Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Iemand in Kanada......
Iemand in Kanada...... [boodskap #18468] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak. Laaste wat ek van hom weet,
is :

Philip Fourie
Mississauga, Ontario
Tel 905 891 0851

Sou daar iemand naby genoeg aan die adres wees, gee asseblief my E adres
(sonder die water gedeelte) deur aan Philip Fourie.

Dankie vir die hulp.

jdejage...@iafrica.na
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18469 is 'n antwoord op boodskap #18468] Wo, 21 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , "Hans"
wrote:

> Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak. Laaste wat ek van hom weet,
> is :
>
> Philip Fourie
> Mississauga, Ontario
> Tel 905 891 0851
>
> Sou daar iemand naby genoeg aan die adres wees, gee asseblief my E adres
> (sonder die water gedeelte) deur aan Philip Fourie.
>
> Dankie vir die hulp.
>
> jdejage...@iafrica.na

Hallo Hans,
is jy in Namibia?

Hoekom bel jy nie sommer sy nommer nie?

Probeer: http://canada411.sympatico.ca/english/person.html

En terwyl jy dan besig is, kyk onder: Bouwer in Ottawa ;-)

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18509 is 'n antwoord op boodskap #18468] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hans" writes:

> Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak.
Laaste wat ek van hom weet,

> Sou daar iemand naby genoeg aan die adres wees, gee asseblief my E adres
> (sonder die water gedeelte) deur aan Philip Fourie.
>
> Dankie vir die hulp.

Hans, lekker met jou neef gepraat
en hom jou epos-adres gegee. Moet
hom net nie 'n klomp nonsens oor
my vertel nie. Het hom ook die
nuusgroep-adres gegee.

Gloudina
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18511 is 'n antwoord op boodskap #18468] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , "Hans"
wrote:

>> is jy in Namibia?
> Reg geraai - Walvisbaai

> Gegroet
> (Haal die water uit my adres vir direkte pos)

Nou maak dit sin. Lekker ou windsurf lagoon!

Gaan gooi tog so 'n paar seile rond vir my part, daar tussen die flaminke!

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18512 is 'n antwoord op boodskap #18468] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
Stefan Harms wrote
> Hallo Hans,

> is jy in Namibia?
Reg geraai - Walvisbaai

>
> Hoekom bel jy nie sommer sy nommer nie?

Bel ??? Onthou, dis familie !!!
En gesels 20 minute lank teen N$10 + per minuut - aikôna ( 1 Namibian $ =
1 S.A. Rand = Nikswerd)
Klaar my les geleer met my eie dogter in Australië en dis hoekom ek nou E
pos het en op die NG kuier.
Het reeds geslaag om my ou Newmont Mining (of America) kollegas na 'n breek
van byna 20 jaar via die Net op te spoor in VSA, Australië en Duitsland.
>
> Probeer: http://canada411.sympatico.ca/english/person.html
Dankie vir die "link" - dadelik probeer en die persoon opgespoor. Is daar
dalk 'n gids vir E adresse ??

>
> En terwyl jy dan besig is, kyk onder: Bouwer in Ottawa ;-)
>
>
Is dit veilig ?? :-))))

--
Gegroet
(Haal die water uit my adres vir direkte pos)
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18514 is 'n antwoord op boodskap #18468] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Stefan Harms[2]  is tans af-lyn  Stefan Harms[2]
Boodskappe: 19
Geregistreer: Junie 1998
Karma: 0
Junior Lid
In article , wrote:

> harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes:
>
>> Hallo Hans,
>> is jy in Namibia?
>
>> En terwyl jy dan besig is, kyk onder: Bouwer in Ottawa ;-)
>>
>> --
>> Stefan Harms @ Squirrel's End
>
>
> Hallo, Squirrel, a.k.a. Secret Squirrel,
> as jy nie oppas nie, bestel ek ekstra
> sneeu vir julle winter. En daar is drie
> Bouwers in Ottawa in die telefoonboek,
> nie net een nie.
>
> Chipmunk

Watse a.k.a is dit dan nou? Ek dog die taal moet rein gehou word?

Terloops, ek vermoed dat jy my met iemand anders verwar.
Lees tog die storie by: http://www.mbnet.mb.ca/~harms

Die ekstra sneeu is sowieso oppad...

--
Stefan Harms @ Squirrel's End
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18516 is 'n antwoord op boodskap #18468] Do, 22 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
harm...@mbnet.mb.ca (Stefan Harms) writes:

> Hallo Hans,
> is jy in Namibia?

> En terwyl jy dan besig is, kyk onder: Bouwer in Ottawa ;-)
>
> --
> Stefan Harms @ Squirrel's End

Hallo, Squirrel, a.k.a. Secret Squirrel,
as jy nie oppas nie, bestel ek ekstra
sneeu vir julle winter. En daar is drie
Bouwers in Ottawa in die telefoonboek,
nie net een nie.

Chipmunk
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18534 is 'n antwoord op boodskap #18468] Vr, 23 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Hans  is tans af-lyn  Hans
Boodskappe: 68
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Volle Lid
@igs.net wrote :

> Is die naam van die hond nou afkomstig van
> die engelse woord vir jakkals,
>
>
Dit was nou rêrig 'n foutjie van my kant af om sommer net aan te neem dat
almal op hoogte sal wees wat op die plaas aangaan. Kom ons klaar die
besigheid op :

"Foksie"
^^^^^^^^^

Dit is in die (Suidwes) volksmond die naam vir die Engelse "fox terrier".
Dit word gebruik in die situasie waar 'n spesifieke hond tussen ander honde
uitgewys word op grond van die honderas. Die taaltegnoloë kan seker vir
ons hierdie proses van nuwe woordvorming verklaar / verduidelik. Hierdie
ras het sy ontstaan aan die Engelse te danke wat hom met 'n spesifieke doel
geteel het - hy moes 'n jakkals kon uithaal uit 'n gat. Daarom is hy geteel
met 'n lenige bou, 'n lang snuit / bek, kort, gladde hare en bowe al, 'n
wakker, lewendige temperament. Die "fox terrier" was die een wat eerste
alarm gemaak het as daar ongediertes in die omgewing was - hy't ou Boel &
Kie wakker gemaak wat dan gaan opruim het. Die "fox terrier" is ook nie
vreeslik groot nie. 'n Grote sal so kniehoogte staan. Kleur : Wit met
of bruin of swart kolle. En dan is daar onder hulle nog die kortbeen en
langbeen variasies. Ook is dit een van die min honderasse waaraan mens
darem 'n mate van intelligensie kan toedig.

Wat ek vir jou vertel, is dat die "fox terrier" uiters gewild is by boer en
dorpenaar. As iemand dus van sy "foksie" praat, lees ons hier elemente van
deernis, trots en liefde en om met een vergelyk te word, is 'n kompliment.
Ons foksie het gesorg vir lewe in die hondetrop - al het hy af en toe in die
donker teen die verkeerde kant 'n ystervark vasgehardloop !!!

> of het dit 'n ruwer oorsprong?
Hoegenaamd nie. As kleuter kon ek die viervoetiges almal paslik
identifiseer maar het eers van die ruwer begrip - dis nou as jy die hond in
twee sal deel - geleer kort na ek begin het om te skeer. Maar hier praat ek
net namens myself.

Die Suidwesgroete is nog steeds vriendelik

Ou Boel
(Die water in my adres is 'n spam slagyster)
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18564 is 'n antwoord op boodskap #18468] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hans" wrote:
> Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak. Laaste wat ek van hom weet,
> is :
>
> Philip Fourie
> Mississauga, Ontario
> Tel 905 891 0851
>
> Sou daar iemand naby genoeg aan die adres wees, gee asseblief my E adres
> (sonder die water gedeelte) deur aan Philip Fourie.
>
> Dankie vir die hulp.
>
> jdejage...@iafrica.na
>
> Hans ek hoop jy het die boodskap gekry wat ek vir jou gestuur het.
Ek moet die res van die boodskap nou hier noem want Gloudina se
e-pos is onbeskikbaar.

Ek het iemand in Kanada vir Philip laat bel. Hy het glo toe al met
Gloudina gepraat. Maar toe verloor hy die inligting wat sy vir hom gegee
het. Hopelik kan die twee nefies nou weer bymekaar uitkom.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Re: Iemand in Kanada...... [boodskap #18565 is 'n antwoord op boodskap #18468] Sa, 24 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
"Hans" wrote:
> Probeer kliphard om 'n neef daar te kontak. Laaste wat ek van hom weet,
> is :
>
> Philip Fourie
> Mississauga, Ontario
> Tel 905 891 0851
>
> Sou daar iemand naby genoeg aan die adres wees, gee asseblief my E adres
> (sonder die water gedeelte) deur aan Philip Fourie.
>
> Dankie vir die hulp.
>
> jdejage...@iafrica.na
>
> Hans ek hoop jy het die boodskap gekry wat ek vir jou gestuur het.
Ek moet die res van die boodskap nou hier noem want Gloudina se
e-pos is onbeskikbaar.

Ek het iemand in Kanada vir Philip laat bel. Hy het glo toe al met
Gloudina gepraat. Maar toe verloor hy die inligting wat sy vir hom gegee
het. Hopelik kan die twee nefies nou weer bymekaar uitkom.

Billy.

-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
Vorige onderwerp: Re: Who shall rule......
Volgende onderwerp: Van haatspraak gepraat:
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 01 15:12:01 MGT 2024