Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Varkgedrag (was: Normale gedrag)
Varkgedrag (was: Normale gedrag) [boodskap #19185] Vr, 13 November 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
> Die duiwel se naam was Mandela. Sy werkmetode was moord,
>> verminking en doodslag. Plofstof, pangas en opruiende retoriek was sy
>> instrumente.
>
> Die arme man was in die tronk op
> Robbeneiland na 1964, onthou.

Die "arme man" was in die tronk weens die dade wat hierbo genoem word. Dit
is waarom Amnesty International hom nooit in die kategorie van "prisoner of
conscience" geplaas het nie ten spyte van geweldige druk wat van tyd tot tyd
op hulle geplaas is om dit te doen - hulle moet nou nog steeds by
geleentheid please explain waarom hulle dit geweier het..
>
>
> Ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat gedoen is, is ek
>> oortuig daarvan dat, as dit nie vir Verwoerd en kie was nie,
> ons nou in 'n
>> veel erger toestand sou wees
>
> Kan jy asseblief bostaande
> stelling verduidelik Sien onder.
>
>
>> Ek herhaal wat ek al tevore hier gesê het: die NSA is vir my
> 'n veel beter
>> plek as die ou Suid-Afrika, ondanks die vele
> onaanvaarbare dinge wat nou
>> gebeur. Dit beteken egter nie dat ek reken
> dat daar in die ou Suid-Afrika
>> wesenlike alternatiewe was vir die beleidsrigtings
> wat gevolg is nie. Ek is
>> oortuig dat enige van die alternatiewe sou
> gelei het tot veel erger as wat
>> wel gebeur het, en dat ons nou in veel
> erger omstandighede sou wees.
>
> Verduidelik asseblief.

Sien onder.

>>
>> Ek kan sê dat ek daarvan oortuig is omdat ek,
> soos baie ander mense, deur
>> die jare konsekwent gesoek het na
> alternatiewe wat groter geregtigheid vir
>> almal sou bring. Ek glo dat die transformasie
> na die nuwe Suid-Afrika nie
>> moontlik was op enige tydstip vroeër as
> wat dit wel gebeur het nie.
>>
>> Om die waarheid te sê, ek is oortuig dat
> dit die ou Suid-Afrika is, met sy
>> gruwels en
>> al, wat die nuwe een enigsins moontlik
> gemaak het.
>
>
> Natuurlik. Die gruwels van apartheid
> het naderhand so tot die hemel geskree
> dat dit 'n cause celebre geword het,
> en ons hier in die buiteland ons koppe
> in skaamte moes laat hang.

Nee. Die cuase celebre was in belangrike mate 'n skepping van
mense soos jy. Noem, byvoorbeeld, die name van predikante wat "apartheid"
van die preekstoel af aan die algemene lidmaat verkondig het. Of is dit nog
een van die honderde urban legends oor apartheid wat die wêreld vir die
waarheid opslurp?

Die mees gruwelike dinge wat wel gebeur het, het gebeur in die laaste
vyftien jaar - toe daar 'n volskaalse oorlog aan die gang was. Dit is 'n
algemeen
bekende feit dat oorlog omstandighede skep vir gruwels - dit kan jy bevestig
van Katinwoud tot My Lai tot Kossovo.

Skeltaal soos joune en leuenagtige "ikone" soos die een hierbo wat jy so
ywerig verkondig blaas die oorlogpsigose aan.

> Dis danksy
> die apartheidsvarke dat vryheidsvegters
> die oorhand kon kry en nou regeer. Die
> alternatief moes gewees het - die skandaal
> van apartheid moes nooit bestaan het nie,
> en die land moes deur 'n stadige ordelike
> ewolusie na groter demokrasie beweeg het.

Jou laaste sin hierbo is die antwoord op jou vrae boontoe. Jy sê dat "die
land moes deur 'n stadige ordelike ewolusie na groter demokrasie beweeg
het".

Hernman Gilliomee (wie se reputasie vir teenstand teen apartheid onkreukbaar
is) het al herhaaldelik verduidelik dat die "fond wishes" wat jy hierbo
uitspreek 'n baie onwaarskynlike alternatief was vir dit wat wel gebeur het.
Hy gee sy eie redes daarvoor, gebasseer op die beleidsrigtings wat die ANC
in daardie tyd voorgestaan het, sowel as die geweldige druk wat
soviet-ekspansionisme in hierdie wêrelddeel veroorsaak het - jy sien, albei
van hulle het _revolusie_ as basiese uitgangspunt gehad, en nie ewolusie
nie.

Maar kom ons laat Gilliomee se analises 'n oomblik links en kyk meer
oppervlakkig na die moontlikhede vir 'n ewolusionêre ontwikkeling en
sosio-ekonomiese sukses in die Afrika van die afgelope vyftig jaar, as
speelplek van die groot moondhede:

1) Ethiopië, met die uitsondering van 'n paar jaar okkupasie deur Italië
onder Mossulini, is die engiste Afrikaland wat nooit gekolonialiseer is nie.
Dit het 'n geskrewe geskiedenis en 'n gevorderde beskawing van duisende jare
wat in hierdie tyd die slagoffer was van revolusie. Ethiopië het, in die
laaste stuiptrekkings van die koue oorlog die simbool geword van oorlog,
ethnic cleansing, en hongersnood. Die Joodse gemeenskap van Ethiopië was
duisende jare oud, en etnies volkome ge-assimileer met die
Afrika-gemeenskappe tot so 'n mate dat hulle selfs geneties nie
onderskeibaar is nie. Daardie gemeenskap het die slagoffer geword van
revolusie. Dit wat daarvan oor is is nou in Israel. Die kultuurskatte van
die Ethiopiërs is in die afgelope twintig jaar versprei oor die wêreld. Ek
was in die laat sewentigs op 'n skip wat in _Wes_ -Afrika 'n handelaar met
sy vrag eeue-oue ge-illumineerde Ethiopiese Koptiese Bybels aanboord geneem
het.

2) Liberië was sedert die begin van hierdie eeu onafhanklik, onder beheer
van teruggekeerde "afro-americans", skatryk aan olie en met 'n
gesofistikeerde ekonomie. Die perfekte scenario vir ewolusionêre
ontwikkeling. Gaan kyk maar na die toestand waarin die koue oorlog Liberië
gelaat het.

3) 'n Vroeë implementering van Ubuntu was Nyerere se Ujamaa. Dit was Ubuntu
in die dampkring van Mao se idees oor revolusie. Gaan kyk gerus wat die
effek was op die produksie van voedsel en op die hele ekonomie van Tanzanië.
Dit was die ekonomiese beleidsrigtings wat die ANC in die 50's en 60's in SA
wou implementeer.

4) Botswana word allerweë voorgehou as die _een_ Afrikaland wat stabiliteit
en relatiewe ekonomiese welvaart bereik het en hierdie tyd. Botswana is ook
die enigste Afrikaland van redelike omvang wat oor 'n homogene bevolking en
kultuur beskik. Die land is ook feitlik volledig beset deur die Britte en
die Amerikaners om hulle veilig aan die "regte kant" van die koue oorlog te
hou. Daarbenewens is die Tswana bekend vir hul relatiewe vredeliewendheid en
verdraagsaamheid (hulle spog self daarmee). Daar was geen beduidende
ontevrede minderhede wat deur die ander kant in die koue oorlog uitgebuit
kon word nie.

5) Mugabe se revolusie net Noord van ons het sy land, na sy eie opisodes van
ethnic cleansing waarin tienduisende vermoor is, gebring tot die punt waar
waarnemers verwag dat dit enige oomblik in duie kan stort. Kommentators
waarsku teen die golf vlugtelinge wat reeds besig is om SA uit Zimbabwe te
bedreig.

6) Mens kan aangaan, en aangaan. Ons hoef nie eens te praat van die
Amin's die Bokassa's en die laaste kêrel in die Congo nie (wat was sy naam
nou weer?)

Nee, Gloudina. Afrika in die afgelope fyftig jaar was geen gunstige
teelaarde vir ewolusionêre verandering nie. Revolusies van elke soort,
ywerig gestook deur die groot moondhede vir hul eie doeleindes, was aan die
orde van die dag.
Maar kom ons kyk na die optrede van die ANC-regering in SA sedert 1990.
Onthou, dis nadat hulle reeds hul groot steunbasis in die soviet-unie
verloor het:

Ek het in 1992 nog by 'n konverensie na 'n toespraak van Harold Wolpe
geluister (Harold Wolpe, onthou, Mandela se groot pel uit Rivonia - een van
die wat weggekom het) waarin hy hartstogtelik gepleit het dat die klassieke
revolusionêre beleid gevolg moet word - alle ou strukture moet tot in die
grond afgebreek word, anders kan die nuwe nooit ontstaan nie. Hy het verwys
na universiteite. Dit was dieselfde goed wat hy in die vyftigerjare gepreek
het. Kan jy jou voorstel hoe hy dit sou kon implementeer met die steun van
Chroestoff?

Dit is algemeen bekend dat die ANC eers in ongeveer 1993 afgesien het van
die Ujamaa-tipe revolusionêre sosialisme - en die enigste rede waarom hulle
dit gedoen het was enersyds omdat hulle nie meer 'n sosialistiese
soviet-unie as borge gehad het nie en andersyds omdat die Wêreldbank, die
IMF, en waarskynlik ook Jesse Jackson dit vir hulle duidelik gemaak het dat
hulle geen steun sou kon verwag as hulle so aangaan nie.

Onder die ANC het die SA arbeidsmag verander tot een van die duurste in die
wêreld - weens die arbeidsbeleid wat hulle implementeer. Die Duitse kamer
van koophandel het verlede week vir Mbeki verduidelik dat hy beleggings uit
die buiteland op sy maag kan skryf as dit nie verander nie. Net 'n maand of
wat tevore het die Amrekiaanse kamer van koophandel dieselfde gesê. Mbeki
het 'n tantrum gegooi en die media blameer. Maar die arbeidsbeleid wat hulle
nou volg is 'n vulletjie teen dit waarvoor hulle in die vyftigerjare gestaak
het. Maar in die vyftigerjare sou hulle nie omgegee het nie, want die
soviet-unie sou die mees drastiese gevolge van 'n vervalle ekonomie vir
hulle met salfies help verberg het, soos hy dekades lank vir Kuba gedoen
het. Soos Kuba, sou ons nou met die gevolge (en die massiewe bevolking van
vlugtelinge in die VSA) gekonfronteer gewees het.

Mandela, "die arme man" wat weens sy geweldsmisdade in die tronk geland het,
lieg openlik onder eed in 'n hof oor 'n _SPORT_ -aangeleentheid. Maar mense
soos jy glo die mooi praatjies van mensliewendheid wat hy in die vyftigs
gemaak het terwyl hy besig was om sabotasie en terreur te saai.

In 1998 stel die ANC 'n uitsaaibeleid voor wat die bedryf van 'n radiostasie
onmoontlik sou maak vir enige groep met 'n bepaalde standpunt. Swart
joernaliste word deur Mandela en Mbeki self as verraaiers uitgekryt wat
gatkruip by die wit base wanneer hulle die ANC regering kritiseer. Die
Sekretaris-Generaal van die ANC verseker ons dat die Sunday Times se
redaksionele beleid meer aanvaarbaar vir die ANC sal word as die nuwe wet op
"billike indiensneming" eers begin byt. Hoe dink jy sou dit in die 50's en
60's gegaan het as die ANC toe hierdie beleid kom implementeer in 'n wêreld
waar staatsbeheerd oor alle media die norm was van die groot borge van die
ANC. Op 'n kontinent waar staatsbeheer oor alle media vandag nog die norm is
as mens die verslae van organisasies vir persvryheid lees?

Die ANC sentraliseer regeringsgesag hand oor hand, en nou ook op die vlak
van plaaslike regering wat gesentraliseer moet word tot "megastede". Die
inspraak van burgers en aanspreekliklheid van amptenare word daardeur
feitlik vernietig - veral as die burger nie 'n ondersteuner van die
meerderheidsparty is nie. Kan jy jou voorstel hoe dit sou gaan onder die
tutelage van die sentralistiese soviet-unie?

Sedert 1994 het die ANC tienduisende onderwysers afgedank, en daar kom nog.
Hulle het tientalle onderwyskolleges gesluit, en daar kom nog. Hul
onderwysbeleid is deur Allister Sparks beskryf as 'n erger skending van
menseregte as wat Bantu Education ooit was. Hoekom? Ek verstaan dit
eenvoudig nie. Nadat hulle vir dekades jermiades oor die wêreld versprei het
oor die ontoereikende onderwys in die land. Die enigste rasionele verklaring
is dat hulle besig is om Harold Wolpe se beleidsvoorskrifte uit die
vyftigerjare toe te pas. Ek kan my voorstel hoe verwoed hulle dit sou gedoen
het met die ondersteuning van die onderwysestablishment van die soviet-unie
en Oos-Europa - alhoewel Pol Pot se anti-intellektualisme miskien nader aan
hul huidige praktyk is.

"Gruwels van apartheid" krys jy, krys jy, krys jy. Van mense wat in tronke
doodgeslaan is. Wat noem jy die feit dat mense nou in daardie selfde tronke
doodgeslaan word, teen 'n tempo wat lyk asof dit hoër is as ooit? Verhef jy
jou stem daarteen? Sien jy dit op CNN, hoor jy dit op VOA of BBC? Lees jy
dit in die Washington Post (of selfs die Washington Times)? Hoe dink jy sou
dit dan gegaan het met die staatsbeheerde media in 'n eenpartystaat wat
sekerlik die vrugte sou gewees het van die revolusie wat die ANC gestook het
in die sestigs?

Nee, Gloudina. Die globaliserende wêreld van die laat negentigs is
waarskynlik die mees ongunstige omgewing ooit vir die totalitêre idees van
Chroestoff se Moskou, maar die ANC probeer sy bes om so veel as moontlik
daarvan te implementeer. As hulle die mag gekry het op enige punt tussen
1950 en 1980 was ons nou in die toestand van Albanië.

> Nee wat, Leendert, jy het net Verwoerd
> en Kie om te bedank vir al die dinge wat
> jy nou haat in die nuwe bedeling. Laat
> weet dit so nou en dan vir Betsie.

Inteendeel. As jy wil weet hoe SA sou wees sonder apartheid, dink ek jy moet
kyk na Kuba - as die best case scenario. Congo as die worst case. Tanzanië
as 'n waarskynlike. Ek reken, as ons nie apartheid hier gehad het nie, sou
jy ook maar in Kanada gesit het, soos die grootste deel van Tanzanié se
wittes en Indiërs, en 'n aansienlike deel van hul swartes. Al verskil is, ek
sou heel moontlik ook daar gewees het, en 'n baie groot deel van die SA
bevolking.

Die getalle exiles (van alle rasse) wat onder apartheid ontstaan het, is 'n
vulletjie teen die getal exiles (van alle rasse - 'n Maleiergesin wat ek in
die Kaap geken het is verlede week permanent na die VSA) wat ons NOU REEDS
onder die ANC se bewind in die buiteland het. Hoor weer: Die getalle exiles
onder apartheid was tienduisende. Nou is dit honderdduisende.

> En vertel
> vir PW om op te pas vir Engeland toe gaan.
> Die beste is om nie 'n voet buite SA te sit
> nie (waar die ou skender van menseregte
> blykbaar toegelaat word om te kekkel soveel
> hy wil.)

Ek dink nie hy stel vreeslik belang nie. Die ouens wat klaarblyk bang is, is
Mbeki en sy maatjies, wat ook nie amnestie kan kry vir hul
menseregteskendings nie. Dis nou as mens moet aflei van hul reuse-weerstand
teen die WVK se bevinding dat hulle skuldig is aan growwe
menseregteskenings. Hulle is klaarblyklik bang dat hulle gearresteer word op
Gatwick.

Het jy ooit jou stem verhef teen hulle menseregteskendings, Gloudina? Doen
jy dit nou, of probeer jy dit verdoesel deur leuens te skreeu en te skreeu
en te skreeu teen mense in kerke?

Dit was die tegniek van die varke in Animal Farm. Om leuens te herhaal
totdat almal dit glo. Om iets wat iewers waarheid in het te kweek in 'n
kultuur van haat totdat hulle almal daarmee kan besmeer. As jy nou nog nie
die naam kon noem van 'n predikant wat "apartheid" vn die preekstoel af
verkondig het nie, kon dit geensins die algemene verskynsel gewees het wat
jy wou voorgee en waarmee jy elke lidmaat van die NG-kerk beswadder het nie.

Dit is dieselfde beswadderingstegniek wat oorle Sizwe hier uitgehaal het
deur te beweer dat Afrikaners geneë is om te luister na prul soos die
apokriewe "boodskap" van PW Botha wat hy hier op die nuusgroep geplaas het.
Stories soos joune en Sizwe s'n is die hoofbron van die cause celebre waarop
jy in jou hatige gemoed so versot is, Gloudina. Dit is perfekte voorbeelde
van die atmosfeer van leuenagtige propaganda teen Afrikaners wat hulle
omgeef - nie net sedert 1948 nie. Jy kry dieselfde soort stellings in die
Britse kabinet 'n eeu gelede en elders lank voor dit. Maar jy en die Sizwes
van die wêreld het dit verhef tot ongekende hoogtes.

Ek het in Europa gesien hoe die mense gril oor die boosheid van die boer -
stories soos joune en Sizwe s'n. Dan skakel hulle oor na die sepieskanaal en
gril net so lekker vir die vuige streke van JR Ewing en Alexis Carrington.

Die WVK het vele van hierdie urban legends tot "waarheid" verhef (wat anders
moet ons verwag as die eerbiedwaardige Biskop Tutu in sy inleiding tot sy
verslag 'n stelling kwytraak soos "Racism came to South Africa in 1652".
Watter uiters rassisitiese stelling! Gelukkig ontbloot dit sy vertrekpunt
net so duidelik - dit maak nie saak of 'n stelling gegrond kan word nie, so
lank dit op die boere braak.)

Verbaas dit jou dat baie Afrikaners later niks kon glo wat hulle van jou en
jou soort hoor nie? Verbaas dit jou dat so baie van hulle doof en blind
geword het? Hoe durf jy mense bombardeer met leuens en hulle dan verkwalik
as hulle nie meer luister nie?

Dit het in Animal Farm ook gebeur. Die boer teen wie hulle oorspronklik in
opstand gekom het was geen engel nie. Maar die varke het die boosheid
verduisendvoudig en daar nuwe dimensies aan gegee.

Jou skel krete, Gloudina, saam met die van die Sizwes en die WVK is besig om
Afrikaners van vooraf doof te maak.

Jy, Gloudina, is 'n vark.

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: Rooibostee in Virginia
Volgende onderwerp: re:leeuwen .....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jun 26 07:22:44 MGT 2024