Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Om SA te verlaat
Re: Om SA te verlaat [boodskap #18911] Wo, 04 November 1998 00:00
Pierre Conradie  is tans af-lyn  Pierre Conradie
Boodskappe: 11
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
Elke mens moet sy eie prioriteite bepaal, daar is baie voor- en nadele om SA
te verlaat. Ek en my gesin is in Amerika.
My prioriteit en hoogste verantwoordelikheid is die lewenskwaliteit van my
kinders - elkeen moet vir homself besluit, SA was nooit my land nie, slegs
omtrent 2000vkm.
NuweSAner wrote in message ...
> Op Sun, 1 Nov 1998 21:35:01 -0700, "Bees" had de
> volgende te sê:
> |
> |Nou ja, iets oor die Bevryde Eie-denkende Ex-Suidafrikaner(s), oftewel BEES.
> |Op die oomblik het ons, uhhh wel, een lid waarvan ek weet. (Gee kans,
> |dammit.) Ek vermoed egter daar is heelwat closet beeste, en ook ander beeste
> |wat lankal uit die closet is maar nog nie van BEES gehoor het nie.
>
> Ek hou van BEES, veral die Eie-denkende deel daarvan, en die Bevryde
> deel.
> |
> |Ek dink dit kan interesant wees om sinvol
> |gedagtes te deel oor die motiverings, ervaringe, uitdagings en nadenke wat
> |saamgaan met landsverlating.
>
> Ek stem!
>
> Ek dink patriotisme is 'n vlak konsep en kan maklik oorheers word deur
> selfbehoud, maw as jou en jou gesin se voortbestaan, finasieel en
> fisies, te veel bedryg word, is dit maklik om patriotisme, 'n vae
> "gevoel" vir 'n land, eenkant te stoot.
>
> Ek dink patriotisme is heel bo in Maslow se piramiede -
> selfaktualisering. Jy gaan eers daaroor kan sterk voel as jy veilig
> is.
>
> Ek hoop jou bevryding is ook die bevryding van verkramptheid af: die
> vryheid om maar te kan Engels praat as jy wil, na 'n ander kerk toe te
> gaan as jy wil, anderskleurige vriende te hê net omdat jy graag met
> hulle wil assosieer en nie omdat dit die nuwe in ding wir wittes is om
> te doen nie. Die vryheid om cheap wyn by Checkers te koop en dit
> netso te geniet soos die duurste uitvoerwyn wat jou oom vir jouuit die
> Kaap gestuur het.
>
> Maw die vryheid om net jouself te wees, met foute en met liefde en
> warmte om jou medemens te respekteer, al is hy AWB of ANC...
>
> Sjuu, moenie worry nie - ek is nie predikant nie - raak net nou en dan
> weggevoer!
> Groete!
Re: Om SA te verlaat [boodskap #18912 is 'n antwoord op boodskap #18911] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Nov 1998 00:35:00 -0800, "Pierre Conradie"
wrote:

te verlaat. Ek en my gesin is in Amerika.[/color]
> My prioriteit en hoogste verantwoordelikheid is die lewenskwaliteit van my
> kinders - elkeen moet vir homself besluit, SA was nooit my land nie, slegs
> omtrent 2000vkm.>>

En die skole, hospitale, paaie....?
Vorige onderwerp: Kom eens langs
Volgende onderwerp: Nuusbediener (was: Tien redes)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 18:15:13 MGT 2024