Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Wen en verloor
Wen en verloor [boodskap #18576] |
Sun, 25 October 1998 00:00  |
Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Hierdie naweek speel NTvl en WP teen mekaar in die Currie beker
eindstryd. Ek weet dat baie mense (soos my vrou) dit nie sal verstaan
nie, maar in die dae toe Natal en Transvaal die rugby toneel so totaal
oorheers het, het ek gedroom daarvan om weer 'n tradisionele eindstryd
tussen Noord en Suid te he^.
En nou gebeur dit Saterdag. En ek sit in die VSA. So ek gaan dit
misloop.
In die skuif wat ek en my gesin gemaak het, het 'n mens uiteraard baie
verloor. Maar ek hoop tog dat ons ook gewen het.
Saterdag is dit ook Halloween.
En dit is baie beslis een van die dinge wat ons hier gewen het.
Nogtans is daar mense wat 'n probleem met Halloween het as gevolg van
godsdienstige redes. Ek is in die gelukkige situasie dat ons priester
meer mal is oor Halloween as ek - hy verdoem dit geensins nie.
Vir 'n interessante blik oor bietjie van die geskiedenis van
halloween, en hierdie priester se siening daaroor, maak 'n draai by:
http://www.housesofworship.net/53527bmpc en kies dan die opsie
"Message from pastor".
Groete van 'n Madison wat net wil begin koud raak.
Jacques
Die spelfout in my epos adres is met opset.
NS. En as die Blou Bulle nie wen nie, eet ek my Jack 'o Lantern op!
|
|
|
|
|
Re: Wen en verloor [boodskap #18775 is 'n antwoord op boodskap #18576] |
Sun, 01 November 1998 00:00  |
Jacques Heydenrych
Boodskappe: 14 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Ek volg op op my eie plasing:
On Sun, 25 Oct 1998 19:51:14 GMT, jak...@prodigy.net (Jacques
Heydenrych) wrote:
> Hierdie naweek speel NTvl en WP teen mekaar in die Currie beker
> eindstryd.
> NS. En as die Blou Bulle nie wen nie, eet ek my Jack 'o Lantern op!
Ek was nogal verbaas gewees dat ek nie 'n bietjie terugvoer oor my
stelling oor die Blou Bulle gehad het nie. Nogal gedink dat van die
WP-manne my sou wou aanvat. Nou besef ek dat hulle eintlik geweet het
wat gaan gebeur. Om uit Raka aan te haal:
"...Die manne wis wat krag was, en hulle het gevrees..."!
Jacques
Die fout in my epos adres is met opset.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:42:34 UTC 2025
|