Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Taal » Prosa & poësie » Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS
Uit "Kwatryne" deur I.D. du PLESSIS [boodskap #17678] Sun, 20 September 1998 00:00
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2172
Geregistreer: May 1997
Karma: 0
Senior Lid
Uit "Kwatryne"
I.D. du Plessis

Djokjakarta

In Djokjakarta waar die silwersmede
Geduldig hamer op die wit metaal,
Het ek vir jou - 'n duisend jaar gelede? -
Dié bontgeblomde batikdoek gaan haal.

Duiwe

Bali se singende duiwe
Omsingel die maan in hul vlug
En hang, 'n tros donkerblou druiwe,
Aan die hoë prieel van die lug.
Vorige onderwerp: Hoe het die tye verander! (was "Oom Sampie se Afskeidslied" deur GEORGE WEIDEMAN)
Volgende onderwerp: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Fri Jan 24 02:38:20 UTC 2025