Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies.
Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies. [boodskap #18119 is 'n antwoord op boodskap #18120] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 na volgende boodskap
Henri Burger  is tans af-lyn  Henri Burger
Boodskappe: 317
Geregistreer: Februarie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Ek het intussen 'n bietjie in die SA atlas gaan rondblaai, en ontdek dat
daar nie minder as 4 Pramberge in SA is nie - by Philipstown, Postmasburg,
Kokstad en Jacobsdal.

Maar dit eindig nie daar nie - ons het ook 7 Pramkoppies (Touwsrivier,
Matjiesfontein, Sutherland, Bitterfontein, Warden, Brits en Potgietersrus),
asook 'n Pramkoppie by PaulPietersburg.

Ek vermoed Boerneef se 'Pramberg' is eintlik 'Pramkoppie' by Sutherland,
want ek sien Boplaas is daar naby, en het hy ons dan nie vermaak met:

Van al ons land se Tafelberge
is daar vir my maar twee-
die een hier op Boplaas
en sy ouboet by die see.

O, en daar's net een Tietiesbaai!

Groete

Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')

--
Henri Burger, Tzaneen. RSA
'Afrika is nie vir Sissies nie!'
(e-mail: remove 'sukikaki.')
Re: Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies. [boodskap #18120 is 'n antwoord op boodskap #18119] Ma, 05 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
ra...  is tans af-lyn  ra...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On Mon, 5 Oct 1998 18:35:36 -0500, "Henri Burger" wrote:

> Ek het intussen 'n bietjie in die SA atlas gaan rondblaai, en ontdek dat
> daar nie minder as 4 Pramberge in SA is nie - by Philipstown, Postmasburg,
> Kokstad en Jacobsdal.
>
> Maar dit eindig nie daar nie - ons het ook 7 Pramkoppies (Touwsrivier,
> Matjiesfontein, Sutherland, Bitterfontein, Warden, Brits en Potgietersrus),
> asook 'n Pramkoppie by PaulPietersburg.
>
> Ek vermoed Boerneef se 'Pramberg' is eintlik 'Pramkoppie' by Sutherland,
> want ek sien Boplaas is daar naby, en het hy ons dan nie vermaak met:
>
> Van al ons land se Tafelberge
> is daar vir my maar twee-
> die een hier op Boplaas
> en sy ouboet by die see.
>
> O, en daar's net een Tietiesbaai!
>
> Groete
>
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
> --
> Henri Burger, Tzaneen. RSA
> 'Afrika is nie vir Sissies nie!'
> (e-mail: remove 'sukikaki.')
>
>
>
Wat van die Drie Susters op die grootpad na die Noorde. Die mense was
seker vroeër te netjies om dit die Drie Pramme of soiets te noem. In
Canada is die Grand Tetons berge, kan seker maar vertaal word as groot
tiete. Gepraat van fiksasies!

Dirk
Re: Pramberg, Tietiesbaai, en ander fiksasies. [boodskap #18160 is 'n antwoord op boodskap #18120] Di, 06 Oktober 1998 00:00 Na vorige boodskap
ra...  is tans af-lyn  ra...
Boodskappe: 7
Geregistreer: Oktober 1998
Karma: 0
Junior Lid
On 6 Oct 1998 00:52:23 GMT, wrote:

> ra...@mweb.com.za writes:
>
>
>
> In
>> Canada is die Grand Tetons berge, kan seker
> maar vertaal word as groot
>> tiete. Gepraat van fiksasies!
>
>> Dirk
>
>
> Sover ek weet is die Grand Tetons nie
> in Kanada nie, maar in Idaho en
> Wyoming.
>
> Gloudina
>
Doodreg, net nadat ek dit gepos het, het ek maar eers weer seker
gemaak. Dit het net vir my snaaks gelyk 'n Franse naam het vir my maar
meer Kanadees gelyk.

Dirk
Vorige onderwerp: Re: Hoe het tye verander
Volgende onderwerp: Bietjie nuus uit die VSA
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Vr Jun 14 00:58:33 MGT 2024