Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » H.A. v Reede tot Drakestein
H.A. v Reede tot Drakestein [boodskap #18360] Sun, 18 October 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: February 1998
Karma: 0
Senior Lid
Op 'n vraag van Gloudina:

Hendrik Adriaan v Reede tot Drakestein, Heer van Mijdrecht; gebore 1636,
Utrecht; oorlede 1691 aan boord die Drechterland, by Soerat, Indië.

Nederlandse land-edelman, offisier, VOC-amptenaar, en kommissaris aan die
Kaap. Jongste van 11 kinders van Ernst van Reede, heer van De Vuursche en
Drakestein. Het op 14 jarige ouderdom begin reis, omdat daar nie geld oor
was om hom ook te laat studeer nie.

Grootste deel van sy lewe in die Ooste (hoofsaaklik Indië) spandeer, as
soldaat en VOC-amptenaar. Na sy terugkeer na Nederland word hy in 1680 deur
die VOC getaak om private handel uit te roei, en so beland hy in 1685 vir 4
maande aan die Kaap.

Hy doen belangrike aanbevelings om die administrasie te verbeter, en doen
ook die aanbevelings vir die uitleg van die dorp Stellenbosch.

[Bron: Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek, Vol 1]

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Vorige onderwerp: Afrikaanse website Award
Volgende onderwerp: Gespreksgenote oor die letterkunde gesoek
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Mon Jan 27 04:17:12 UTC 2025