Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afskeiding van Caprivi?
Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19124] Wo, 11 November 1998 00:00 na volgende boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Miskien kan Hans van Walvisbaai my help met dié een:

So twee weke gelede het 'n groep swaar gewapende Namibiese
soldate die grens na Botswana vanuit Caprivi oorgesteek.
Aanvanklik is gesê hulle is drosters wat nie Kongo toe wil
gaan nie, maar toe doen hulle aansoek om politieke asiel, en
nog ander het gevolg.

Dit blyk nou dat hulle deel is van 'n groep wat hulle beywer
vir afskeiding van die Caprivi. Ek hoor Mnr. Sam Nujoma het
gevra dat die 'terroriste' uitgelewer moet word sodat hulle
kan teregstaan op aanklagte van moord en hoogverraad.

Wat weet jy van hierdie 'Caprivi Bevrydingslëer', Hans? Het
die 'terroriste' enigsins landmyne oorkant die Okavango gaan
plant, of boerdery gebiede in Kavango aangeval? Hoekom beskou
oom Sam hulle as 'terroriste' en nie 'vryheidsvegters' nie?
Smaak my mos julle Namibiërs is 'n snaakse lot!

Terloops, as Caprivi sou afskei, gaan hulle onafhanklik bly,
of deel word van Botswana, of selfs Zambië?

Groete

Henri Burger
(VRYHEID vir CAPRIVI!!)
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19158 is 'n antwoord op boodskap #19124] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Henri,
Nog so bietjie kommentaar.......

hen...@pixie.co.za wrote in message ...
> Miskien kan Hans van Walvisbaai my help met dié een:
>
> So twee weke gelede het 'n groep swaar gewapende Namibiese
> soldate die grens na Botswana vanuit Caprivi oorgesteek.
> Aanvanklik is gesê hulle is drosters wat nie Kongo toe wil
> gaan nie, maar toe doen hulle aansoek om politieke asiel, en
> nog ander het gevolg.
>

Ons belewe so dikwels die volgende situasie :
Iets kook of broei êrens.
'n Regeringsamptenaar maak 'n verklaring.
Ander amptenare maak weersprekende verklarings.
Die pers tel die storie op
Die NBC (Namibian Broadcasting Corporation) beeldsend hulle weergawe
of bly net stil as dit dalk 'n netelige kwessie is vir diegene aan bewind.
Hierdie keer het die president self die land toegespreek en ons
verseker alles is onder beheer.
Spreek - weerspreek - informasie - disinformasie.
BTW - daar is regtig 'n mxxxxxrse AWOL-ery uit die "magte" nou met die
Kongo storie en so aan.......

> Dit blyk nou dat hulle deel is van 'n groep wat hulle beywer
> vir afskeiding van die Caprivi. Ek hoor Mnr. Sam Nujoma het
> gevra dat die 'terroriste' uitgelewer moet word sodat hulle
> kan teregstaan op aanklagte van moord en hoogverraad.
>
Net die tyd sal leer oor hulle lotsbestemming

> Wat weet jy van hierdie 'Caprivi Bevrydingsleër', Hans? Het
> die 'terroriste' enigsins landmyne oorkant die Okavango gaan
> plant, of boerdery gebiede in Kavango aangeval? Hoekom beskou
> oom Sam hulle as 'terroriste' en nie 'vryheidsvegters' nie?

Niemand weet regtig hoe die mense toegerus is en wat
hulle gedoen het voordat hulle Botswana toe geskuif het nie.
Die skuif was blykbaar haastig.

Dit blyk nou tot almal se verbasing dat hierdie 'n ding is wat
al van ver af kom -
In vandag se koerant (Republikein) :
"Die president van die DTA, mnr. Katuutire Kaura, het die media gister
meegedeel dat die twee partye op 5 November 1964 'n ooreenkoms aangegaan toe
Canu by Swapo aangesluit het."
Die datum van ooreenkoms is nogal 'n rukkie voor die bosoorlog.
Frikkie van Greunen het die hele berig op die NG geplaas. Het jy gesien ??

Daar sal seker nog meer inligting oor vroëere ooreenkomste
met die tyd deursypel.........................
Ek sal my persoonlike siening waag :
Dit wil voorkom asof Mishake Muyongo,
die vorige president van die DTA, moontlik sy oog op die presidentskap
van die land gehad het aan die hand van die 1964 ooreenkoms maar noudat
oom Sam vir 'n derde termyn gaan aanbly, gaan die "pay day" verdwyn.
Vandaar die "afstig" aksie.
Maar soos ek sê - die suiwer my eie spekulasie - dis so 'n tipiese
Afrika scenario.
Die voormalige "bosvegters" klop ook gereeld aan die president se deur
vir hulle "pay".

> Smaak my mos julle Namibiërs is 'n snaakse lot!
>
Nie almal nie - net party. Almal gelyk hier - party net meer gelyk as
ander.

> Terloops, as Caprivi sou afskei, gaan hulle onafhanklik bly,
> of deel word van Botswana, of selfs Zambië?
>
Nee man, Mishake Muyongo wil sy eie mishoop hê noudat die DTA
hom as president gepos het - juis omdat hy die Caprivi snaar begin
tokkel het.

Die legkaart word nog gebou maar ek twyfel sterk of Mishake Muyongo
se idees enigsins inslag sal vind - 'n Namibië (Suidwes) sonder sy Caprivi
???
Aikona.

Groete
Hans
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19159 is 'n antwoord op boodskap #19124] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Die Republikein 12 Nov 1998

Henri - hier's nog.

Skote in Caprivi
'n BURGERLIKE van Caprivi verkeer in 'n bedenklike toestand in die hospitaal
op Katima Mulilo nadat hy deur lede van die Namibiese Polisie geskiet is
tydens 'n nagtelike operasie teenaan die grens met Botswana.

Nuus oor dié voorval by Makanga in Caprivi het gister saamgeval met die
eerste berigte van 'n groep van sowat eenhonderd vroue en kinders wat na
Botswana uitgewyk het om te vra vir beskerming teen die Namibiese regering.
Sowat vierhonderd Namibiërs het tot gister na Botswana uitgewyk as politieke
vlugtelinge.

Die polisiehoofkwartier in Windhoek het gister bevestig dat versterkings in
Caprivi ontplooi is, maar kommentaar is weerhou oor 'n spesiale operasie wat
in die streek gelas is in ondersoeke na 'n sameswering tot afstigting.

Die hoofwoordvoerder van die Polisie, hoofinsp. Hophni Hamufungu, was nie
gister bereid om kommentaar te lewer op aantyginge deur die President van
die DTA, mnr. Katuutire Kaura, dat sowat drieduisend Capriviane in hegtenis
geneem is vir ondervraging nie.

"Ek weier om kommentaar te lewer. Indien daardie mense enige bewyse het,
moet hulle dit kom voorlê. Ons sal die publiek op die regte tyd inlig oor
wat gedoen word. Daar is te veel politici wat nou oor hierdie aangeleentheid
die bal wil speel. Ek wil nie in 'n politieke gesprek betrokke raak nie,"
het insp. Hamufungu aan Republikein 2000 gesê.

Volgens hom word verskeie gerugte en aantyginge nou teen die polisie
versprei. Hy meen die Polisie se optrede in Caprivi getuig van vreedsaamheid
en ordentlikheid teenoor burgerlikes.

"Hoekom het ons nie 'n kordon by die grens opgerig as ons so sleg was nie?
Ons het nie en ons gaan ook nie, want ons verstaan ons binnenslandse
politiek."

Volgens insp. Hamufungu is die huidige operasie in Caprivi daarop gemik om
die feite te bepaal oor die sameswering tot afstigting en beweringe van
militêre opleidingsgeriewe in die streek. "Ons treiter nie mense soos beweer
word nie."

Die ontplooiing van polisieversterkings is deur insp. Hamufungu bevestig,
maar hy het nie getalle verstrek nie.

Republikein 2000 beskik egter oor inligting dat polisiemanne uit alle
uithoeke van die land "oproepinstruksies" vir diens in Caprivi ontvang het
en dat die getal polisiemanne en lede van die Spesiale Veldmag in die streek
nou op meer as 'n duisend beraam word.

Die versterkings is volgens hom daarop gemik om die veiligheid van die mense
in Caprivi te waarborg.

Ook die skietvoorval waarin 'n man ernstig gewond is, is deur insp.
Hamufungu bevestig. Hy kon nie besonderhede verstrek nie.

Volgens inligting is mnr. Peter Lamina Saterdag kort ná middernag naby
Makanga raakgeskiet.

'n Grenspatrollie van die Namibiese polisie het blykbaar ondersoek gaan
instel na beweringe dat 'n militêre opleidingskamp naby Makanga bestaan.
Mnr. Lamina en van sy vriende was in die omgewing en het op die vlug geslaan
toe hulle die polisiepatrollie gesien het. Verskeie skote is glo deur die
polisie op hulle gevuur en mnr. Lamina is swaar gewond.

Hy word onder polisiebewaking in die hospitaal op Katima Mulilo behandel.
Re: Afskeiding van Caprivi? [boodskap #19160 is 'n antwoord op boodskap #19124] Do, 12 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" skryf:

> Skote in Caprivi
> 'n BURGERLIKE van Caprivi verkeer in 'n bedenklike toestand in die hospitaal
> op Katima Mulilo nadat hy deur lede van die Namibiese Polisie geskiet is
> tydens 'n nagtelike operasie teenaan die grens met Botswana.

Sulke fasciste!! Wat is volgende - hakkejag operasies anderkant die Chobe?
Dis tyd dat die VVO kennis neem. Resolusie 435(II), met Antie Sarie wat kom
ondersoek instel. Ek stel 'n internasionale sportboikot teen Namibië voor!!

Terwyl almal nou tot stryde in Suidelike Afrika toe tree, kan oom Jonas mos
die arme Capriviane kom uithelp. Hy ken immers die Caprivi goed, soos ek
verstaan. En daar is darem seker nog 'n paar olifante vir 'n oorlogspoging,
of hoe?

Groete, en hou my op hoogte, asb.

Henri Burger
VRYHEID vir CAPRIVI!!
Vorige onderwerp: Re: Afskeiding van Caprivi?
Volgende onderwerp: zuid afrikaans
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 14:19:43 MGT 2024