Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Verlange na Quebec (Gloudina)
Re: Verlange na Quebec (Gloudina) [boodskap #18370] So, 18 Oktober 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Uhuru Guru" writes:

> Ek was bevoorreg om in Mei na Montreal te kon gaan vir besigheid. Wat 'n
> heerlike ondervinding om in 'n geordende 1ste wereldse land te kon gaan, en
> om in 'n stad te bly waar daar laasjaar slegs 45 moorde was. En die
> misdaadsyfers is besig om steeds te daal daar - hoekom weet hulle nie!
>
> Net jammer die weer in Montreal is so horribaal in die winter. Maar dis
> hoekom almal Vancouver toe gaan, nê?

Jy het seker nie van die biker gang wars
gehoor nie. En daar is dele van Montreal
waar hulle karre steel op prinsiepe as jy
dit daar parkeer.
Ek wonder egter of Montreal meer horribaal
in die winter is as Vancouver, waar dit ewig
reen. In Montreal hoef jy soms nie eens bo
die grond uit te kom nie. Hulle het so 'n
goeie ondergrondse trein-sisteem, met ingange
na die geboue ondergronds en hele koopkomplekse
ook ondergronds.

Gloudina
Re: Verlange na Quebec (Gloudina) [boodskap #18371 is 'n antwoord op boodskap #18370] So, 18 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
hancil  is tans af-lyn  hancil
Boodskappe: 28
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Op 18 Oct 1998 12:15:41 GMT skryf :

-> In Montreal hoef jy soms nie eens bo
-> die grond uit te kom nie. Hulle het so 'n
-> goeie ondergrondse trein-sisteem, met ingange
-> na die geboue ondergronds en hele koopkomplekse
-> ook ondergronds.
->
-> Gloudina

Klink soos iets uit HG Wells:-)
Groete
Hannes
...sonder die umlaut sal e-pos my bereik...
Vorige onderwerp: Gespreksgenote oor die letterkunde gesoek
Volgende onderwerp: Verlange na Quebec (Gloudina)
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Jul 03 16:09:32 MGT 2024