Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Normale gedrag
Normale gedrag [boodskap #18798] Ma, 02 November 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
Ek sit noudiedag en dink na oor die mense om my (Suid-Afrikaners en
Nederlanders), en dink to so oor die nuusgroep as 'n refleksie van die
werklikheid. Toe besef ek dat wat ons hier sien, is nie 'n refleksie van wat
mens daar buite sien nie (behalwe miskien in die Russiese Parlement). Hier op
die nuusgroep voel meeste mense voldoende anoniem dat hul kan sê wat hul
dink. Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het? Dink
julle Secret Squirrel sou soveel gemorspos uitbraak as hy nie "Secret" was
nie? Laat waai met julle opinies - dit kan dalk 'n aangename afleiding gee
van die vlammetjies wat die laaste week of so hier rondblaas.

Dit laat my dink aan 'n skets uit een van Douglas Adams se boeke (o - voordat
ek die volgende gebraaide "kopieregdief" word - dit is uit "So long and
thanks for all the fish"). Hy vertel van die man wat by die trienstasie
opdaag - effe vroeg vir die trein. Hy koop vir hom 'n pakkie beskuitjies, 'n
koppie tee en 'n koerant. Hy gaan sit by 'n tafel, maak die koerant oop en
drink rustig aan die tee terwyl hy deur die koerant lees. `n Welgeklede
Engelse besigheidsman vra hom of hy ook daar kan sit. Tot sy uiterste skok
sien hy hoe die man sy pakkie beskuitjies oopmaak, een uithaal en dit eet. Hy
kook, maar glimlag beleefd vir die man, leun oor die tafeltjie en haal ook
een uit. So sit hy en die man en maak ewe beleefd die hele pakkie leeg.
Uiteindelik staan die man op, groet hom vriendelik, neem die leë dosie saam
met hom en gooi dit in die asblik. Toe sy eie tee klaar is, vou hy die
koerant op en ontdek tot sy ontsteltenis dat sy eie pakkie beskuitjies al die
tyd onder sy oop koerant gelê het!!!

-Gideon-
Re: Normale gedrag [boodskap #18799 is 'n antwoord op boodskap #18798] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
midde@in.afrika (NuweSAner) writes:

> Dagdroom: ek sou graag 'n vlieg teen die muur wees as Gloudina,
> Leenderdt, Lou en Ferdi mekaar kon ontmoet
>
> Kyk, niemand van ons is foutloos nie, maar ek dink ons sal tot ons
> verbasing uitvind dat selfs iemand soos die Bouwers daar in Kanada
> eintlik maar goeie mense is.

NuweSAner/Kaspaas het ernstige psigiese
probleme, net soos Frikkie wat nie vir
"Gloudina" uit sy sisteem uit kan kry nie.
Merk op hoe jy noual begin praat van "die
Bouwers" en hoe hulle "eintlik" is.

Gaspard de la Nuit
Re: Normale gedrag [boodskap #18800 is 'n antwoord op boodskap #18798] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
NuweSAner wrote:
> Dagdroom: ek sou graag 'n vlieg teen die muur wees as Gloudina,
> Leenderdt, Lou en Ferdi mekaar kon ontmoet sonder dat hulle weet wie
> hulle gespreksgenote is, lekker gesels oor een of ander belangstelling
> wat hulle deel en dan agterna uitvind dat hulle Dié Gloudina, Lou,
> Ferdi en Leenderdt van die NG is!
>

Miskien moet ons mekaar probeer beskryf:

Gloudina - Ou tannie met 'n hippie haarstyl en blommetjies rokkie.{:-d
Ferdi - Ou omie met hippie haarstyl en blommetjies hempie {:-b
Leendert - Professor met ernstige uitdrukking >:{

> Die ander ding wat my nuuskierig het, is die plasings wat net daarop
> gemik is om reaksie uit te lok - hoeveel van wat hier geskryf word is
> die regte eerlike opinie van die persoon wat dit skryf? Hoeveel mense
> is hier wat met meer as een persoonlikheid deelneem?

Dammit! So jy het agtergekom ek en Ferdi is eintlik dieselfde persoon.
Ek dink dieselfde van Leender en Gloudina! Maar dit is 'n interesante
teorie ...
Re: Normale gedrag [boodskap #18801 is 'n antwoord op boodskap #18798] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
midde  is tans af-lyn  midde
Boodskappe: 49
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Volle Lid
Op Mon, 02 Nov 1998 08:25:16 GMT, gide...@usa.net had de volgende te
sê:
|Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
|mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het? Dink
|julle Secret Squirrel sou soveel gemorspos uitbraak as hy nie "Secret" was
|nie? Laat waai met julle opinies - dit kan dalk 'n aangename afleiding gee
|van die vlammetjies wat die laaste week of so hier rondblaas.

Nee - ek dink nie so nie, Gideon. Die anonimiteit van die
rekenaarskerm, die elektroniese kommunikasie en die skuilname moet tog
'n groot invloed hê op die manier waarop 'n mens kommunikeer.
Dagdroom: ek sou graag 'n vlieg teen die muur wees as Gloudina,
Leenderdt, Lou en Ferdi mekaar kon ontmoet sonder dat hulle weet wie
hulle gespreksgenote is, lekker gesels oor een of ander belangstelling
wat hulle deel en dan agterna uitvind dat hulle Dié Gloudina, Lou,
Ferdi en Leenderdt van die NG is!

Kyk, niemand van ons is foutloos nie, maar ek dink ons sal tot ons
verbasing uitvind dat selfs iemand soos die Bouwers daar in Kanada
eintlik maar goeie mense is.

Die ander ding wat my nuuskierig het, is die plasings wat net daarop
gemik is om reaksie uit te lok - hoeveel van wat hier geskryf word is
die regte eerlike opinie van die persoon wat dit skryf? Hoeveel mense
is hier wat met meer as een persoonlikheid deelneem?

'n Dilemma wat ek dink nog nie heeltemaal opgelos is vir NG
kommunikasie nie, is die probleem dat meeste ouens nie te lang stukke
wil lees en dus ook plaas nie, maar dat baie mense dit ook moeilik
vind om baie te sê met min woorde. As jy oor elke punt breedvoerig
jouself wil duidelik maak, skryf jy naderhand so baie dat niemand dit
wil lees nie.
|
|Dit laat my dink aan 'n skets uit een van Douglas Adams se boeke: Hy vertel van die man wat by die trienstasie
|opdaag - effe vroeg vir die trein. Hy koop vir hom 'n pakkie beskuitjies, 'n
|koppie tee en 'n koerant. Hy gaan sit by 'n tafel, maak die koerant oop en
|drink rustig aan die tee terwyl hy deur die koerant lees. `n Welgeklede
|Engelse besigheidsman vra hom of hy ook daar kan sit. Tot sy uiterste skok
|sien hy hoe die man sy pakkie beskuitjies oopmaak, een uithaal en dit eet. Hy
|kook, maar glimlag beleefd vir die man, leun oor die tafeltjie en haal ook
|een uit. So sit hy en die man en maak ewe beleefd die hele pakkie leeg.
|Uiteindelik staan die man op, groet hom vriendelik, neem die leë dosie saam
|met hom en gooi dit in die asblik. Toe sy eie tee klaar is, vou hy die
|koerant op en ontdek tot sy ontsteltenis dat sy eie pakkie beskuitjies al die
|tyd onder sy oop koerant gelê het!!!
|
Ek het hierdie storie baie geniet, Gideon! Baie dankie! Ek kon nog
nooit veel vat kry aan Douglas Adams nie - dit is mos die selfde ou
wat Hitchhiker's Guide geskryf het...?!?
Groete!
Re: Normale gedrag [boodskap #18802 is 'n antwoord op boodskap #18798] Ma, 02 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
gide...@usa.net writes:

Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
> mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het?

Gideon, jy het nog baie om te leer.
Leendert is op die nuusgroep omdat
Gloudina en Ferdi (en Leswin) op die
nuusgroep is. Hy laaik dit.

Oom Kallie (nie Kaspaas nie. Weet
julle waar "Kaspaas" vandaan kom?
Van die Franse naam Gaspard. Cute
dat Kaspaas Frans is.)
Re: Normale gedrag [boodskap #18851 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 03 Nov 1998 00:06:45 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> gelede hier hof
>> gehou het en die nuusgroep gebruik het as 'n forum om allerhande jongmense te
>> laat bieg en belydenisse braak oor die voordele wat hulle uit "apartheid" sou
>> gekry het.>>
>
>
> Ha,ha,ha...
>
> Leendert, gaan sien die sielkunde-afdeling daar by jou werk by die
> Universiteit van Pretoria. Hulle sal jou dalk kan help.
>
> (Vertel hulle ook sommer van jou siening van so jaar of wat gelede dat
> Hendrik Verwoerd n goeie leier vir Suid-Afrika was.)

Gaan jy enige bewys lewer dat ek ooit so 'n stelling gemaak het?

(Nee. Natuurlik nie. Want ek het nie. ferdi pleeg net weer propaganda.)

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18852 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes: >

> En ja. Verskeie mense het opgelet dat sy en jy die nuusgroep probeer afbaken
> as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar
> gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.

Liewe, Leendert, jy bly in die wolke
van koekoek-land. Twee jaar gelede was
daar soveel "ver-regses" op hierdie
nuusgroep - hulle het private eposte
aan my gestuur en my gedreig. Kort
daarna het ander mense, wie jy nooit
op die nuusgroep sien nie, vir my
geskryf en gevra dat ek nie van die
nuusgroep moet afgaan weens die
aanvalle nie. Dis soos dit twee jaar
gelede gegaan het. En wees eerlik -
jy is op hierdie nuusgroep omdat daar
genoeg stimulerende geselskap is, nie
omdat jy die nuusgroep van die rooies
wil red nie. Maar hoeveel keer het jy
vir my beskuldig dat ek "pienk" is.
Hoeveel keer HET jy lofsange oor
Verwoerd gesing. Ek merk dat jy dit
nou ontken. Dis jy wat in die laaste
twee jaar 'n metaformose na die "middel"
ondergaan het. Ferdi en ek sê nog
presies dieselfde wat ons twee jaar
gelede gesê het: dat die verandering
na 'n demokratiese SA goed was, veral
vir die siel van die Afrikaner. En dat
SA nie, soos jy altyd wou voorgee, op
die rand van die afgrond heen en weer
wieg nie.

Piglettie
Re: Normale gedrag [boodskap #18853 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 00:07:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>On Mon, 02 Nov 1998 08:25:16 GMT, gide...@usa.net wrote:
>
>> Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
>> mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het.
>
> Onwaarskynlik. Ek is kieskeurig oor die mense saam met wie ek drink :-) >>

Wel ek is nie. Daarom is ek op n nuusgroep saam met iemand soos jy.
Re: Normale gedrag [boodskap #18854 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 00:06:45 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>Hy is hier om een rede - omdat Gloudina en ferdi so twee jaar gelede hier hof
> gehou het en die nuusgroep gebruik het as 'n forum om allerhande jongmense te
> laat bieg en belydenisse braak oor die voordele wat hulle uit "apartheid" sou
> gekry het.>>

Ha,ha,ha...

Leendert, gaan sien die sielkunde-afdeling daar by jou werk by die
Universiteit van Pretoria. Hulle sal jou dalk kan help.

(Vertel hulle ook sommer van jou siening van so jaar of wat gelede dat
Hendrik Verwoerd n goeie leier vir Suid-Afrika was.)
Re: Normale gedrag [boodskap #18855 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 03 Nov 1998 00:07:47 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> >
>>> Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
>>> mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het.
>>
>> Onwaarskynlik. Ek is kieskeurig oor die mense saam met wie ek drink :-) >>
>
> Wel ek is nie. Daarom is ek op n nuusgroep saam met iemand soos jy.

Ek weet jy het al jou bydraes op die nuusgroep met 'n kroeggesprek vergelyk,
maar ek drink nie op die nuusgroep nie.

Ek is kieskeurig oor die mense saam met wie ek drink.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18856 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
oos...@geocities.com writes: >

> In elk geval. My deelname op hierdie groep het die doel gehad om net een ander
> perspektief deurlopend te handhaaf om die steriele onverdraagsaamheid te
> verbreek wat Gloudina en ferdi besig was om te vestig. Ek dink nie dit is nou
> meer nodig nie. Hulle sal nie so maklik weer die oorhand kry nie.
>
> Dus: vriendelike groete, Leendert


My wereld, die wit ridder op sy perd
ontmasker. Oink, Oink, Oink.

Houyhnhynmina
Re: Normale gedrag [boodskap #18857 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On 3 Nov 1998 03:25:31 GMT, haal Leendert aan wat se:
>
> > meer nodig nie. Hulle sal nie so maklik weer die oorhand kry nie.>>
>
> Leendert Red die Volk?!
>
> (Weet die volk hy is gered??!!)
>
> Ek dink hy moet seriously daai sielkunde mense gaan sien!
> Ek het nie eers geweet ek was in beheer van n nuusgroep nie!
> Het die ander mense op die nuusgroep geweet hulle was in my beheer?!
>
> Weet die ander mense op die nuusgroep NOU watter groot dank hulle aan
> sersant Van Oostrum te danke is?!
>
> Dis hy wat tussen hulle en ek en Gloudina staan! Net hy!! Net die
> dapper sersant Van Oostrum.
>
> Hier MOET n foto-verhaal-boekie hier iewers wees... Die
> Kuber-vegter....laataand in Pretoria wanneer almal reeds slaap en net
> die ANC/Kommunistiese alliansie nog rondloop by die Uniegeboue sit
> sersant Van Oostrum alleen voor sy komper (sulke ouens gebruik nie
> rekenaars nie, hulle gebruik "kompers")....die groen lig van sy skerm
> laat sy neusgate groter as gewoonlik lyk...

ferdi in volle vaart. Pragtige demonstrasie, ferdi, van jou tegniek as een van
die honde uit Animal Farm wat die varke se vuilwerk vir hulle doen. Let op hoe
dit hier werk:

a) Jy suggereer dat ek beweer dat ek die volk (of die nuusgroep) red of
gered het. Dit is natuurlik 'n leuen, want ek het dit nêrens beweer nie.

b) Op grond van die leuen in a) bou jy 'n tirade teen my op soos geen
politieke kommisaris van 'n tiran jou dit sou kon nadoen nie. Hierdie is
natuurlik 'n ou propagandatriek wat jy al dikwels aangewend het. Jammer dis so
deursigtig.

Nee, ferdi. Jy is te dom om in beheer te wees van die nuusgroep. Jy doen net
Gloudina se vuilwerk vir haar - soos die honde in Animal Farm. Jou
demonstrasie hierbo is nogal tipies.

En ja. Verskeie mense het opgelet dat sy en jy die nuusgroep probeer afbaken
as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar
gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18858 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On 3 Nov 1998 03:25:31 GMT, haal Leendert aan wat se:
<<Ek dink nie dit is nou
> meer nodig nie. Hulle sal nie so maklik weer die oorhand kry nie.>>

Leendert Red die Volk?!

(Weet die volk hy is gered??!!)

Ek dink hy moet seriously daai sielkunde mense gaan sien!
Ek het nie eers geweet ek was in beheer van n nuusgroep nie!
Het die ander mense op die nuusgroep geweet hulle was in my beheer?!

Weet die ander mense op die nuusgroep NOU watter groot dank hulle aan
sersant Van Oostrum te danke is?!

Dis hy wat tussen hulle en ek en Gloudina staan! Net hy!! Net die
dapper sersant Van Oostrum.

Hier MOET n foto-verhaal-boekie hier iewers wees... Die
Kuber-vegter....laataand in Pretoria wanneer almal reeds slaap en net
die ANC/Kommunistiese alliansie nog rondloop by die Uniegeboue sit
sersant Van Oostrum alleen voor sy komper (sulke ouens gebruik nie
rekenaars nie, hulle gebruik "kompers")....die groen lig van sy skerm
laat sy neusgate groter as gewoonlik lyk...

,
Re: Normale gedrag [boodskap #18859 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> gide...@usa.net writes:
>
> Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
>> mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het?
>
> Gideon, jy het nog baie om te leer.
> Leendert is op die nuusgroep omdat
> Gloudina en Ferdi (en Leswin) op die
> nuusgroep is.

Korrek.

> Hy laaik dit.

Fout.

Hy is hier om een rede - omdat Gloudina en ferdi so twee jaar gelede hier hof
gehou het en die nuusgroep gebruik het as 'n forum om allerhande jongmense te
laat bieg en belydenisse braak oor die voordele wat hulle uit "apartheid" sou
gekry het.

Die tweetjies van hulle het die ikone hier gestreel dat die biesies bewe en
cheap "versoening" verkwansel vir sinnelose "belydenisse" in orgies van
emosionele en morele selfbevrediging. So nou en dan het 'n lurker vir 'n
oomblik uit sy kassie gekom en dan weer verdwyn.

Die slagoffer in die proses was perspektief. Hulle was besig om die nuusgroep
te vestig as 'n forum vir eensydige en eenogige verdoeming van alles wat nie
politiek korrek was in die mees blatante sin van die woord nie. Dit het
beteken enige idee waarmee hulle nie saamstem nie, en daardie betekenis het
nog nie verander nie.

Oor die twee jaar het vele "nuwelinge" gekom en gegaan, met wisselende mate
van sukses om meer perspektiewe op die nuusgroep te bring. Enigeen, veral
vroue, wat van Gloudina en ferdi verskil het, is op die mees gruwelike wyse
verjaag - dit is vir my opmerklik dat hierdie nuusgroep steeds die Afrikaanse
forum op die internet is met die minste vroue wat deelneem (wel, ek weet nog
nie hoeveel vroue deelneem op Henri se nuwe rugbygroep nie :-)

Bekkige nuwelinge sal bly kom en gaan, maar daar is uiteindelik besig om 'n
gevestigde groep deelnemers (insluitende 'n vrou of twee) te ontwikkel wat
langer bly en wat meervoudige perspektiewe op die nuusgroep verteenwoordig.

Dit is goed, want dit sal die omgewing skep waarin nog meer mense vry voel om
nog meer verskillende perspektiewe in te dra.

In elk geval. My deelname op hierdie groep het die doel gehad om net een ander
perspektief deurlopend te handhaaf om die steriele onverdraagsaamheid te
verbreek wat Gloudina en ferdi besig was om te vestig. Ek dink nie dit is nou
meer nodig nie. Hulle sal nie so maklik weer die oorhand kry nie.

Dus: vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18860 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
lou wrote in message ...

> Leendert - Professor met ernstige uitdrukking >:{

Geen professor nie (in elk geval nie in die gewone Afrikaanse sin van die
woord nie).

Wat net bewys dat dit nie net professore is wat pedanties kan wees nie.

Groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18861 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
On Mon, 02 Nov 1998 08:25:16 GMT, gide...@usa.net wrote:

> Dink julle dat Leendert, Gloudien en Ferdi so aanmekaar so openlik aan
> mekaar bly torring het as hulle oor 'n koppie tee gesit en dink het.

Onwaarskynlik. Ek is kieskeurig oor die mense saam met wie ek drink :-)

Groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18862 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 03 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> oos...@geocities.com writes: >
>
>> In elk geval. My deelname op hierdie groep het die doel gehad
> om net een ander
>> perspektief deurlopend te handhaaf om die steriele
> onverdraagsaamheid te
>> verbreek wat Gloudina en ferdi besig was om te vestig.
> Ek dink nie dit is nou
>> meer nodig nie. Hulle sal nie so maklik weer die oorhand kry nie.
>>
>> Dus: vriendelike groete, Leendert
>
> My wereld, die wit ridder op sy perd
> ontmasker. Oink, Oink, Oink.
>
> Houyhnhynmina
>
>

Hoekom herinner hierdie gekultiveerde opmerking my aan iets wat 'n vark sou
sê?

Een van die varke in Animal Farm?

Nee wat, Gloudina. Ek is hoegenaamd nie gekultiveerd genoeg om 'n "ridder" te
wees nie.

Ek identifiseer eerder met die perd - maar nie so alte wit nie, en ook nie so
'n tragiese heldefiguur soos die perd in Animal Farm nie.

Eerder 'n beneukte basterboerperdjie met 'n knopperige kop en 'n helharde
skedel. En 'n manier om venynig te byt en 'n skop wat dodelik is vir brakke
wat om sy pote kom kef.

Allervriendelikste groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18895 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> oos...@geocities.com writes: >
>
>
>> En ja. Verskeie mense het opgelet dat sy en jy die nuusgroep probeer afbaken
>> as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar
>> gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.
>
>
> Liewe, Leendert, jy bly in die wolke
> van koekoek-land. Twee jaar gelede was
> daar soveel "ver-regses" op hierdie
> nuusgroep -

Hoeveel was daar, Gloudina? En wie was hulle?

> hulle het private eposte
> aan my gestuur en my gedreig.

Sulke varke!

> Kort
> daarna het ander mense, wie jy nooit
> op die nuusgroep sien nie, vir my
> geskryf en gevra dat ek nie van die
> nuusgroep moet afgaan weens die
> aanvalle nie.

Was die aanvalle bietjie soos jou aanvalle op, byvoorbeeld, Griet en Vira
(en op my)?

> Dis soos dit twee jaar
> gelede gegaan het. En wees eerlik -
> jy is op hierdie nuusgroep omdat daar
> genoeg stimulerende geselskap is,

Daar is ten minste een forum waarin daar veel meer stimulerende geselskap is
(verskeie digeters en skrywers met omvattende lyste publikasies,
byvoorbeeld) - en weinig indien enige van die gekef en gekyf wat hierdie
groep 'n pyn maak.

> nie
> omdat jy die nuusgroep van die rooies
> wil red nie. Maar hoeveel keer het jy
> vir my beskuldig dat ek "pienk" is.

Bloot 'n waarneming.

> Hoeveel keer HET jy lofsange oor
> Verwoerd gesing.

Maar jy bring geen bewyse van sulke lofsange nie, nie waar nie?

> Ek merk dat jy dit
> nou ontken.

En jy sal nie eens bewys bring dat ek dit nou ontken nie, sal jy? Aagesien
ek niks ontken het nie. Ek het bloot gevra vir bewyse van jou beweringe en
ferdi s'n. Sulke bewyse is opmerklik traag om te verskyn.

> Dis jy wat in die laaste
> twee jaar 'n metaformose na die "middel"
> ondergaan het.

Ek stem saam. Ek is nou veel minder verdraagsaam en minder "tolerant" as wat
ek twee jaar gelede was.

> Ferdi en ek sê nog
> presies dieselfde wat ons twee jaar
> gelede gesê het: dat die verandering
> na 'n demokratiese SA goed was, veral
> vir die siel van die Afrikaner.

Jy het my etlike kere aangehaal waar ek dit self gesê het. Ek twyfel al meer
dikwels daaraan.

> En dat
> SA nie, soos jy altyd wou voorgee, op
> die rand van die afgrond heen en weer
> wieg nie.

Dis nie ek wat so sê nie - dis die honderde duisende wat die land verlaat
wat so sê.

Nee wat, Gloudina. Jy en jou troppie honde reken julle kan 'n beeld skep
deur oor en oor dieselfde snert van my te verkondig en dieselfde
beskuligings te maak - waarvoor julle geen bewys bring nie.

Maar dit sal nie slaag nie - die nuusgroep het veel meer skakerings
ontwikkel, ondanks jou verbete pogings om alle perspektiewe behalwe jou eie
dood te smoor met skel en skreeu.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18896 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Tue, 03 Nov 1998 15:21:32 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> doen net
>> Gloudina se vuilwerk vir haar - soos die honde in Animal Farm. Jou
>> demonstrasie hierbo is nogal tipies.>>
>
> OK. Dinge het nou verander. Ek was nie meer in beheer nie. Nou is ek
> net Gloudina se werktuig.
> He,he,he..

Wanneer en waar sou ek geskryf of gesê het dat jy "in beheer" is, Ferdi?
(Nie dat ek enige bewys vir jou bewering te wagte is nie.)

> (Ek lag my n boggel...he,he..)

Hmmmm.........

> probeer afbaken
>> as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar
>> gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.>>>
>
> Is ons Illuminati ook? New World Order dalk?

As julle is, sou dit die eerste bewys van sulke dinge wat ek teëkom. Tot
dusver het ek dit as nonsens beskou.

Nee wat, ferdi, ek dink Animal Farm is 'n veel beter metafoor vir julle
optrede as wat mens in die Protocols of the Elders of Zion sou vind.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18897 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 4 Nov 1998 23:59:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
<oos...@geocities.com> wrote:

<<>> Hoeveel keer HET jy lofsange oor
>> Verwoerd gesing.
>
>Maar jy bring geen bewyse van sulke lofsange nie, nie waar nie? >>

Hulle sit daar in Dejanews.
En in jou geheue.

Die eerste een was vroeg in die bestaan van die nuusgroep. So n lange.

Dit was n rukkie nadat jy gese het daar is nie n verskil tussen
Verwoerd en Bengu nie, onthou jy nou beter Leendert?
Re: Normale gedrag [boodskap #18898 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 15:22:25 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>Ek is kieskeurig oor die mense saam met wie ek drink.>>

Ja, ek is seker jy het probleme om mense te kry om saam mee te drink.
Re: Normale gedrag [boodskap #18899 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Tue, 03 Nov 1998 15:21:32 GMT, oos...@geocities.com wrote:

Gloudina se vuilwerk vir haar - soos die honde in Animal Farm. Jou[/color]
> demonstrasie hierbo is nogal tipies.>>

OK. Dinge het nou verander. Ek was nie meer in beheer nie. Nou is ek
net Gloudina se werktuig.
He,he,he..

(Ek lag my n boggel...he,he..)

as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar[/color]
> gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.>>>

Is ons Illuminati ook? New World Order dalk?

(Leendert, jy moet jou seriously die pille begin drink, hoor.)
Re: Normale gedrag [boodskap #18900 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 04 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 4 Nov 1998 23:59:48 +0200, "Leendert van Oostrum"
> wrote:
>
> Hoeveel keer HET jy lofsange oor
>>> Verwoerd gesing.
>>
>> Maar jy bring geen bewyse van sulke lofsange nie, nie waar nie? >>
>
> Hulle sit daar in Dejanews.
> En in jou geheue.
>
> Die eerste een was vroeg in die bestaan van die nuusgroep. So n lange.
>
> Dit was n rukkie nadat jy gese het daar is nie n verskil tussen
> Verwoerd en Bengu nie, onthou jy nou beter Leendert?

Dit bly nog steeds net 'n bewering, ferdi. Daar is nog geen substans nie. Mens
wonder net: as jy so akkuraat weet waar om dit te vind, waarom jy dit nie
tevoorskyn bring nie.

Dit kan mens laat dink dat daar dalk gladnie so 'n dokument bestaan nie, nie
waar nie?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #18936 is 'n antwoord op boodskap #18798] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 20:24:28 GMT, oos...@geocities.com wrote:
<<>Dit kan mens laat dink dat daar dalk gladnie so 'n dokument bestaan nie, nie
> waar nie?>>

Ja Leendert. Die maan het tot 30 jaar gelede ook nie n agterkant gehad
nie.
Re: Normale gedrag [boodskap #18937 is 'n antwoord op boodskap #18798] Do, 05 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Ferdi wrote in message ...
> On Wed, 04 Nov 1998 20:24:28 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
>
> ><<>Dit kan mens laat dink dat daar dalk gladnie so 'n dokument bestaan nie, nie
> >>waar nie?>>
> >
> >Ja Leendert. Die maan het tot 30 jaar gelede ook nie n agterkant gehad
> >nie.


Ferdi, op watter gronde het jy beweer dat ek "lofsange" oor Verwoerd
aangehef het?

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #19008 is 'n antwoord op boodskap #18798] Sa, 07 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Wed, 04 Nov 1998 20:27:07 GMT, oos...@geocities.com wrote:

<<>Wanneer en waar sou ek geskryf of gesę het dat jy "in beheer" is, Ferdi?
> (Nie dat ek enige bewys vir jou bewering te wagte is nie.) >>

Ene Leendert van Oostrum skryf op die 3de van November 1998 op die
nuusgroep:

En dan skryf hy ook die volgende:

<<>En ja. Verskeie mense het opgelet dat sy en jy die nuusgroep probeer afbaken
>>>as eksklusiewe forum vir die bevordering van julle propaganda. So twee jaar
>>>gelede het dit gelyk asof julle daarin geslaag het.>>>

^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^^

En dan het ene Leendert van Oostrum ook nog die volgende onware
belediging kwytgeraak:

<< Enigeen, veral
vroue, wat van Gloudina en ferdi verskil het, is op die mees gruwelike
wyse verjaag >>

Onthou jy dat jy dit geskryf het Leendert?
Die ou geheue nie meer so lekker nie, of wat?

<<Nee wat, ferdi, ek dink Animal Farm is 'n veel beter metafoor vir julle
>optrede as wat mens in die Protocols of the Elders of Zion sou vind.>>

Het jy die boek onlangs eers gelees, Leendert, want jy hou aan karring
daarmee. Kry n slag n nuwe een man!

(Wat van n Batman-comic?)
Re: Normale gedrag [boodskap #19029 is 'n antwoord op boodskap #18798] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Nov 1998 17:24:39 GMT, oos...@geocities.com wrote:

<<>Ferdi, op watter gronde het jy beweer dat ek "lofsange" oor Verwoerd
>aangehef het?>>

In Februarie verlede jaar pos ene Leendert van Oostrum onder meer die
volgende op die nuusgroep:


<<Daar is ongetwyfeld van Verwoerd se "maatjies" wat swartmense wou
onderdruk. Daar was ‘n sterk element van "Blut und Boden" en van
"Untermenschen" in diekiesers wat Verwoerd gesteun het. Daarvoor
bestaan stapels bewyse. Die sinisme van Verwoerd lę daarin dat hy, ten
spyte van sy duidelike oortuigingsdat alle mense wesenlik dieselfde
potensiaal en menswaardigheid het, hierdie faksie polities
gemobiliseer het om hom die mag te gee om sy wesenlik goedbedoelde
agenda uit te voer.
Om te beweer dat dit Verwoerd se doel was om swartmense permanent
onderdanig te hou stem nie vir my ooreen met sy uitsprake of sy
optrede nie.
As dit was sou hy nooit, dink ek, daarin geslaag het om so ‘n groot
persentasie van die wit kiesers agter hom te verenig nie.Die fout met
selektiewe aanhalings wat Verwoerd teken as deur en deur boos is
datdit nie ‘n verklaring gee vir die groot getalle mense met goeie
bedoelings wat homgesteun het nie.
Dit ignoreer die positiewe gees van goeie bedoelings waarmee hy ‘n
groot deel van die kieserskorps besiel het.>>
Re: Normale gedrag [boodskap #19030 is 'n antwoord op boodskap #18798] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Leendert van Oostrum skryf:

Die sinisme van Verwoerd lê daarin dat hy, ten
>> spyte van sy duidelike oortuigingsdat alle mense wesenlik dieselfde
>> potensiaal en menswaardigheid het, hierdie faksie polities
>> gemobiliseer het om hom die mag te gee om sy wesenlik goedbedoelde
>> agenda uit te voer.

'n Mens wonder hoeveel die jonger geslag in SA
besef watter skade daar aan die Christelike strukture
(en dus invloed van die Christelike boodskap) in SA
gedoen is deur predikante soos Malan en sogenaamde
"diep Christene" soos Verwoerd. Om maar net een
voorbeeld te gee. Voor 1948 was die C.S.V./S.C.A.
(Christelike Studente-Vereniging) een van die sterkste
en mees suksesvolle Christelike groepe in Suid-Afrika.
Hulle het weliswaar aparte reisende sekretarisse/esses
vir verskillende taalgroepe gebruik en verskillende kampe
gehad vir Afrikaans-sprekendes en Engels-sprekendes,
maar daar was 'n groot mate van samewerking tussen alle
bevolkingsgroepe.
Toe begin die apartheidswette op die land toesak. Kort
voor lank moet die C.S.V/C.S.A. begin besluit hoe hulle
strukture aangepas sal moet word om gehoorsaam te wees
aan al die diktate wat van regeringskant hulle organisasie
begin beïnvloed. Party van die mense in die organisasie, en
hulle was nie almal Engels nie, het aangedring dat die C.S.V.
nie moes swig vir hierdie diktate nie. Later het dit ongelukkig
die wonderlike bevrugtende Christelike organisasie in twee
geskeur: aan die een kant was die mense wat die apartheids-
wette van die regering as uit die bose beskou het, aan die ander
kant was 'n groep wat aangedring het dat die C.S.V. die bevele
van die staat moes volg. Meeste van die mense wat nie hiermee
saamgestem het nie, het die organisasie verlaat en 'n verarmde
CSV is voort, 'n skaduwee van sy vorige self.
Ek wonder soms, as Betsie Verwoerd haar koppie tee sit
en drink, of sy nie in die middel van die dag nagmerries kry
as sy dink aan wat haar man in SA teweeggebring het, en dit
terwyl hulle en hulle kinders seker Sondag na Sondag op die
kerkbanke gesit het nie. Danie Malan, Dr. Malan se seun, het
ten minste die N.G. Kerk verlaat.

Gloudina Bouwer
Re: Normale gedrag [boodskap #19031 is 'n antwoord op boodskap #18798] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ferdinand  is tans af-lyn  ferdinand
Boodskappe: 1462
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
On Thu, 05 Nov 1998 17:24:39 GMT, oos...@geocities.com wrote:

<<>Ferdi, op watter gronde het jy beweer dat ek "lofsange" oor Verwoerd
>aangehef het? >>

OP grond van die lofsange.
Re: Normale gedrag [boodskap #19032 is 'n antwoord op boodskap #18798] So, 08 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:

> In Februarie verlede jaar pos ene Leendert van Oostrum onder meer die
> volgende op die nuusgroep:
>
>
> persentasie van die wit kiesers agter hom te verenig nie.Die fout met
> selektiewe aanhalings wat Verwoerd teken as deur en deur boos is
> datdit nie 'n verklaring gee vir die groot getalle mense met goeie
> bedoelings wat homgesteun het nie.
> Dit ignoreer die positiewe gees van goeie bedoelings waarmee hy 'n
> groot deel van die kieserskorps besiel het.>>

Hierdie klink my na 'n taamlike goeie
opsomming van die plek van Verwoerd in
die geskiedenis van Suid-Afrika. Merk
dat Leendert self die "sinisme" van
Verwoerd veroordeel wat gebruik gemaak
het van daardie deel van die meestal
Afrikaner-bevolking wat daarop uit was
om die Afrikaner teen wil en dank te
verhoog tot die arbiter van die toekoms
van SA. Dit dink ek, is dus sy werklike
historiese nalating - dit en die stupid
manier waarop hy sy planne vir die onderwys
van die nie-wit deel van SA se bevolking
(dus meer as tagtig persent van hulle)
op so 'n ondeurdenkte manier uitgebasuin
het, dat die algemene persepsie was dat
Standerd Twee nou omtrent al is waarop
die meerderheid van hulle kon hoop om
regerings-steun te kry.

Wanneer 'n mens die vyftigerjare in SA
bekyk, moet mens natuurlik ook in ag neem
dat dit die tyd van McCarthy in Amerika
was, en dat vir 'n kort rukkie hulle in
die VSA ook "Kommuniste" gejag het. Maar
in die VSA het dit 'n redelik kort rukkie
geduur, in Suid-Afrika het die McCarthy-era
aangegaan en aangegaan en erger geword en
erger geword, tot in die tagtigerjare.Dis
van daardie soort SA-variasie van McCarthy-
ism wat 'n hele klomp goeie Afrikaners
die land van hulle vadere totsiens gesê het.
Ander mense, wat nie die land kon of wil
verlaat nie, is subtiel geterroriseer en
geindoktrineer. En oral was daar spioene.
Ek lees nou die dag op 'n William Blake-
poslys hoe 'n professor in Unisa vertel
dat haar studente haar probeer waarsku het
dat daar "informers" in haar klas was.
Dit is die sieklike soort lewe wat die
apartheidsvarke in SA vir dekades geskep
het, en wat in stand gehou is deur sieklike
heidense predikante wat in die naam van
Christus op preekstoele gestaan het en vir
hulle stupid gemeentelede oortuig het dat
apartheid deur die Bybel regverdig is.
Dis hierdie predikante, meer as enigiemand
anders, wat aandadig is aan die skandaal
wat SA was in die laaste deel van die 20ste
eeu. En dis stupid hulle wat dit moontlik
gemaak het vir 'n doodgewone man soos Mandela
om ge-eer te word as "the greatest hero of the
20th century," soos 'n vriendin nou die dag
verklaar hier in Kanada, oor my protestasies
dat iemand soos Dietrich Bonhoeffer, wat dood
is in 'n poging om sy teenstand te wys teen
die Nazis, 'n groter held is.

Gloudina
Re: Normale gedrag [boodskap #19065 is 'n antwoord op boodskap #18798] Ma, 09 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
jan schrik  is tans af-lyn  jan schrik
Boodskappe: 22
Geregistreer: November 1997
Karma: 0
Junior Lid
Leendert van Oostrum wrote:

> knipperdeknip

>
> (Stupid julle). Die feit dat jy en jou vriendin 'n ongerehabiliteerde
> geweldsmisdadiger
> beskou as 'n "doodgewone man" demonstreer op uitmuntende wyse die
> problematiek van die koue oorlog soos hy in SA afgespeel het.
>
> Dat hy deur ander vereer word as die held van die 20ste eeu is 'n funksie
> van persepsie - en persepsie was die terrein waarop die koue oorlog gevoer
> is. (Stupid hulle.)
>
> Ek kan jou verseker dat, as dit nie vir die resultate van Glasnost en
> Perestroika was nie, was Mandela nog in die tronk.

>
> JS> niet om 't een of ander Leendert, maar hoe leg je het verband tussen
> geweldsmisdaden en Communisme ? Overigens denk je werkelijk dat een
> minderheidsregering nog lang geleefd zou hebben ?

>
> Die toppunt van stupid, Gloudina, is om mense as stupid mense te ettiketter
> op grond daarvan dat jy hul keuses as stupid beskou. Veral ingeval dit sou
> blyk dat jou oordeel op ontoereikende inligting gegrond is - of erger nog,
> op persepsies wat jy self help skep het. Om mense as varke te ettiketter
> omdat jy hul morele keuses afkeur is veral gevaarlik as jou eie moraliteit
> nie onkreukbaar is nie.
>
> Vriendelike groete, Leendert

--
The most exciting phrase to hear in science, the one that heralds new
discoveries, is not "Eureka!" (I found it!) but "That's funny ..."
-- Isaac Asimov

J.H. Schrik
IOC-dokumentatie
Gak Nederland bv
Postbus 8300
1005 CA Amsterdam
tel: +206872545
email: jsc...@gak.nl
Re: Normale gedrag [boodskap #19085 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> ferd...@icon.co.za (Ferdi ) writes:
>
>> In Februarie verlede jaar pos ene Leendert van Oostrum onder meer die
>> volgende op die nuusgroep:
>>
>>
>> onderdruk. Daar was 'n sterk element van "Blut und Boden" en van
>> "Untermenschen" in diekiesers wat Verwoerd gesteun het. Daarvoor
>> bestaan stapels bewyse. Die sinisme van Verwoerd lê daarin dat hy, ten
>> spyte van sy duidelike oortuigingsdat alle mense wesenlik dieselfde
>> potensiaal en menswaardigheid het, hierdie faksie polities
>> gemobiliseer het om hom die mag te gee om sy wesenlik goedbedoelde
>> agenda uit te voer.
>> Om te beweer dat dit Verwoerd se doel was om swartmense permanent
>> onderdanig te hou stem nie vir my ooreen met sy uitsprake of sy
>> optrede nie.
>> As dit was sou hy nooit, dink ek, daarin geslaag het om so 'n groot
>> persentasie van die wit kiesers agter hom te verenig nie.Die fout met
>> selektiewe aanhalings wat Verwoerd teken as deur en deur boos is
>> datdit nie 'n verklaring gee vir die groot getalle mense met goeie
>> bedoelings wat homgesteun het nie.
>> Dit ignoreer die positiewe gees van goeie bedoelings waarmee hy 'n
>> groot deel van die kieserskorps besiel het.>>
>
>
> Hierdie klink my na 'n taamlike goeie
> opsomming van die plek van Verwoerd in
> die geskiedenis van Suid-Afrika. Merk
> dat Leendert self die "sinisme" van
> Verwoerd veroordeel wat gebruik gemaak
> het van daardie deel van die meestal
> Afrikaner-bevolking wat daarop uit was
> om die Afrikaner teen wil en dank te
> verhoog tot die arbiter van die toekoms
> van SA.

Tot dusver, Gloudina, geregverdigde kommentaar. Dan vervolg jy:

> Dit dink ek, is dus sy werklike
> historiese nalating -

Ook korrek. Wat egter ter sake is, is dat dit wat jy hierbo beskryf, is
bloot die normale proses waarvolgens politici in alle stelsels van verkose
verteenwoordiging mag verwerf - deur steun te mobiliseer.

> dit en die stupid
> manier waarop hy sy planne vir die onderwys
> van die nie-wit deel van SA se bevolking
> (dus meer as tagtig persent van hulle)
> op so 'n ondeurdenkte manier uitgebasuin
> het, dat die algemene persepsie was dat
> Standerd Twee nou omtrent al is waarop
> die meerderheid van hulle kon hoop om
> regerings-steun te kry.

Ek weet nie of dit ondeurdag was nie, en ek weet nie of dit in daardie tyd
so "stupid" was nie.

Enersyds is die "algemene persepsie" teen wil en dank volgehou deur sy
teenstanders, in der mate dat dit steeds verkondig is lank nadat sy
onderwysbeleid gelei het tot die oprigting van _vyf_ universiteite wat -
bykomend tot Fort Hare wat to reeds veertig jaar bestaan het - spesifiek
moes voorsiening maak vir die "nie-wit" gedeelte van die SA bevolking (en
die skole om die universiteite te voed). Een van hulle was suiwer gemik op
die mediese wetenskappe, en elkeen van die ander het wetenskapfakulteite
gehad. Die beleid wat uitgevoer is, was dus direk teenstrydig met daardie
"algemene persepsie" waaruit sy teenstanders munt geslaan het. Nogtans het
sy teenstanders volgehou dat hy kennis van (veral) wiskunde en wetenskap
onder die "nie-wit" bevolking wou onderdruk. Selfs die WVK huldig hierdie
standpunt in sy verslag.

Andersyds het hy gespeel vir die gehoor van kiesers wat geglo het dat die
kaffer op sy plek gehou moet word - daardie deel van die kiesers wat gekant
was teen enige onderwys vir swartmense, en selfs gekant was daarteen dat die
Evangelie aan hulle gebring moes word. Verwoerd moes ook hulle stemme trek,
en het die regte geluide gemaak om dit reg te kry - geluide wat die effek
kon hê om kiesers tevrede te hou wat die teenoorgestelde wou hê van die
beleid wat hy besig was om uit te voer. Hierdie geluide is die waarop die
"algemene persepsie" gebou is, maar hierin lê ook die sinisme van die
politikus.

Een van die gevolge van die politieke spel was dat die staatstrukture lank
daarna nog skuiling gebied het aan kafferhaters van elke soort, en sulke
mense ruimte gegee het om uitdrukking te gee aan hul vooroordele.

>
> Wanneer 'n mens die vyftigerjare in SA
> bekyk, moet mens natuurlik ook in ag neem
> dat dit die tyd van McCarthy in Amerika
> was, en dat vir 'n kort rukkie hulle in
> die VSA ook "Kommuniste" gejag het. Maar
> in die VSA het dit 'n redelik kort rukkie
> geduur, in Suid-Afrika het die McCarthy-era
> aangegaan en aangegaan en erger geword en
> erger geword, tot in die tagtigerjare.Dis
> van daardie soort SA-variasie van McCarthy-
> ism wat 'n hele klomp goeie Afrikaners
> die land van hulle vadere totsiens gesê het.

McCarthyisme in die VSA was 'n vroeë element van die koue oorlog. In 'n
belangrike mate was dit 'n politieke magsgreep, maar soos alle politieke
magsgrepe was dit gebou op 'n basis van werklikheid (waarop die groot wolk
van politieke persepsie gebou is).

Die VSA was egter nie naastenby so kwesbaar in die koue oorlog as wat SA was
nie. Die politiek van "rooi gevaar" en "totale aanslag" het in SA 'n veel
groter basis in die werklikheid gehad as in die VSA. Die gevaar van
kernuitwissing is vir die meeste mense veel minder werklik as foto's van
Poqo-slagoffers wat op jou voorstoep met pangas uitmekaar gekap is
(60-erjare, toe Mau-mau in Kenia en die oorblyfsels van gekanibaliseerde
nonne in Congo nog vars was in mense se geheue) of later halsnoerslagoffers
waar jy die rook kon sien draai.

Dit is waarom die transformasie na die NSA slegs moontlik geword het na die
val van die Berlyse muur - die einde van die koue oorlog.

> Ander mense, wat nie die land kon of wil
> verlaat nie, is subtiel geterroriseer en
> geindoktrineer. En oral was daar spioene.

Spioene floreer in oorlogtyd.

> Ek lees nou die dag op 'n William Blake-
> poslys hoe 'n professor in Unisa vertel
> dat haar studente haar probeer waarsku het
> dat daar "informers" in haar klas was.
> Dit is die sieklike soort lewe wat die
> apartheidsvarke in SA vir dekades geskep
> het,

Kultivarke, wat halstarrig die werklike vrese van mense ontken en as
"stupid" afgemaak het, wat luid en onbeheersd geskel het en "algemen
persepsies" doelbewus gevoed het, het ruim bygedra tot die omstandighede.

> en wat in stand gehou is deur sieklike
> heidense predikante wat in die naam van
> Christus op preekstoele gestaan het en vir
> hulle stupid gemeentelede oortuig het dat
> apartheid deur die Bybel regverdig is.

Noem asseblief die name van sulke predikante. Ek het al dikwels hierdie
vraag gevra, en nog nooit 'n antwoord gekry nie. Ek self het nooit so 'n
preek gehoor nie, en ek ken niemand wat een gehoor het nie. In elke gemeente
waar ek was ('n dosyn of meer) sou so 'n preek daartoe gelei het dat 'n
groot deel van die gemeente uitstap en hul bydraes staak.

Selfs Andries Treurnicht het, so ver ek kan vasstel, nooit so 'n preek
gelewer nie.

> Dis hierdie predikante, meer as enigiemand
> anders, wat aandadig is aan die skandaal
> wat SA was in die laaste deel van die 20ste
> eeu.

Die skandaal is ten minste net soveel die skuld van bevarkingsveldtogte wat
gevoer is deur luiddrugtige maar oningeligte kwaadwilliges wat doelbewus
ikone geskep het.

> En dis stupid hulle wat dit moontlik
> gemaak het vir 'n doodgewone man soos Mandela
> om ge-eer te word as "the greatest hero of the
> 20th century," soos 'n vriendin nou die dag
> verklaar hier in Kanada, oor my protestasies
> dat iemand soos Dietrich Bonhoeffer, wat dood
> is in 'n poging om sy teenstand te wys teen
> die Nazis, 'n groter held is.

(Stupid julle). Die feit dat jy en jou vriendin 'n ongerehabiliteerde
geweldsmisdadiger
beskou as 'n "doodgewone man" demonstreer op uitmuntende wyse die
problematiek van die koue oorlog soos hy in SA afgespeel het.

Dat hy deur ander vereer word as die held van die 20ste eeu is 'n funksie
van persepsie - en persepsie was die terrein waarop die koue oorlog gevoer
is. (Stupid hulle.)

Ek kan jou verseker dat, as dit nie vir die resultate van Glasnost en
Perestroika was nie, was Mandela nog in die tronk.

Die toppunt van stupid, Gloudina, is om mense as stupid mense te ettiketter
op grond daarvan dat jy hul keuses as stupid beskou. Veral ingeval dit sou
blyk dat jou oordeel op ontoereikende inligting gegrond is - of erger nog,
op persepsies wat jy self help skep het. Om mense as varke te ettiketter
omdat jy hul morele keuses afkeur is veral gevaarlik as jou eie moraliteit
nie onkreukbaar is nie.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #19086 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

Die duiwel se naam was Mandela. Sy werkmetode was moord,
> verminking en doodslag. Plofstof, pangas en opruiende retoriek was sy
> instrumente.

Die arme man was in die tronk op
Robbeneiland na 1964, onthou.

Ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat gedoen is, is ek
> oortuig daarvan dat, as dit nie vir Verwoerd en kie was nie, ons nou in 'n
> veel erger toestand sou wees

Kan jy asseblief bostaande
stelling verduidelik

> Ek herhaal wat ek al tevore hier gesê het: die NSA is vir my 'n veel beter
> plek as die ou Suid-Afrika, ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat nou
> gebeur. Dit beteken egter nie dat ek reken dat daar in die ou Suid-Afrika
> wesenlike alternatiewe was vir die beleidsrigtings wat gevolg is nie. Ek is
> oortuig dat enige van die alternatiewe sou gelei het tot veel erger as wat
> wel gebeur het, en dat ons nou in veel
erger omstandighede sou wees.

Verduidelik asseblief.
>
> Ek kan sê dat ek daarvan oortuig is omdat ek, soos baie ander mense, deur
> die jare konsekwent gesoek het na alternatiewe wat groter geregtigheid vir
> almal sou bring. Ek glo dat die transformasie na die nuwe Suid-Afrika nie
> moontlik was op enige tydstip vroeër as wat dit wel gebeur het nie.
>
> Om die waarheid te sê, ek is oortuig dat dit die ou Suid-Afrika is, met sy
> gruwels en
> al, wat die nuwe een enigsins moontlik
gemaak het.

Natuurlik. Die gruwels van apartheid
het naderhand so tot die hemel geskree
dat dit 'n cause celebre geword het,
en ons hier in die buiteland ons koppe
in skaamte moes laat hang. Dis danksy
die apartheidsvarke dat vryheidsvegters
die oorhand kon kry en nou regeer. Die
alternatief moes gewees het - die skandaal
van apartheid moes nooit bestaan het nie,
en die land moes deur 'n stadige ordelike
ewolusie na groter demokrasie beweeg het.
Nee wat, Leendert, jy het net Verwoerd
en Kie om te bedank vir al die dinge wat
jy nou haat in die nuwe bedeling. Laat
weet dit so nou en dan vir Betsie.En vertel
vir PW om op te pas vir Engeland toe gaan.
Die beste is om nie 'n voet buite SA te sit
nie (waar die ou skender van menseregte
blykbaar toegelaat word om te kekkel soveel
hy wil.)

Tant Hessie se witperd.
Re: Normale gedrag [boodskap #19088 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Die VGK is die resultaat van die sendingwerk van die NG-Kerk, en is die
> grootste enkele kerk in SA. Naas die Roomse kerk, is dit die grootste
> Christelike kerk in Afrika, as ek reg onthou. Vele van sy bekeerlinge bring
> vandag die Evangelie aan mense in Duitsland, Rusland en Indië.
>
> Hierdie sendingwerk is gedoen deur lidmate van die NG-Kerk, en bevonds met
> die pannekoek, koeksisters en slagskape van NG-lidmate. Die VGK word vandag
> nog tot groot mate onderhou met die koeksisters, pannekoek, gospel-konserte
> en passiespele van NG-lidmate en 'n aanmerklike deel van sy bediening en sy
> pastorale werk word gedoen deur NG-lidmate.

>
> Hierdie aktiwiteit was inherent deel van "apartheidsteologie" vir sover dit
> bestaan het. Ek dink Betsie Verwoerd se drome is miskien meer divers as wat
> jy mag dink.

Sien, Leendert, met alle respek vir al die
koeksisters, pannekoek en slagskape wat aan
die manne en vroue wat langs die Vetrivier
in die wit laer gesit het, opgedis is, daar
was iets meer nodig in SA - manne en vroue
wat opgestaan het en verklaar het dat die
duiwel los is en dat hy bekamp moet word.
In plaas daarvan het hulle maar stil gesit
en Verwoerd het sy flikkers gegooi by die
"kafferhaters" - en dis hoe jy en jou kinders
beland het in 'n situasie waarmee julle
blykbaar nie tevrede is nie. Julle lê nou
in die bed wat Verwoerd vir julle geskep
het. Jy behoort dit so nou en dan vir
Betsie te sê. Ek dink somtyds wonder Betsie
ook. Veral as Oom Rohihlala vir haar kom
kuier en sy voel meer in gemeen met hom
as met Eugene Terreblanche.

La Toya
Re: Normale gedrag [boodskap #19089 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...

> Ek wonder soms, as Betsie Verwoerd haar koppie tee sit
> en drink, of sy nie in die middel van die dag nagmerries kry
> as sy dink aan wat haar man in SA teweeggebring het, en dit
> terwyl hulle en hulle kinders seker Sondag na Sondag op die
> kerkbanke gesit het nie. Danie Malan, Dr. Malan se seun, het
> ten minste die N.G. Kerk verlaat.

Die VGK is die resultaat van die sendingwerk van die NG-Kerk, en is die
grootste enkele kerk in SA. Naas die Roomse kerk, is dit die grootste
Christelike kerk in Afrika, as ek reg onthou. Vele van sy bekeerlinge bring
vandag die Evangelie aan mense in Duitsland, Rusland en Indië.

Hierdie sendingwerk is gedoen deur lidmate van die NG-Kerk, en bevonds met
die pannekoek, koeksisters en slagskape van NG-lidmate. Die VGK word vandag
nog tot groot mate onderhou met die koeksisters, pannekoek, gospel-konserte
en passiespele van NG-lidmate en 'n aanmerklike deel van sy bediening en sy
pastorale werk word gedoen deur NG-lidmate.

Betsie Verwoerd se skoonseun (Carel Boshoff - die een van Orania, waar sy
nou bly) het as jong predikant met 'n gesin sy gemeente verlaat en sonder
salaris na die sendingveld gegaan. Verskeie ander predikante het dieselfde
gedoen. Binne enkele maande het dosyne NG-gemeentes ingespring en ingestaan
vir die traktamente en die ander kostes van daardie sendingpogings. Skole,
hospitale en weeshuise is deur hierdie predikante met die geld van
NG-lidmate opgerig in plekke soos Venda waar daar niks was nie.

Hierdie aktiwiteit was inherent deel van "apartheidsteologie" vir sover dit
bestaan het. Ek dink Betsie Verwoerd se drome is miskien meer divers as wat
jy mag dink.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #19090 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Ding!  is tans af-lyn  Ding!
Boodskappe: 320
Geregistreer: Desember 1997
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Die VGK is die resultaat van die sendingwerk van die NG-Kerk, en is die
>> grootste enkele kerk in SA. Naas die Roomse kerk, is dit die grootste
>> Christelike kerk in Afrika, as ek reg onthou. Vele van sy bekeerlinge bring
>> vandag die Evangelie aan mense in Duitsland, Rusland en Indië.
>>
>> Hierdie sendingwerk is gedoen deur lidmate van die NG-Kerk, en bevonds met
>> die pannekoek, koeksisters en slagskape van NG-lidmate. Die VGK word vandag
>> nog tot groot mate onderhou met die koeksisters, pannekoek, gospel-konserte
>> en passiespele van NG-lidmate en 'n aanmerklike deel van sy bediening en sy
>> pastorale werk word gedoen deur NG-lidmate.
>
>>
>> Hierdie aktiwiteit was inherent deel van "apartheidsteologie" vir sover dit
>> bestaan het. Ek dink Betsie Verwoerd se drome is miskien meer divers as wat
>> jy mag dink.
>
> Sien, Leendert, met alle respek vir al die
> koeksisters, pannekoek en slagskape wat aan
> die manne en vroue wat langs die Vetrivier
> in die wit laer gesit het, opgedis is, daar
> was iets meer nodig in SA - manne en vroue
> wat opgestaan het en verklaar het dat die
> duiwel los is en dat hy bekamp moet word.
> In plaas daarvan het hulle maar stil gesit
> en Verwoerd het sy flikkers gegooi by die
> "kafferhaters" - en dis hoe jy en jou kinders
> beland het in 'n situasie waarmee julle
> blykbaar nie tevrede is nie.

Luister Anti Pigsnout,

Jy is die een wat gewaai het. Het jy ooit opgestaan en die duiwel
gekonfronteer? Nee sussie jy het stilletjies jou goedjies gepak en
gewaai. Gestem met jou voete! So wie is jy nou eintlik om te preek?

Maar toe jy veilig anderkant land toe is jy heel PC en groot mond en toe
klap jy daai duiwel laat sy ore tuit! Sulke lekker lang afstand klappe!
Mooi so, wys die donder waar antie Pigsnout die wortels gegrawe het! Ons
is net so trots op jou as wat jy self is! En siedaar apartheid het sy
gat gesien, De Kock en die res is uitgewys en alles is hunkie dorie! Sal
die blikskottel leer om met 'n kanaal aap te sukkel!

> Julle lê nou
> in die bed wat Verwoerd vir julle geskep
> het. Jy behoort dit so nou en dan vir
> Betsie te sê. Ek dink somtyds wonder Betsie
> ook. Veral as Oom Rohihlala vir haar kom
> kuier en sy voel meer in gemeen met hom
> as met Eugene Terreblanche.

O ja ek hoor ou Terre Terblanche het 'n CD met gedigte vrygestel.
Miskien kan jy of Frikkie vir ons 'n paar pos hier op die nuusgroep? :)
Re: Normale gedrag [boodskap #19091 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Leendert van Oostrum" writes: >

> Enersyds is die "algemene persepsie" teen wil en dank volgehou deur sy
> teenstanders, in der mate dat dit steeds verkondig is lank nadat sy
> onderwysbeleid gelei het tot die oprigting van _vyf_ universiteite wat -
> bykomend tot Fort Hare wat to reeds veertig jaar bestaan het - spesifiek
> moes voorsiening maak vir die "nie-wit" gedeelte van die SA bevolking (en
> die skole om die universiteite te voed). Een van hulle was suiwer gemik op
> die mediese wetenskappe, en elkeen van die ander het wetenskapfakulteite
> gehad.

Om die bosuniversiteite wat hy daar gestel
het, voor te stel as sy poging om die nie-
blanke bevolking van SA van uitstekende
onderwys te voorsien, is belaglik. Daardie
universiteite het oor die algemeen volgeloop
met tweedeklas academici wat nooit 'n kans
by goeie bestaande universiteite sou gehad
het nie. (Net soos Bantoe-Onderwys volgeloop
het met Afrikaners, meestal uit Transvaal,
wat promosie wou soek en dit nie in die wit
skole kon kry nie. Ek weet. Ek het dit dag
na dag moes aanskou.) En die Mediese fakulteit
was al klaar daar in Durban, geadministreer
deur die Universiteit van Natal.
Ek dink jy moet ophou oor hierdie dinge praat.
Ek mag nou in Kanada sit, maar toe ek in SA
was, was ek in die real SA, nie in wit enklaves
waar die stroop van die koeksisters van die
kenne afgeloop het terwyl die duiwel deur die
land getrek het nie.

Gloudina
Re: Normale gedrag [boodskap #19092 is 'n antwoord op boodskap #18798] Di, 10 November 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
Welgedaan, ferdi!

Jy het 'n poging aangewend om bewys te bring van een van jou baie bewerings.

Nou is dit duidelik wat jy bedoel met "lofsange", en dus kan mens jou
aanklag beoordeel.

Waar dit my aangaan: As jy die stuk hieronder as 'n "lofsang" aan Verwoerd
beskou, is ek heeltemal bereid om toe te gee dat ek 'n "lofsang" oor
Verwoerd aangehef het :-)

Wat my egter meer interesseer, is dat jy so 'n "lofsang" blykbaar beskou as
iets wat nie gedoen behoort te word nie - dat dit 'n karakterfout of so iets
openbaar, of selfs 'n misdryf mag wees?

Dit interesseer my, want soortgelyke "lofsange" kom voor in die WVK se
verslag:

In Paragraaf 56 (Hoofstuk 1) skryf Tutu:

"I do believe that there were those who supported apartheid who genuinely
believed that it offered the best solution to the complexities of a
multiracial land with citizens at very different levels of economic, social
and educational development. I do not doubt that many who supported
apartheid believed that it was the best policy in the circumstances to
preserve their identity, language and culture and those of other peoples as
well. I do believe such people were not driven by malicious motives."

Ferdi wrote in message ...
> On Thu, 05 Nov 1998 17:24:39 GMT, oos...@geocities.com wrote:
>
> Verwoerd
>> aangehef het?>>
>
>
> In Februarie verlede jaar pos ene Leendert van Oostrum onder meer die
> volgende op die nuusgroep:
>
>
> persentasie van die wit kiesers agter hom te verenig nie.Die fout met
> selektiewe aanhalings wat Verwoerd teken as deur en deur boos is
> datdit nie 'n verklaring gee vir die groot getalle mense met goeie
> bedoelings wat homgesteun het nie.
> Dit ignoreer die positiewe gees van goeie bedoelings waarmee hy 'n
> groot deel van die kieserskorps besiel het.>>
>
Re: Normale gedrag [boodskap #19111 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>> Enersyds is die "algemene persepsie" teen wil en dank volgehou deur sy
>> teenstanders, in der mate dat dit steeds verkondig is lank nadat sy
>> onderwysbeleid gelei het tot die oprigting van _vyf_ universiteite wat -
>> bykomend tot Fort Hare wat to reeds veertig jaar bestaan het - spesifiek
>> moes voorsiening maak vir die "nie-wit" gedeelte van die SA bevolking (en
>> die skole om die universiteite te voed). Een van hulle was suiwer gemik op
>> die mediese wetenskappe, en elkeen van die ander het wetenskapfakulteite
>> gehad.
>
> Om die bosuniversiteite wat hy daar gestel
> het, voor te stel as sy poging om die nie-
> blanke bevolking van SA van uitstekende
> onderwys te voorsien, is belaglik. Daardie
> universiteite het oor die algemeen volgeloop
> met tweedeklas academici wat nooit 'n kans
> by goeie bestaande universiteite sou gehad
> het nie.

Jy is besig om jou ikone te poets, Gloudina. Daar die "boskolleges" het veel
meer gedoen om tegnologie-oordrag en akademiese ontwikkeling in
ontwikkelende gemeenskappe te doen as wat al die "voortreflike"
universiteite in die res van Afrika (Suid-Afrika ingesluit) saam gedoen het.
'n Paar feite:

Daardie universiteite is in die eerste plek gekonseptualiseer as "teaching
universities" (die kategorie waaraan 80% van die universiteite in
Noord-Amerika behoort) en nie as navorsingsinstellings nie. Hulle moes self
mettertyd navorsingskapasiteit ontwikkel indien hulle die behoefte gevoel
het. Die pogings tot sulke ontwikkeling van navorsingskapasiteit wat daar
was is effektief deur die "struggle" gefnuik, wat daardie uiversiteite (soos
die skole) gebruik het as beide instrument en teiken van die struggle.

Terselfdertyd was die bestaande navorsingsuniversiteite in die land altyd
oop vir swartmense wat navorsingsfasiliteite benodig het - en baie het
daarvan gebruik gemaak.

Die "tweedeklas-akademici" wat jy so hooghartig afskryf was dikwels juis die
soort akakdemikus wat jy in omstandighede nodig het waar jou klem op
ontwikkeling en tegnologie-oordrag val - mense wat hul loopbane wy aan
onderrig, ten koste van hul navorsing. Dit is vir my opmerklik hoeveel van
hierdie mense nou groot poste kry in die "goeie bestaande universiteite". Jy
sien, die "boskolleges" is so effektief vernietig, dat hulle nie eens meer
hul ontwikkelingstaak kan verrig nie - nou neem die "goeie bestaande
universiteite" dit ook oor. Een van die gevolge hiervan is dat die
Afrikaanse universiteite in 'n onlangse ondersoek geborg deur die Sunday
Times (uitgevoer deur 'n internasionale span akademici onder leiding van die
Universiteite van Wes-Kaap) die boonste plekke behaal het vir
doeltreffendheid - en ontwikkeling van agtergeblewe gemeenskappe was 'n
faktor wat baie swaar gelaai is in die formule wat hulle gebruik het.

Laat staan die ikone, Gloudina. Aanskou die werklikheid.

> (Net soos Bantoe-Onderwys volgeloop
> het met Afrikaners, meestal uit Transvaal,
> wat promosie wou soek en dit nie in die wit
> skole kon kry nie. Ek weet. Ek het dit dag
> na dag moes aanskou.)

En dit wat jy in jou hoekie vir 'n paar jaar gesien het, vertolk deur jou
astigmatiese bril, veralgemeen jy om elkeen te belaster met wie jy nie
saamstem nie, en verhef dit tot 'n universele waarheid. Laat ek jou net
herinner, Gloudina, aan Alister Sparks se uitspraak dat die nuwe
onderwysbeleid nog veel erger is as die een wat jou so grief.

> En die Mediese fakulteit
> was al klaar daar in Durban, geadministreer
> deur die Universiteit van Natal.

Ek praat van Medunsa, waarvan jy oënskynlik nog nooit gehoor het nie.

> Ek dink jy moet ophou oor hierdie dinge praat.
> Ek mag nou in Kanada sit, maar toe ek in SA
> was, was ek in die real SA, nie in wit enklaves
> waar die stroop van die koeksisters van die
> kenne afgeloop het terwyl die duiwel deur die
> land getrek het nie.

Nee, Gloudina. Jy rasionaliseer die feit dat jy nie genoeg stroop op jou ken
kon kry hier nie, en toe verkas het na die kontinent wat wêreldwyd berug is
vir oorvreet en obesiteit.

Want wat jy eintlik probeer doen, is om 'n groot lawaai op te skop om die
aandag af te lei van die feit dat jy weereens met jou valse ikone gespeel
het, en 'n hele kerk en al sy lidmate belaster het op die gruwelikste manier
moontlik.

Hou op ronspring soos 'n kat op 'n warm stoof, en noem vir my die name van
NG-predikante wat "apartheid" gepreek het van die preekstoel af, Gloudina.

Vriendelike groete, Leendert
Re: Normale gedrag [boodskap #19112 is 'n antwoord op boodskap #18798] Wo, 11 November 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> "Leendert van Oostrum" writes: >
>
>
>> Die VGK is die resultaat van die sendingwerk van die NG-Kerk, en is die
>> grootste enkele kerk in SA. Naas die Roomse kerk, is dit die grootste
>> Christelike kerk in Afrika, as ek reg onthou. Vele van sy bekeerlinge bring
>> vandag die Evangelie aan mense in Duitsland, Rusland en Indië.
>>
>> Hierdie sendingwerk is gedoen deur lidmate van die NG-Kerk, en bevonds met
>> die pannekoek, koeksisters en slagskape van NG-lidmate. Die VGK word vandag
>> nog tot groot mate onderhou met die koeksisters, pannekoek, gospel-konserte
>> en passiespele van NG-lidmate en 'n aanmerklike deel van sy bediening en sy
>> pastorale werk word gedoen deur NG-lidmate.
>
>>
>> Hierdie aktiwiteit was inherent deel van "apartheidsteologie" vir sover dit
>> bestaan het. Ek dink Betsie Verwoerd se drome is miskien meer divers as wat
>> jy mag dink.
>
>
> Sien, Leendert, met alle respek vir al die
> koeksisters, pannekoek en slagskape wat aan
> die manne en vroue wat langs die Vetrivier
> in die wit laer gesit het, opgedis is, daar
> was iets meer nodig in SA - manne en vroue
> wat opgestaan het en verklaar het dat die
> duiwel los is en dat hy bekamp moet word.

Daar was. Die duiwel se naam was Mandela. Sy werkmetode was moord,
verminking en doodslag. Plofstof, pangas en opruiende retoriek was sy
instrumente. Ek merk op dat niemand ooit vra na die aandeel van die Mandelas
en ander aan gebeure soos die by Sharpville nie. (Dit is natuurlik in die
aard
van ikone - hulle gee altyd 'n eensydige en eendimensionele beeld - die dat
jy so lief is om met hulle te speel.)

> In plaas daarvan het hulle maar stil gesit
> en Verwoerd het sy flikkers gegooi by die
> "kafferhaters" - en dis hoe jy en jou kinders
> beland het in 'n situasie waarmee julle
> blykbaar nie tevrede is nie. Julle lê nou
> in die bed wat Verwoerd vir julle geskep
> het.

Weet jy Gloudina. Ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat gedoen is, is ek
oortuig daarvan dat, as dit nie vir Verwoerd en kie was nie, ons nou in 'n
veel erger toestand sou wees - as daar nog enigsins 'n bed was (om jou
anglisistiese beeld te gebruik).

En dit geld almal in hierdie land.

Ek herhaal wat ek al tevore hier gesê het: die NSA is vir my 'n veel beter
plek as die ou Suid-Afrika, ondanks die vele onaanvaarbare dinge wat nou
gebeur. Dit beteken egter nie dat ek reken dat daar in die ou Suid-Afrika
wesenlike alternatiewe was vir die beleidsrigtings wat gevolg is nie. Ek is
oortuig dat enige van die alternatiewe sou gelei het tot veel erger as wat
wel gebeur het, en dat ons nou in veel erger omstandighede sou wees.

Ek kan sê dat ek daarvan oortuig is omdat ek, soos baie ander mense, deur
die jare konsekwent gesoek het na alternatiewe wat groter geregtigheid vir
almal sou bring. Ek glo dat die transformasie na die nuwe Suid-Afrika nie
moontlik was op enige tydstip vroeër as wat dit wel gebeur het nie.

Om die waarheid te sê, ek is oortuig dat dit die ou Suid-Afrika is, met sy
gruwels en
al, wat die nuwe een enigsins moontlik gemaak het.

Ek wil daar byvoeg, dat baie van die gruwels juis die gevolg was van
oorlogsugtige geskel en haatspraak soos die waarmee jy volhou.

> Jy behoort dit so nou en dan vir
> Betsie te sê. Ek dink somtyds wonder Betsie
> ook. Veral as Oom Rohihlala vir haar kom
> kuier en sy voel meer in gemeen met hom
> as met Eugene Terreblanche.

Wel, ET het ooit Libertas bewoon nie. (En vir jou wat so graag tussen die
lyne lees - daar is meer in daardie stelling as blote "flippancy".)

Vriendelike groete, Leendert
Vorige onderwerp: verhalen en gedichten
Volgende onderwerp: Van Bees aan die tannie met die kristalbal
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Mei 18 04:30:50 MGT 2024