| Mag ek vra ???? [boodskap #18905 is 'n antwoord op boodskap #18906] |
Wo., 04 November 1998 00:00  |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
|
Volle Lid |
|
|
Een aspek van die Afrikanergemeenskap buite S.A. waaroor ek nog niks op die
nuusgroep gesien het nie, is hoe julle mense by kerke inskakel. Katolieke
gelowiges weet ek het wêreldwyd nie 'n probleem met inskakeling op vreemde
plekke nie maar die Protestante afdeling het nogal 'n probleem veral in
Europa.
Daar was onlangs 'n artikel oor die Londonse kerkgemeenskap in 'n plaaslike
tydskrif en as ek nou reg onthou, is 'n predikant op permanente basis daar
gevestig.
Wat is julle situasie in die VSA, Kanada en Australië ??? Hoe raak die
plaaslike landswette godsdiens daar ? In die verband haal ek graag my
dogter vanuit Benova op die Australiese ooskus aan - sy en haar gesinnetjie
het by die Presbiteriaanse gemeente aangesluit : (In S.A. was hulle in die
Hervomde Kerk)
"Ons totale gemeente bestaan tans uit ongeveer 42 lidmate, meesal oumense en
meesal ouer dames !-)!
Maar ons wag en bid vir 'n algehele herlewing (wereldwyd) en slaag daarin om
weekliks ons begroting van $1200 te haal. Dit is met Genade van Bo alleen!
Ons het slegs 5 gesinne met kinders in die kerk (13 kinders in totaal), en
dit sluit die dominee se 2 kinders in. Dit is ook baie moeilik om
evangelisasie werk hier te doen, eerstens omdat ons aangewese is op metodes
soos pamflette (gemorspos), en advertensies in koerante. Die wet op
privaatheid verbied meeste ander metodes en finansieel laat ons gemeentetal
dit eenvoudig net nie toe om te doen wat ons graag wil doen nie. Tog gee 60
persent van ouers wat hul kinders in skole inskryf hul godsdiens aan as
"Presbyterian", maar die wet op privaatheid verbied die skole om enige name
of adresse aan ons te verskaf, hetsy deur die kinders of op enige ander
wyse, en die wet op godsdiensvryheid verbied ons om deur die skool die kerk
of die Christendom te promoveer? "
Einde van aanhaling.
Hoe gaan dit by julle en wat doen julle ?
Hans
(Haal die water uit my adres vir direkte pos - dis net daar om spammers te
versuip)
|
|
|
|
| Re: Mag ek vra??? [boodskap #18906 is 'n antwoord op boodskap #18905] |
Wo., 04 November 1998 00:00   |
Coetzee, Jacob Carl
Boodskappe: 17 Geregistreer: Junie 1998
|
Junior Lid |
|
|
> Een aspek van die Afrikanergemeenskap buite S.A. waaroor ek nog niks
> op die
> nuusgroep gesien het nie, is hoe julle mense by kerke inskakel.
> Katolieke
> gelowiges weet ek het wereldwyd nie 'n probleem met inskakeling op
> vreemde
> plekke nie maar die Protestante afdeling het nogal 'n probleem veral
> in
> Europa.
>
Ek woon in Singapoer. Daar is godsdiensvryheid hier, en alle vorme word
bedryf. Hier is Moslems, Hindu's, Boeddhiste, en seker nog andere. Tog
groei die Chritelike geloof geweldig hier, en oral ontstaan nuwe
gemeentes. Die charismatiese kerke geniet die meeste aanhang.
Ons is in 'n Anglikaanse Kerk (ons was NG) met een Engelse en een
Sjinese dominee. (Die ou Engelsman het terloops sy roeping ontvang
terwyl hy in Kaapstad vir Woolworths gewerk het.) Die kerk is 80 jaar
gelede deur die Britse magte gebou, en is nou 'n nasionale monument. Dis
groot en pragtig. Daar is twee dienste op 'n Sondagoggend, en die een
wat ons bywoon, is altyd stampvol. Die lidmate is omtrent 80% expats, en
kom van Amerika, Kanada, Engeland, Australie, Nieu Seeland en SA (daar
is minstens 5 SA gesinne in die gemeente), maar ook van ander dele van
Europa. Baie van die gebruike en rituele herinner sterk aan dinge wat
ons in die NG kerk doen. Ek sou se dat ons dienste 'n mengsel van die
tradisionele en die kontemporere is. Daar is ook 'n goeie
Sondagskoolprogram vir die kinders.Ons dink ons nuwe kerk is wonderlik!
JC
|
|
|
|
| Re: Mag ek vra ???? [boodskap #18949 is 'n antwoord op boodskap #18906] |
Do., 05 November 1998 00:00   |
Hans
Boodskappe: 68 Geregistreer: September 1998
|
Volle Lid |
|
|
Johan wrote in message ..
> Ons is baie gelukkig in die United Methodist Church.
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Dankie vir jou bydrae, Johan. Ek voeg dit by die ander in my argief oor
hierdie onderwerp. As ek genoeg bydraes hieroor kry, sal ek dit graag wil
gebruik in die maandelikse wyksbyeenkoms. Wat aanleiding gegee het tot
hierdie vraag op die NG is my dogter se verslaggie uit Benova op die
Australiese ooskus. Ek haal haar aan : (Hulle het by die Presbiteriaanse
Kerk ingeskakel)
". Ons totale gemeente bestaan tans uit ongeveer 42 lidmate, meesal oumense
en meesal ou tannies! :-)!
Maar ons wag en bid vir 'n algehele herlewing en slaag daarin om weekliks
ons begroting van $1200 te haal. Dit is met Genade van Bo alleen! Ons het
slegs 5 gesinne met kinders in die kerk (13 kinders in totaal), en dit sluit
die dominee se 2 kinders in. Dit is ook baie moeilik om evangelisasie werk
hier te doen, eerstens omdat ons aangewese is op metodes soos pamflette
(gemorspos), en advertensies in koerante. Die wet op privaatheid verbied
meeste ander metodes en finansiel laat ons gemeentetal dit eenvoudig net nie
toe om te doen wat ons graag wil doen nie. Tog gee 60 persent van ouers wat
hul kinders in skole inskryf hul godsdiens aan as "Presbyterian", maar die
wet op privaatheid verbied die skole om enige name of adresse aan ons te
verskaf, hetsy deur die kinders of op enige ander wyse, en die wet op
godsdiensvryheid verbied ons om deur die skool die kerk of die Christendom
te promoveer? "
Vriendelike Suidwester groete
Hans
|
|
|
|
| Re: Mag ek vra ???? [boodskap #18950 is 'n antwoord op boodskap #18906] |
Do., 05 November 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: Augustus 1996
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 4 Nov 1998 08:16:42 +0200, "Hans"
wrote:
|Een aspek van die Afrikanergemeenskap buite S.A. waaroor ek nog niks op die
|nuusgroep gesien het nie, is hoe julle mense by kerke inskakel. Katolieke
|gelowiges weet ek het wêreldwyd nie 'n probleem met inskakeling op vreemde
|plekke nie maar die Protestante afdeling het nogal 'n probleem veral in
|Europa.
|
|Daar was onlangs 'n artikel oor die Londonse kerkgemeenskap in 'n plaaslike
|tydskrif en as ek nou reg onthou, is 'n predikant op permanente basis daar
|gevestig.
|
|Wat is julle situasie in die VSA, Kanada en Australië ??? Hoe raak die
|plaaslike landswette godsdiens daar ?
Ons het die geel bladsye oopgeslaan en gekyk wat beskikbaar is en die
Methodiste Kerk het naaste aan die NGK vir ons gelyk. Ek het die
pastoor gebel en ons het hom gaan sien, baie van sy siening gehou en
besluit om sy kerk by te woon. Binne 'n paar maande het ons as
lidmate by die kerk aangesluit.
Ons is wonderlik ontvang en die deel wees van 'n gemeente het on ook
gehelp om deel te word van die Amerikaanse gemeenskap, al is ons maar
kort hier.
Ons ken al so baie mense - verlede winter is ons byvoorbeeld uitgenooi
na die eindstryd van die Footbal season! Groot geselligheid wat net
vir 'n groep vriende bedoel is en waar ons reeds by ingetrek is. Ons
kan regtig nie kla nie.
Die kerk self en sy liturgie is 'n "ontspanne" weergawe van die NG
kerk - sonder fieterjasies en burokratiese vergadering-vergadering
speel. Ek word nie aangespreek as ek nie 'n das aan het nie -
trouens, meeste van die somer het meeste mans kortbroek en sneakers in
die kerk aangehad.
Godsdiens vind glad nie in die skole plaas nie. Ons het besluit om
dit maar in die positiewe lig te sien dat dit ook ons kinders beskerm
van ander vreemde invloede. Hulle is in elk geval genoeg betrokke by
die kerk.
Ons is baie gelukkig in die United Methodist Church.
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: Mag ek vra ???? [boodskap #19315 is 'n antwoord op boodskap #18906] |
Ma., 23 November 1998 00:00  |
Willy Verplancke
Boodskappe: 2 Geregistreer: November 1998
|
Junior Lid |
|
|
> Dit herinner aan die uitspraak van die ouderling toe die eerste Afrikaanse
> vertaling van die Bybel verskyn het: "As Hollands goed genoeg was vir Moses,
> is Hollands goed genoeg vir my".
>
> Groete, Leendert
>
Hoe kan ek meer informatie bekom oor die eerste Afrikaanse Bybelvertaling
van S. Dutoit?
Willy
|
|
|
|