Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Ernstig » Emigrasie & buiteland » Oor Landsverlaters
Oor Landsverlaters [boodskap #19037] So, 08 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Dennis Beckett skryf in vandag se Rapport:

GOEIE REDES OM NIE DEEL TE WORD VAN STROOM EMIGRANTE

Wat my getref het van die seuntjie wat deur die leeuwyfie aangeval : is –
afgesien daarvan dat dit my opnuut oortuig het dat ’n mens nie met leeus
sukkel nie, net :soos jy nie met die berge en die see sukkel nie – was sy
naam.

Hy het ’n Afrikaanse naam en ”n Afrikaanse van, en hy was in die wildtuin as
sy laaste Suid-Afrikaanse plesiertjie voordat die gesin na Australië sou
emigreer. Dis om van koue rillings te kry.

Dit was erg genoeg toe die Engelse padgegee het. Ek kyk na ou groepfoto’s en
voel lus om te huil. Hoe erg het my kring van kennisse nie uitmekaar gespat
nie. Hoeveel sterker en groter sou ons nasie nie gewees het nie as hierdie
mense gebly en hul breinkrag aan die uitdagings van die land gewy het? Maar
dis tradisie by die Engelse om pad te gee. Dit ontstel ’n mens, maar dis nie
’n skok nie. (Behalwe natuurlik wanneer jy dit van Anglo-American kry. Dan is
dit ’n Ultra-Skok).

Wanneer die Boere egter begin page, lyk dit onnatuurlik, soos ’n hond wat
miaau of ”n resiesperd wat ’n ploeg trek. Die Boere hoort hier, deksels! (Ons
maak staat op hulle. ’n Mens kan sien wat die tou-opgooiers hinder. Dis nie
net dat hulle onwelkom voel nie, mank weens regstellende aksie en die nuwe
omgekeerde rassisme en alles. Dis nie net die barbaarshede wat onder die
misleidende hoof ” misdaad” gegroepeer word nie. (”Misdaad” is wanneer jou
motor gesteel word. Dis vrees dat jou kind geskiet word wat jou laat inval in
die toue by die konsulate.)

Dis ook baie meer basies: dat hulle die toekoms van Afrika sien as een lang
geworstel deur die Eerstewêreldse minderheid om goedere en dienste en
vordering aan die Derdewêreldse meerderheid te verskaf. Hulle wil emigreer na
plekke waar die omvang van produksie vergelykbaar is met die omvang van
verbruik.

Dis ’n buitengewone ommeswaai, nou dat ’n mens daaraan dink. Al die tyd was
die standaard-beskuldiging, wat ’n mens die Tutu-benadering kan noem, die
standpunt dat die wit mense ryk geword het deur ”die swart mense uit te buit.
(En dis deels waar, selfs wanneer dit gekompliseer word deur teenoorgestelde
waarhede. Hoe meet jy die rykdom wat wit mense bekom het, teenoor die
onderwys en klinieke wat die wit mense gebring het?)

Hoe ook al, daardie tydperk is verby. Ironies genoeg, net toe
”terugbetaaltyd” aanbreek, breek ook die tydperk aan waar groot hoeveelhede
handearbeid nie meer rykdom genereer nie maar rem.

Ons moet seker maar aanvaar dat baie Eerstewêreldse mense afgeskrik sal word
deur die uitdaging, en mettertyd sal ons ophou om hoegenaamd enige etniese
karakter aan die emigrante- stroom te gee. Dit sal uiteindelik nie meer net
Afrikaners in- sluit nie, maar Eerstewêreldse individue van elke herkoms,
Indiër en bruin en Afrikaan en alles. Dan weer sal dit nie alle Eerstewêreldse
mense insluit nie. Om maar een te noem: dit sal my nie insluit nie.

Die afgelope maand het ek drie oud-emigrante teengekom wat teruggekeer het.
Die eerste se naam is Rosenberg, die tweede Levy en die derde het na iets
soos Oskowitz geklink. Almal was na gerieflike lande. Die een het gesê: ”Dit
was so maklik dat ek soms nie seker was of ek wakker was of aan die slaap
nie.” Die tweede: ”Ek het gevoel ek het my plig versaak en geleenthede
misgeloop.” Die laaste een: ”Die prys van al die gemak was oppervlakkigheid.”

Ek het pas ’n stuk werk laat doen deur die stadsraad. Van al die munisipale
werkers wat betrokke was, het nie een my moedertaal van Angel- Saksiese
herkoms gedeel nie, Die taak is met sowat 89 persent doeltreffendheid
afgehandel – redelik goed maar nie foutloos nie – en met ’n menslike
verheffingsfaktor van minstens 150 persent.

Al die munisipale mense se gedrag teenoor my, teenoor mekaar, deur die talle
stamme en kulture heen, was ’n algehele plesier, veel meer as wat ek my kan
voorstel in enige plek wat foutloos funksioneer. Sal ek ooit daardie bonus wat
die hart verhef het, wil verruil vir die ekstra 11 persent doeltreffendheid?
Nooit gesien nie!

In Augustus het ons gesin ’n reis van 5 000 km deur die Kaap onderneem. Daarna
kon ons nie aan ’n enkele ontmoeting dink wat nie aangenaam was nie. Ek praat
van honderde ontmoetings, met petroljoggies, hotelbestuurders, restauranteurs,
kelners, mense op die strande, vreemdelinge langs die pad, van elke kleur en
taal.

Ek sê nie geen ontmoetings was onaangenaam nie. Ek se geen-een was nie
aangenaam nie, wat veel verder gaan.

Elke enkele keer dat ons met iemand gepraat het, was daar ’n ekstra
welwillendheid of spontane hoflikheid of toegevoegde menslikheid om ons dag
te verhelder. Kan ek dit verruil vir een van daardie plekke waar jou menslike
waarde gemeet word aan die grootte van die rekening wat jy gaan betaal? Nie
ek nie. In Sentraal-Afrika is dit duidelik dat die groot golf van buitelandse
immigrasie na Afrika nie iets van die verlede is nie. Dis iets van die
toekoms.

Jy sien die voorhoede so helder soos daglig in lande soos Uganda en Kenia.
Dis jammer dat ons juis in hierdie tyd gewoond raak daaraan om die Boere
vaarwel toe te wuif, die grootvaders van Afrika se immigrante. Ek neem aan
die skok sal vervaag, maar ek is nogtans jammer daaroor. Ek hoop net hulle
kyk met albei oë voordat hulle die stap die vreemde in neem; met die oog wat
vreugde sien, en met die oog wat hartseer kwellinge sien; die oog vir more en
die oog vir die dag daarna.

Aldus Dennis Beckett.

Groete, Leendert
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19038 is 'n antwoord op boodskap #19037] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com wrote in message ...
> Dennis Beckett skryf in vandag se Rapport:
>
> GOEIE REDES OM NIE DEEL TE WORD VAN STROOM EMIGRANTE

Dagse.

Wel, my eerste reaksie is: baie emosie, min rasionele argumente. Laat ek
bietjie dink daaroor...

Tot later.

Bees -
Ruimtevaarder : Planeet aarde
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19066 is 'n antwoord op boodskap #19037] Ma, 09 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Sun, 08 Nov 1998 22:28:44 GMT, oos...@geocities.com had de
volgende te sê:

|Dennis Beckett skryf in vandag se Rapport:
|
|GOEIE REDES OM NIE DEEL TE WORD VAN STROOM EMIGRANTE
|
snip<

Kyk weer na die Beckett's Trek programme wat Dennis gemaak het. Ek
hou van sy relatiewe objektiwiteit. Die een baie jammer aspek wat ek
egter in meeste van sy programme raaksien, is die teleurtelling wat hy
deurgaan wanneer hy onwilligheid by die swart gemeenskap teekom om
hulleself te help. En al soek hy hoe hard, kry hy selde 'n prentjie
om die teendeel te bewys.

Ek dink ons moet die ou dalk vra om een TV reeks te maak net
eksklusief oor die positiewe prentjie in SA en om dalk nie so
objektief soos altyd te probeer wees nie.
Groete!
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19093 is 'n antwoord op boodskap #19037] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote:
>
> Op Sun, 08 Nov 1998 22:28:44 GMT, oos...@geocities.com had de
> volgende te sê:
>
> |Dennis Beckett skryf in vandag se Rapport:
> |
> Ek dink ons moet die ou dalk vra om een TV reeks te maak net
> eksklusief oor die positiewe prentjie in SA en om dalk nie so
> objektief soos altyd te probeer wees nie.
> Groete!

Lees die nuusgroep! Dit gaan fantasies hier by ons in SA. Want jy mag
nie moan nie dan moet jy waai!
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19094 is 'n antwoord op boodskap #19037] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> oos...@geocities.com wrote in message ...
>> Dennis Beckett skryf in vandag se Rapport:
>>
>> GOEIE REDES OM NIE DEEL TE WORD VAN STROOM EMIGRANTE
>
>
> Dagse.
>
> Wel, my eerste reaksie is: baie emosie, min rasionele argumente. Laat ek
> bietjie dink daaroor...

Dink ook hieroor:

Is emosie 'n reële faktor wat rasioneel in berekening gebring kan word?

Groete, Leendert
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19114 is 'n antwoord op boodskap #19037] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Sun, 08 Nov 1998 22:28:44 GMT, oos...@geocities.com wrote:

sukkel nie, net :soos jy nie met die berge en die see sukkel nie –>>[/color]

Punt nommer 1: Jy is reg. Ek het dit ook gedink. Ek het gedink: n Mens
kyk n hond mooi uit voor jy vryverig met dit raak.

Katte moet jy baie goed uitkyk en net versigtig vryf - behalwe as dit
nou jou kat is nie.

Die ander diere op God se aarde respekteer ek met afstand.

Punt nommer 2: Oor die res wat jy geskryf het stem ek meer saam as wat
die munisipale werkers se sukses-faktor was.

Hierbo is vier paragrawe waarin ek met Leendert saamstem - en hierdie
paragraaf is bloot neutraal - ek gaan nou ophou skryf. n Mens tart nie
die gode te veel nie.... :)
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19115 is 'n antwoord op boodskap #19037] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote in message ...

> Die een baie jammer aspek wat ek
> egter in meeste van sy programme raaksien, is die teleurtelling wat hy
> deurgaan wanneer hy onwilligheid by die swart gemeenskap teekom om
> hulleself te help. En al soek hy hoe hard, kry hy selde 'n prentjie
> om die teendeel te bewys.

Wel, ek het geen TV nie, so ek ken nie Beckett se programme nie. Die
verskynsel wat jy hier beskryf is egter baie bekend, en deur baie mense op
verskillende manier beskryf, en baie verklarings word daarvoor gegee. Johan
in Minnesota se soort verklarings is miskien die mees algemene. Ek vind
Attie van Niekerk s'n die sinvolste.

Groete, Leendert
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19138 is 'n antwoord op boodskap #19037] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 10 Nov 1998 09:01:14 +0200, lou wrote:

nie moan nie dan moet jy waai!>>[/color]

Lou, as jy die nuusgroep aanvaar as n beeld van SA dan is jy in
serious moeilikheid.

Dan kan n mens waarskynlik net brandewyn voorskryf.
En 'n lang stil tydperk.
En vir die beste hoop.

Kom ons check gou, se nou maar daar is 40 miljoen mense in SA. En se
nou maar daar is 20 wat gereeld aan die nuusgroep deelneem.

Werk gou daar n persentasie uit. Ek dink Win 95 se calculator gaan
alles kan hanteer nie.
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19139 is 'n antwoord op boodskap #19037] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Sun, 08 Nov 1998 22:28:44 GMT, oos...@geocities.com wrote:

> > afgesien daarvan dat dit my opnuut oortuig het dat 'n mens nie met leeus
>> sukkel nie, net :soos jy nie met die berge en die see sukkel nie �>>

> Punt nommer 1: Jy is reg. Ek het dit ook gedink. Ek het gedink: n Mens
> kyk n hond mooi uit voor jy vryverig met dit raak.

> Katte moet jy baie goed uitkyk en net versigtig vryf - behalwe as dit
> nou jou kat is nie.

> Die ander diere op God se aarde respekteer ek met afstand.

> Punt nommer 2: Oor die res wat jy geskryf het stem ek meer saam as wat
> die munisipale werkers se sukses-faktor was.

> Hierbo is vier paragrawe waarin ek met Leendert saamstem - en hierdie
> paragraaf is bloot neutraal - ek gaan nou ophou skryf. n Mens tart nie
> die gode te veel nie.... :)

Oeps!

Die teks wat jy hierbo aanhaal is nie deur my geskryf nie :-)

Groete, Leendert
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19140 is 'n antwoord op boodskap #19037] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 12 Nov 1998 21:14:30 +0200, "Leendert van Oostrum"
wrote:

[/color]
> Die teks wat jy hierbo aanhaal is nie deur my geskryf nie :-)
>
> Groete, Leendert>>

Sien nou jy het Dennjis Becket aangehaal (wie grootoom Samual Becket
was).
So, ek stem saam met Dennis Becket.
Koel.
Re: Oor Landsverlaters [boodskap #19169 is 'n antwoord op boodskap #19037] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote:
>
> On Tue, 10 Nov 1998 09:01:14 +0200, lou wrote:
>
> mag
>> nie moan nie dan moet jy waai!>>
>
> Lou, as jy die nuusgroep aanvaar as n beeld van SA dan is jy in
> serious moeilikheid.
>
> Dan kan n mens waarskynlik net brandewyn voorskryf.
> En 'n lang stil tydperk.
> En vir die beste hoop.
>
> Kom ons check gou, se nou maar daar is 40 miljoen mense in SA. En se
> nou maar daar is 20 wat gereeld aan die nuusgroep deelneem.
>
> Werk gou daar n persentasie uit. Ek dink Win 95 se calculator gaan
> alles kan hanteer nie.

Só sorry. My poging tot sarkasme het weereens gefaal.
Vorige onderwerp: Soek 'n Suid Afrikaner
Volgende onderwerp: SA beeld in buiteland
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 04 17:12:09 MGT 2024