Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Statistiek van die kantlyn af
Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18947] Do, 05 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Sedert 31 Oktober tot middernag op Woensdag 4 Nov het ons meer bekende
groepgenote se plasings die volgende statistiek gelewer :

GLOUDINA - 18 plasings.
Foksie het 9 keer geblaf. Sy het 6 gedigte geplaas. Sy het 1 vraag
gevra - wat beteken hakahana ? Sy het 1 advertensie van Petrus Jonker
onderskryf. Sy het 1 nuttige stukkie geskiedenis omtrent die Anglo
Boereoorlog aangehaal.

RUSTIGE JOHAN het net 1 keer gekreun na 'n skop op die maermerrie.

FRIKKIE POTGIETER het ons 2 keer herinner dat hy en die Niemollers aandag
nodig het.

BOKKIE het 4 keer gekultiveerd verskyn wat ook 'n uitnodiging na 'n
Nederlandse groep insluit. Kragties ou, ons het nie tyd oor om mekaar nog
in Nederlands ook sleg te sê nie. Ons swets heel gemaklik in Afrikaans.
En hier in Namibië praat die manne doodgewoon Afrikaans en Duits - wat is
"Rechtsschreibereform" ??? Kan mens siek word daarvan ??

SECRET SQUIRREL het 9 keer probeer om die politiek te verduidelik / uit te
sorteer. (Anglisisme !!)

FERDI - 26 )
GIDEON - 5 ) Is.....Issie.....Dissie so nie....Ek het nie dit
gesê nie.....
LEENDERT - 41 ) Jy het, vra vir XYZ.....ens ens, ens, ens, ad
nauseum.
LOU - 13 )
Julle stouterts - kom was nou die modder van julle hande en gesigte af en
drink dan julle kasterolie.

NUWESANER het sonder om te klop die deur oopgeskop en 34 sielkunde lesings
gelewer. Om die reaksie van sy studente te toets en vir die spaas daarvan,
sommer die brandkrane ook oopgedraai.

PETRUS JONKER is duidelik nog 'n jongeling onder die groentjies. Verbeel
jou - hy probeer 19 keer - sommer op een dag nogal - smous met goedere op
die NG. Ou Peet, teen hierdie tyd moes jy al uitgevind het dis
ONMOONTLIK om selfs 'n mening hier te smous.....................Hou moed.
Gloudina het blykbaar na jou skooladvertensie gaan kyk want sy het dit
herpos. So jou telling skuif op na 20.

Randeier KASSIE / KALLIE (gedink hy's Kaspaas tot en met sy inlywing) - zero
telling.
Shame, ons moes hom seker vertel het waar's die brieke VOORDAT ons die
doringtak onder sy donkie se stert ingedruk het.

Nuweling BEES het blykbaar onttrekkingsimptome ontwikkel nadat hy in die
ribbes gegaffel is.
Sedert 31 Okt net EEN plasing. Nou wonder hy oor die beroering terwyl hy
rustig aan sy ma suip.
Kalfie - jy was regoor die suiptrog toe jou maag laas saamgetrek het - nou
wonder jy nog.

Die van julle wat hierdie keer nie die statistiek gehaal het nie, resorteer
tot die STIL MEERDERHEID waartoe ek nou-nou terugkeer.

Amper vergeet ek. 'Skuus. Behalwe dat dit na 'n normale
familiebyeenkoms begin klink as mens die span opsom, moet ek nog iets kry
waarop ek die statistiek kan toepas. Dis die lekker van statistiek

Groetnis
Oom Hans
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18977 is 'n antwoord op boodskap #18947] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

zelfs de boezem kwam op recordhoogte,

Ikzelf woon aan
> een boezemvaart


Arthur, verduidelik asseblief die gebruik
van die woord "boezem" hier.

Gloudina
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18979 is 'n antwoord op boodskap #18947] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hjalmar Gerber  is tans af-lyn  Hjalmar Gerber
Boodskappe: 72
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Volle Lid
Vrae aan Arthur Hagen:

Wat was die toestand met die onlangse oorstromings ?

Was enige polders onder bedreiging ? Waar presies
woon jy ?

Ek wil net weet, want ek het vriende wat in die Ooy-polder
by Nijmegen woon. In Februarie 1995 moes hulle ontruim,
want die ou Waal-dyk was besig om the verkrummel. 'n Nuwe
dyk is intussen daar gebou.

Dankie.

Hjalmar
________
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18980 is 'n antwoord op boodskap #18947] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
lou writes:

> gide...@usa.net wrote:
>>
>> :START Die nuusgroep is rustig... Gloudien plaas 'n paar gediggies... Johan
>> vertel ons iets van Amerika en hoe die bokke sy tuin verniel...
>> Gloudien slaan... Ferdi
>> slaan... Leendert slaan... ens... Almal is nou so de bliksem in dat hulle
>> besluit hulle mors nie weer hul tyd nie (behalwe Gloudien - sy is die een
>> konstante hier) Die stof gaan lê Daar lê net lyke orals... O ... hulle is nie
>> lyke nie... hul staan weer op en stof hulself af...
>>
>> GOTO START


Ja, Gideon, maar jy het vir Lou vergeet.
Hy is soos daardie legendariese vegters,
die San, met hulle gifpyle. Hy kyk eers
die kat goed uit die boom uit, sluip
dan op en tref sy prooi skuins van agter.
En verdwyn weer in die bosse. Hy is meestal,
soos die Engelsman sê, 'n "moving target."

Die tannie wat haar pyle ook soms
in gif dip.
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18981 is 'n antwoord op boodskap #18947] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
>
> Arthur, verduidelik bietjie meer. Om
> die watergange gebaggerd te kry, beteken
> dit dat dit ook dieper gemaak gaan word,
> of net dat rommel daaruit geneem word.
> Het mense vantevore hulle rommel wel in
> die water gegooi?
>

De watergangen worden weer op diepte gebracht. In de loop de jaren (soms is
er sinds mensenheugenis niet meer gebaggerd) komt er een hoop vuil op de
bodem terecht: bladeren van bomen die niet volledig verrotten, zand en stof
dat van wegen en de oevers afspoelt, dode algen en waterplanten die bezinken
en de troep die erin waait of die mensen erin gooien.

Je komt van alles tegen; fietsen, winkelwagentjes, gekraakte kluisjes,
parkeermeters (vaak met het geld er nog in), gezonken bootjes, rollen
tapijt, koelkasten etc, etc. Deze zomer haalden we een flink aantal kisten
met handgranaten boven water (in de meidagen van 1940 gedumpt om niet in de
handen van de Duitsers te laten vallen), vorige week nog een brisantgranaat
(de EOD heeft de handen vol aan ons :-) en vorig jaar haalden we een "verse"
riot gun uit de gracht: kon zo weer worden gebruikt. Ach, zo blijft je werk
tenminste 'n beetje spannend.

Groeten,
Arthur
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #18982 is 'n antwoord op boodskap #18947] Vr, 06 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Hjalmar Gerber heeft geschreven...
> Vrae aan Arthur Hagen:
>
> Wat was die toestand met die onlangse oorstromings ?

>
> Was enige polders onder bedreiging ? Waar presies
> woon jy ?

>

Ik woon in Den Hoorn, in het Westland (iets ten westen van Delft). Op 13
september hadden we hier een record regenbui: meer dan 100 mm in een nacht.
Het watersysteem kon zoveel water niet aan. Het waterpeil in alle polders
kwam veel te hoog en zelfs de boezem kwam op recordhoogte, waardoor polders
met lage kades met overstroming werden bedreigd. Delen laag gelegen
boezemland, met name rond De Lier, kwamen blank te staan. Ikzelf woon aan
een boezemvaart en toevallig was vorig jaar de kade opgehoogd met 'n
centimeter of 20, want anders hadden we het nieuwe laminaat op de vloer nu
al kunnen vervangen :)

In Den Haag, waar ik werk voor de afdeling Waterbeheersing van de gemeente,
liet het water zich ook niet beheersen :( Het waterpeil in de polders kwam
heel hoog, een paar huizen liepen onder en een parkeergarage liep vol, maar
gelukkig bleven echte overstromingen uit.

Onlangs regende het in het noorden van het land zeer hard, vooral de
provincie Drenthe had het zwaar te verduren, een hoop mensen hadden water in
huis en de bietencampagne in Groningen werd afgelast omdat vrijwel de hele
oogst onder water lag te verpieteren.

Door hevige regenval in Duitsland waren daar langs de Rijn ook
overstromingen, maar het peil in de Rijn bij Lobith heeft niet het peil van
1995 bereikt.

>
> Ek wil net weet, want ek het vriende wat in die Ooy-polder
> by Nijmegen woon. In Februarie 1995 moes hulle ontruim,
> want die ou Waal-dyk was besig om the verkrummel. 'n Nuwe
> dyk is intussen daar gebou.
>

In 1995 was het echt spannend. Ik zat toen in militaire dienst en heb
geholpen met de aanleg van de nooddijk in Kampen.

Ik denk overigens dat de term "verkrummel" de situatie niet goed weer geeft
(bij verkruimelen denk ik aan iets "droogs"). De dijken waren verzadigd met
water en werden daardoor papperig.

Groeten,
Arthur
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19009 is 'n antwoord op boodskap #18947] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Arthur Hagen" writes:

Vanuit de boezem (waarop dus een groot aantal polders
> hun water lozen) wordt het water naar zee of naar een rivier gemalen.

Arthur, vireers wil ek vir jou sê dat
dit vir 'n Afrikaner vreemd is as jy van
"malen" praat wanneer ons dink dat jy
"pomp" bedoel. Het julle ook die uitdrukking
"dit word na die see gepomp" en is die
woord "maal" verskillend daarvan? In Afrikaans
word die werkwoord "maal" amper altyd vir die
Engelse "grind" gebruik.

Kan jy ook vir my sê wat die Nederlandse
woord "griend" (of "grient"?) beteken. Dis
gebruik deur mense wat vir ons na hulle
"cottage" in die platteland geneem het, en
hulle het altyd gesê hulle gaan na die
"griend."

Kan jy vir my ook sê of die malen/pomp van
die water deur elektrisiteit gedryf word? En,
as dit nou deur elektrisiteit gedoen word,
wat gebeur as julle elektrisiteit afgaan? Ek
neem aan in die ou dae voor elektrisiteit
was dit deur windmeulens gedoen?

Gloudina
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19010 is 'n antwoord op boodskap #18947] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina heeft geschreven...
>
> Arthur, verduidelik asseblief die gebruik
> van die woord "boezem" hier.
>

Zoals je weet ligt Nederland voor een groot deel onder de zeespiegel. De
diepere delen noemen we polders. Nu liggen die polders in de regel niet
direct aan zee, dus moeten ze hun water naar het omringende oppervlaktewater
uitslaan: de boezem. Vanuit de boezem (waarop dus een groot aantal polders
hun water lozen) wordt het water naar zee of naar een rivier gemalen.

Hier in Delfland is het boezempeil 0,40 meter onder NAP (gemiddeld
zeeniveau). De polders liggen meestal enkele meters (ruwweg 1 tot 4 meter)
lager. Binnen een polder liggen soms stukjes nog lager. Als zo'n stukje een
eigen waterpeil (dus een eigen gemaal of pomp) heeft noemen we dat een
onderbemaling. Soms liggen stukken land een stuk hoger dan de boezem
(bijvoorbeeld tegen de duinen aan), in tijden van droogte moet daar water
naartoe worden opgemalen of gepompt, vandaar dat we dat opmalingsgebieden
noemen. In het boezemgebied liggen ook stukken land die direct op de boezem
afwateren, dat is het zogenaamde boezemland. En dan zijn er nog buitendijkse
gebieden :)

Ik heb maar even een schetsje gemaakt en zo maar ergens op het net gezet:
http://www.angelfire.com/sd/camaroclub/images/polder.jpg

Groeten,
Arthur
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19039 is 'n antwoord op boodskap #18947] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Arthur Hagen  is tans af-lyn  Arthur Hagen
Boodskappe: 559
Geregistreer: Julie 2001
Karma: 0
Senior Lid
Gideon heeft geschreven...
>
> Ek woon hier in Lelystad (op die polders) waar so 'n paar jaar gelede nog die
> Suidsee was.

'n paar jaar? Zuidelijk Flevoland is al meer dan dertig jaar geleden
drooggelegd! Bovendien heette de Zuiderzee toen al meer dan 35 jaar
IJsselmeer..... ;-)

> Hier by ons staan 'n klomp windturbines wat elektrisiteit opwek,
> maar soos ek verstaan ook elektriese pompe aandryf. Ons Suid-Afrikaanse
> konsep van Elektrisiteit opwek en dan iets doen is soms nogal vreemd hier.
> Een van hul primere bronne van krag is en bly nog steeds die wind. As jy byna
> enige plek in Nederland ry (veral in die Noorde) staan daar honderde
> windturbines. Ek het 'n paar foto's wat ek sal skandeer en dit op die
> nuusgroep plaas.
>

Het lijkt me wel leuk om je foto's te zien, ik ben best benieuwd naar wat
een Zuid Afrikaan in Nederland leuk/bijzonder vindt.

Zo op het eerste gezicht lijkt het er misschien op dat er veel energie uit
wind wordt gewonnen, maar in de praktijk valt dit erg tegen. Ik meen dat het
om nog geen fractie van een procent van de gehele energiebehoefte gaat. Ik
heb me wel eens laten voorrekenen dat, zelfs al wordt Nederland volgebouwd
met windturbines tot een hoogte van 300 meter en al wordt ieder zuchtje wind
benut (leuk voor de Duitsers, die wonen dan in de luwte :-), je nog steeds
in maar enkele procenten van die behoefte kunt voorzien. De primaire bron
van electriciteit is nog steeds de gasgestookte electriciteitscentrale.

Groeten,
Arthur
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19040 is 'n antwoord op boodskap #18947] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hag...@my-dejanews.com writes:

Molens malen!

Ja, dis natuurlik vanselfsprekend. Maar in
die SAer se psige het die gemeganiseerde
proses so diep ingekruip, dat hulle nie meer
die werkwoord "maal" by waterbestuur kan
bydink wel. Wel wanneer ons koffie "maal"
met 'n meul.

Ek wonder of jy al ooit in SA was? In SA is
die beheer van water ook baie belangrik, maar
die basiese probleem in SA is om kosbare water
te bring na die dele waar daar nie genoeg is
nie. Ek het grootgeword in die Noordkaap waar
ons omtrent 12 duim per jaar gekry het, maar
in 'n paradys van vrugte en groente gelewe het
omdat daar kanale uit die Oranje (nou Gariep)-
rivier gegrawe is en 'n hele streek besproei
het. (Let wel, meeste van daardie water het as
reen in die oostelike deel van die land geval.)

>> Kan jy ook vir my sê wat die Nederlandse
>> woord "griend" (of "grient"?) beteken.
> Om uitspoeling van de teen van de dijk tegen te gaan (het onderste deel van de
> dijk) werden vroeger gevlochten matten van rijshout (groen wilgenhout)
> gebruikt. Dat wilgenhout was niet dood en ging dus wortelen, vandaar dat met
> name langs rivierdijken buitendijks wilgenbossen ontstonden. Die bossen werden
> grienden genoemd.

Baie dankie vir die verduideliking. Wat 'n
oulike manier om erosie te beheer. Was dit
ook in ander dele van Europa gebruik?

Gloudina
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19041 is 'n antwoord op boodskap #18947] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Eindbestemming onbekend...............

Ek begin hierdie "thread" met 'n indeling van die NG se inwoners.
Leendert belig die NG met 'n helder halogeen lamp wat al die krake uitwys -
briljant.
Ferdi voeg 'n stukkie politiek by.
Ek antwoord maar maak 'n foutjie met die inligting.
Word daarop gewys.
Korrigeer.
Leendert verklap hy't hier skoolgegaan - welkom vir direkte gesels
Leendert. - groete deurgegee aan die Wilkens. Later meer.
Iemand noem moddergooi.
Arthur (welkom uit Nederland) vertel van bagger na aanleiding van die
modder.
Iemand wil weet wat haal hy saam met die modder uit.
Dyke, laaglande, boesems, hooglande kom ter sprake.
Taalaspekte - hulle maal en ons pomp.

En dis nou plus minus waar ons nou trek - kyk waar het ons begin.
Nou wonder mense hoekom ek somtyds so drink............
Dis seker hoekom 'n NG verslawend kan wees.

Vriendelike Suidwester groete
Hans
(Vermy die water in my adres vir direkte pos)
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19042 is 'n antwoord op boodskap #18947] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
hag...  is tans af-lyn  hag...
Boodskappe: 1
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Gloudina heeft geschreven:
> "Arthur Hagen" writes:
>
> Vanuit de boezem (waarop dus een groot aantal polders
>> hun water lozen) wordt het water naar zee of naar een rivier gemalen.
>
> Arthur, vireers wil ek vir jou sê dat
> dit vir 'n Afrikaner vreemd is as jy van
> "malen" praat wanneer ons dink dat jy
> "pomp" bedoel. Het julle ook die uitdrukking
> "dit word na die see gepomp" en is die
> woord "maal" verskillend daarvan? In Afrikaans
> word die werkwoord "maal" amper altyd vir die
> Engelse "grind" gebruik.
>

Later in je plasing gaf je eigenlijk zelf het antwoord al: vroeger was het
enige soort pomp dat we kenden on grote hoeveelheden water te verpompen de
windmolen. Molens malen! Later werden de molens vervangen door stoomgemalen
(de term molen kon niet meer worden gebruikt en een echte pomp was het ook
niet: veel te groot), vervolgens werden ze vervangen door dieselgemalen en nu
zijn de meeste gemalen electrisch. Als een gemaal overigens zo klein is dat
ie niet meer in een apart gebouwtje staat, dan noem ik het ook gewoon een
pomp.

> Kan jy ook vir my sê wat die Nederlandse
> woord "griend" (of "grient"?) beteken. Dis
> gebruik deur mense wat vir ons na hulle
> "cottage" in die platteland geneem het, en
> hulle het altyd gesê hulle gaan na die
> "griend."

Om uitspoeling van de teen van de dijk tegen te gaan (het onderste deel van de
dijk) werden vroeger gevlochten matten van rijshout (groen wilgenhout)
gebruikt. Dat wilgenhout was niet dood en ging dus wortelen, vandaar dat met
name langs rivierdijken buitendijks wilgenbossen ontstonden. Die bossen werden
grienden genoemd.

> Kan jy vir my ook sê of die malen/pomp van
> die water deur elektrisiteit gedryf word? En,
> as dit nou deur elektrisiteit gedoen word,
> wat gebeur as julle elektrisiteit afgaan? Ek
> neem aan in die ou dae voor elektrisiteit
> was dit deur windmeulens gedoen?
>

In Den Haag zijn alle pompen en gemalen electrisch. Pas, met die grote
hoeveelheid neerslag, hadden we nog in 1 gemaal een dieselvijzel beschikbaar.
Een vijzel is zo'n Archimedes "schroef" om water omhoog te "draaien". In
Nederland gaan we er kennelijk vanuit dat, wat voor rampen er ook gebeuren, de
electriciteitsvoorziening door gaat (gemiddeld zitten we ook niet meer dan 15
minuten per jaar zonder). Kortzichtig.....

Groeten,
Arthur

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Statistiek van die kantlyn af [boodskap #19043 is 'n antwoord op boodskap #18947] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
cafe  is tans af-lyn  cafe
Boodskappe: 3
Geregistreer: November 1998
Karma: 0
Junior Lid
Hans wrote in article
...
> Sedert 31 Oktober tot middernag op Woensdag 4 Nov het ons meer bekende
> groepgenote se plasings die volgende statistiek gelewer :
>
> RUSTIGE JOHAN het net 1 keer gekreun na 'n skop op die maermerrie.
>

Sal maar die skoen aansit as dit my pas. Net gedink dit was nodig om al die
fanmail stop te sit. En al die heen en weer geslegsêery. En die group
terug te kry op die middelweg. Die oefening was nodig om te bewys hoe
eenvoudig dit is om die ANC se kaartehuis uit mekaar te blaas. Mos altyd
die regse tier gespot en maaiu maaiu te se. Klink te veel na Mau Mau. En
die hel bars los op hierdie ng. O hel, kry die CIA en die Mafia - daar kom
'n nuwe politieke party. N.I. lees hierdie ng. Hulle kry toe weke later CD
Vaque se boek en lees dit. Hoe het ek geweet hulle het nie die boek gelees
nie? En toe kom Tutu uit met 'n neutrale WVK verslag. Belangrik vir SA, al
hou julle nie daarvan nie.

Die Dalai Lama, of te wel die Boddhisatva of Compassion, het vir die ANC
gesê dis belangrik om te vergewe. Om eerder 'n rustige Johan te wees en
Compassion toe te pas as om die ANC se internasionale beeld te laat
skadely. Baie eenvoudig met Vaque se boek. Daar is toe Method in my
Madness. Deur vergewindsgesindheid kan 'n mens linkse en regse geweld stop
te sit.

Die maermerrieskop was geprovokeer. Om emotionalisme te bewys. Politieke
leiers, wat haat aanblaas, is besmet daarmee. Hulle noem dit nasionalisme.
Altyd die ander helfte as 'n bogieman te gebruik om stemme te werf. Om die
ander helfte se foute op te blaas, en dan geweld goed te praat. Om hulle
eie egotistiese varksagtigheid te verberg. Die duiwel is in almal van ons.
Dit vat 'n man om dit te erken.

Jesus het 2000 gelede gekom om 2 gebooie van liefde te gee, nie om die Jode
van die Romeine te verlos nie. Tot by sy dood het hy die Romein se oor
aangesit en genees. En slefs na sy dood. Nie baie Christene verstaan dit
die.

Om op die middelweg te bly verg die sterkere. Om met oop oe rond te loop.
Om andere terug te bring na vrede toe vra kennis van jou vyand -
emosionalisme. Trevor Manuel wil Malaysia as voorbeeld gebruik. In die
Vyftigs het die Chinese en die Moslems baklei wie se land dit is. En Dr
Matahir (Spelling) en andere staan op en sny godsdiens uit die politiek
uit. Die land verenig toe. En hulle bou 'n baie pragtige land, met 'n baie
sterk ekonomie op.

M'Beki kan self 'n Madiba word. Volg net Malaysia se voorbeeld. Of
Mauritius, Seychelles, India, Singapore. Die ekonomie moet eerste wees. Nie
om rassisme te bevorder nie. Om dit te kanselleer. Dan sal die ANC 'n nuwe
ANC wees. Ons wil nie die oue he^ nie. Onthou, China wil na 45 jaar die
Tibetaane terug he^. Dit sê iets.

Lees Osho se boek, Priests and Politicians - the mafia of the soul.
www.osho.org
Voer dit self in (veral Tutu en NI) en wees en "become illumined".

Umuntu ubuntu abantu. (Het ek dit reg gespel?)

Vergewe asb. my spelfoute. Sal julle nie verder verpes nie.

En sluit ek weer met 'n lied af....

Ebony and Ivory
Living together in perfect harmony
Side by side om my piano keyboard (dis nou SA)
Why don't we....ens.
Vorige onderwerp: Baklei terug
Volgende onderwerp: ally McBeal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 17:44:22 MGT 2024