Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » die oorspronk van "wingerd"?
die oorspronk van "wingerd"? [boodskap #17830] Do, 24 September 1998 00:00
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Dagsê almal,

Die onderwerp sê dit, ek sou graag weet wat die oorspronk van die Afrikaanse
woord "wingerd" is. Die Duitse vertaling is eintlik "Weinberg", maar in die
dialek van die omgewing waar ek woon praat ons ook van 'n "wingert". Terloops,
ek woon in die "Rheingau", een van die mees bekende wynbougebiede in
Duitsland. Indien daar geen verwantskap met Nederlands of Vlaams bestaan nie
(Arthur, kan jy help?) vermoed ek dat dit ons wynboere was wat die woord
ingevoer het.

Dis ook moontlik dat dit van Frans (vigne?) afstam. Die Franse taal het 'n
groot invloed op die Rheingau-dialek gehad, hulle gebruik bv. woorde soos
"merci", "chaussee" en "trottoir".

Groete,

Thorsten
Vorige onderwerp: Re: die oorspronk van "wingerd"?
Volgende onderwerp: mandela & clinton
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 22:48:24 MGT 2024