Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Is Afrikaans n' kwaai taal?
Re: Is Afrikaans n' kwaai taal? [boodskap #18793] So, 01 November 1998 00:00
Leendert van Oostrum[2]  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum[2]
Boodskappe: 264
Geregistreer: Februarie 1996
Karma: 0
Senior Lid
Sluiper wrote in message ...
> Na nege jaar in Australie praat ek en my vrou nog Afrikaans met mekaar.
> Mense kyk ons soms snaaks aan, maar so het baie mede Suid Afrikaners wat ons
> hoor praat met ons kom kennis maak en groot pelle geword.
>
> Ons kinders se Australiese maats het egter al meer as een keer gevra of ek
> en my vrou kwaad is vir mekaar of stry waneer hulle ons hoor Afrikaans praat
> met mekaar. (Kinders hier is nie op hulle bek geval nie.) Hulle sê dat die
> klanke wat ons gebruik klink vir hulle kwaai.
>
> Het iemand anders al so iets ervaar?

Ja. Voordat ek Grieks leer verstaan het, het dit dikwels vir my geklink asof
hulle baklei wanneer hulle praat. Ek vind dit ook met ander Oos-Europese tale
en met Italiaans en met die Sotho-tale, wat ek gladnie verstaan nie. Alle
Oosterlinge klink vir my asof hulle erg stry wanneer hulle praat.

My ervaring is egter dat die verskynsel slegs voorkom wanneer mens nie die
sprekers kan sien nie.

Groete, Leendert

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: ZA
Volgende onderwerp: Hardekoolvuur
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Do Jun 27 21:21:12 MGT 2024