Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Meer BEES
Meer BEES [boodskap #18904] |
Wed, 04 November 1998 00:00  |
Bees
Boodskappe: 186 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Dagse, Bees hier.
Uit my vorige bydrae: "om sinvol gedagtes te deel oor die motiverings,
ervaringe, uitdagings en nadenke wat saamgaan met landsverlating."
Nou ja, ek het nooit kon dink ek sal bydraes oor hoenders en volstruise
ontlok nie. Iemand het selfs sy/haar sielkunde 101 handboek afgestof en 'n
iets kwytgeraak oor Maslow.
Die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaners oftwel BEES kan lyk my maklik (of
maklik aspris?) misverstaan word.
Die "bevryding" het wel 'n bietjie te doen met bly of gaan; maar dit het
alles te doen met dink, dink, dink, besluit, doen.
Daar is niks fout met bly (of gaan) opsigself nie; ek dink daar is fout as
iemand kerm en kla oor hoe vrot dit gaan in SA en dan maar net daar sit. En
ek is bevrees dit is wat ek gereeld hoor uit SA. (Ek weet daar is mense wat
nie regtig 'n keuse het nie, ek praat van die wat wel 'n keuse het.)
Bevryding kom uit die uitvoering van 'n weldeurdagte besluit, al gaan dit
maar broekskeur vir 'n ruk.
Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
patriotisme is 'n meulsteun.
Dink waaroor jy kan dink, en doen wat jy dink is reg...
Tot later,
Bees
Ruimtevaarder : Planeet Aarde
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Meer BEES [boodskap #19067 is 'n antwoord op boodskap #18904] |
Mon, 09 November 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Bees wrote:
>
> lou wrote in message ...
>> Bees bulk:
>>>
>>> Hou op kla, of kry jou ry is my raad vir die in SA. Grense is historiese
>>> oorblyfsels, daargestel lank voor my en jou tyd. Vals en ongegronde
>>> patriotisme is 'n meulsteun.
>>>
>>
>> Hey Boetie - ek betaal helfte van my salaris aan direkte belasting en
>> helfte van dit wat oorbly aan indirekte belasting. Ek dink ek verdien
>> die reg om oor die regering en die omstandighede te kla. Ek betaal
>> f**'en heeltemal genoeg vir daardie reg.
>>
>> So beesblaas - waneer waai jy? Dat ek kan ophou om vir 'n deel van jou
>> studies te betaal.
>
> Lou, jy is net so ver vannie wa af soos die kristal bal tannie. Lees my
> bydrae weer mooi. Dit is geskryf vanuit die oogpunt van iemand wat al 'n ruk
> weg is en bietjie daaroor gedink het.
>
> Ek is in 1994 weg.
>
> Tot later
>
So ek het so pre-1994 jou studies betaal. Ek is nog hier, ek dra my
beskei deeltjie by, al is dit nou net 75% van my damn salaris waarvoor
ek my gat afwerk so ek sal moan. Wat meer is as wat ek van jou kan sê.
Jy het gewaai maar moan nog steeds.
Cheers
Lou
|
|
|
Re: Meer BEES [boodskap #19068 is 'n antwoord op boodskap #18904] |
Mon, 09 November 1998 00:00  |
Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264 Geregistreer: February 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Lou skryf:
In article 36469...@hotmail.DING.com
> Ek is nog hier, ek dra my beskei deeltjie by, al is dit nou net 75% van my
> damn salaris waarvoor ek my gat afwerk so ek sal moan.
Een of ander finansiële boffin wys nou die dag op 'n radioprogram daarop dat
die tipiese middelklasgesin van daardie belasting ook slegs 10c in die Rand
terugkry in die vorm van regeringsdienste - en dit is al vir dekades so.
Seg die boffin: "Daar is geen ander ekonomie in die wêreld waar herverdeling
op so 'n groot skaal vir so lank volgehou is nie".
Groete, Leendert
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:55:30 UTC 2025
|