak het nie, verdien die kiesers beter behandeling.

Die departement van binnelandse sake behoort die volgende twee maande te
gebruik om die uitreiking van nuwe identiteitsdokumente te verbeter.

Om op honderdduisende nuwe ID's te sit omdat die poskantoor nie vertrou kan
word om die boekies aan die regmatige eienaars te besorg nie, beproef die
geduld en goeder trou van die stemgeregtigdes ten seerste.

Alle staatsinstansies - die uitvoerende gesag, die hele staasdiensmasjien
asook die OVK - sal die oorblywende tyd moet benut om daadwerklik op die
eerste poging te verbeter.

Niks minder nie as die integriteit en geloofwaardigheid van volgende jaar se
verkiesing is op die spel.
Vorige onderwerp: "Ek is gatvol"
Volgende onderwerp: Vir die skuldsmouse
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Sep 27 18:10:56 MGT 2024