Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Muskiete Jag" deur A.D. KEET
"Muskiete Jag" deur A.D. KEET [boodskap #18027] |
Thu, 01 October 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
MUSKIETE JAG
A.D.Keet
Jou vabond, wag, ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n bloedkol bly
Hier teen my kamermure.
Deur jou vervloekte gonsery,
Deur jou gebyt en plagery
Kon ek nie slaap vir ure.
Mag ek my voorstel, eer ons skei,
Eer jy die doodslag van my kry -
My naam is van der Merwe.
Muskiet, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy moet tog ééndag sterwe.
Verwekker van malaria,
Sing maar jou laaste aria -
Nog een minuut vir grasie.
Al soebat jy nou nóg so lang,
Al sê jy ook: ek is nie bang,
Nooit sien jy weer jou nasie...
Hoe sedig sit hy, o die kreng!
Sy kinders kan maar kranse breng,
Nóu gaan die vabond sterwe.....
Pardoef! Dis mis! daar gaan hy weer!
Maar dóód sal hy, sowaar ek sweer -
My naam is van der Merwe.
|
|
|
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25272 is 'n antwoord op boodskap #18027] |
Fri, 13 August 1999 00:00   |
|
Oorspronklik gepos deur: @sympatico.ca
Thys de Wet wrote:
> Gloud's is terug!
>
> Gedag van haar sal net 'n bloedkol bly
> hier op my rekenaarskerm
Kerels, ek is darem al 'n hele rukkie terug.
Kompleet met 'n nuwe bediener. Sympatico
is die internet-arm van Bell Canada. Ons
betaal $25 dollars vir 200 uur aansluiting en
nog 50 uur omdat ons Bell vir ons telefoon-
aansluiting het.
Ek lees en pos nou op Netscape. Ek wonder
of dit vir Lou tevrede stel. Hy het mos gekla
dat my oorspronklike poste nie in die threads
inpas nie.
Gloudina
|
|
|
|
|
Re: "Muskiete jag" deur A.D. KEET [boodskap #25300 is 'n antwoord op boodskap #18027] |
Sat, 14 August 1999 00:00  |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Muskiete jag
JN Potgieter (Met apologie aan die heer Keet)
Jou vabond, wag ek sal jou kry,
Van jou sal net 'n droë vel bly
Hier in my eie Minnesota
Deur jou gebraai en spuitery
Deur jou "Off" en smeerdery
Het ek gesukkel met my kwota.
Mag ek my voorstel, eer ek eet,
Eer ek my lekker dik gaan vreet -
My naam is muskiet Anopheles
Meneer, wees maar nie treurig nie,
Wees ook nie so kieskeurig nie.
Jy weet ek gaan jou altyd pes.
Draer van malaria,
Ek sing vir jou 'n aria -
Nog een keer om jou kop te vlieg.
Al waai jy nou so wild en weer,
Al vloek jy, ja, en sweer,
Ek gaan bietjie in jou bloed kom spuug.
Hoe suiglik sit ek, stewig en dors!
Kom kinders, hiers genoeg om mee te mors.
Hy slaan en dink hy gaan my kwes...
Pardoef! Dis mis! Hie gat ek wee...
Maar baie eet sal ek, sowaa, ek swee -
My naam is Anopheles!
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 20:42:30 UTC 2025
|