Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die gemoedsbekaktes
Die gemoedsbekaktes [boodskap #19323 is 'n antwoord op boodskap #19325] Ma, 23 November 1998 00:00 na volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Prof. Willie Esterhuyse in Beeld

Daar is 'n gesegde wat min of meer as volg lui: Hoe jy kyk, bepaal
wa€t jy sien. En dan moet 'n mens natuuurlik byvoeg dat Die ‘‘hoe''
kan deur baie faktore bevoordeel of beduiwel word. Soos deur onder
meer 'n mens se ervarings, vooroordele en waardes.
^Wat daar alles vandag oor Suid-Afrika gese en verwag word, is
'n goeie illustrasie van hierdie gesegde. Daar word deur soveel
brille na ons land gekyk dat 'n mens soms skoon deurmekaar raak
daarvan. En baie verward.
Sommige mense kyk na Suid-Afriaka as 'n ‘‘middelslag-'' en
‘‘middel-inkomste''-land. Syfers, en vergelykings met ander
soortgelyke lande, speel in hierdie kyk na sake 'n deurslaggewende
rol. Ander kyk na ons land as 'n ‘‘ontwikkelende'' land of as 'n
‘‘diep verdeelde'' land met ‘‘strydende nasionalismes.''
Meer gebruiklik is om van Suid-Afrika as 'n ‘‘mengsel'' van ‘‘eerste''
en ‘‘derde'' werelde te praat. En dan is daar die siniese Sakkies wat
aan politieke depressie ly - of soos my Hollandse vriend op sy
gebruiklike reguit manier sal se: diegene wat gemoedsbekakking het.
Hulle hou van die beskrywing ‘‘tipiese Afrikaland'', asof hulle
presies weet wat in Afrika aangaan.
Besonder irriterend is diegene wat na ons land kyk asof dit 'n tweede
Brittanje, Amerika of Duitsland behoort te wees. Toegegee, ons kan
belangrike lesse by hierdie lande leer.
Maar om te dink dat Suid-Afrika soos hierdie land kan wees - en dit
oornag, - is om nie eens die bal mis te slaan nie. Want daar is geen
bal nie.
'n Voorbeeld van hierdie manier van kyk, is die voorskrif dat ons
Brittanje as rolmodel moet gebruik vir hoe ons ons vakbonde en ons
arbeidsbetrekkinge moet hanteer. Dit gaan gewoonlik gepaard met die
onuitgesproke verwyte: Dis nou soos dinge gedoen moet word, maar ons
het nie die leiers nie.
Al hierdie verwysingsraamwerke, beelde en metafore help wel om die ·
debat oor 'n meer vrugbare kyk op sake aan die gang te hou. -
al is dit soms net onregstreeks. Daarmee word meer dan eens nuwe
perspektiewe op ons land verwerf.
Uit frustrasie met die geykte kyk op sake, maar ook as 'n ernstige
poging om die land en sy dinamiek te probeer verstaan, is daar sommige

mense wat met ander oe en verwysingsraamwerk na die land kyk,
naamlik Suid-Afrika as 'n front-land; 'n land op die grens. Dit het
ook sy beperkings. Dit bied egter 'n hele aantal perspektiewe wat
aandag vra.
Mense wat vanuit hierdie verwysingsraamwerk na ons land kyk, redeneer
min of meer as volg:
Apartheid het onder veral die wit middelstand die illusie geskep dat
daar 'n isoleerbare en verdedigbare ‘‘eerste wereld'' bestaan wat
ondanks die groot ‘‘derde wereld'' ongesteurd sy gang kan gaan. Dit
was 'n kyk op sake wat van die aanname uitgegaan het dat die ‘‘eerste
we„reld'' 'n soort oninneembare kasteel is. Met die kasteelbewoners
volledig in beheer van die toegangsbrug.
En toe val die mure van apartheid. En tesame daarmee ook die illusie
van twee we„relde wat van mekaar isoleerbaar is. Wat toe sigbaar word,
was die Suid-Afrika wat maar altyd bestaan het. Maar verberg agter
kunsmatige mure en verskansings.
Wat toe sigbaar word, was 'n land aan die front, 'n grensland.
Hierdie verwysingsraamwerk laat 'n mens wel met ander oe… en
verwagtings na ons land kyk. Ook met ander verwagtings. Want 'n
front·land is nie 'n land vir mense met week harte, sagte handjies en
swaarmoedige stemmings nie.
'n Front- of grensland is nie vergelykbaar met Brittanje of Amerika ·
nie. Ons moet eerder na ander front-situasies kyk - na Indie…, Uganda
en die Ivoorkus. Selfs na die sogenaamde ‘‘Wilde Weste'' en die
eertydse delwerye - gestroop van hulle romantiek. Dit klink wel
vergesog, maar dit help om 'n paar dinge beter te verstaan.
Ter wille van die kontras met geykte sienings, kan van situasies
aan die front die volgende gese„ word.
Kerk en kroeg, wet en anargie, orde en chaos, die goeie en die bose,
lewe en dood was vir baie lank in 'n felle stryd met mekaar gewikkel.
Dit was 'n we„reld waarin die Bybel en die geweer langs mekaar gele„
het.
Want front-lande is lande met baie paradokse en vele gesigte. Dis
lande met rowwe mense en ruwe omgewings. Maar ook lande met kolle van
beskawing, goeie gewoontes, aan vaarbare waardes en ordentlike
mense.
Wat het gebeur dat die front uitgeskuif en selfs verdwyn het? Baie
dinge. En oor 'n lang tyd heen sonder kitsoplossings.
Daar was mense wat gese„ het: ‘‘Oor my dooie liggaam.'' Mense wat
bereid was om vir dit wat goed en reg was, getel te word. Selfs die
vrou wat in die kroeg gesing het, het vir die ruwe drinkebroers gese„:
‘‘Julle kan na my bates kyk. Maar julle gryp nie daarna nie.'' Daar
was mense met klaviere wat ander die wonder van ·
kultuur laat waardeer het.
Gemeenskapsorganisasies, gedryf deur mense met visie, het ontstaan
en al sterker gegroei. Ontwikkelingskolle het groter geword. Die
polisieman het nie met sy integriteit laat mors nie. Instellings het
soos koraalriwwe gegroei. Die front se karakter is verander.
Ekonomiese groei het plaasgevind. So ook die groei van
beskawingswaardes.
Soos reeds gese„, die front is nie 'n plek vir klakouse,
gemoedsbekaktes en fataliste nie - al moet 'n mens maar aanvaar dat
jy diesulkes altyd by jou sal he„.
Die vraag waarvoor ons staan, is kort maar kragtig: Het ons die soort
mense wat die front kan tem? Waar is die ontwikkelingskolle? Is daar
genoeg mense met klaviere by wyse van spreke? Hardekwasmense wat 'n
verskil kan en wil maak?
Ek wil dit waag om te se„ dat as 'n mens deur die front-metafoor na
ons land kyk, jy nie net bloed en vullis in die strate sien nie. Nie
net prostitute wat die hele we„reld vol staan nie. ·
Maar ook talle kolle van ontwikkeling. En nuwe ‘‘pioniers''.
Soos byvoorbeeld die PU vir CHO, die eerste universiteit
waarvan die statuut deur die minister goedgekeur is. En by wie se
gradeplegtighede die multikulturele naamlys tot by die hoogste grade
vir niks skrik nie. By die aanhoor van die name moes 'n mens se„: ·
Hier kom 'n stille revolusie.
Of die musiekonderwyseres in die Oos-Kaap wat deur 'n swaar tyd gegaan
en toe 'n private skool stig wat nou reeds byna 2 000 leerlinge het.
Suid-Afrika as front-land is nie 'n hopelose land nie. Dis 'n land
waar die front kan plek maak vir iets anders, al neem dit tyd. Maar
dit sal net plek maak vir iets anders as mense wat veronderstel is om
te weet waaroor die lewe gaan, hulle plig doen.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19324 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> Prof. Willie Esterhuyse in Beeld
>
> Daar is 'n gesegde wat min of meer as volg lui: Hoe jy kyk, bepaal
> wa€t jy sien. En dan moet 'n mens natuuurlik byvoeg dat Die ‘‘hoe''
> kan deur baie faktore bevoordeel of beduiwel word. Soos deur onder
> meer 'n mens se ervarings, vooroordele en waardes.
> ^Wat daar alles vandag oor Suid-Afrika gese en verwag word, is
> 'n goeie illustrasie van hierdie gesegde. Daar word deur soveel
> brille na ons land gekyk dat 'n mens soms skoon deurmekaar raak
> daarvan. En baie verward.
> Sommige mense kyk na Suid-Afriaka as 'n ‘‘middelslag-'' en
> ‘‘middel-inkomste''-land. Syfers, en vergelykings met ander
> soortgelyke lande, speel in hierdie kyk na sake 'n deurslaggewende
> rol. Ander kyk na ons land as 'n ‘‘ontwikkelende'' land of as 'n
> ‘‘diep verdeelde'' land met ‘‘strydende nasionalismes.''
> Meer gebruiklik is om van Suid-Afrika as 'n ‘‘mengsel'' van ‘‘eerste''
> en ‘‘derde'' werelde te praat. En dan is daar die siniese Sakkies wat
> aan politieke depressie ly - of soos my Hollandse vriend op sy
> gebruiklike reguit manier sal se: diegene wat gemoedsbekakking het.
> Hulle hou van die beskrywing ‘‘tipiese Afrikaland'', asof hulle
> presies weet wat in Afrika aangaan.
> Al hierdie verwysingsraamwerke, beelde en metafore help wel om die ·
> debat oor 'n meer vrugbare kyk op sake aan die gang te hou. -
> al is dit soms net onregstreeks. Daarmee word meer dan eens nuwe
> perspektiewe op ons land verwerf.
> Uit frustrasie met die geykte kyk op sake, maar ook as 'n ernstige
> poging om die land en sy dinamiek te probeer verstaan, is daar sommige
>
> mense wat met ander oe en verwysingsraamwerk na die land kyk,
> naamlik Suid-Afrika as 'n front-land; 'n land op die grens. Dit het
> ook sy beperkings. Dit bied egter 'n hele aantal perspektiewe wat
> aandag vra.
> Mense wat vanuit hierdie verwysingsraamwerk na ons land kyk, redeneer
> min of meer as volg:
> Apartheid het onder veral die wit middelstand die illusie geskep dat
> daar 'n isoleerbare en verdedigbare ‘‘eerste wereld'' bestaan wat
> ondanks die groot ‘‘derde wereld'' ongesteurd sy gang kan gaan. Dit
> was 'n kyk op sake wat van die aanname uitgegaan het dat die ‘‘eerste
> we„reld'' 'n soort oninneembare kasteel is. Met die kasteelbewoners
> volledig in beheer van die toegangsbrug.
> En toe val die mure van apartheid. En tesame daarmee ook die illusie
> van twee we„relde wat van mekaar isoleerbaar is. Wat toe sigbaar word,
> was die Suid-Afrika wat maar altyd bestaan het. Maar verberg agter
> kunsmatige mure en verskansings.

Ek het self weereens 'n wakeup call gekry toe ek vier ure in 'n queue
moes staan om my Staaf Kode ID Boek te kry. Dit vir 'n uiteindelik
menslike interaksie van op die meeste drie minute met die manne van
binnelandse sake. Heelparty mense het hulle wel bekak. (Maar dis 'n
ander storie!) Ook het 'n binnelandse sake woordvoerder gesê, op SABC
nogal, het hulle bly langer oop - bullshit Bertie! Drie uur sluit hulle
die deure! As jy buite die deur is - tough luck China! Fokit maar die
spul is useless!

Die verkiesing is natuurlik weereens besig om na 'n fokop te neig. Met
meer as 5 miljoen mense wat nie staafkode ID Dokumente nie, het die IEC
besluit dat ons volgende naweek sal registreer vir verkiesing, met staaf
kode ID dokumente! Dis nou nadat hulle vir maande getjommel het tussen
jy moet 'n staafkode ID dokument he, jy moet nie 'n staaf kode ID
Dokument hê nie. Verder gee hulle nou vir jou 'n mooi gedrukte dokument
wat sê dat jy aansoek gedoen het en dus mag registreer en miskien jou
id sal he voor die verkiesing. Maar die probleem is nou net - drie weke
terug was die dokumente nie beskikbaar nie - so as jy dan aansoek gedoen
het - tough luck! Gaan terug - staan in die queue - do not pass go! Wat
'n fokop!

Die registrasie proses gaan natuurlik ook 'n fokop wees - hulle het die
staatsamptenare aangesê om sonder vergoeding volgende week vrydag,
saterdag en sondag reg te staan om mense te registreer. Die ouens is
natuurlik heel de moer in vir die ekstra onbetaalde werk. Op die plekke
waar hulle vir volunteers vra is daar natuurlik nie genoeg mense nie.
Maar nog is dit het einde niet - niemand weet waar hulle moet registreer
nie! Vier donderse dae voor die f*&^%*& registrasie! Red nou 'n land!
Pssop net vir die Banna Republic se skille - as jy jou nek breek is dit
koebaai! DI edokters het almal verkas.

Soos Henri se - Afrika is nie vir sissies nie - iemand dalk vir my 'n
job daar in annerland? :) Ek sal selfs die fokken strate vee as dit
moet!!

Lou
Net nog 'n piesang in pisang land.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19325 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 23 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Nov 1998 14:45:06 +0200, lou said
the following:
|Ek het self weereens 'n wakeup call gekry toe ek vier ure in 'n queue
|moes staan om my Staaf Kode ID Boek te kry. Dit vir 'n uiteindelik
|menslike interaksie van op die meeste drie minute met die manne van
|binnelandse sake. Heelparty mense het hulle wel bekak. (Maar dis 'n
|ander storie!) Ook het 'n binnelandse sake woordvoerder gesê, op SABC
|nogal, het hulle bly langer oop - bullshit Bertie! Drie uur sluit hulle
|die deure! As jy buite die deur is - tough luck China! Fokit maar die
|spul is useless!
|
My vrou kry nie 'n Social Security nommer nie want sy mag nie werk
nie. Maar sy en die kinders moet Inkomstebelasting nommers kry. Ons
sit toe 'n dag opsy daarvoor, want die enigste kantoor is die
hoofkantoor in die selfde gebou waar die Minnesota Hooggeregshof is.
Maar al was daar 'n groot gestry aan die gang tussen Minnesota en die
tabak maatskappye, het ons niks daarvan gesien nie nie baie mense by
die gebou nie).

Na my vrou die kinders skool toe versorg het en gereel het vir 'n
vriendin om hulle te gaan haal na skool, het sy my by die kantoor kom
optel. Ons het ons hele ou tassie dokumente byderhand gehad en elkeen
'n lekker vet dik boek om te lees, vir al die lang wag.

Ons het so half huiwerig die veiligheidswag se baie vriendelike
aanwysings gevolg (nie nodig nie, want die bordjies het duidelik die
regte draai in die gange aangedui) tot by 'n redelike leë kantoor -
net een man wat by 'n toonbank staan.

Ons val toe maar agter hom in, maar die vrou agter die toonbank se
hand val onder die toonbank in, waar sy seker 'n knoppie gedruk het en
onmiddelik kom 'n tweede dame uit en gee aan ons aandag. Baie
vriendelik, rustig en kalm. Binne tien minute was die vorms ingevul
en toe sy sê "You're all done", kon ek my ore nie glo nie! Dis was
al!

Ek het weer met die quarters wat in my sak klingel afgeloop kar toe
sonder om eers weer nodig te he om daarvan in die meter te gaan gooi.

Ons bly in 'n reuse burokrasie, waarvoor ek baie huiwerig was, maar
dit lyk my dis 'n burokrasie wat werk.

Maar moenie dink dit gaan oral in Amerika so nie - ek hoor by ander
Suid Afrikaners dat dit in state soos Texas en Florida 'n nagmerrie is
met baie immigrante an Meksiko en ander Meksikaanssprekende lande af.

Vir my maar half stupid van die Amerikaners om dan nie hulle
fasiliteite by daardie plekke uit te brei nie.

Ewenwel, ons ondervindinge hier in die middeweste met al die
staatsinstellings was so positief, behalwe miskien die nuwe klerk by
die Department of Motor Vehicles wat ons betuurslisensies teruggehou
en nie dadelik gepos het nie omdat die CL wat op elk gestempel was,
vir hom suspusieus was en hy nie geweet het dit staan vir Correcting
Lenses (brille) wat ons dra nie.

Met eerlike apologie aan Ferdi - ek vryf nie in nie - gee bloot net 'n
kontrasterende interesante storie weer.
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19340 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Nov 1998 17:42:23 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
<<>Met eerlike apologie aan Ferdi - ek vryf nie in nie - gee bloot net 'n
> kontrasterende interesante storie weer.
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....! >>

Begin van die jaar het my paspoort verval.
Ek is toe Binnelandse sake toe in Jhb se middestad.
Ek was reg vir die hele oggend want ek het nog n ou id dokument en my
vingerafdrukke moes geneem word ook.
Ek moes ook eers vorms kry en dit daar invul.
Ek was net na nege die oggend daar en die hele oefening het my 20
minute gevat.

So drie weke gelede het die maatskappy waarvoor ek werk die dept. van
Binnelandse Sake gevra om soontoe te kom sodat almal wat by ons werk
tussen werk deur kon aansoek doen vir nuwe ID boekies.
Hulle het sonder probleme ingestem. Hulle bied so n diens aan.
Hulle het uitgekom en almal "gedoen". En was baie vriendelik in die
proses.

Alles het tien minute per persoon geneem. Vorms invul en
vingerafdrukke ingesluit.

So twee dae later was dit weer die vervoerafdeling wat gekom het en
ons het weer binne tien minute aansoek gedoen vir nuwe rybewyse.
Basiese oogtoets ingesluit.

Wat Lou vertel, is egter deur ander herhaal ook. Miskien is dit net op
sekere plekke.
Miskien moet mens in ag neem dat Suid-Afrika as n land besig is om oor
te skakel na nuwe ID dokumente en die verkiesing gebruik as n
katalisator daarvoor.

En terselfdertyd onder die volgende gebuk gaan:
1. n Staatsdiens wat nou al 40 miljoen mense moet hanteer - op gelyke
voet - in plaas van konsentreer op die bevoorregte 7 miljoen.
2. n Staatsdiens wat moet afskaal wat uitgawes betref om
staatsbesteding in bedwang te kry.
3. n Staatsdiens wat tranformasie - regstellende aksie - ondergaan.

Hoe sal dit in die VSA gaan as 300 miljoen mense volgende jaar almal
nuwe id dokumente moet kry?

Skreeu nou maar "blame it on apartheid" as julle wil, maar een van die
groot redes hoekom alle Suid-Afrikaners nie dieselfde en aanvaarnbare
id dokumente het nie, het fokken baie te doen met die verlede. SA is
besig om aan te pas na die verlede. Die land is besig om vir die
eerste keer n uniforme ID stelsel te vestig na tientalle bantustans en
dekades se fokops met die een stelsel na die ander in terme van ID
boekies.
Elke nuwe minister van binnelandse sake het sy eie "pet" idee gehad
van hoe dit moet lyk. In my lewe is dit die vierde ID boekie wat ek
moet kry - elkeen n ander formaat! Elke keer n nuwe aansoek! Drie van
die boekies was onder die ou bedeling.
Eers n groen kaart. Toe n groot groen boek. Toe n klein groen boekie -
toe crash apartheid en nou dieselfde klein groen boekie - maar met n
staafkode en jou vingerafdrukke op n databank.


En enigiemand wat verwag die omskakeling vir al 40 miljoen moet so
glad werk soos in n plattelandse dorp in die rykste land op die
planeet wat die meeste gerekenariseerd ter wereld is en die hele eeu
reeds een stelsel uniform gebruik (dis nou die VSA) moet sy kop laat
lees. Ek bedoel Lou hier.

Dit laat my dink aan die (suksesvolle) verkiesing van 1994. Almal het
hulle bevuil oor die toue die eerste stemdag en vergeet daar is drie
stemdae.
Ek het op die tweede dag gaan stem, so elf uur die oggend. En dit was
teleurstellend vinnig! Geen drama. In en uit. Tien minute.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19341 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov 1998 14:50:01 GMT, said the following:
| Hier is Johan op volle dreef. En hy kan
| nie sien dat hy homself weerspreek nie.

...nee, jy is reg!

| In Minnesota is die toustaan speletjies,
| in Texas en Florida 'n nagmerrie, maar
| alles in "Amerika" werk.

Weereens is jy reg....

| Wanneer sal jy
| besef, Johan, dat om vir Minnesota en sy
| omstreke as "Amerika" te beskou,

Jong, hierond is dit nogal 'n algemene verskynsel: meeste ous hier
dink hulle is deel van die VSA, en ek het dit nou al so in Illinois,
Iowa en South Dakota ervaar, oral waar dit so rustig gaan soos hier.

Ek vermoed nou maar dat jou eie ervaring van die VSA ook nie ten volle
as "Amerika" beskou kan word nie.

| so
| ongeldig is as om vir die Klein Karoo as
| verteenwoordigend van Suid-Afrika te
| beskou.

...of die Vrystaat .....?!?

En dan het jy die cheeck om vir my te sê ek weerspreek myself...!

|
| Maar jy is nie alleen in jou drang om
| te veralgemeen en te regverdig nie.

Nee, ek weet. Ek sien dit so baie by jou. En as jy mooi onthou, sal
jy sien ek hou van veralgemening: die wereld bestaan uit
veralgemenings en nie uit uitsonderings nie - dink weer mooi na oor
die betekenis van die twee woorde.

Kom ons maak in jou volgende sin 'n invoeging om dit meer sinvol te
maak:

| Ek
| vind dieselfde byvoorbeeld by die
| baie Afrikaners wat na Perth uitwyk, en
| dan begin liries raak oor die Paradys
| wat Australi"e
(vir Hulle)
| is.

En hoekom mag hulle nie?

Die lewe is mooi en mens mag maar liries raak oor iets wat jy geniet -
al is dit ook 'n veralgemening....

| Hulle vertel jou
| natuurlik nie van die feit dat hulle daar
| op die weste van die vasteland tussen
| oseaan en woestyn geisoleer is van die
| res van Australi"e nie.

Hoekom moet hulle? As ek vir jou wil vertel van die mooi blomme in my
tuin, kan ek mos nie vir jou 'n hele tesis neerskryf oor die blomme en
hulle klassifikasie, ekologie, morfologie, biochemie, ens. nie!
|
| Nog 'n ding wat my laat lag. Johan verklaar:
| "dis vir my maar half stupid van die
| Amerikaners om dan nie die fasiliteite daar
| uit te brei nie." Johan, wat die "Amerikaners"
| kritiseer, alweer!

Ek mag mos maar - of dink jy nou weer skielik hulle is sonder foute?
Ek het nog nooit gesê hulle is nie. Dit sou ook nie reg wees van my
om my ervaring hier te deel met julle terwyl ek weet dat dit nie
verteenwoordigend is nie.

| ( Hy besef natuurlik nie
| dat die "Amerikaners" nie dit te maklik wil
| maak vir die immigrante van die suide om in
| die land in te kom nie.)

Net om mense vinniger te help beteken nie dat jy hulle noodwendig in
die land gaan toelaat nie. En ek besef heeltemaal goed die rede
daarvoor, maar ek probeer effe meer sensitief wees vir sulke stellings
wat op rassisme gebasseer kan wees.

| Maar merk op hoe hy
| van "die Amerikaners" praat. Net soos die
| nuutjie immigrante uit SA hier in Kanada ook
| hulle ure verwyl deur oor die "Kanadese" te
| praat.
|
Hoe moet ek hulle anders noem? Ek hoop oor 'n paar jaar sal ek reg
voel om te praat van Ons Amerikaners maak so of so, maar ek voel
myself nog nie heeltemaal so opgeneem in hulle kultuur nie.

Gloudina, en dan het ek bietjie van 'n versoek: In stede van om net
af te skiet, en te sê hoe ek voel of wat ek weet of nie weet nie,
vertel eerder net vir ons wat jou ervarings is en hoe jy oor 'n saak
voel.

Ek maak nie plasings hier om in persoonlike-afskiet-redenasies met jou
betrokke te raak nie, maar eerder om opinies te deel en te hoor wat
ander se ervarings is.

Jy het mos nie nodig om ander mense af te skiet soos iemand wat 'n
minderwaardigheidkompleks het nie.?!!

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19342 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Nou kom ons kyk nou na jou Alberta. As jy
> enigsins tipies is van die mense in die wit
> enklaves van Alberta (Calgary, Edmonton, en
> 'n paar mindere dorpe) wat bestaan bloot om
> die grondstowwe van Alberta te roof en oor die
> see weg te stuur...

Genade ou piggy - jou varkbassie word waarskynlik op die oomblik warm gehou
deur een of ander vorm van energie wat vanuit Alberta kom. Jou motor (aaname
dat jy een besit, feitlik verseker korrek) loop waarskynlik op lekker ou
Alberta "gas".

"Roof" - my beesbas. Jou synapse kort 'n goeie afstof.

Ek is bietjie haastig - ek en van my mederowers gaan bietjie uit vanaand, so
ek sal jou later gaffel oor die res.

Hoop jy slaap warm.

Tot later

Rower-bees.

, dan sal jy jou ook nie
> vereenselwig met die mense van Ontario (waar
> een derde van Kanadese bly) nie, nog met die
> Maritieme provinsies, en selfs ook nie eens
> met B.C. nie. En nog minder met die Eerste
> Nasies van Alberta, wat hier en daar in die
> wye ooptes van Alberta bly, in meestal Derde
> Wereldse kondisies. Alberta, behalwe vir julle
> wit rower-enklaves, is 'n Derde Wereld, Bees.
>
> Doudie.
>
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19343 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: > >
om vir Minnesota en sy
>> omstreke as "Amerika" te beskou, so
>> ongeldig is as om vir die Klein Karoo as
>> verteenwoordigend van Suid-Afrika te
>> beskou.
>
> Hoor wat se piggy 'n paar dae terug:
>
> Om die waarheid te sê: ek wil dit waag om hier te
> verklaar dat die werklike Suid-Afrika miskien die
> Vrystaat is. ( Uit "informatie")
>
> Hey doudie, hierdie gaan dalk 'n skok wees vir jou. Net soos die res ons
> maak jy ook soms foute, en skryf partykeer snert. Jy kritiseer dieselfde
> ding wat jy self 'n paar dae gelede gedoen het.
>
> tot later
>
> Bees


Wel, ou Bees, jy moet die ding in konteks
sien. Ek het die Vrystaat probeer verdedig
teen al julle vooroordele teen 'n deel van
SA wat eintlik die mees Suid-Afrikaanse deel
van SA behoort beskou te word.

Nou kom ons kyk nou na jou Alberta. As jy
enigsins tipies is van die mense in die wit
enklaves van Alberta (Calgary, Edmonton, en
'n paar mindere dorpe) wat bestaan bloot om
die grondstowwe van Alberta te roof en oor die
see weg te stuur, dan sal jy jou ook nie
vereenselwig met die mense van Ontario (waar
een derde van Kanadese bly) nie, nog met die
Maritieme provinsies, en selfs ook nie eens
met B.C. nie. En nog minder met die Eerste
Nasies van Alberta, wat hier en daar in die
wye ooptes van Alberta bly, in meestal Derde
Wereldse kondisies. Alberta, behalwe vir julle
wit rower-enklaves, is 'n Derde Wereld, Bees.

Doudie.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19344 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Vorms invul en
> vingerafdrukke ingesluit.

Hoekom word daar vingerafdrukke geneem ?
Hilda.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19345 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 23 Nov 1998 14:45:06 +0200, lou <lo...@hotmail.ding.com> wrote:
<<>Net nog 'n piesang in pisang land.>>

Lou het sy eie gemoed so pas bekak!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19346 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> Ons bly in 'n reuse burokrasie, waarvoor ek baie huiwerig was, maar
> dit lyk my dis 'n burokrasie wat werk.
>
> Maar moenie dink dit gaan oral in Amerika so nie - ek hoor by ander
> Suid Afrikaners dat dit in state soos Texas en Florida 'n nagmerrie is
> met baie immigrante an Meksiko en ander Meksikaanssprekende lande af.
>
> Vir my maar half stupid van die Amerikaners om dan nie hulle
> fasiliteite by daardie plekke uit te brei nie.

Hier is Johan op volle dreef. En hy kan
nie sien dat hy homself weerspreek nie.
In Minnesota is die toustaan speletjies,
in Texas en Florida 'n nagmerrie, maar
alles in "Amerika" werk. Wanneer sal jy
besef, Johan, dat om vir Minnesota en sy
omstreke as "Amerika" te beskou, so
ongeldig is as om vir die Klein Karoo as
verteenwoordigend van Suid-Afrika te
beskou. (En moenie dink ek hou nie van
Minnesota nie. Dis 'n mooi staat. Ek
hou veral van al die "sloughs.")

Maar jy is nie alleen in jou drang om
te veralgemeen en te regverdig nie. Ek
vind dieselfde byvoorbeeld by die
baie Afrikaners wat na Perth uitwyk, en
dan begin liries raak oor die Paradys
wat Australi"e is. Hulle vertel jou
natuurlik nie van die feit dat hulle daar
op die weste van die vasteland tussen
oseaan en woestyn geisoleer is van die
res van Australi"e nie.

Nog 'n ding wat my laat lag. Johan verklaar:
"dis vir my maar half stupid van die
Amerikaners om dan nie die fasiliteite daar
uit te brei nie." Johan, wat die "Amerikaners"
kritiseer, alweer! ( Hy besef natuurlik nie
dat die "Amerikaners" nie dit te maklik wil
maak vir die immigrante van die suide om in
die land in te kom nie.) Maar merk op hoe hy
van "die Amerikaners" praat. Net soos die
nuutjie immigrante uit SA hier in Kanada ook
hulle ure verwyl deur oor die "Kanadese" te
praat.

Piggy op die Rideau
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19347 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
> Johan, dat om vir Minnesota en sy
> omstreke as "Amerika" te beskou, so
> ongeldig is as om vir die Klein Karoo as
> verteenwoordigend van Suid-Afrika te
> beskou.

Hoor wat se piggy 'n paar dae terug:

Om die waarheid te sê: ek wil dit waag om hier te
verklaar dat die werklike Suid-Afrika miskien die
Vrystaat is. ( Uit "informatie")

Hey doudie, hierdie gaan dalk 'n skok wees vir jou. Net soos die res ons
maak jy ook soms foute, en skryf partykeer snert. Jy kritiseer dieselfde
ding wat jy self 'n paar dae gelede gedoen het.

tot later

Bees
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19348 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, gaan kyk nou na Ferdi se antwoord in hierdie verband - hy
skiet nie my ervaring af nie en hy stem nie saam met Lou se stelling
nie, maar hy gee eerder s eie posietiewe ervaring!
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19349 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> | Wanneer sal jy
> | besef, Johan, dat om vir Minnesota en sy
> | omstreke as "Amerika" te beskou,
>
> Jong, hierond is dit nogal 'n algemene verskynsel: meeste ous hier
> dink hulle is deel van die VSA, en ek het dit nou al so in Illinois,
> Iowa en South Dakota ervaar, oral waar dit so rustig gaan soos hier.

Johan, merk op dat ek in bostaande
"Amerika" in aanhalingstekens gesit
het. "Amerika" is 'n maaksel van jou
verbeelding, Amerika is 'n politieke
eenheid. Net soos 'n mens "Suid Afrika"
in aanhalings sal moet sit wanneer jy
daarvan praat, want dit stem nie saam
met die land soos dit werklik bestaan
nie.

En as jy mooi onthou, sal
> jy sien ek hou van veralgemening: die wereld bestaan uit
> veralgemenings en nie uit uitsonderings nie

Ha, ha, ha. The gospel according
to Johan, Die wereld bestaan uit
veralgemenings? Soos dat alle mans
stupid is, alle vrouens beter
bestuurders?

> Hoekom moet hulle? As ek vir jou wil vertel van die mooi blomme in my
> tuin, kan ek mos nie vir jou 'n hele tesis neerskryf oor die blomme en
> hulle klassifikasie, ekologie, morfologie, biochemie, ens. nie!

Maar jy moet ten minste nie vir my vertel
dat alleen die blomme in jou tuin mooi is
en die blomme in ander dele van die wereld
minderwaardig is nie. Hou jou by jou blomme.
Moenie veralgemeen nie.


Ek hoop oor 'n paar jaar sal ek reg
> voel om te praat van Ons Amerikaners maak so of so, maar ek voel
> myself nog nie heeltemaal so opgeneem in hulle kultuur nie.

Och, ek kan nie wag vir die dag wanneer jy
begin oor "ons Amerikaners" nie. Kry dit nou
maar in jou kop, die sestig miljoen mense in
California is heelwaarskynlik verder van die
geestessfeer van Minnesota verwyder as die
landstreek noord van jou in Kanada. Net soos
die mense in Kanada se Maritieme provinsies
in gees nader is aan Maine en New England as
wat hulle is aan Ontario. Met Boston as die
plek waarheen hulle verkieslik gaan, liewer
as Montreal of Toronto.

Piggy on the Rideau.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19350 is 'n antwoord op boodskap #19323] Di, 24 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 24 Nov 1998 08:11:40 -0700, "Bees" wrote:

Johan, dat om vir Minnesota en sy
>> omstreke as "Amerika" te beskou, so
>> ongeldig is as om vir die Klein Karoo as
>> verteenwoordigend van Suid-Afrika te
>> beskou.
>
> Hoor wat se piggy 'n paar dae terug:
>
> Om die waarheid te sê: ek wil dit waag om hier te
> verklaar dat die werklike Suid-Afrika miskien die>>

Groot verskill tussen verteenwoordigend van n hele land en n plek wat
vir iemand die "werklike" land is.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19360 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 23 Nov 1998 17:42:23 GMT, e...@dot.com (Johan) wrote:
>
> 'n
>> kontrasterende interesante storie weer.
>> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....! >>
>
> Begin van die jaar het my paspoort verval.
> Ek is toe Binnelandse sake toe in Jhb se middestad.
> Ek was reg vir die hele oggend want ek het nog n ou id dokument en my
> vingerafdrukke moes geneem word ook.
> Ek moes ook eers vorms kry en dit daar invul.
> Ek was net na nege die oggend daar en die hele oefening het my 20
> minute gevat.

Probeer nou die ou operasietjie herhaal?

>
> So drie weke gelede het die maatskappy waarvoor ek werk die dept. van
> Binnelandse Sake gevra om soontoe te kom sodat almal wat by ons werk
> tussen werk deur kon aansoek doen vir nuwe ID boekies.
> Hulle het sonder probleme ingestem. Hulle bied so n diens aan.
> Hulle het uitgekom en almal "gedoen". En was baie vriendelik in die
> proses.
>
> Alles het tien minute per persoon geneem. Vorms invul en
> vingerafdrukke ingesluit.

O en daar is nie genoeg mense om die kantore te bedien nie? Nou vra ek
jou - hoe organiseer die foefole? DDaar was 'n ou saam met my in die tou
wat sy paspoort moes laat hernu. Vier ure!

>
> So twee dae later was dit weer die vervoerafdeling wat gekom het en
> ons het weer binne tien minute aansoek gedoen vir nuwe rybewyse.
> Basiese oogtoets ingesluit.
>
> Wat Lou vertel, is egter deur ander herhaal ook. Miskien is dit net op
> sekere plekke.
> Miskien moet mens in ag neem dat Suid-Afrika as n land besig is om oor
> te skakel na nuwe ID dokumente en die verkiesing gebruik as n
> katalisator daarvoor.
>
> En terselfdertyd onder die volgende gebuk gaan:
> 1. n Staatsdiens wat nou al 40 miljoen mense moet hanteer - op gelyke
> voet - in plaas van konsentreer op die bevoorregte 7 miljoen.

Tjorts Ferdi - daar's 5 miljoen mense wat moet staafkode ID boekies kry.
En snaaks genoeg - dit vat geen breinsjirug om te bepaal in watter
bevolkinsgroep hulel val nie!

> 2. n Staatsdiens wat moet afskaal wat uitgawes betref om
> staatsbesteding in bedwang te kry.

Maar die Gravy trein stoom voort.

> 3. n Staatsdiens wat tranformasie - regstellende aksie - ondergaan.
>

Ferdi? - o skuus die is Ferdinand wat dit gesê het. :)

> Hoe sal dit in die VSA gaan as 300 miljoen mense volgende jaar almal
> nuwe id dokumente moet kry?

ALmal moes nie nuwe ID dokumente kry nie.

>
> Skreeu nou maar "blame it on apartheid" as julle wil, maar een van die
> groot redes hoekom alle Suid-Afrikaners nie dieselfde en aanvaarnbare
> id dokumente het nie, het fokken baie te doen met die verlede. SA is
> besig om aan te pas na die verlede. Die land is besig om vir die
> eerste keer n uniforme ID stelsel te vestig na tientalle bantustans en
> dekades se fokops met die een stelsel na die ander in terme van ID
> boekies.
> Elke nuwe minister van binnelandse sake het sy eie "pet" idee gehad
> van hoe dit moet lyk. In my lewe is dit die vierde ID boekie wat ek
> moet kry - elkeen n ander formaat! Elke keer n nuwe aansoek! Drie van
> die boekies was onder die ou bedeling.
> Eers n groen kaart. Toe n groot groen boek. Toe n klein groen boekie -
> toe crash apartheid en nou dieselfde klein groen boekie - maar met n
> staafkode en jou vingerafdrukke op n databank.

Wag maar ou maat, volgende jaar moet jy 'n ID-Kaart kry. Dan gaan die
hele gequeue en gekners van tande weer van vooraf begin. Verwysend na
die verlede - meot ons al die foute herhaal? Die DP, NP en almal wat 'n
kans het waarsku al lankal dat die fiasko kom - maar nee die regering
luister nie! Hulel skreeu soos jy - 'Blame it on Apartheid!!'.

>
> En enigiemand wat verwag die omskakeling vir al 40 miljoen moet so
> glad werk soos in n plattelandse dorp in die rykste land op die
> planeet wat die meeste gerekenariseerd ter wereld is en die hele eeu
> reeds een stelsel uniform gebruik (dis nou die VSA) moet sy kop laat
> lees. Ek bedoel Lou hier.

Fok u Ferdi. Waar het ek dit gesê? Soos bo gesê - dit is nie al 40
miljoen wat moet nuwe boekies kry nie. Verder het die regering en die
IEC getjommel met die besluit of daar moet staafkodes wees of nie. Kry
jou feite reg!

Die hele ding is dat in Suid Afrika daar tans 'n klimaat van swak
diensverlening bestaan. Kom laat ek jou meer vertel van my ID boek
episode. Ek kom daar by binnelandse sake aan - 8:15 - 20 mense staan in
die tou buite die gebou. Dit reent - so dit behoort nie so besig te wees
nie. Lekker dink ek - op die meeste 'n uur. Stupid ja. Na 1.5 ure is ek
binne - nou sal dit vinnig gaan dink ek. Nog stupiter ekke ja.Die tou
slang heen en weer deur die gebou - baie meer as twintig mense wat tou.

Eintlik kom ek naby aan die voorpunt van die eerste punt. Twee manne wat
mense moet help om hulle dokumente klaar in te vul voordat dit in die
rekenaar gevoer word. (Hint Nr 1 Kry iemand om die mense wat in die tou
staan se vorms te check!) EUREKA - nog 'n kerel neem sy posisie in om
mense te help - hy brom iets wat klink soos NEXT - die vrou langs my in
die tou begin lag - het hy gesê NEXT vra sy? Ek weet ook nie en sy vra
die jafel. Hy brom iets instemmend. Ons skrou vir die ou wat voor in die
tou staan om diekant toe te staan. Hy maak so en is binne 30 sekondes
gehelp. Die volgende oomblik gaan die vrou langs my aan die giggel - ek
vol haar ongelowige kyk. Die nuwe jafel het 'n Closed teken opgesit! DIT
is toe 'n paar mense hulle bedinges. Hy is toe weg vir so 10 minute. Hy
kom terug. Halfuur later is ek voor - die ou check my vorm - slaat 'n
paar sleutels en beduie vir my om nou na die kassier toe te beweeg. Op
die meeste 30 sekondes.

Oeps - nuwe tou. Driekwartier later later is ek voor in die tou. Maar
steeds is dit de einde niet - nou vir 'n linker duim vinger afdruk. Nog
'n tou - een man moet almal help.

Nou terug na die kassier om my sertifikaat te kry - nog 'n tou. Dis nou
die een wat net party mense het en wat s^ e ek het aansoek gedoen en mag
registreer. Vier ure 15 minute later staan ek buite met 'n papiertjie
wat sê my ID boek sal oor twee maande gereed wees. Twee maande - en net
laas week het die sekretaris van binnelandse sake gesê dat sy mense het
spaar kapasiteit en kan baie meer aansoek hanteer.

O ja, die tjerie op die koek - ons geliefde en gee"erde premier van
Gauteng Mnr. Motsjega sê gister die mense wil nie in toue staan om vir
die verkiesing te registreer nie ons is almal te lui. Produktiwiteit
bestaan blykbaar nie in sy woordeskat nie. Fok hom ook.

>
> Dit laat my dink aan die (suksesvolle) verkiesing van 1994. Almal het
> hulle bevuil oor die toue die eerste stemdag en vergeet daar is drie
> stemdae.
> Ek het op die tweede dag gaan stem, so elf uur die oggend. En dit was
> teleurstellend vinnig! Geen drama. In en uit. Tien minute.

Jy is weer hverkeerd Ferdi, daar was nie van die begin af drie stemdae
nie, dit is later eers verleng. Die ou geheue ne? So jy wou eintlik nie
gaan stem het nie ne? He He!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19361 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 25 Nov 1998 19:47:42 GMT, said the following:

|> =|:^)
|
| Ek hou van jou Uncle Sam, Johan.
|
| Ek hoor gister julle in Minnesota is die
| tweede beste staat in die VSA vir die
| produksie van kalkoene. Die kalkoen wat
| die White House hierdie jaar gepardon het,
| kom van Minnesota. Geluk.
|
Ja, ek het die ding gesien - dit was nogal snaaks - so spierwit
kalkoen!

Wys jou net hoe groot die plek is - ek het nog glad geen teken van
kalkoene hier gesien nie, behalwe 'n troppie wildes wat ons eendag op
pad gekry het. (Net voor die jagseisoen! - sheim....)

| Jy het, soos jy self erken,
| nog nie teveel daarvan gesien nie.

Soos 99.999999% van die wereld se bevolking.......

| Het jy by-
| voorbeeld al die Badlands gesien, wat nie te
| ver van julle af is nie?

Ja, twee keer - soontoe en terug - een keer in die dag en toe op pad
terug van Mt Rushmore af met sonsondergang - absoluut asemrowend!!!
Ek sou baie graag daar onder wou uitkamp!

Ver is ook maar relatief - dis agt ure se ry tot daar!

| Ek neem aan jy het
| darem 'n maand gelede Mount Rushmore gaan kyk
| toe julle na die Black Hills gegaan het?
| Wat
| dink jy daarvan? En ek herhaal weer, die mense
| in Manitoba reg noord van julle het baie meer
| met die mense in Minnesota in gemeen as die
| mense in Los Angeles of Boston.
|
Laat my toe om te vertel: Ja, ons het vroeg genoeg by ons hotel in
Rapid City aangekom om nog gou op te ry na Mt Rushmore toe - daar
aangekom was die koppe toe van die mis en het ons maar die pragtige
nuwe besoekersentrum geniet. By die film uitgekom, was dit oopgetrek
en kon ons die koppe pragtig sien voor dit donker geword het.

Word die volgende oggend wakker en kom agter daar lê ses duim nuwe
sneeu in die Black Hills - weer op na Mt Rushmore toe om te sien hoe
dit in die sneeu lyk! Weer asemrowend mooi.

Ek het daar gelees wat op die uitstallings staan en vir myself gedink
dat ek maklik daar beinvloed sou kon word om baie patrioties te word
teenoor die ideale van die Amerikaanse demokrasie.

Die ding spreek tot my, nie net as blote werkstuk nie, maar ook in sy
simboliek.

Vandaar na Crazy horse toe (jy onthou mos die furore omdat ek
teleurgesteld was oor die mense wat daar werk.)

En toe die buffels in die Custer State park. Die trip het ook die
Wall Drug Store ingesluit en die vervoer museum op Murdo en natuurlik
ook die Corn Palace van Mitchel - Die stadsaal wat buite met mielies,
sorghum en hooi bedek word om prente te vorm.

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19362 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote:
>
>> Vorms invul en
>> vingerafdrukke ingesluit.
>
> Hoekom word daar vingerafdrukke geneem ?
> Hilda.

Die donder weet. Die vinger afdrukke moet glo gebruik word om jou te
identifiseer. Maar die vingerafdrukke mag nie deur die polisie gebruik
word om mense te soek nie. Vryheid ens ens so die polisie het hlle eie
stel. Maar binnelandse sake het die nodige kundigheid die rekenaar krag
om die tipe van soeke te doen nie - so die kanse dat jy geidentifiseer
kan word ... .

So al die vingerafdrukke word nou in 'n stowwerige leer erens gestoor.
Vir wat?
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19363 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov 1998 22:37:36 GMT, said the following:
| Johan, merk op dat ek in bostaande
| "Amerika" in aanhalingstekens gesit
| het. "Amerika" is 'n maaksel van jou
| verbeelding, Amerika is 'n politieke
| eenheid. Net soos 'n mens "Suid Afrika"
| in aanhalings sal moet sit wanneer jy
| daarvan praat, want dit stem nie saam
| met die land soos dit werklik bestaan
| nie.
|
Sorry - ek het nie die stand van die maan gecheck nie.
Noem "Amerika" en Amerika nou maar net wat jy wil - my bedoeling was
nie naastenby so ingewikkeld nie.

Daar is net 'n klein ou flatertjie in jou redenasie - Amerika, met of
sonder aanhalingstekens, kan nie 'n maaksel van my verbeelding wees
nie - daarvoor is hy nog nie perfek genoeg nie. My superverbeelding
kan met baie meer vorendag kom as wat ek al iewers in die hele wereld
ervaar het.

Moenie probeer om met allerhande jakkalsdraaie redenasies die issue te
ontduik en te stry nie, man. Wees net rustig en kalm - nie almal het
so 'n weird idee van die lewe soos jy nie.

| Ha, ha, ha. The gospel according
| to Johan, Die wereld bestaan uit
| veralgemenings?

Jaaa!!! Jy begin die lig sien!!!!

| Soos dat alle mans
| stupid is, alle vrouens beter
| bestuurders?
|
Nog een : nie alle vroumense kan altyd die waarheid mooi raaksien nie.
=|:^)
...en baie keer is hulle veragemenings, soos jy nou hier bewys,
heeltemaal van die spoor af.....
|
|> Hoekom moet hulle? As ek vir jou wil vertel van die mooi blomme in my
|> tuin, kan ek mos nie vir jou 'n hele tesis neerskryf oor die blomme en
|> hulle klassifikasie, ekologie, morfologie, biochemie, ens. nie!
|
| Maar jy moet ten minste nie vir my vertel
| dat alleen die blomme in jou tuin mooi is
| en die blomme in ander dele van die wereld
| minderwaardig is nie. Hou jou by jou blomme.
| Moenie veralgemeen nie.
|
Weereens gaan die lig vir jou op, ou tante. Ek is so bly! Nou nog
net die een ou klein feitjie: (ons gebruik steed die blomme voorbeeld)
Ek sê vir jou die blomme in my tuin is mooi. Dis dan JY wat die
aanname maak dat ek daarmee die res van die wereld se tuine kritiseer!
Gaan kyk maar weer na al ons plasings dan sal jy sien hoeveel keer dit
gebeur.
|
| Kry dit nou
| maar in jou kop,

...ek hoef nie, onthou ek bly in die VSA buit California - so my
ervaring van die VSA is nie die California ervaring nie.....

| die sestig miljoen mense in
| California is heelwaarskynlik verder van die
| geestessfeer van Minnesota verwyder as die
| landstreek noord van jou in Kanada.

Ek het vermoed jy bou jou idee van "Amerika" of Amerika alles van die
TV af. Maar nou het jy ook besef dit is nie so nie...?

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19364 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Alwyn Nel  is tans af-lyn  Alwyn Nel
Boodskappe: 174
Geregistreer: Maart 2006
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:

> Maar jy is nie alleen in jou drang om
> te veralgemeen en te regverdig nie. Ek
> vind dieselfde byvoorbeeld by die
> baie Afrikaners wat na Perth uitwyk, en
> dan begin liries raak oor die Paradys
> wat Australi"e is. Hulle vertel jou
> natuurlik nie van die feit dat hulle daar
> op die weste van die vasteland tussen
> oseaan en woestyn geisoleer is van die
> res van Australi"e nie.

So what? Ek kan gladnie in herinnering roep dat ek al ooit 'n slapelose nag
daaroor gehad het nie. Dit hou in elk geval die rubbish uit. Hier is genoeg
om mee te deel.

Alwyn
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19365 is 'n antwoord op boodskap #19360] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Nov 1998 09:21:15 +0200, lou wrote:

nie, dit is later eers verleng. Die ou geheue ne? So jy wou eintlik nie[/color]
> gaan stem het nie ne? He He!>>

Jou geheue gaan, ja.
Daar was twee dae van die begin af.
Van n jaar voor die verkiesing, was daar beplan vir twee dae.
Die DERDE dag is late bygevoeg.

Lou, net vir die rekord - dink jy die ou SA het goeie dienslewering
gebied?
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19366 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
ferd...@icon.co.za (Ferdi Greyling) wrote:

> Wat Lou vertel, is egter deur ander herhaal ook. Miskien is dit net op
> sekere plekke.
> Miskien moet mens in ag neem dat Suid-Afrika as n land besig is om oor
> te skakel na nuwe ID dokumente en die verkiesing gebruik as n
> katalisator daarvoor.
>

Hmmm.... ek dink dit is nogal moontlik dat wat jy se korrek is. Aan die ander
kant kan dit wees dat hulle net besig was met 'n PRO oefening by wat op stuk
van sake 'n organisasie is met redelike sigbaarheidswaarde. Ek meen as die
ding wat hulle by julle gedoen was 'n bolsup was, kon jy seker wees dit sou
die volgende dag in die koerant wees.

Iets van my ervaring - Voordat ons na Nederland is, moes ek eers aansoek doen
vir gedetailleerde afskrifte van ons almal se geboortesertifikate en ons
huweliksertifikaat (waarom jy nie so een kry wanneer jy gebore word nie, sal
geen siel weet nie - miskien is dit nog 'n "legacy of Apartheid"). Op die
tydstip is aan ons gese dat dit 6 tot 8 weke sou duur. Ek het my aansoek
ingedien 10 weke voor ons vertrek het by die Paarl kantoor van Binnelandse
sake. Die week voordat ons vertrek het ek nog nie my dinge nie en begin ek
bekommerd raak. Ek spandeer to so twee uur op die foon van die Kaap na
Pretoria waar die goed verwerk word, net om te hoor dat dit nou 10 tot 12
weke duur. Nou sonder die dinge met apostiele van die Hooggeregshof, kan jy
nie 'n verblyfspermit in Nederland kry nie. Toe raak ek nogal gestres, en
gaan toe met 'n verlee uitdrukking na ons plaaslike kantoor. Die dametjie by
die toonbank het my toe uitgeluister en nadat ek 10 minute by die
kantoorbestuurder spandeer het, is ek toe daar weg en het twee dae later al
my dokumente behalwe ons huweliksertifikaat gehad. Die mense was besonder
behulpsaam nadat ek my probleem verduidelik het en niemand was onredelik nie.
Aan die ander kan, het die dokumente wat ek aanvanklik voor aansoek gedoen
het eers 'n maand later in die Paarl opgedaag (14 weke na aansoek), behalwe
vir my eie geboortesertifikaat wat om een of ander rede nou nog nie uitereik
is nie (8 maande later). Ek is maar dankbaar vir die simpatieke
kantoorbestuurder van die Paarl. My geval is ook nie 'n geisoleerde geval
nie. Een van my kolegas het begin Junie hier aangeland. Hy kort nog sy
huweliksakte en sy oudste dogter se geboortesertifikaat. Die
Vreemdelingedienst (soort van Emigrasie) het hom nou laat weet dat as hy nie
die twee dokumente het voor 12 Desember nie, word sy vrou en die dogter
gedeporteer. Hy het navraag gedoen by die SA Ambassade in den Haag, maar
hulle se dat volgens die rekenaar is dit nog in verwerking. Hulle het dit ook
duidelik gestel dat hulle niks daaraan kan doen nie, want die oponthoud is in
Pretoria.

So vrskillende dinge met verskillende mense. Ek glo eenvoudig dat in die
nuwe SA, jy niks kan op sigwaarde neem nie en nie tantrums moet gooi nie -
dan is die kans beter dat jy gehelp sal word. Verder moet jy ook verstaan dat
jy vir alle praktiese doeleindes net 'n nommer (of is dit nou vingerafdruk?)
is, en moet jy maar enige kontakte wat jy het of kan maak probeer gebruik om
die sisteem vir jou te laat werk. Basiese goeie maniere help om een of ander
rede ook nog steeds as jy deel met regeringsamptenare. Nogtans moet jy seker
maar verwag dat dinge gaan skeefloop. Hartseer genoeg is die impak in die
geval van my vriend skokkend. Nou prbeer hulle maar om aan hierdie kant dinge
te probeer uitwerk - miskien is die net-'n- nommer sindroom nie so diep
gewortel in die Nederlandse psige nie.

-Gideon-

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19367 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Mon, 23 Nov 1998 14:45:06 +0200, lou wrote:
>
> <<>Net nog 'n piesang in pisang land.>>
>
> Lou het sy eie gemoed so pas bekak!

Ja Ferdi - maar jy het die hele ding begin.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19368 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Nov 1998 09:24:57 +0200, lou wrote:

identifiseer. Maar die vingerafdrukke mag nie deur die polisie gebruik[/color]
> word om mense te soek nie. Vryheid ens ens so die polisie het hlle eie
> stel. Maar binnelandse sake het die nodige kundigheid die rekenaar krag
> om die tipe van soeke te doen nie - so die kanse dat jy geidentifiseer
> kan word ... . >>

Sover ek weet word daar gekyk na n vingerafdruk-stelsel. Die polisie
het reeds een wat met forensiese getuienis werk en goed kan cross
reff.

Binne n paar jaar sal vingerafdrukstelsels waarskynlik goedkoper en
baie kragtiger wees.
En as jy dan reeds n databasis het....
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19369 is 'n antwoord op boodskap #19323] Wo, 25 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
e...@dot.com (Johan) writes:

> =|:^)

Ek hou van jou Uncle Sam, Johan.

Ek hoor gister julle in Minnesota is die
tweede beste staat in die VSA vir die
produksie van kalkoene. Die kalkoen wat
die White House hierdie jaar gepardon het,
kom van Minnesota. Geluk.

> | die sestig miljoen mense in
> | California is heelwaarskynlik verder van die
> | geestessfeer van Minnesota verwyder as die
> | landstreek noord van jou in Kanada.
>
> Ek het vermoed jy bou jou idee van "Amerika" of Amerika alles van die
> TV af. Maar nou het jy ook besef dit is nie so nie...?

Nee, Johan, dis jy wat jou idee van "Amerika"
opbou van die TV af. Jy het, soos jy self erken,
nog nie teveel daarvan gesien nie. Het jy by-
voorbeeld al die Badlands gesien, wat nie te
ver van julle af is nie? Ek neem aan jy het
darem 'n maand gelede Mount Rushmore gaan kyk
toe julle na die Black Hills gegaan het? Wat
dink jy daarvan? En ek herhaal weer, die mense
in Manitoba reg noord van julle het baie meer
met die mense in Minnesota in gemeen as die
mense in Los Angeles of Boston.

Die tannie wat van Minnesota se sloughs hou.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19378 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Gervaas Hellin wrote in message ...
>> Vorms invul en
>> vingerafdrukke ingesluit.
>
> Hoekom word daar vingerafdrukke geneem ?

Vingerafdrukke word geneem sodat 'n totalitêre staat sy burgers beter onder
sy duim kan hou.

Die praktyk is ingestel deur die vorige regering, en dit is duidelik dat die
huidige een nie die potensiële voordele daarvan wil ontbeer nie. (In
beginsel gee die nuwe grondwet beter beskerming teen die misbruik van sulke
inligting, maar in die praktyk sal 'n mens waarskynlik nie eens weet
waarvoor hulle dit gebruik nie.)

Ek het ernstige beswaar teen sulke praktyke, en dit is een van die redes
waarom ek nog steeds die eerste identiteitsdokument gebruik waarmee ek
dekades gelede uitgereik is.

Die nuwe regering, egter, oefen egter veel groter dwang uit om my te
onderwerp aan hul eise - hulle ontkieser my as ek dit nie doen nie.

Groete, Leendert
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19380 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Wed, 25 Nov 1998 09:24:57 +0200, lou wrote:
>
> te
>> identifiseer. Maar die vingerafdrukke mag nie deur die polisie gebruik
>> word om mense te soek nie. Vryheid ens ens so die polisie het hlle eie
>> stel. Maar binnelandse sake het die nodige kundigheid die rekenaar krag
>> om die tipe van soeke te doen nie - so die kanse dat jy geidentifiseer
>> kan word ... . >>
>
> Sover ek weet word daar gekyk na n vingerafdruk-stelsel. Die polisie
> het reeds een wat met forensiese getuienis werk en goed kan cross
> reff.
>

Illegal! In terme van die konstitusie mag hulle nie! Daar is twee
vinger afdruk stelsel in beplanning. Een vir die bevolkings register,
een vir die polisie. Natuurlik is daar ook nog die bestaande vingeafdruk
stelsel vir jou bestuurderslisensie. So eintlik is daar drie. Die
polisie en DOT mag miskien saamwerk maar die een van binnelandse sake is
nie beskikbaar vir kriminele vervolging nie.

> Binne n paar jaar sal vingerafdrukstelsels waarskynlik goedkoper en
> baie kragtiger wees.
> En as jy dan reeds n databasis het....

Moontlik. Maar supercomputers sal nog steeds nodig wees.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19381 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hellin Gervaas  is tans af-lyn  Hellin Gervaas
Boodskappe: 191
Geregistreer: Januarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Lou skryf :
> Die vinger afdrukke moet glo gebruik word om jou te
> identifiseer.

Leendert skryf :
> hulle ontkieser my as ek dit nie doen nie.

Dankie vir die antwoorde.

Ek verstaan dat 'n mens beswaar daarteen het .

Hier in België hoef ons nie te registreer nie, want ons is verplig om te
gaan stem. As ons nie stem nie, kan ons beboet word. Dit gebeur altyd op 'n
Sondag. Ons moet trouens ook gaan stem in 1999 (Junie, glo ek). As dit
"verpligtend" is, dan raak 'n mens ook opstandig. Snaaks, nê, hoe alles wat
die persoonlike vryheid beperk soos 'n soort aggressie ervaar word. Wel, ek
sien dit in iedergeval sê.

Groete. Hilda.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19382 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi Greyling wrote:
>
> On Wed, 25 Nov 1998 09:21:15 +0200, lou wrote:
>
> stemdae
>> nie, dit is later eers verleng. Die ou geheue ne? So jy wou eintlik nie
>> gaan stem het nie ne? He He!>>
>
> Jou geheue gaan, ja.
> Daar was twee dae van die begin af.
> Van n jaar voor die verkiesing, was daar beplan vir twee dae.
> Die DERDE dag is late bygevoeg.

So ek sê mos - daar was nie drie dae van die begin af nie! Jou geheue
...

> Lou, net vir die rekord - dink jy die ou SA het goeie dienslewering
> gebied?

Dis 'n loaded vraag. Maar nee die ou SA het nie juis goeie dienslewering
gebied nie. Maar die nuwe SA sin is nog slegter - ek het byvoorbeeld
nooit in sulke lang queues gestaan soos nou nie. Dinge is nog meer
ongeorganiseerd as voorheen. Ek weet byvoorbeeld nog nie waar ek moet
registeer nie. En more is die begin van registrasie. Ek sien GEEN
verbetering nie. So wat is jou punt?

Net so terloops - Willie van die ANC se vanmore daar sal later weer kans
wees om te registreer. Kriegler het vroeer die week gese daar sal nie.
Wie moet ek glo?
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19383 is 'n antwoord op boodskap #19323] Do, 26 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 24 Nov 1998 22:19:24 GMT, wrote:

| sien. Ek het die Vrystaat probeer verdedig
| teen al julle vooroordele teen 'n deel van
| SA wat eintlik die mees Suid-Afrikaanse deel
| van SA behoort beskou te word.

Teen 'n voor oordeel is dit maklik om selfs 'n plek soos die Vrystaat
te verdedig, maar nie teen vorige ervarings nie......

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19405 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 27 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Nov 1998 10:24:46 +0200, lou <lo...@hotmail.ding.com> wrote:
<<>So ek s^e mos - daar was nie drie dae van die begin af nie! Jou
geheue>>


En ek het mos gese ek het die tweede dag gaan stem. Met ander woorde
NIE DIE EERSTE DAG NIE.

<<>Dis 'n loaded vraag. Maar nee die ou SA het nie juis goeie dienslewering
> gebied nie. Maar die nuwe SA sin is nog slegter - ek het byvoorbeeld
> nooit in sulke lang queues gestaan soos nou nie. Dinge is nog meer
> ongeorganiseerd as voorheen. Ek weet byvoorbeeld nog nie waar ek moet
> registeer nie. En more is die begin van registrasie. Ek sien GEEN
> verbetering nie. So wat is jou punt?>>

Jy weet.

<<>Net so terloops - Willie van die ANC se vanmore daar sal later weer kans
> wees om te registreer. Kriegler het vroeer die week gese daar sal nie.
> Wie moet ek glo?>>

Besluit self. Ek sal raai jy sal die een glo wat die nuwe SA die
slegste sal laat lyk.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19406 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 27 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 25 Nov 1998 22:30:40 GMT, gide...@usa.net wrote:
<<miskien is die net-'n- nommer sindroom nie so diep
> gewortel in die Nederlandse psige nie. >>

Hoekom sal hulle mense dan deporteer as hulle nie 'n gevraagde "nommer"
met 'n amptelike stempel kan verskaf nie?!

Die ergste tou en vrotste diens wat ek in SA gekry het was in die
Amerikaanse Inligtingsdiens se kantoor waar ek 'n visum moes kry vir 'n
besoek aan die VSA.

Daar is dit bloedrooi "tape" om alles en fascistiese amptenare agter
elke toonbank.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19408 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 27 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 26 Nov 1998 09:05:25 +0200, lou wrote:

>

Hoekom nie?
As die reg op besekrming teen kriminele swaarder weeg, geld hy.

>

Lou. So vier jaar gelede is daar in tydskrifte soos Scientific
American en so aan geskryf dat spraak-herkenning nie binne sig is vir
die huidige geslag mense nie omdat AI te moeilik is en omdat PC's
nooit in die afsienbare toekoms die crunching power sal he om
inkomende klanke vinnig genoeg met n databasis te vergelyk nie.
Vandag kos Dragon of IBM the DEURLOPENDE SPRAAK herkenningspakkette
vir PC's iets in die omgewing van R400.

Vandag se super computer in twee jaar van nou af se PC.
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19409 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 27 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Nov 1998 00:31:00 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
>> Net so terloops - Willie van die ANC se vanmore daar sal later weer kans
>> wees om te registreer. Kriegler het vroeer die week gese daar sal nie.
>> Wie moet ek glo?
>
> Ek weet nie. Wat ek wel al geleer het, is dat jy die ANC nie moet glo nie.
> Selfs nie vir Mandela nie - soos hy onder eed voor 'n hof gedemonstreer het.>>

Bietjie stupid om die hof aan te haal voor die finale uitspraak,
Leendert?
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19410 is 'n antwoord op boodskap #19323] Vr, 27 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Net so terloops - Willie van die ANC se vanmore daar sal later weer kans
> wees om te registreer. Kriegler het vroeer die week gese daar sal nie.
> Wie moet ek glo?

Ek weet nie. Wat ek wel al geleer het, is dat jy die ANC nie moet glo nie.
Selfs nie vir Mandela nie - soos hy onder eed voor 'n hof gedemonstreer het.

Groete, Leendert

Groete, Leendert
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19440 is 'n antwoord op boodskap #19323] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Fri, 27 Nov 1998 16:47:54 GMT, ferd...@icon.co.za (Ferdi
Greyling) wrote:
|
|Die ergste tou en vrotste diens wat ek in SA gekry het was in die
|Amerikaanse Inligtingsdiens se kantoor waar ek n visum moes kry vir n
|besoek aan die VSA.
|
|Daar is dit bloedrooi "tape" om alles en fascistiese amptenare agter
|elke toonbank.
|
|
President Nelson Mandela found no official present when he visited a
registration point in Alexandra township this morning.

Prior to that Mandela had arrived at Johannesburg's Houghton Primary
School register for next year's general election, only to be turned
away as he was told he was in the wrong area.

Mandela arrived to much fanfare and was received by Independent
Electoral Commission chairman Judge Johann Kriegler, who then
whispered to him that he had come to the wrong booth.

The two incidents serve to portray just what a shambles the whole
process has been since it kicked off this morning.

In the northern parts of Pretoria, it was reported that there were no
officials to assist those who were willing to register.
And, in Soweto too, many people were apparently unsure of where they
should go.

Some of the political leaders who were due to register include Freedom
Front leader Constand Viljoen who was seen queuing up in Monument in
Pretoria and National Party leader Marthinus van Schalkwyk, who
reported for registration in Randburg in Johannesburg.

Registration will take place in Gauteng, Mpumalanga, Northern Cape,
North West and Northern Province this weekend.

The process has been postponed by a week in Western Cape, Eastern
Cape, Free State and KwaZulu-Natal.

Ferdi, jy's daar midde in dinge - vertel ons bietjie meer!

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19441 is 'n antwoord op boodskap #19323] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Sluiper  is tans af-lyn  Sluiper
Boodskappe: 12
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
@igs.net wrote in message ...
> e...@dot.com (Johan) writes:
>
>
> Maar jy is nie alleen in jou drang om
> te veralgemeen en te regverdig nie. Ek
> vind dieselfde byvoorbeeld by die
> baie Afrikaners wat na Perth uitwyk, en
> dan begin liries raak oor die Paradys
> wat Australi"e is. Hulle vertel jou
> natuurlik nie van die feit dat hulle daar
> op die weste van die vasteland tussen
> oseaan en woestyn geisoleer is van die
> res van Australi"e nie.
>
Was jy al ooit in Perth??

Sluiper
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19442 is 'n antwoord op boodskap #19323] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Nee, was nog nooit in Perth nie,
> maar weet dat groot dele van die
> action in Australi"e nie in Perth
> is nie. Dus om liries te raak oor
> Perth asof dit "Australi"e" is.
> of liries oor Minnesota asof dit
> nou verteenwoordigend van "Amerika"
> is, is net so onwerklik as om
> liries te raak oor George of
> Swellendam, en dit as verteenwoor-
> digend van "Suid-Afrika" te maak.

Hey ou spekkie

Jy is gepla met hierdie "verteenwoordigend" idee.

As ouens in Perth of waarookal nou wil skryf dat dit vir hulle lekker is om
daar te bly, en 'n bietjie ondedisiplineerd wil skryf, en soms veralgemeende
stellings wil maak om 'n idee oor te dra sonder om 'n PhD te probeer tik met
twee vingers, laat hulle. As mense wat nou onlangs eers hulle eerste
internasionale skuif agter die ruk het en nog so bietjie eufories wil wees
oor hulle nuwe omgewing, laat hulle. Daardie gedagtes reflekteer werklike
gevoelens en is daarom ook waardevol.

So van die os op die jas, "groot dele van die action" in Kanada is ook nie
in Ontario nie. Soos jy 'n ruk terug uitgewys het - 1/3 van Kanadese bly in
ontario. Of anders benader - 2/3 woon nie in ontario nie. Dit maak nie
ontario noodwendig verteenwoordigend (of onverteenwoordigend) van Kanada
nie. Dit maak ontario, wel, ontario. Net nog 'n plek, part mense hou
daarvan, ander nie. Party mense het 'n rede om daar te wees, ander nie.
(Waarskynlik die rede hoekom party mense daar woon, ander nie.)

Die skrywery wat jy kritiseer is nie wesentlik verskillend van jou skrywery
toe jy die stelling gemaak het dat die Vrystaat die "werklike" Suid-Afrika
is nie.

Tot later

Bees
Ruimteskip Aarde
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19443 is 'n antwoord op boodskap #19323] So, 29 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Sluiper" writes:

> Was jy al ooit in Perth??


Nee, was nog nooit in Perth nie,
maar weet dat groot dele van die
action in Australi"e nie in Perth
is nie. Dus om liries te raak oor
Perth asof dit "Australi"e" is.
of liries oor Minnesota asof dit
nou verteenwoordigend van "Amerika"
is, is net so onwerklik as om
liries te raak oor George of
Swellendam, en dit as verteenwoor-
digend van "Suid-Afrika" te maak.

Gloudina
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19453 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

> As ouens in Perth of waarookal nou wil skryf dat dit vir hulle lekker is om
> daar te bly, en 'n bietjie ondedisiplineerd wil skryf, en soms veralgemeende
> stellings wil maak om 'n idee oor te dra sonder om 'n PhD te probeer tik met
> twee vingers, laat hulle. As mense wat nou onlangs eers hulle eerste
> internasionale skuif agter die ruk het en nog so bietjie eufories wil wees
> oor hulle nuwe omgewing, laat hulle. Daardie gedagtes reflekteer werklike
> gevoelens en is daarom ook waardevol.

Ja, maar as hulle sit en koning kraai
in Perth of Minneapolis oor hoe wonderlik
hulle nuutaangenome respektiewe lande is
en hoe dom hulle broeders is wat agtergebly
het in Suid-Afrika, neem ek my geweertjie
en ek skiet hulle af.

> So van die os op die jas, "groot dele van die action" in Kanada is ook nie
> in Ontario nie. Soos jy 'n ruk terug uitgewys het - 1/3 van Kanadese bly in
> ontario. Of anders benader - 2/3 woon nie in ontario nie. Dit maak nie
> ontario noodwendig verteenwoordigend (of onverteenwoordigend) van Kanada
> nie. Dit maak ontario, wel, ontario. Net nog 'n plek, part mense hou
> daarvan, ander nie. Party mense het 'n rede om daar te wees, ander nie.

En jou punt is?

Doudie
Re: Die gemoedsbekaktes (Waarskuwing: Mag krag woorde bevat!) [boodskap #19454 is 'n antwoord op boodskap #19323] Ma, 30 November 1998 00:00 Na vorige boodskapNa vorige boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 30 Nov 1998 16:21:57 GMT, said the following:
| Ek dink mense het minder veralgemenings nodig,

| Vir iemand wat weet
| waarvan hy praat, kan baie min veralgemenings
| oor "Kanada" waar wees.

| Dis daarom dat ek
| altyd versigtig aandui dat ek op die oomblik
| in Oos-Ontario bly,

| hierdie jaar met geen sneeu en warm
| temperature het dit nie saak gemaak nie,

| gewoonlik is hulle net so koud en toe onder die
| sneeu as ons,

Gloudina, hierbo in jou antwoord gebruik jy sommer vyf veralgemenings
wat ek netso vinnig kan raaksien.

As mense minder veralgemenings nodig het, help my uit op die volgende:
Hoe bespreeek jy enige iets asof dit 'n uitsondering is, sonder dat
daar 'n veralgemening voor bestaan?

Darem speel die weer hier by ons saam met jou idee van min
veralgemening! Ons het in die naweek 'n dag gehad wat 1909 se rekord
warm weer (61°F) vir die spesifieke datum gebreek het en nou die
rekord op 65°F laat staan. Gister het ons braaivleis gehou op die
deck met kortbroek en T-hemp.

Dis als baie lekker, maar baie mense hier het al kersliggies opgesit
en dit lyk net nie so mooi as daar nie ook sneeu lê nie. Vind daar by
julle ook so baie huisversiering plaas met die liggies, in Desember?

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Vorige onderwerp: Re: Daardie tyd van die jaar....
Volgende onderwerp: Matriek-eksamen
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 05:09:33 MGT 2024