Tuis » Taal » Prosa & poësie » "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS
"Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17530] |
Tue, 15 September 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
VERGEWE EN VERGEET
Totius (J.D. du Toit)
1877 - 1953
Daar het 'n doringboompie
vlak by die pad gestaan,
waar lange ossespanne
met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlanges
'n ossewa verby,
wat met sy sware wiele
dwars-oor die boompie ry.
"Jy het mos, doringstruikie,
my ander dag gekrap;
en daarom het my wiele
jou kroontjie plat getrap."
Die ossewa verdwyn weer
agter 'n heuweltop,
en langsaam buig die boompie
sy stammetjie weer op.
Sy skoonheid was geskonde;
sy bassies was geskeur;
op een plek was die stammetjie
so amper middeldeur.
Maar tog het daardie boompie
weer stadig reggekom,
want oor sy wonde druppel
die salf van eie gom.
Ook het die loop van jare
die wonde weggewis -
net een plek bly 'n teken
wat onuitwisbaar is.
Die wonde word gesond weer
as jare kom en gaan,
maar daardie merk word groter
en groei maar aldeur aan.
|
|
|
|
|
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17569 is 'n antwoord op boodskap #17530] |
Thu, 17 September 1998 00:00   |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Arthur Hagen wrote:
>
> In het Nederlands gaat dat in ieder geval wel op en ik vermoed dat het
> Afrikaans dat ook doet:
Dankie vir die verklaring, Arthur. Alhoewel my kennis van die Nederlandse taal
eerder klein is was dit heel duidelik. Ek hou daarvan om nou en dan 'n bietjie
Nederlands onder die oë te kry.
> Overigens gebruiken veel mensen in "spreektaal" vaak de uitspraak "ie" in
> plaats van "je": boompie, willempie, .... Iets met "mje" aan het eind
> "klopt" gewoon niet, een tongbreker.
Sover ek weet is die uitspraak van die Afrikaanse verkleinwoordjies wat
"-tjie" en "-djie" aan die einde het altyd "-kie".
> Waar ik tram-trammetje moet plaatsen weet ik niet, trampje klinkt niet goed.
> Misschien omdat het een leenwoord uit het Engels is....
Dit herinner aan die dorp "Kommetjie" naby Kaapstad.
"kom" = engl. vale, dale... is dit daarvan afgelei?
Indien dit is, miskien is die rede vir die woord "trammetje" net die feit dat
daar 'n kort klinker voor die "m" is? Vergelyk "boom", "wurm" ensovoort.
Hoe is dit met "blom" en "lam"? "Blompies","blommetjies", "lampies",
"lammetjies", of is dit heel anders?
Jij bent de Nederlander - ik kan net vermoeden dat het so gaat... :-)
(Hoop dit was ten minste 'n bietjie korrek)
Groete(n) ;-)
Thorsten
|
|
|
|
|
|
|
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17601 is 'n antwoord op boodskap #17530] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Heel goed, Gloudina, aan bom-bommetje ed. had ik niet gedacht: zou het dan
met de klank te maken hebben?
-oom -oompje
-om -ommetje
-aam -aampje
-am -ammetje
-eem -eempje
-em -emmetje
-uum -uumpje
-um -ummetje
Lastig hoor, hoe meer ik erover nadenk, hoe meer uitzonderingen ik zie.
gum-gummetje, maar gumpie klinkt vertrouwder :-) Mogelijk heb je gelijk en
laat het zich niet in regeltjes vangen.
@igs.net heeft geschreven..
> "Arthur Hagen" writes
>> teen-teentje toontjie
>> toon-toontje toontjie
Deze toon is zoiets als "klank" (engl. tone)
>> ei-eitje eierkarretjie
Een kip die een eierkarretjie legt?
>> vlaai-vlaaitje ? vla (custard)? gulp (fly)?
Nee, een soort taart (Limburgse specialiteit). Vla is gewoon vla en een gulp
een gulp.
>> vloei-vloeitje ? vlooitjie? klein riviertjie?
Heel dun papier om een sigaret van te draaien of om natte inkt te helpen bij
het drogen (ter voorkoming van uitvloeien, vroeger toen men nog met
kroontjespennen schreef).
>> jong-jonkie jongetjie
Jongetje is het verkleinwoord van jongen. Als ik het over "die jongen van de
buren" heb, dan klinkt dat een stuk postiever dan "dat jong van de buren".
In het laatste geval heb ik dan kennelijk een hekel aan dat jong. Een dier
heeft wel een jong.
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17602 is 'n antwoord op boodskap #17530] |
Fri, 18 September 1998 00:00   |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Thorsten Müller heeft geschreven...
> Dit herinner aan die dorp "Kommetjie" naby Kaapstad.
>
> "kom" = engl. vale, dale... is dit daarvan afgelei?
>
Kom is hier een woord voor (engl.) "bowl", maar ook voor een lager gelegen
stuk land. Het woord kom wordt ook gebruikt voor de kern van een dorp of
stad; maximum snelheid voor auto's 50 km per uur binnen de bebouwde kom.
"Vale" heeft denk ik dezelfde oorsprong als vallei en "dale" als dal en del
(duinvallei).
> Hoe is dit met "blom" en "lam"? "Blompies","blommetjies", "lampies",
> "lammetjies", of is dit heel anders?
>
Je hebt helemaal gelijk, Thorsten, ik was de korte klanken totaal vergeten.
Bloem; bloempje, bloemmetje (blommetjie) kan allebei. Lam, lammetje; lampje
klopt niet, want zo'n beest geeft geen licht, hoewel .... misschien
lammetjes die bij Chernobyl opgroeien :-)
Groeten,
Arthur
|
|
|
|
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17648 is 'n antwoord op boodskap #17549] |
Sat, 19 September 1998 00:00   |
Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029 Geregistreer: August 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Wed, 16 Sep 1998 11:36:19 GMT, hek...@usa.net wrote:
|>
|> VERGEWE EN VERGEET
|> Totius (J.D. du Toit)
|> 1877 - 1953
|>
|> Daar het 'n doringboompie
|> vlak by die pad gestaan,
|> waar lange ossespanne
|> met sware vragte gaan.
|>
|> En eendag kom daarlanges
|> 'n ossewa verby,
|> wat met sy sware wiele
|> dwars-oor die boompie ry.
|>
|> "Jy het mos, doringstruikie,
|> my ander dag gekrap;
|> en daarom het my wiele
|> jou kroontjie plat getrap."
|>
|> Die ossewa verdwyn weer
|> agter 'n heuweltop,
|> en langsaam buig die boompie
|> sy stammetjie weer op.
|>
|> Sy skoonheid was geskonde;
|> sy bassies was geskeur;
|> op een plek was die stammetjie
|> so amper middeldeur.
|>
|> Maar tog het daardie boompie
|> weer stadig reggekom,
|> want oor sy wonde druppel
|> die salf van eie gom.
|>
|> Ook het die loop van jare
|> die wonde weggewis -
|> net een plek bly 'n teken
|> wat onuitwisbaar is.
|>
|> Die wonde word gesond weer
|> as jare kom en gaan,
|> maar daardie merk word groter
|> en groei maar aldeur aan.
|
|ag, dis sulke mooie woorde !
Is hier ander oud-lede van die dagstudente huis Kanniedood van RAU?
Hierdie lied is gekies vir die huis omdat die struggle van die
dagstudente dieselfde was as die van die ou doringboompie. As
eerstejaars moes ons hierdie ding uit die kop uit ken!
Johan
Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
|
|
|
|
Re: "Vergewe en Vergeet" deur TOTIUS [boodskap #17757 is 'n antwoord op boodskap #17549] |
Mon, 21 September 1998 00:00  |
Ding!
Boodskappe: 320 Geregistreer: December 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Johan wrote:
>
> Is hier ander oud-lede van die dagstudente huis Kanniedood van RAU?
> Hierdie lied is gekies vir die huis omdat die struggle van die
> dagstudente dieselfde was as die van die ou doringboompie. As
> eerstejaars moes ons hierdie ding uit die kop uit ken!
>
> Johan
>
> Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Was jy ook in Kanniedood Johan? Wanneer? Ek was daar so in - wag vergeet
daai - anders verklap ek my ouderdom en word in 'n kassie gedruk :)
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sat Mar 08 15:40:32 UTC 2025
|