Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Mandela word Companion of the Order of Canada
Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17755] Ma, 21 September 1998 00:00 na volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit die "Globe and Mail," Saterdag September 19. 1998.

MANDELA TO BE HONOURED
WITH ORDER OF CANADA

South African President Nelson Mandela will become
the first foreign leader appointed to the Order of Canada.
He will receive the badge of an honorary companion
of the Order of Canada, the highest level of the award,
during a state visit.
Mr. Mandela, 80, is to arrive in Ottawa on Wednesday.
His official program begins on Thursday with an address
to Parliament, followed by meetings with Prime Minister
Jean Chrétien and a state dinner hosted by Governor-
General Romeo LeBlanc.
In a special ceremony at Rideau Hall, where he will stay
as a head of state, Mr. Mandela will be invested into the
order by Mr. LeBlanc, who will present the South African
leader with the order's badge, a stylized snowflake with six
points.
Only three times in the past has the order been bestowed
upon expatriates or non-Canadians.
Those recipients - who were all appointed honorary
officers - were Canadian born economist John Kenneth
Galbraith, Swiss-born conductor (of the Montreal Symphony
Orchestra) Charles Dutoit, and Canadian-born inventor
James Hillier.

Mandela is dus die enigste van die vier wat "Companion"
van die Order of Canada word. Om 'n Companion of the
Order of Canada te wees, is 'n baie groot eer, selfs vir
Kanadese.

As ons vir Mandela wil sien, sal ons maar moet gaan kyk
hoe hy een of ander monument voor die Parlement open.
Ons is nie so gelukkig soos ons oudste seun nie , wat 'n uit-
nodiging het om sy toespraak in die Parlement by te woon
deur in die persgalery te sit.

Gloudina Bouwer
Re: Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17794 is 'n antwoord op boodskap #17755] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Uit die "Globe and Mail," Saterdag September 19. 1998.
>
> MANDELA TO BE HONOURED
> WITH ORDER OF CANADA
>
> South African President Nelson Mandela will become
> the first foreign leader appointed to the Order of Canada.
> He will receive the badge of an honorary companion
> of the Order of Canada, the highest level of the award,
> during a state visit.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink Madiba is n wonderlike mens. Ek dink
ook hy is n simbool van oorlewing en innerlike ordentlikheid. Maar ek is nou
al so siek - nee gatvol - vir die vreeslike gruwelmoorde in Suid Afrika wat
nooit genoem word in die oorseese pers nie. Al wat gese word is die mooi
dinge, die soetstroop en die partytjies. In die donker dae van apartheid (en
dit was donker) het ons wittes lelik deurgeloop in die pers oorsee. Dit was
reg so ook. Maar nou dat dinge verander het word die swaarkry en die moorde
en die absolute evil wat seevier net nooit genoem nie. Dit maak my siek. Dit
maak my rasend van woede want dit is skynheilig en agterbaks. Mandela is nou
n groot pikkewyn in Kanada maar Suid Afrika het nou net vir Lesotho ingeval.
Dit word skaars genoem. Ek soek my moeg na inligting daaroor in die
internationale pers maar al wat ek hoor is van die wonderlike party wat
hulle vir Madiba hou. As dit die vorige regering was wat Lesotho bestorm het
sou dit uitgeskree wees op elke voorblad.

En by the way Gloudina, wie dink jy gee om waar jy sit?

Billy.
Re: Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17795 is 'n antwoord op boodskap #17755] Di, 22 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
>
> Uit die "Globe and Mail," Saterdag September 19. 1998.
>
> MANDELA TO BE HONOURED
> WITH ORDER OF CANADA
>
> South African President Nelson Mandela will become
> the first foreign leader appointed to the Order of Canada.
> He will receive the badge of an honorary companion
> of the Order of Canada, the highest level of the award,
> during a state visit.

Moenie my verkeerd verstaan nie, ek dink Madiba is n wonderlike mens. Ek dink
ook hy is n simbool van oorlewing en innerlike ordentlikheid. Maar ek is nou
al so siek - nee gatvol - vir die vreeslike gruwelmoorde in Suid Afrika wat
nooit genoem word in die oorseese pers nie. Al wat gese word is die mooi
dinge, die soetstroop en die partytjies. In die donker dae van apartheid (en
dit was donker) het ons wittes lelik deurgeloop in die pers oorsee. Dit was
reg so ook. Maar nou dat dinge verander het word die swaarkry en die moorde
en die absolute evil wat seevier net nooit genoem nie. Dit maak my siek. Dit
maak my rasend van woede want dit is skynheilig en agterbaks. Mandela is nou
n groot pikkewyn in Kanada maar Suid Afrika het nou net vir Lesotho ingeval.
Dit word skaars genoem. Ek soek my moeg na inligting daaroor in die
internationale pers maar al wat ek hoor is van die wonderlike party wat
hulle vir Madiba hou. As dit die vorige regering was wat Lesotho bestorm het
sou dit uitgeskree wees op elke voorblad.

En by the way Gloudina, wie dink jy gee om waar jy sit?

Billy.
Re: Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17807 is 'n antwoord op boodskap #17755] Wo, 23 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
bi...@mgenerations.net writes:


maar Suid Afrika het nou net
vir Lesotho ingeval.
> Dit word skaars genoem. Ek soek my moeg na inligting daaroor in die
> internationale pers

Wel, waar ek sit in Noord-Amerika sien
ons volop nuus daaroor. Ek dink ook nie
SA het vir Lesotho ingeval nie. Hulle
en Botswana is gevra deur die regering
van Lesotho om hulp aan te bied (glo
as gevolg van een of ander ooreenkoms
wat vantevore aangegaan is.) Ek weet
nie waar jy sit nie, maar ons hier
in Kanada kry volop nuus uit SA, beide
goeie en slegte nuus, kritiek en prysens-
waardig.

Gloudina
Re: Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17828 is 'n antwoord op boodskap #17755] Do, 24 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> bi...@mgenerations.net writes:
>
> maar Suid Afrika het nou net
> vir Lesotho ingeval.
>> Dit word skaars genoem. Ek soek my moeg na inligting
> daaroor in die
>> internationale pers
>
> Wel, waar ek sit in Noord-Amerika sien
> ons volop nuus daaroor. Ek dink ook nie
> SA het vir Lesotho ingeval nie. Hulle
> en Botswana is gevra deur die regering
> van Lesotho om hulp aan te bied (glo
> as gevolg van een of ander ooreenkoms
> wat vantevore aangegaan is.) Ek weet
> nie waar jy sit nie, maar ons hier
> in Kanada kry volop nuus uit SA, beide
> goeie en slegte nuus, kritiek en prysens-
> waardig.
>
> Gloudina
>
Ja, dit is nou twee dae na my eerste stelling, en omdat die
insident in Maseru nie stilletjies wil gaan le nie is daar nou baie
beskikbare nuus te vinde. Mandela het ook nou n stelling oor
die insident gemaak. Maar toe die ding begin het was die
oorseese pers stil daaroor. Ek is oortuig daarvan dat as die ding
gebeur het toe ons wit baste nog aan bewind was die pers dit
gouer sou noemenswaardig gevind het. Ek is ook daarvan
oortuig dat hulle n ander siening van die saak sou gehad het.
Ek glo ook nie dat Kanada regtig n gebalanseerde prentjie
van die nuwe Suid Afrika uitbeeld nie. Ek het nou al baie
uitgevra en ek hoor amper nooit van Kanadese wat weet
van die geweld wat nou in Suid Afrika heers nie. Maar
hulle weet alles en nog wat van die apartheids regime.
Ek dink dat die Kanadese pers dit nou moeilik vind om
weer te gee dat Suid Afrika nie nou sommer skielik n
Paradys is nie. Hulle stel nie meer soveel belang in die
stories van hoe sleg die witmense is nie want nou kry almal
saam swaar. As hulle moet aandag gee aan die waarheid
moet hulle ook betrek word daardeur en dit wil hulle nie doen
nie. Dit is baie maklkier om as buitestander te kan raad gee
en nie jou eie agtertuin vol verdriet raak te sien nie.
Dalk het die Kanadese mense hulle eie rassisme probeer
verwerk en wegsteek deurdat hulle so belang gestel het
in ons probleme.
Maar natuurklik is die tragedie is nie wie ons sien of nie
raaksien nie, maar dat ons mooie land so n bloedige
geskeidenis het, en nog gaan he.

Omtrend jou party met Mandela. Ja daar is baie uitnodigings
gestuur, ek ken heelwat mense wat daar gaan wees. Ek stel
voor dat jy nie VRYSTAAT skree nie. Met die oorlog in Maseru
en die talle gewondes wat oor die grens vlug na die Vrystaat sal
dit dalk glad nie snaaks wees nie en dalk val hulle plat onder die
tafels vir beskerming as jy so skreeu.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Mandela word Companion of the Order of Canada [boodskap #17860 is 'n antwoord op boodskap #17755] Vr, 25 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Leendert van Oostrum  is tans af-lyn  Leendert van Oostrum
Boodskappe: 1880
Geregistreer: Julie 2000
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote in message ...
> bi...@mgenerations.net writes:
>
>
> maar Suid Afrika het nou net
> vir Lesotho ingeval.
>> Dit word skaars genoem. Ek soek my moeg na inligting
> daaroor in die
>> internationale pers
>
>
> Wel, waar ek sit in Noord-Amerika sien
> ons volop nuus daaroor. Ek dink ook nie
> SA het vir Lesotho ingeval nie. Hulle
> en Botswana is gevra deur die regering
> van Lesotho om hulp aan te bied (glo
> as gevolg van een of ander ooreenkoms
> wat vantevore aangegaan is.)

Hmmm...... En sonder dat die staatshoof van Lesotho in die saak geken is,
verneem ek?

As dit waar is sou dit 'n bepaalde gebrek aan respek vir grondwetlikheid
suggereer.
Vorige onderwerp: DIT was Gloudina se woode . .
Volgende onderwerp: Kriekgevegte
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: So Sep 29 02:22:08 MGT 2024