Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Rooibostee in Virginia
Rooibostee in Virginia [boodskap #19179] Vr, 13 November 1998 00:00
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Amerikaanse vriende het by my rooibostee leer ken, en hul voorraad is nou
op. Hulle woon in Purcellville, Virginia, 'n uur per motor Wes van
Washington DC waar hulle dikwels kom.

Weet iemand van 'n plek in Washington of omstreke wat SA produkte soos
rooibostee verkoop?

Of 'n posbestellingsdiens wat in die VSA sulke produkte lewer?

(Ek sien nie daarna uit om elke paar maande kospakkies van die VSA te stuur
nie :-)

Groete, Leendert
Re: Rooibostee in Virginia [boodskap #19180 is 'n antwoord op boodskap #19179] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ekspat  is tans af-lyn  ekspat
Boodskappe: 6
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hulle kan die konsulaat in DC bel en hulle vra, daar is heelwat winkels in
Virginia (die voorstede na aan DC) wat roobos verkoop. Daar is ook n
posbesteldiens genaamd Cappies. Ek weet nie of Cappies nog bestaan nie,
maar hulle kan Juluka bel (n Suid-Afrikaanse koerantjie uitgegee deur mense
in DC), Cappies het dikwels in Juluka geadverteer.

Sterkte

E

Leendert van Oostrum wrote in article
...
> Amerikaanse vriende het by my rooibostee leer ken, en hul voorraad is nou
> op. Hulle woon in Purcellville, Virginia, 'n uur per motor Wes van
> Washington DC waar hulle dikwels kom.
>
> Weet iemand van 'n plek in Washington of omstreke wat SA produkte soos
> rooibostee verkoop?
>
> Of 'n posbestellingsdiens wat in die VSA sulke produkte lewer?
>
> (Ek sien nie daarna uit om elke paar maande kospakkies van die VSA te stuur
> nie :-)
>
> Groete, Leendert
>
Vorige onderwerp: Die wysheid van die wurms
Volgende onderwerp: Varkgedrag (was: Normale gedrag)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Ma Jun 17 01:20:08 MGT 2024