Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Song of the Bush-Shrike (traditional Zulu)
Re: Song of the Bush-Shrike (traditional Zulu) [boodskap #18252] Di, 13 Oktober 1998 00:00
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Gloudina skryf:

> SONG OF THE BUSH-SHRIKE
>
> My father is dead
> and I was not told.
> My mother is dead
> and I was not told.
> My heart in pain
> cries:
> to
> toto
> totototo
>
>
>
> (Translated from traditional Zulu song)

My ma is dood,
My pa is dood,
Al my kinders is dood
en my hart hui-ui-uil!

Bg is natuurlik 'n nabootsing van die lied van die Groenvlekduifie, en die
twee lyk vir my dieselfde.

'Busshrike' verwys na 'n groep voëls wat in Afrikaans 'boslaksman' heet, en
onder andere die Bokmakierie insluit. Nie een van hulle se roep stem ooreen
met bg. nabootsing nie, so ek lei af die daar was verwarring oor watter
voël die geluid maak, of die vertaler het sy voëls verwar.

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Song of the Bush-Shrike (traditional Zulu) [boodskap #18253 is 'n antwoord op boodskap #18252] Di, 13 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Henri Burger" writes: >
> Gloudina skryf:
>
>
>> SONG OF THE BUSH-SHRIKE

> Bg is natuurlik 'n nabootsing van die lied van die Groenvlekduifie, en die
> twee lyk vir my dieselfde.
>
> 'Busshrike' verwys na 'n groep voëls wat in Afrikaans 'boslaksman' heet, en
> onder andere die Bokmakierie insluit. Nie een van hulle se roep stem ooreen
> met bg. nabootsing nie, so ek lei af die daar was verwarring oor watter
> voël die geluid maak, of die vertaler het sy voëls verwar.

Ja, jy is reg. My man se nabootsing van die
laksman (bush-shrike) se geluid laat geen
twyfel nie. Ons soek toe die beskrywing van
die groenvlek-duifie (emerald-spotted wood-dove)
in sy Roberts:Birds of South Africa, en daar
is die volgende beskrywing: "likened by various
native tribes to "My mother is dead!My father
is dead! Oh,oh,oh,oh,oh,..."
isi-Kombazana: Zulu
isi-Vukazana : Xhosa

Gloudina
Vorige onderwerp: Re: pelsjas
Volgende onderwerp: Boere Volk se Vryheid is op pad.
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 28 02:17:56 MGT 2024