| pelsjas [boodskap #18241] |
Di., 13 Oktober 1998 00:00  |
hek...
Boodskappe: 34 Geregistreer: Julie 1998
|
Volle Lid |
|
|
Op my tweede dag in Perth, kry ek toe so koud dat ek in tweehandse
klerewinkels begin soek na iets lekker warm om te dra. Die truie in die
winkels was maar lelik en uitgedra, toe sien ek die pelsjas.
Dit het so heerlik sag en warm gevoel, en dit het gepas, bowendien was dit net
40$. Gedagtes van wreedheid teen diere en greenpeace het soos klokke in my kop
gelui, maar aai die jas was so saggies warm.
Die verkoopsdame kon nie my navraag oor watter dier se pelse dit was antwoord
nie, maar n ou tannie in die winkel het gesê dat dit hasie's was en dat die
spesifieke hasie jas styl hoog mode was so 20 jaar gelede, en dat haaspastei
van die diere se vleis gemaak is.
Ek het die jas dadelik aangetrek, en terug by die hotelkamer toe ek instap en
Tron my in die jas sien, het hy sowaar tot my skok weggetrek met die wysie "
Cruella de Ville , if she doesn't scare you, no evil thing will.." nou ja, ek
was redelik teleurgestel dat hy die situasie so opmerkend opgesom het. Jan het
uitgebars van die lag met, ha, uit die mond van die kind kom die waarheid.
In die volgende paar dae is daar deur vreemdelinge aan my opmerkings gemaak
oor die jas, eerstens deur n meisie in n musiekwinkel en die tweede keer deur
n man in n kafee, "that is a lovely animal".
Ek het baie skuldig gevoel, ek wat beskermer van miere, goggas, wurms en al
die diere van die aarde is.
Ek regverdig die pelsjas met die volgende redenasie: Die hasie is gejag en
geslag, die vleis geëet en die pelse gebruik om die jas te maak. Die
slagtings is gepleeg in n era toe jag en slag die orde van die dag was om kos
op die tafel en klere op die lyf te kry. Die hase is klaar dood, lankal al,
hoekom moet die pelsjas nou net eenkant gesmyt word, ongebruik ? Dit is mos
tragies dat die hase se pelse nie waardeer kan word nie.
Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.
Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
skuldig voel.
groete
heksie
--
plant n boom
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
|
|
|
|
| Re: pelsjas [boodskap #18288 is 'n antwoord op boodskap #18241] |
Do., 15 Oktober 1998 00:00  |
Gideon
Boodskappe: 194 Geregistreer: Januarie 1997
|
Senior Lid |
|
|
In article ,
hek...@usa.net wrote:
>
> Ek sal die haas se jas dra, in herbinnering van die haas self.
> Ek sal die pels nie in die publiek dra nie, in vrees dat iemand n emmer bloed
> op my gooi, ek sal dit wel in my eie huis dra en na goeie vriende se huise.
>
> Ek deel hierdie ervaring met julle omdat dit my diep geraak het en omdat ek
> skuldig voel.
>
Ek weet nie of jy bewus is daarvan dat hase (ek dink dit is eerder konyne) 'n
plaag is in Australië nie. Dit is 'n uitheemse dier wat deur van die
settelaars van Europa af gebring is. Ek dink dat haaspelsjasse 'n dêm goeie
idee is - dan kan hulle miskien die getalle onder beheer bring. Dit is die
"downside" van heel veel van die bewegings soos greenpeace. blykbaar kan
hulle nie altyd 'n onderskeid tref tussen wat skeef en wat reguit is nie. Of
alternatiewelik fokus hulle so op wat reg is dat dinge oorvereenvoudig word.
Dan natuurlik is hul veldtogte is so effektief dat gewone mense sonder die
nodige inligting reageer.
-Gideon-
-----------== Posted via Deja News, The Discussion Network ==----------
http://www.dejanews.com/ Search, Read, Discuss, or Start Your Own
|
|
|
|
| Re: pelsjas [boodskap #18289 is 'n antwoord op boodskap #18241] |
Do., 15 Oktober 1998 00:00  |
Grom
Boodskappe: 2 Geregistreer: Oktober 1998
|
Junior Lid |
|
|
Het jy miskien ook die resep vir haasie-en-waterblommetjiebredie gekry?
Dra die jas mos.
As jy warm is, is jy mos warm........en nie a slagteres nie
=:0) Grom
|
|
|
|