Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Liewe Hennerik
Liewe Hennerik [boodskap #19172] Vr, 13 November 1998 00:00
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Dit wil mos almedeer vir my lyk oom Kaspaas willie met jou praatie en nou
jaag jou pa ennie anner oompie Hans jou ook nog weg. Dit lyk vir my jys 'n
slim seun vir jou saais - nou sal hierie oom so biekie na jou kyk. Ons
paens en maens het ok so met ons gemaak en wat die onnerwysers nie deer ons
g. boude na ons bryns toe gemo geslaat hettie, moes ons ok mar so ommie
hoeke geleer het.

Die stasiemeester hulle het net een seuntjie gehat en hulle het gesê dis
oukei, hy kan maar tanne tel saam met die grootmense omlat hy altyd so skoon
aangetrek was met gekamde hare. Dis seker hoekom darie outjie later
weggestuur is en toe hy trugkom, toe dra hy 'n wit jas en 'n bril en hy gee
die mense inspytings wanner hulle siek word.

Dis darie gesypery voor die tiewie wat maak lat die oues agterna so stry oor
wat alles innie game gebeer het. Ek het ok die game gekyk mar ek het vergeet
om brannewyn voorie tyd te koop. Is die wat ek kan vertel darie ref het
defnitief TWEE oge - ek het dit SELF oppie tiewie dit gesien mar perty van
my pêlle sê dissie waar nie. Die ref het net een oog, seg hulle, maar die
tiewie lieg nie - ek het gesien hoe hy altwee oge beweeg het. En ek weet 'n
glasoog kannie draai nie want oom Boerbobbejaan Vannermerwe wat langs ons
gebly het, het so 'n glasoog gehad. Hy het altyd as hy dorp toe gaan die
glasoog op sy baaisiekel se karrier gelos. Dan het niemand sy goeters of
die baaisiekel gesteel nie.

As jille wildplaas toe gaan en jou pa en sy pêlle raak so gesyp, moet jy
mooi na hille stories lyster. Anners sal jy nooit weet watse gevaarlike
plek die jagveld issie. Ek het al met my eie ore gehoor lat 'n rooibok
darem nie so sonner handskoene getêkkel kan word nie mar ek wassie by nie en
toe die ou dit vir ons vertel het, was ons derde bottel ok al leeg.
Maar jy moenie alles glo wat hille vertel nie want toe ek nog klein was in
1946 net na die groot oorlog het my pa en oom Piet Hanekam my eendag
saamgeneem toe hille gaan vleis soek het vir die hys. Ons het met my pa
se Dodge gery want oom Piet se Merkerie se bande was te glad om te ry en oom
Piet het sy Lemetford gevat want dit was minner ytgeskiet as my pa se sewe
nege Mouser en bytendien het my pa okkie petrone virrie Mouser meer
gehattie.

Karibib hettie darie tyd 'n slaghys gehattie en almal het maar hulle vleisie
in die veld gan kry. Ons kry toe 'n gensbok mar net toe oom Piet skiet,
toe hik hy ok mar gelikkig skiet hy die ding se rug af en daar sit die
gensbok toe vir ons en kyk. Oom Piet sê toe ,nee, ons kannie nog 'n
patroon op hom mors nie - kom ons sny sy keel af en my pa praat toe iets van
gatte sien mar oom Piet willie hoor nie en haal toe sy Josef Rogers yt en
begin naderstap.

Die gensbok waai toe het sy horings na oom Piet toe maar in plaas daarvan
dat oom Piet toe die horings gryp en die ding se keel afsny, spring oom Piet
trug en hy praat vreeslik lelik, Maar dit was seker omlat die gensbok oom
Piet se hele broek voor oopgesny het en al die gulpsknope afgeruk het. Ons
kon okkie al die gulpsknope weer agterna kry nie. My pa het toe die
gensbok met oom Piet se Lemetford doodgeskiet - reg voor die kop.

Trug oppie die dorp het my pa en oom Piet eers gestop by darie outjie met sy
wit jas en toe is ons na ons eie huis toe waar my pa vir oom Piet 'n anner
broek gegee het. Ek dink tant Lillie sou kwaad gewees het as sy oom Piet
se stukkende broek gesien het. Maar ek dink oom Piet moes liewers 'n nuwe
broek gekoop het want hy moes ryker as ons anner gewees het. Hoe ek dit
weet is dat my pa die aand vir my ma gesê het dat die witjas oukie darem oom
Piet se juwele gered het. So, hy moes geld gehad het. Maar hoekom pa en
ma so baie gelag het, dit weet ek nie want dis nie vir my snaaks as iemand
ryker as ek is nie.

Maar wat vir my snaaks is, is lat my pa en oom Piet altyd net vir anner
mense vertel het dit was 'n kopskoot. Nou weet ek hoekom die oumense altyd
die kinners uit die geselskap verwiller wanner hulle met die veldstories
begin want hulle het ok mar stoeipid goeters aangejaag.

Baie groetnis
Vannie anner oom Hans by die see.
Vorige onderwerp: 2e briefie vir oom kaspaas
Volgende onderwerp: Die wysheid van die wurms
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Di Mei 21 00:23:58 MGT 2024