Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » briefie vir oorle oom kaspaas
briefie vir oorle oom kaspaas [boodskap #19126] Wo, 11 November 1998 00:00
hen...  is tans af-lyn  hen...
Boodskappe: 133
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Senior Lid
hallo oom kaspaas,

ek is baie bekommerd oorlat oom sommer so verdwyn het. ek het die
briefie al twee keer vir oom geskryf, maar vanlat die weerlig vir
mweb gebliksem het, gaan my pos nêrens nie. 'skuus vir die taal,
oom, maar my pa sê dis wat gebeur het. hy sê ander goed ook van
mweb, maar my ma sê sy was my mond met seep uit as ek dit sê.

hoekom ek laas geskryf het was oor oom my nog 'ou seun' genoem het.
dit klink vir my so vaderlik. ek wou sê paternalisties, maar weet
nie of 'n mens se mond daarvoor uitgewas kan word nie.

wat ek eintlik wou sê is dat my pa sê hy ken vir oom. hy sê oom was
jare der jare gelede in die landbou weekblad gewees. hy sê oom kon
vreeslik nonsens praat. hy sê oom se str.., e, nonsens pratery het
oom altyd in die moeilikheid by die antie gebring.

my pa kan nie meer haar naam onthou nie, maar hy dink dit was hessie.
toe dink ek ek moet oom waarsku, want hier is ook 'n antie hessie op
die nuusgroep. as oom aanhou nonsens praat soos laas, gaan sy met oom
maak soos die weerlig met mweb gemaak het. en mweb praat nou al twee
weke lank nie. dog ek sê maar net, oom.

oom moet verskoon dat ek in klein letters skryf, maar my pa-hulle
slaap al, en ek wil hulle nie wakker maak met 'n skree�ry nie. my pa
wil nie hê ek moet so laat op die komper werk nie, netnou gaan kyk ek
na die kaal meisies. ek weet nie hoekom warrie hy so nie, want hy het
mos daai bybie sitter program opgesit.

koebaai oom. ek gaan nou eers kyk of daai bybie sitter nie dalk sit en
slaap nie.

hennerietjie

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: briefie vir oorle oom kaspaas [boodskap #19127 is 'n antwoord op boodskap #19126] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
hen...@pixie.co.za wrote in message ...
> hallo oom kaspaas,
>

> my pa kan nie meer haar naam onthou nie, maar hy dink dit was hessie.
> toe dink ek ek moet oom waarsku, want hier is ook 'n antie hessie op
> die nuusgroep. as oom aanhou nonsens praat soos laas, gaan sy met oom
> maak soos die weerlig met mweb gemaak het. en mweb praat nou al twee
> weke lank nie. dog ek sê maar net, oom.

Henri,
As my geheue tog maar net wil saamspeel vanaand.............

Oom Kaspaas was getroud met tant Gesie en dit was Nefie - die skraal outjie
met die sigaret hangende uit die mondhoek - wat altyd te laat gewaarsku het
dat die tante op pad is.
Die tante is geteken as 'n regte gewigtige "boesem" figuur, net die enkels
en vellies het onder die rok uitgesteek en die rok was toegeknoop tot onder
die ken. Sy was haastig - met die humeur ook - en het ALTYD haar grasbesem
in die HANDE gehad. (Sy't nie op hom gery nie ..................)

Gegroet
Vorige onderwerp: Van Bees aan die tannie met die kristalbal
Volgende onderwerp: Identiteits krisis! - uitdaging
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Jun 16 05:32:48 MGT 2024