Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: ..duim vashou...
Re: ..duim vashou... [boodskap #17708] So, 20 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2176
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Hartseer" writes: > Gloudina
>
> Toe ek aanvanklik hierdie nuusgroep ontdek het, het ek my dood gegiggel vir
> die oor en weer beledigings en politiese standpunte wat almal so kan opwen.
>
> Aanvanklik het ek ook die speletjie gespeel en kon nie wag om in die aande
> hier na toe te kom en @igs.net se reaksies te lees nie.
>
> Dit was snaaks en ja, intelegent.
>
> Soos die tyd verby gegaan het, het ek meer en meer in jou begin belang stel
> - gekyk na wat vir jou belangrik is en waarvoor jy regtig omgee, soos die
> Taal byvoorbeeld suiwer gespreek MOET word. . .
>
> Soos tyd verby gegaan het, het ek meer en meer van jou begin hou. .
>
> Vir die afgelope 4 jaar woon ek al in Dublin-ek is slegs 25 jaar oud en was
> nooit werklik ekonomies aktief in SA nie - ook nie polities nie. Selfs as
> 'n kind het ek nie in "Flap-trap" deelgeneem nie. Ek was te jonk om
> besluite te neem of vir die destydse regerings te stem.
>
> Maar wat jy kweit geraak het sedert ek aanvanklik hierna toe gehardloop
> het, het my ernstig laat begin dink wat jou maak "tick"
>
> Ek is nie besig om jou te beledig nie - dis te duidelik dat jy 'n "kick"
> daaruit kry!
> Ek wil net iets duidelik maak:
> Ek het byvoorbeeld nie die nuwe (veelrassige) regering geblameer vir Oom
> Greyling se dood nie. Ek het gese die 'Nuwe SA'!!
> Dink jy dalk dat ek nie verstaan dat mense altyd onder VERANDERING ly nie.
> Ek spel VERANDERING in hoofletters omdat dit is wat Oom Greyling laat
> sneuwel het. Nie hedendaagse en vergete regerings nie.

>
> Ek weet jy gaan met een of ander Jou-sleg-stuk-wit-kak uitkom.
>
> Maar ek vra jou: hou jou mond van my af. Daar is goeie mense op hierdie NG
> wat ek wil bedank.
>
> Ordentelike groete
> Paul Bester

Wel, Paul Bester, ek dink nog jy het
die familie Greyling 'n oneer aangedoen
om 'n selfmoord, wat 'n intens private
familie-saak is, op die huise se takke
uit te basuin.

En as jy wonder wat laat my "tick." Reg
en geregtigheid laat my "tick." Christelike
beginsels laat my "tick." Vrede tussen
rassegroepe laat my "tick." Jy behoort
dieselfde te voel daar in Ierland, waar
mense vir die eerste keer begin om reg
en regverdigheid voor rassehaat te plaas.

Gloudina
Vorige onderwerp: en net sodat almal dit mooi kan verstaan
Volgende onderwerp: ..duim vashou...
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Sep 25 15:17:36 MGT 2024