Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog
Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19108] Di, 10 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Leendert leen aan ons die volgende:

>
> Is emosie 'n reële faktor wat rasioneel in berekening gebring kan word?
>

Natuurlik, mits dit nie die debat in mens se verstand oorheers nie. Emosie
en die skeiding is van die elemente om in ag te neem in wanneer mens moet
besluit oor iets so verreikend soos om jou geboorte of aangenome land te
verlaat.

Ek kry altyd 'n bietjie inspirasie van my oupa-grootjie, wat ek nooit self
geken het nie. Die oubaas is in 1876 in Holland gebore, het homself as
skrynwerker gekwalifiseer, en toe op 'n skip geklim na Suid Afrika om nooit
weer terug te keer Holland toe nie. Dit natuurlik lank voor die tyd van 'n
twaalf-uur vlug tussen Europa en SA, en al die kommunikasie metodes wat ons
vandag ken.

Ek glo dat die proses vir hom baie emosioneel was, en baie moelik. Nogtans
het hy dit gedoen, en wat my betref het hy die regte ding gedoen, en met
oortuiging gedoen. Was hy "onpatrioties" of 'n "landsveraaier" om Holland te
verlaat? Nie wat my betref nie.

(As hy wel onpatrioties was, is alle mense in SA wat nie (oorspronklik) van
Afrika afkomstig is nie, of self landsveraaiers of afstammelinge van
landsveraaiers.)

Ek glo ook dat hy, as hy vandag geleef het, my en my gesin se besluit sou
goedkeur. Ongegronde en valse patriotisme is 'n meulsteen.

En hoekom moet die besluit altyd 'n een of ander etiket kry? Die wereld is
'n groot en 'n interresante plek, met baie geleendhede, kulture en
ondervindings om elke draai. En dit kan groot pret wees. Vir die mense wat
die geleedheid het, is die lewe buite 'n mens se "moeder-kultuur" baie
verreikend.

Ek is gebore in Namibie, het lank in SA bebly, baie gereis, toe in 94 na
Engeland, nou in Kanada. My een suster is in die VSA, my ander suster in
Hong Kong en my boet in Engeland.

Ek besef ons is bevoorreg, en ons is dankbaar daarvoor. Maar ek weier om
ge-etiketeer te word as 'n landsveraaier net omdat ek geleendhede aangryp.
(Wie weet, miskien gryp ons of een van my dogters eendag die geleendheid aan
om terug te gaan na SA?)

Ek is my oupa-grootjie dankbaar vir sy moed om sy vaderland te verlaat, en
die voorbeeld wat hy vir ons as familie gestel het.

Die bevryding kom uit dink, dink, besluit en dan doen, wat dit ookal is –
bly of gaan.

Tot later

Bees -
Ruimtevaarder : Planeet aarde
Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES)
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19128 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" vra dat ek hom toets:

(a) Verduidelik vir my hoe om van Waterloo
na Wimbledon op die moltrein te reis.
(b) Watter ding, oorspronklik van SA, is
in die White Tower.
(c) Waar, relatief tot Hyde Park, is die
Victoria en Albert Museum.
(d) Waar is Golden Square in London.
(e) Verduidelik vir my hoe om van St'
John's Wood na Hampstead te ry.
(f) Wat is die naam van een van
Yellowknife se koerante.
(g) Hoe ver is Calgary van Jasper.
(h) Wat is die premier van Alberta se naam.
(i) Waar is die Tar Sands.
(j) Hoeveel duim sneeu het julle nou al in
Minneapolis gekry, en wil jy nog meer
h^e. Ek sal ophou sneeu bestel as jy
sal ophou nonsens praat.

Minnehaha.


> Glo jy nog steeds ek is een van Johan se aliasse? Hoekom vra jy my nie 'n
> vraag oor Calgary (of Yellowknife, waarheen ek gereeld gaan) wat iemand wat
> nie hier bly nie, baie moeilik sal weet of gou kan uitvind? Of oor London,
> waar ek van 94 to 97 gebly het?
>
> Ek daag jou uit. (Ek vermoed jy nie sal nie, ek dink nie jy kan dit hanteer
> om verkeerd bewys te word nie.)
>
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19129 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 11 Nov 1998 12:08:14 GMT, oos...@geocities.com said the
following:
|Ek dink egter dit is ewe sot om mense wat kies om in SA te bly uit te skel
|vir al wat minderwaardig is, en emigrasie as 'n edele daad te verhef.
|
|Dit is net so sot om, soos sommiges hier, "patriotisme" as sodanig as
|verwerplik af te maak.
|
Leendert, ek stem heeltemaal met jou saam, hoewel ek nie kan onthou
dat iemand gesê het patriotisme is verwerplik nie.

Ek wil aan almal 'n ander vraag vra: Beteken patriotisme noodwendig
dat 'n mens in jou geboorteland moet bly?
Kan 'n mens patriotisme "verplaas" na 'n ander land toe?
Is patriotisme iets wat jy "voel" oor jou gteboorte- of verblyfland,
of is dit hoe ander mense jou aksies en gevoelens ervaar?
Wat is die verskil tussen patriotisme en lojaliteit?

Ek het my eie antwoorde en idees oor hierdie vrae, maar ek sal net
eers graag wil hoor wat ander ouens binne en buite SA hieroor sê.

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19130 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:

O, Bees, en ek het vergeet -
dit word landsveRlating gespel
en nie landsvelating nie.
Laasgenoemde klink bietjie naby
aan fellatio, Johan.

Piggy wat gevlug het uit
Swinnesota - teveel sneeu.
Ventura of te not.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19131 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:
> Ek besef ons is bevoorreg, en ons is dankbaar daarvoor. Maar ek weier om
> ge-etiketeer te word as 'n landsveraaier net omdat ek geleendhede aangryp.

Om oor patriotisme of oor landsverlating te praat
is om weg te stap van die eintlike vraag: of iemand
soos Johan Potgieter (alias Nico en onlangs nog ander
persona) buitensporige aanklagte mag maak oor die
land wat hy verlaat het, die mense wat nog daar bly
uitmaak vir papbroeke en vir hulle wil voorskryf, en
ook aanhoudend koning gekraai het oor hoe wonderlik
(veilig, skoon, heerlik) "Amerika" is. Dis sulke tyd
dat iemand soos ek hier in Kanada vir hom begin uitwys
dat hy eintlik nog nie veel van "Amerika" gesien het nie
en dus nie eintlik kan praat nie. Toe hy nou, in 'n volgende
fase, rassistiese opmerkings begin maak oor die volksgroepe
hier in Noord Amerika waarvan hy nie hou nie en wat hy
as minderwaardig beskou, het iemand soos Leswin Laubscher
begin objekteer. As iemand wat gedurende die apartheids-
regime aan diskriminasie blootgestel is neem ek aan, was dit
die laaste strooi vir Leswin: dat hierdie wit joggie wat alreeds
sit en kekkel oor die 'nuwe SA' se foute, nou hier in Noord
Amerika kom sit en kekkel oor die bevolkingsgroepe hier
te lande waarvan hy nie hou nie. Leswin het met regte dit as
haatspraak beskou en daarop gewys dat Amerikaanse burgers
sulke dinge kan bekamp deur beswaar daaroor te maak by die
regte instansies.

Ek stel voor dat Johan Potgieter 'n sielkundige probleem
het: sy dringende nood om oor "landsverlating" te praat. Dis
iets waarvoor hy professionele hulp nodig het. Dis iets wat
hom blykbaar diep hinder. Hy wil bande met sy vorige vader-
land hou, maar hy wil dit op 'n negatiewe manier doen. Ek
dink een van sy probleme is dat hy nooit vir SA gesien het
as 'n land vol van meestal swart en bruin mense nie met net
'n handjievol wit mense rondgestrooi daarin. Hy het hom
nooit geidentifiseer met die werklike SA nie. Sy "vaderland"
was net 'n klein wit laertjie. Dis daarom dat hy gevlug het
toe hy die werklikheid in die gesig moes staar. Nou begin
dieselfde ding vir hom hier kwel. Hy sien dele van Noord-
Amerika wat ook nie by die prentjie in sy kop inpas nie, en hy
begin kritiseer. Maar terselfdertyd moet hy homself en ander
probeer oortuig dat hy "die regte ding gedoen het." Dus
verkondig hy 'n beeld van "Amerika" wat kan inpas by sy
foutiewe blik op die lewe. Net soos hy vantevore 'n foutiewe
beeld van die ou en die nuwe Suid-Afrika probeer skep het.
Dis pre-adolessente sielkunde in 'n blykbaar volwasse man.

Haiwatha.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19132 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Johan wrote in message ...

> Ek wil aan almal 'n ander vraag vra: Beteken patriotisme noodwendig
> dat 'n mens in jou geboorteland moet bly?

Nee, glo ek in elk geval.

> Kan 'n mens patriotisme "verplaas" na 'n ander land toe?

Ek dink nie regtig so nie. Maar 'n mens kan die goeie uit jou verlede neem,
dit toepas op 'n nuwe omgewing, leer uit die nuwe, en, met verloop van tyd,
nuwe"patriotiese" gevoelens opbou. Verseker is sit wat gebeur oor 'n paar
geslagte heen - neem maar die voorbeeld van my voorouers wat ek hierbo
beskryf het.

> Wat is die verskil tussen patriotisme en lojaliteit?

Ek dink jy moet die vraag verbreed deur "verantwoordelikheid" by te voeg. As
iemand wat na 'n gesin omsien, voel ek dat 'n mens se verantwoordelik is vir
jou gesin, veral as daar kinders is, se toekoms. "Verantwoordelikheid" klop
enige van "patriotisme" of "lojaliteit" sonder moeite, in my opinie.

Tot later.

Bees -
Ruimtevaarder : Planeet aarde
Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners (BEES)
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19133 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina, hier is jou antwoorde:

> (a) Verduidelik vir my hoe om van Waterloo
> na Wimbledon op die moltrein te reis.

Neem die northern - die swarte - na embankment - (die bakerloo sou ook werk)
dan die district - die groene - al die pad tot wimbledon, waar die groen lyn
temineer (ek sal weet, my stasie was east putney, vier stoppe voor
wimbledon)

> (b) Watter ding, oorspronklik van SA, is
> in die White Tower.

Een van die crown diamante, maar ek is nie doodseker nie. d

> (c) Waar, relatief tot Hyde Park, is die
> Victoria en Albert Museum.

As jy in die suid westelike hoek vd park staan (naby albert memorial) en jy
stap af in exhibition rd - dan kom jy omtrent direk daar. Die museum is in
Cromwell str.

> (d) Waar is Golden Square in London.

Net af van Regent str, naby carnaby str.

> (e) Verduidelik vir my hoe om van St'
> John's Wood na Hampstead te ry.

Neem Finchley, naby Swiss cottage neem Fitzjohn's ave.

> (f) Wat is die naam van een van
> Yellowknife se koerante.

Groot verassing, die Yellowknifer. Bekend geraak met die 1992 moorde in die
"Gaint" myn van YK. Ander koerant is die northern news.

> (g) Hoe ver is Calgary van Jasper.

Volgens my rcreational atlas, 413 km.

(h) Wat is die premier van Alberta se naam.

Ralph Klein.

> (i) Waar is die Tar Sands.

In noord alberta. Suncor een van die groot operators daar. Olie uit tar
sands.

> (j) Hoeveel duim sneeu het julle nou al in
> Minneapolis gekry, en wil jy nog meer
> h^e. Ek sal ophou sneeu bestel as jy
> sal ophou nonsens praat.
>
Calgary het omtrent so 4 of 5 sentimeter oor die laaste week gehad.

Daar het jy dit nou!

Bees

>> Glo jy nog steeds ek is een van Johan se aliasse? Hoekom vra jy my nie 'n
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19134 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
> O, Bees, en ek het vergeet -
> dit word landsveRlating gespel
> en nie landsvelating nie.

Dankie tog vir mense soos jy. Ek het dit regtig nie geweet nie. (Ek tik,
soos baie ander mense, redelik vinnig maar met twee vingers, en check nie
elke woord nie.)

O ja, en jy het my eintilke fout gemis. (Ek het die woord verreikend twee
keer gebruik - een keer verkeerd, spesiaal vir jou, ou wysneus.)

Elk geval - wie gee om, behalwe jy. Dit is swak smaak, en kleinlik, om oor
die ou goedjies te fuss.

Glo jy nog steeds ek is een van Johan se aliasse? Hoekom vra jy my nie 'n
vraag oor Calgary (of Yellowknife, waarheen ek gereeld gaan) wat iemand wat
nie hier bly nie, baie moeilik sal weet of gou kan uitvind? Of oor London,
waar ek van 94 to 97 gebly het?

Ek daag jou uit. (Ek vermoed jy nie sal nie, ek dink nie jy kan dit hanteer
om verkeerd bewys te word nie.)

Geniet jou Remembrance day.

Tot later

Bees.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19135 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina,

As jy dink iemand kan die tipe van vrae antwoord in die tyd wat ek dit
gedoen het (minder as 90 min, en jy het my op MT se middagete gevang) sonder
om eerstehandse kennis te he van die plekke waaroor jou vrae gegaan het,
moet hy of sy 'n geweldige algemene kennis en baie goeie naslaan middels by
hom haar he, of waar gewoon het / nou woon.

So, erken nou maar, of johan het 'n geweldige intellek, gekombineer met baie
goeie naslaanmiddels onmiddelik beskikbaar, of Bees is for real.

Bees
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19136 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...
> Leendert leen aan ons die volgende:
>
>>
>> Is emosie 'n reële faktor wat rasioneel in berekening gebring kan word?
>>
>
> Natuurlik, mits dit nie die debat in mens se verstand oorheers nie. Emosie
> en die skeiding is van die elemente om in ag te neem in wanneer mens moet
> besluit oor iets so verreikend soos om jou geboorte of aangenome land te
> verlaat.
>
> Ek kry altyd 'n bietjie inspirasie van my oupa-grootjie, wat ek nooit self
> geken het nie. Die oubaas is in 1876 in Holland gebore, het homself as
> skrynwerker gekwalifiseer, en toe op 'n skip geklim na Suid Afrika om nooit
> weer terug te keer Holland toe nie. Dit natuurlik lank voor die tyd van 'n
> twaalf-uur vlug tussen Europa en SA, en al die kommunikasie metodes wat ons
> vandag ken.
>
> Ek glo dat die proses vir hom baie emosioneel was, en baie moelik. Nogtans
> het hy dit gedoen, en wat my betref het hy die regte ding gedoen, en met
> oortuiging gedoen. Was hy "onpatrioties" of 'n "landsveraaier" om Holland te
> verlaat? Nie wat my betref nie.

Dit is baie gevaarlik om aannames te maak oor mense se beweegrede en
gevoelens uit 'n tyd wat jy nie self beleef het nie.

Ek dink byvoorbeeld, dat jy die gevoel van baie Hollanders uit daardie tyd
t.o.v. die ZAR buite rekening laat. Ek het ook 'n grootjie wat in daardie
tyd na SA ge-immigreer het. Uit sy nagelate geskrifte is dit duidelik dat,
om jou toe te wy aan die jong "hollandse" republiek in Afrika eintlik 'n
baie patriotiese ding was vir 'n Hollander om te doen.

>
> (As hy wel onpatrioties was, is alle mense in SA wat nie (oorspronklik) van
> Afrika afkomstig is nie, of self landsveraaiers of afstammelinge van
> landsveraaiers.)
>
> Ek glo ook dat hy, as hy vandag geleef het, my en my gesin se besluit sou
> goedkeur. Ongegronde en valse patriotisme is 'n meulsteen.
>
> En hoekom moet die besluit altyd 'n een of ander etiket kry? Die wereld is
> 'n groot en 'n interresante plek, met baie geleendhede, kulture en
> ondervindings om elke draai. En dit kan groot pret wees. Vir die mense wat
> die geleedheid het, is die lewe buite 'n mens se "moeder-kultuur" baie
> verreikend.

Ek weet, en ek stem saam. Ek het die geleentheid gehad, en telike jare buite
Afrika deurgebring.

Maar in hierdie opsig is SA seker een van die mees verrykende dele van die
wêreld vir die wat dit so sien - dit is letterlik die wrywingsvlak van twee
van die groot wêreldbeskawings.

> Maar ek weier om
> ge-etiketeer te word as 'n landsveraaier net omdat ek geleendhede aangryp.

Ek heg nie daardie etiket aan jou nie. As jy die moeite doen sal jy my
standpunt oor emigrasie en emigrante in die argief van hierdie nuusgroep
vind.

Ek dink egter dit is ewe sot om mense wat kies om in SA te bly uit te skel
vir al wat minderwaardig is, en emigrasie as 'n edele daad te verhef.

Dit is net so sot om, soos sommiges hier, "patriotisme" as sodanig as
verwerplik af te maak.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19137 is 'n antwoord op boodskap #19108] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina

Ek begin nou heirdie vrae te geniet - meer om die lyf as jou eerste poging.
Ek en jy weet albei dat ek jou sonder twyfel jou verkeerd bewys het, maar
laat my dit maar so bietjie invryf:

(Vergewe my maar, ek het een of twee vrae uitgelos - net die vrae te
antwoord wat ek interresant of relevant gevind het)

> (1) Wie is die Kanadese minister van Indian Affairs.

Jane Stewart. Haar rol is eintlik Minister of Indian Affairs and Northern
Development, departements afkorting DIAND. Het gereeld kontak met een van
haar staflede in beheer van insameling van sekere "royalties".

> (2) Wat is die naam van die nuutste Kanadese nasionale
> koerant en die koerant se uitgewer.

National post, Southam. Primer daar om die Globe and Mail bietjie 'n go te
gee. G&M het 'n sterk oos-Kanadese leuning, en die National will dit uitbuit
in ander areas.

> (4) Wat is die naam van die nuwe be-oogde provinsie
> vir die Inuit in noord-oostelike Kanada.

Nunavut, hoofstad Iqaluit (Uispraak : I ka loe ut) - D dag april 1999.

> (5) Verduidelik die geografie en die karakter van Soho.

Basies die area tussen Shaftesbury, Tot. court rd, Oxford and Regent str.
Nog baie seedy in areas, met baie peep shows etc. Het egter ook 'n paar baie
trendy bars en eetplekke, met verandering nou te sien op 'n paar plekke.

(My werks tube was Piccadilly jou ou liggelowige...)

> (6) Waar is Canary Wharf en wie het dit begin bou.

Isle of dogs (eintlik 'n peninsula in die Teems) was ou vervalle area - toe
oorgebou met geboue wat volgens my beskeie argitektuurswaardering redelik
aaklig is. Groot bom, toe ons daar gebly het - 95 dink ek. Nie die vaagste
idee wie dit begin bou het nie, maar dit was nie prins Charles nie... :-).

> (7) Verduidelik waar die British Museum is.

Entlik die British museum and library. In russel street, naby russel sq,
Naaste tube Russel SQ. Het daar naby gebly vir ons eerste 6 weke in London.

> (8) Gee die naam van 'n lughawe oos van London
> se middestad.

Jou ou slinkse mens. Gedink jy gaan my vang.. Nie LHR nie, maar die City
lughawe. Klein.

> (10) Wie is die Minister of Heritage in die
> federale regering van Kanada.

Sheila Copps, nie seker oor die spelling van haar van nie. Baie erg gesteld
om Kanadese kultuur te besekrm teen die groot boet suid van hier.
Kontrovesiele metodes, soos die storie van die advertensies in die
tydskrifte wat primer in die VSA uitgegee word.

> (11) Wat is die naam van 'n dorp suid van
> Calgary wat begin met 'n L.

Gotta be Lethbridge.

> (12) Wat is die naam van 'n dorp oos van
> Calgary waarvan die beginletters RD is.

Red Deer. Maar dit is meer Noord as Oos, omtrent halfpad Edmonton toe.

> (12) Watter dorp op die prairies se eerste
> letters is MJ.

Moose Jaw

> (13) Noem die name van ten minste drie First
> Nations in Alberta.

Cree, De Cho, Dogrib (bekend as treaty 11, grotendeels in die NWT ) - en die
wat ek beter ken Sathu, Gwich'in, die Yellowknifes (treaty 8)...

> (14) Wie is die voorsitter van die Nasionale
> Konferensie van First Nations.

Phil Fontaine.

> (15) Wat is die Old Vic en waar was dit.

Ou teater - onlangs in die nuus maar ek kan onthou waarvoor nie.

> (16) Waar is Vauxhall Gardens.

Croydon.

> (17) Waar is Blackfriars.

Op die teems, ook die naam van 'n tube en 'n brug oor die rivier.

> (18) Waar is Come by Chance.

Newfoundland

> (19) Waar is Saskatoon

Sesk. Hoekom vra jy my nie waar Toronto is nie?

> (20) Waar is Hampton Court.

Meer as een HC wat ek van weet - naaste een an my nou is een van Calgary se
communities (suburbs) in die NW.

> (21) Op watter straat in Calgary bly jy.

Ek bly nie OP 'n straat nie, en jy?

Jy dink tog seker nie ek gaan dit op die net se nie! Voor jy neurone nou
misfire en jy dink jy het my uitgevang, kom ek gee jou 'n clue. Die voorstad
waarin ek bly is naby aan downtown, begin met sc en deel die naam met 'n
voorstad van toronto, hoewel die spelling aan die einde van die woord effens
kan verskil.

As jy dit nog steeds nie glo nie, moet jy maar daaraan gewoond raak.

tot later

Bees
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19162 is 'n antwoord op boodskap #19108] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
brya...  is tans af-lyn  brya...
Boodskappe: 52
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
"Bees" wrote:
> Gloudina, hier is jou antwoorde:
>
>> (a) Verduidelik vir my hoe om van Waterloo
>> na Wimbledon op die moltrein te reis.
>
> Neem die northern - die swarte - na embankment - (die bakerloo sou ook werk)
> dan die district - die groene - al die pad tot wimbledon, waar die groen lyn
> temineer (ek sal weet, my stasie was east putney, vier stoppe voor
> wimbledon)
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19163 is 'n antwoord op boodskap #19108] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes: >

> Gloudina

> Ek begin nou heirdie vrae te geniet - meer om die lyf as jou eerste poging.
> Ek en jy weet albei dat ek jou sonder twyfel jou verkeerd bewys het, maar
> laat my dit maar so bietjie invryf:

Wel, ou Bees, ek gee toe. Jy kan nie
Johan wees nie - jy weet teveel van
Kanada (en London) en is nogal vinnig
op jou voete en beantwoord jou vrae
baie intelligent.

Piggy on the Rideau.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19164 is 'n antwoord op boodskap #19108] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Bees  is tans af-lyn  Bees
Boodskappe: 186
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dankie Gloudina,

Dit was nogal pret. Ek is seker ons sal mekaar weer raak(loop?) op dierdie
NG....

Tot later

Bees

Ps 1: Wie was / is Singh?
Ps 2: Sien ook Bryan se laaste bydrae onder "Indentiteitskrisis..." - hy het
tot die selfde slotsom gekom.

@igs.net wrote in message ...
> "Bees" writes: >
>
>> Gloudina
>
>> Ek begin nou heirdie vrae te geniet - meer om die lyf as jou eerste poging.
>> Ek en jy weet albei dat ek jou sonder twyfel jou verkeerd bewys het, maar
>> laat my dit maar so bietjie invryf:
>
>
> Wel, ou Bees, ek gee toe. Jy kan nie
> Johan wees nie - jy weet teveel van
> Kanada (en London) en is nogal vinnig
> op jou voete en beantwoord jou vrae
> baie intelligent.
>
> Piggy on the Rideau.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19165 is 'n antwoord op boodskap #19108] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Bees" writes:
>
> So, erken nou maar, of johan het 'n geweldige intellek, gekombineer met baie
> goeie naslaanmiddels onmiddelik beskikbaar, of Bees is for real.
>
> Bees

(1) Wie is die Kanadese minister van Indian Affairs.
(2) Wat is die naam van die nuutste Kanadese nasionale
koerant en die koerant se uitgewer.
(3) Wie is Ian Hanuman Singh.
(4) Wat is die naam van die nuwe be-oogde provinsie
vir die Inuit in noord-oostelike Kanada.
(5) Verduidelik die geografie en die karakter van Soho.
(6) Waar is Canary Wharf en wie het dit begin bou.
(7) Verduidelik waar die British Museum is.
(8) Gee die naam van 'n lughawe oos van London
se middestad.
(9) Wie beheer London se waterweë?
(10) Wie is die Minister of Heritage in die
federale regering van Kanada.
(11) Wat is die naam van 'n dorp suid van
Calgary wat begin met 'n L.
(12) Wat is die naam van 'n dorp oos van
Calgary waarvan die beginletters RD is.
(12) Watter dorp op die prairies se eerste
letters is MJ.
(13) Noem die name van ten minste drie First
Nations in Alberta.
(14) Wie is die voorsitter van die Nasionale
Konferensie van First Nations.
(15) Wat is die Old Vic en waar was dit.
(16) Waar is Vauxhall Gardens.
(17) Waar is Blackfriars.
(18) Waar is Come by Chance.
(19) Waar is Saskatoon.
(20) Waar is Hampton Court.
(21) Op watter straat in Calgary bly jy.
(22) Gee twee van die hoogste pieke in die
Rockies in Banff.


(alles voor twaalfuur vanaand, my tyd.)
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19186 is 'n antwoord op boodskap #19108] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Nee, Gloudina. Jy is besig om Leswin se ikoon blink te poets.

Johan het inderdaad sy beskouinge van mense van ander rasse verkondig - op
'n manier wat miskien moedswillig kon wees, maar wat volgens geen definisie
voldoen aan die kriteria vir haatspraak nie. Leswin en jy noem dit
haatspraak. dit mag julle agenda pas vir die oomblik. dit probleem is dat
dit die betekenis van die term "haatspraak" vervaag en dit mettertyd
nutteloos maak. Dieselfde is besig mom met die term "misdaad teen die
mensdom" te gebeur - dis een van die redes waarom demokratiese lande soos
die VSA nie die besluit ondersteun het in die Algemene Vergadering van die
VVO waar "apartheid" verklaar is tot 'n "misdaad teen die mensdom nie" (Ek
let op dat die WVK besonder swaar op daardie besluit steun vir sy eie
uitspraak in hierdie verband).

In elk geval, julle verklaar Johan se uitlatings (verkeerdelik) tot
"haatspraak" met die doel om sy moedswillige mond te snoer.

Soos ek tevore duidelik getoon het, vind ek ook Johan se beskouinge van
mense van ander rasse afstootlik. Maar vir sover hulle eerlik is,
demonstreer hulle meer oor Johan se eie vooroordele, sy onkunde en gebrek
aan insig as wat dit vertel van die mense wat hy beskryf. In die proses
demonstreer dit ook dat hy geneigd is om krities te wees oor ander mense,
maar waarskynlik nie baie goed daarin slaag om krities te wees oor sy eie
beskouings nie. Dit beteken dat ons al sy waarnemings maar met 'n knippie
sout moet neem.

Maar, Gloudina. Niks wat Johan gedoen het regverdig Leswin se onregmatige
pogings om hom tot swye te intimideer nie.

Leswin en jyself het daarmee gedemonstreer dat julle heeltemal bereid is tot
dieselfde magsmisbruik en verdraaiing van die feite om dieselfde
onderdrukkende maatreëls op ander mense af te dwing waarvoor julle die
"apartheidsvarke" (waaronder julle my klassifiseer) verkwalik.

As sodanig, dink ek dat julle veel meer blaamwaardig is as Johan. Al is dit
net omdat hy nie die volle impak besef van wat hy doen nie. In julle geval
het julle nie daardie verskoning nie.

Vriendelike groete, Leendert

@igs.net wrote in message ...
> "Bees" writes:
>
>
>> Ek besef ons is bevoorreg, en ons is dankbaar daarvoor. Maar ek weier om
>> ge-etiketeer te word as 'n landsveraaier net omdat ek geleendhede aangryp.
>
>
>
> Om oor patriotisme of oor landsverlating te praat
> is om weg te stap van die eintlike vraag: of iemand
> soos Johan Potgieter (alias Nico en onlangs nog ander
> persona) buitensporige aanklagte mag maak oor die
> land wat hy verlaat het, die mense wat nog daar bly
> uitmaak vir papbroeke en vir hulle wil voorskryf, en
> ook aanhoudend koning gekraai het oor hoe wonderlik
> (veilig, skoon, heerlik) "Amerika" is. Dis sulke tyd
> dat iemand soos ek hier in Kanada vir hom begin uitwys
> dat hy eintlik nog nie veel van "Amerika" gesien het nie
> en dus nie eintlik kan praat nie. Toe hy nou, in 'n volgende
> fase, rassistiese opmerkings begin maak oor die volksgroepe
> hier in Noord Amerika waarvan hy nie hou nie en wat hy
> as minderwaardig beskou, het iemand soos Leswin Laubscher
> begin objekteer. As iemand wat gedurende die apartheids-
> regime aan diskriminasie blootgestel is neem ek aan, was dit
> die laaste strooi vir Leswin: dat hierdie wit joggie wat alreeds
> sit en kekkel oor die 'nuwe SA' se foute, nou hier in Noord
> Amerika kom sit en kekkel oor die bevolkingsgroepe hier
> te lande waarvan hy nie hou nie. Leswin het met regte dit as
> haatspraak beskou en daarop gewys dat Amerikaanse burgers
> sulke dinge kan bekamp deur beswaar daaroor te maak by die
> regte instansies.
> Ek stel voor dat Johan Potgieter 'n sielkundige probleem
> het: sy dringende nood om oor "landsverlating" te praat. Dis
> iets waarvoor hy professionele hulp nodig het. Dis iets wat
> hom blykbaar diep hinder. Hy wil bande met sy vorige vader-
> land hou, maar hy wil dit op 'n negatiewe manier doen. Ek
> dink een van sy probleme is dat hy nooit vir SA gesien het
> as 'n land vol van meestal swart en bruin mense nie met net
> 'n handjievol wit mense rondgestrooi daarin. Hy het hom
> nooit geidentifiseer met die werklike SA nie. Sy "vaderland"
> was net 'n klein wit laertjie. Dis daarom dat hy gevlug het
> toe hy die werklikheid in die gesig moes staar. Nou begin
> dieselfde ding vir hom hier kwel. Hy sien dele van Noord-
> Amerika wat ook nie by die prentjie in sy kop inpas nie, en hy
> begin kritiseer. Maar terselfdertyd moet hy homself en ander
> probeer oortuig dat hy "die regte ding gedoen het." Dus
> verkondig hy 'n beeld van "Amerika" wat kan inpas by sy
> foutiewe blik op die lewe. Net soos hy vantevore 'n foutiewe
> beeld van die ou en die nuwe Suid-Afrika probeer skep het.
> Dis pre-adolessente sielkunde in 'n blykbaar volwasse man.
>
>
> Haiwatha.
Re: Oor Landvelating - emosie, rasionele denke en wat nog [boodskap #19187 is 'n antwoord op boodskap #19108] Vr, 13 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Bees wrote in message ...

>> Wat is die verskil tussen patriotisme en lojaliteit?
>
> Ek dink jy moet die vraag verbreed deur "verantwoordelikheid" by te voeg. As
> iemand wat na 'n gesin omsien, voel ek dat 'n mens se verantwoordelik is vir
> jou gesin, veral as daar kinders is, se toekoms. "Verantwoordelikheid" klop
> enige van "patriotisme" of "lojaliteit" sonder moeite, in my opinie.

Wel ja. Maar dit hang ook baie af van wat 'n mens bedoel met "toekoms".

Om een voorbeeld te noem: Ek dink nie dat ek my kinders se toekoms sou
bevoordeel deur hulle te verwyder uit een van die mees stimulerende dele van
die wêreld, waar daar ruim geleentheid is om 'n verskil te maak, en hulle te
plaas in 'n omgewing waar prestasie gemeet word aan die tempo waarteen 'n
mens onvervangbare hulpbronne kan verbruik nie.

Groete, Leendert
Vorige onderwerp: Nog monsters
Volgende onderwerp: Hierdie nuusgroep sucks
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Mei 19 16:24:08 MGT 2024