Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » BOERE OORLOG
BOERE OORLOG [boodskap #18715] |
Thu, 29 October 1998 00:00  |
Rudi van Schalkwyk
Boodskappe: 1 Geregistreer: October 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
RUDI
|
|
|
|
|
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18763 is 'n antwoord op boodskap #18715] |
Sat, 31 October 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
In article <36461dcf...@news.icon.co.za>,
ferd...@icon.co.za (Ferdi ) wrote:
> On 29 Oct 1998 10:57:32 GMT, "Rudi van Schalkwyk" <o...@rossair.co.za> wrote:
>
> <<>EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
>> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
>> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
>> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
>> RUDI >>
Lees "Die Vyf Swemmers" van C.J. Barnard. Dis
die ware verhaal van vyf bannelinge wat na Ceylon
gestuur is, maar daar van die skip af gespring het
en hulle weg na Rusland en daarna na Nederland
gevind het. Aan die begin is daar egter interessante
inligting oor die oorlog in die Vrystaat en hulle
verblyf in die Groenpuntse kamp. Aan die einde van
die vertelling kom hulle weer die vasteland in deur
die hedendaagse Namibië. Hulle is by Lüderitzbucht
van die skip af. Die beskrywing van hulle reis terug
na die Kaapkolonie is spannend. Daar was volop
internasionale intriges en spioenasie aan die gang in
die Duitse gebied. Hulle probeer uiteindelik by die
magte van kommandant Conroy aansluit. Hulle swem
die Oranje ongeveer 15 kilometers onderkant die
Augrabies-waterval deur. Hulle het egter nooit daarin
geslaag om Conroy en sy soldate te bereik nie. Hulle
sluit uiteindelik aan by die soldate van Manie Maritz,
wat in opdrag van Generaal de Wet na die distrikte
Calvinia en Kenhardt gekom het om die mense op te
lei wat daar wapens teen die Britte wou opneem.
Die boek vertel verder die verhaal van wat met Willie
Steyn en sy makkers gebeur het die res van die tyd. Dis
nogal interessant om te lees wat met die nasate van Willie
Steyn gebeur het. 'n Kleinseun van hom, wat in 1973 na
Brittanje geïmigreer het, is in 1985 tot regter in die Britse
hoërhof benoem en tot ridder geslaan (Sir Johan Steyn.)
Wat 'n klein wêreld, waar die werklikheid soms vreemder
is as die fantasie.
"Die vyf Swemmers" deur C.J. Barnard is in 1988
uitgegee deur Tafelberg-Uitgewers.
ISBN 0 624 02619 1
C.J. Barnard is die skrywer van verskeie publikasies
oor die Suid-Afrikaanse krygsgeskiedenis, waaronder
sy boek "Generaal Louis Botha op die Natalse Front
1899-1900 (Kaapstad 1970.) Ek kan ongelukkig nie
die prys vir jou gee nie, Leendert, want ek het my kopie
van "Die vyf Swemmers " direk van die skrywer
as 'n geskenk ontvang. Leendert, is ek nie 'n cute
kultivark nie?
Gloudina Bouwer
|
|
|
|
Re: BOERE OORLOG [boodskap #18792 is 'n antwoord op boodskap #18715] |
Sun, 01 November 1998 00:00  |
cafe
Boodskappe: 3 Geregistreer: November 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Rudi van Schalkwyk wrote in article
...
> EK IS OP SOEK NA `N AFRIKAANSE BOEK OOR DIE BOERE OORLOG. ORAL WAAR EK
> SOVER NAVRAE DOEN OF DIE BOEKE WAAROP EK MY HANDE KAN LE IS ENGELS.
> WIE WILL NOU `N BOEK OOR DIE BOERE OORLOG LEES IN ENGELS ? IS DIT NIE
> GENOEG DAT ON S HULLE PAK GEGEE HET NIE ??
> RUDI
Jan Smuts se boek, Een Eeu Van Onreg, is geskryf voordat hy Engeland toe
is. Later het hy ontken dat hy die outeur is.
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Fri Mar 07 05:50:53 UTC 2025
|