Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » 'n Nuwe aankomeling
'n Nuwe aankomeling [boodskap #19301] |
Sun, 22 November 1998 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dag almal
Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!! Om 3H15 is ons
seun, Dante gebore in die Ziekenhuis in Lelystad. Hy weeg 3.615 Kg en ma en
seun is perdfris en gesond. Susan het die eerste pyne om 12H15 ondervind -
dus drie uur van begin tot einde. Die mees verassende aspek vir ons is dat
die datum wat by die eerste toetse wat gestel is die 22e November was en die
dokter het reg deur voet by stuk gehou dat dit so sal wees. Binne 15 minute
na die 22e begin het, begin die geboorte toe!
Groete uit die Laaglande
'n Blymoedige vader
-Gideon-
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19306 is 'n antwoord op boodskap #19301] |
Sun, 22 November 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Sun, 22 Nov 1998 04:24:26 GMT, gide...@usa.net wrote:
|Ek het vanoggend 'n seun ryker geword hier in Nederland!!!
Baie geluk met jou nuwe Halondertjie!! Mag hy vir jou baie vreugde
bring.
Ek is, om Anthony Quinn se woorde te gebruik, 'insanely' lief vir my
seuns en hulle word vir my net by die dag dierbaarder. En dit gaan so
vinnig. My oudste kan oor tien jaar al uit die huis begin gaan, en
vir my is hy nou nog maar 'n baie klein ou seuntjie.
Mag jy en Mammie groot liefde en vreugde ondervind, Gideon.
PS, Paul Maclear s'n is mos ook oor so 'n maand of wat op pad, né.
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19357 is 'n antwoord op boodskap #19301] |
Wed, 25 November 1998 00:00   |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: January 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
"Gervaas Hellin" wrote:
> Baie geluk, Gideon ! Ook vir jou vrou ! Jammer dat ek nou eers reageer, maar
> ek was 'n rukkie afwesig van die nuusgroep.
>
> Ek het hierdie laaste dae aan julle gedink : hoe voel die koue vir julle ?
> Dis nou uitsonderlik dat November sê koud is.
>
> Vriendelike groete uit Oostende (Julle suiderbure !).
>
> Hilda.
>
Dankie Hilda!!
Die weer pla nie regtig nie :) Dit is so mooi as die frost oral langs die
paaie le, en die kanale om ons woonbuurt is nou almal opgevries. Die ys is
nog so 'n bietjie aan die dunnerige kant, so ek dink nie ek sal dit nou al
daarop waag nie, maar eers wag vir die ys om so 'n bietjie dikker te word.
Die mense hier in die buurt se dat teen end Desember is die ys gemiddeld so
20 cm - dit klink omtrent reg vir my. Die afgelope paar dae het die ryp soos
sneeu gelyk hier in ons tuin en oral in die omgewing. Geen wolke en die
temperature het oornag hier by -8 geboer. Bedags het dit nie ver bo vriespunt
gestyg nie. Gedurende die nag het dit egter liggies gereen, en daar was 'n
yslaag oor alles. Ek het maar die grootste deel van die dag van die pad
afgebly, maar het hier teen twaalfuur 'n paar goed gaan aankoop met die
Voyager (die babakamer moet klaar, en ek sukkel tog so met die muurpapier).
Toe ek verby Lelysentrum hier naby ry lees die temperatuur net mooitjies 0
grade Celsius.
Ons wag in elk geval totdat my vrou en die baba ryklaar kom dan wil ons so 'n
bietjie na Belgie om te gaan loer na die Ardennes (tog net weer 'n berg
asseblief!!!). Ek wil ook so 'n bietjie gaan kyk hoe plekke soos Gent en
Antwerpe lyk. As troos dat ons nog nie as 'n gesin kan gaan rondrits nie, het
ek en my seun egter die naweek van die 5e 'n reis oor na Engeland. Ons vertrek
die aand van die 4e met Stena lines se HSS vanaf Hoek van Holland na Engeland.
Die Saterdagoggend wil ons London gaan bewandel, en die middag die
rugbywedstryd tussen SA en Engeland by Twickenham gaan kyk. Die Sondag het ons
die heel dag om meer van Engeland te bereis en kom dan die aand terug met die
veerboot.
In elk geval - ek hoop die weer is dan darem nie heeltemal so koud nie, Ek is
maar versigtig met die ys op die paaie.
Groete
-Gideon-
>
|
|
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19529 is 'n antwoord op boodskap #19301] |
Fri, 04 December 1998 00:00  |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Leendert van Oostrum heeft geschreven...
>
> O ja! My skip het by etlike geleenthede daar vasgemeer, en in Le Havre (ook
> in Rotterdam, maar daar doen ek nie eens die moeite om aan wal te gaan nie
> :-)
>
Zonde, vlak bij het centrum van Rotterdam ligt Delfshaven. Best wel leuk om
daar wat rond te struinen. Of stap bij Blaak op de trein richting Den Haag
en stap na zo'n 15 minuten uit in Delft zelf. Binnen twee minuten wandel je
dan door de oude binnenstad. Heel wat mooier (en echter) dan dat
opgekalefaterde Brugge ;-)
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19530 is 'n antwoord op boodskap #19301] |
Fri, 04 December 1998 00:00  |
Arthur Hagen
Boodskappe: 559 Geregistreer: July 2001
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Hilda heeft geschreven...
> Arthur skryf :
>> Heel wat mooier (en echter) dan dat
>> opgekalefaterde Brugge ;-)
>
> Jaloers, Arthur ??? :-)))
Waarop dan!?!? Ik kan zogauw niks verzinnen!
;-)
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
Re: 'n Nuwe aankomeling [boodskap #19532 is 'n antwoord op boodskap #19301] |
Fri, 04 December 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880 Geregistreer: July 2000
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gervaas Hellin wrote in message ...
> Leendert skryf :
>> En dis net 'n paar minute van Oostende af :-)
>
> Was jy al in Brugge en Oostende, Leendert ?
> Groete.
> Hilda.
O ja! My skip het by etlike geleenthede daar vasgemeer, en in Le Havre (ook
in Rotterdam, maar daar doen ek nie eens die moeite om aan wal te gaan nie
:-)
Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 14 08:14:23 UTC 2025
|