Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Re: Open Letter
Re: Open Letter [boodskap #17404] |
Tue, 08 September 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
rsa...@intekom.co.za (Frikkie Potgieter) writes: >
THE FOLLOWING IS AN OPEN LETTER TO THE SOUTH AFRICAN COMMUNIST
> PARTY BY A FRIEND OF THE BOERVOLK: ANTON CORVUS
The government of Fidel Castro has
> killed untold tens of thousands of people in his own country and has
> exported death to thousands more in South America and in Angola. The
> people of Cuba have suffered under the rule of Castro since 1959,
> thousands have been tortured, imprisoned, and killed for that most
> "horrible" of crimes; the quest for freedom.
So, ou Frikkie, jy is nie alleen 'n hanskakie
nie, maar jy is ook 'n hansyankee. Dis alleen
julle snertpraters en die Amerikaners wat nog
so teen Castro is. Word wakker. Die res van die
wereld verag hierdie Yankee-beleid.
> Democracy and freedom are about people being able to live without
> fear, to speak without fear, and to be able to choose their leaders in
> free and open elections. Cuban people do not have these choices,
En die oorgrote meerderheid van die Suid-Afrikaanse
bevolking het nie "democracy and freedom" gehad
gedurende die apartheidsregime nie. Wat weet jy
en jou trawante van democracy and freedom, ou
Frikkie.Net soos julle maak asof julle sulke groot
Christene is, maar julle weet nie die eerste ding
van ware Christelikheid nie.
A South
> Africa of true democracy and free from fear, where one is not subject
> to being killed or imprisoned for daring do speak the truth.
"Where one is not subject to being killed or
imprisoned for daring to speak the truth" soos
in die dae van die apartheidsvarke nie. Onthou
vir Mandela. Onthou vir Biko. En onthou dat ou
Anton Corvus en ou Frikkie Potgieter hulle gif
sit en spuig en niemand slaan hulle pap en gooi
hulle van die trappe af, of stoot hulle deur
vensters en maak dan of hulle selfmoord gepleeg
het nie. En daar is nie pantserwaens in die strate
nie en vloekende soldate wat op skoolkinders skiet
nie. Korrupsie en geweld is daar wel. In die strate
van die stede van die VSA, om 'n ander land op te
noem. So what is new?
Sarel (wat moet sak)
|
|
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17422 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Wed, 09 September 1998 00:00   |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On 8 Sep 1998 21:44:24 GMT, had the following to say:
| nie. Korrupsie en geweld is daar wel. In die strate
| van die stede van die VSA, om 'n ander land op te
| noem. So what is new?
|
| Sarel (wat moet sak)
|
Ja, tereg merk jy op dat jy moet "sak, Sarel" want jy lieg darem nou
wholesale!
Londen, VSA, Europese stede, het nie een die goor lewensomstandighede
wat ons hier het nie - allermins jou Ottawa! Jy maak 'n gek van
jouself om so 'n redenasie op te bring.
En moenie weer vir ons individuele gevalle opnoem nie! Dis dalk
eerder tyd dat jy veralgemeen en die waarheid begin raaksien, want
meeste van ons hier beweeg binne 'n veralgemeende samelewing - ons kom
net by uitsondering in aanraking met "uitsonderings"!
...goodbye en good luck,
Simon
|
|
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17448 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Thu, 10 September 1998 00:00   |
Michael E Willett
Boodskappe: 182 Geregistreer: March 1996
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
On Thu, 10 Sep 1998 02:01:20 +0200, "Thorsten Müller"
had the following to say:
Dankie Thorsten - dis lekker om so gebalanseerde prentjie te sien. Ek
wens meer van die plasings hier op die groep was so objektief, sonder
om persone aan te val - ek is self soms maar skuldig.
Nou ja, nou het ons 'n beter siening van die situasie.
|Ek is beslis nóg 'n Castro aanhanger nóg 'n vyand van die VSA, ek hou net
|daarvan om die hele waarheid te vertel. Die hele wêreld weet dat "oom Fidel"
|'n groot ongeluk vir sy land is, maar gewoonlik vra niemand waarom hy eintlik
|die leier van Kuba geword het nie. Die bevolking (afgesien van Batista se
|vriende natuurlik) het hom destyds baie verwelkom.
|
|Hoop my Afrikaans is verstandelik,
|
Kom ek help: Jou Afrikaans is geweldig duidelik! Net hierdie laaste
"verstandelik" kan jy vervang met "verstaambaar".
Gloudina, jy sal kan sê of daar 'n beter woord is...
...goodbye en good luck,
Simon
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17449 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Thu, 10 September 1998 00:00   |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Simon wrote:
>
> Ja, ek wens so ek kan elkeen van die mense wat so agter arrafat en
> castro aanloop, by die skouers vat en skud "Wake up, smell the
> coffee!".
Seker, maar ek wens ek kan vir elkeen wat Castro verduiwel verklaar dat elke
storie twee kante het:
1. Castro is natuurlik 'n diktator, en die situasie in Kuba sou beter wees
wanneer hy eindelik afdank.
2. Die hoofrede vir die huidige ekonomiese situasie in Kuba is maar die
sanksies van die VSA. Castro ly nie onder die sanksies - dit is die volk wat
ly. Daarom behoort die sanksies afgeskaf word. Dit is belagrik dat die VSA
Castro verduiwel, terwyl hulle met Batista (wat eens minder oor die regte van
mense geweet het as Fidel) baie dollars verdien het.
3. Vlugtelinge? Ja, seker is daar baie mense wat na Florida probeer vlug, maar
die meeste daarvan is geen politiese vlugtelinge nie. Hulle verlang net na 'n
beter lewe wat hulle in Kuba - veral weens die sanksies - nie kan hê nie. Baie
Kubaners is trots op hulle land en die feit dat alle pogings van die VSA tot
storting van die Castro regering onsuksesvol was. Die sanksies gee Castro net
brandstof om met sy politiek voort te gaan. Dit is baie maklik vir hom om die
Amerikaners te verduiwel en dus die steun van sy volk te hou (moenie vergeet
dat die VSA ook eens Batista gesteun het, en dat Castro Kuba van Batista en
die - nou ja - "Amerikaanse Kapitaliste" bevry het).
Ek is beslis nòg 'n Castro aanhanger nòg 'n vyand van die VSA, ek hou net
daarvan om die hele waarheid te vertel. Die hele wêreld weet dat "oom Fidel"
'n groot ongeluk vir sy land is, maar gewoonlik vra niemand waarom hy eintlik
die leier van Kuba geword het nie. Die bevolking (afgesien van Batista se
vriende natuurlik) het hom destyds baie verwelkom.
Hoop my Afrikaans is verstandelik,
Thorsten
PS: Terloops, ek is ook al in Kuba gewees...
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17484 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Sun, 13 September 1998 00:00   |
A.A. Hagen
Boodskappe: 155 Geregistreer: September 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Gloudina heeft geschreven...
> Bryan ou biel, jou ou handjies is natuurlik
Wat is een biel?
> Engelse woord "lisp" te gebruik vir "sleeptong"
Het Nederlands gebruikt lispelen voor de manier van spreken waarbij je "de
s, de z en vooral de t met een zeker gesis laat horen". Lispelen kan echter
ook worden gebruikt om "fluisterend spreken" weer te geven. Slissen is een
ander woord voor zo'n spraakgebrek. Het woord "Sleeptong" heb ik nog nooit
iemand horen gebruiken, al meen ik dat ik "met slepende tong spreken" wel
eens gehoord of gelezen heb. Sliptongetjes ken ik wel, lekker gebakken met
een fris zurig sausje :-)
> Ek wonder somtyds oor die woord "ne" wat ons in
> Afrikaans gebruik. Dit word aangeneem dat dit
> kom van die Frans " n'est-ce-pas." Ek wonder of
> Nederlanders en Vlaminge dit ook so gebruik?
>
Ik gebruik wel eens "nie" achter aan een zin. In een vragende vorm. Ik ging
ervan uit dat het een verkorte vorm van "nietwaar" was. Maar het zou ook
best uit het Frans kunnen komen, nie?
> Die woord aan die einde van jou sin, "ai" sal, dink
> ek, vreemd vir Nederlands-sprekende mense wees.Ek
> dink dis 'n Khoi of San woord, maar kan nie seker
> daarvan wees nie. Waar het Leendert heen verdwyn?
> Anders kon ek hom nou gevra het om dit na te slaan.
Ja, dat "ai". In wat voor betekenis moet ik dat zien? Au, foei, jasses, nou
ja... ?
> Op die bootjie na Kammaland.
Is er nog plaats? Dan ga ik mee! Ze hebben er een plaats op de camping voor
minder dan 50 rand per overnachting: stukken goedkoper nog dan de Franse
campings waar ik de afgelopen weken heb gestaan.
Is dit eigenlijk wel de goede tijd van het jaar om Zuid Afrika te bezoeken?
Ik las in een andere plasing iets over de eerste regen sinds april. Regen
hebben we hier ook, dus dat hoeft van mij niet zo nodig :-)
Warmte en zon, daar ga ik voor! Nou ja, voorlopig maar het huis lekker warm
stoken en hopen dat het met dat broeikaseffect een beetje opschiet: dan kan
ik misschien wel palmbomen planten in mijn achtertuin.
Groeten,
Arthur
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17485 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Sun, 13 September 1998 00:00   |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Arthur Hagen" writes:
> Gloudina heeft geschreven...
>
>> Bryan ou biel,
>
> Wat is een biel?
Arthur, die woord "biel" word gewoonlik net
gebruik as jy met 'n man praat. Dit het effens
macho-assosiasies, maar kan maklik omslaan in
'n effe beledigende aanspreekvorm. Dus, as ek
vir iemand "ou biel" noem, mag ek impliseer:
"jy dink jy is so wonderlik, maar ek dink jy
is ook maar net 'n manlike domkop." Dit hoef
egter nie hierdie pejoratiewe betekenis te
hê nie. Een man kan 'n ander man aanspreek
as "ou biel" om bloot kameraderie uit te
spreek. Dit het amper altyd die woord "ou"
vooraan as jy die persoon direk aanspreek.
Jy kan dit ook so gebruik: "Hy is 'n biel
van 'n man."
Ek vind die woord nog in ons Afrikaanse woorde-
boek nog in ons Idiomatiese woordeboek. My man
verseker my dat hy die woord ken. Hy dink dit
kom van die woord "buffel." Enige ander opinies?
>> Engelse woord "lisp" te gebruik vir "sleeptong"
> Het Nederlands gebruikt lispelen voor de manier van spreken waarbij je "de
> s, de z en vooral de t met een zeker gesis laat horen". Lispelen kan echter
> ook worden gebruikt om "fluisterend spreken" weer te geven. Slissen is een
> ander woord voor zo'n spraakgebrek. Het woord "Sleeptong" heb ik nog nooit
> iemand horen gebruiken, al meen ik dat ik "met slepende tong spreken" wel
> eens gehoord of gelezen heb. Sliptongetjes ken ik wel, lekker gebakken met
> een fris zurig sausje :-)
Interessant dat julle die woord "lispelen" gebruik
in Nederlands. Engels en Nederlands het dieselfde
moeder, dus is dit natuurlik nie vreemd nie. As
Afrikaners "lisp" gebruik, dink hulle altyd hul
steel van Engels.
>> Ek wonder somtyds oor die woord "ne" wat ons in
>> Afrikaans gebruik. Dit word aangeneem dat dit
>> kom van die Frans " n'est-ce-pas." Ek wonder of
>> Nederlanders en Vlaminge dit ook so gebruik?
>
> Ik gebruik wel eens "nie" achter aan een zin. In een vragende vorm. Ik ging
> ervan uit dat het een verkorte vorm van "nietwaar" was. Maar het zou ook
> best uit het Frans kunnen komen, nie?
Ja, ek dink ons "n^e" of "n`e" kom seker
maar van die Nederlandse "nietwaar." Maar
ek dink dit word baie meer aggressief en
met baie meer nuanses gebruik as die "nie?"
in Nederlands.
> Ja, dat "ai". In wat voor betekenis moet ik dat zien? Au, foei,
jasses, nou
ja... ?
Dit spreek jammerte of misnoe"e uit. Ai, nou moet
ek weer van vooraf begin. Ai, dis darem te koud
om nou buite te loop. Ai siestog, hy is nog so
klein. Ai, sê Henri Burger, die klomp twis so
op die nuusgroep. Ai, hulle wil nie ophou nie.
Wat op aarde beteken "jasses."
Gloudina
|
|
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: Open Letter [boodskap #17786 is 'n antwoord op boodskap #17404] |
Tue, 22 September 1998 00:00  |
Thorsten Müller
Boodskappe: 103 Geregistreer: July 1998
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
Henri-John Kock wrote:
> Tongknoper. Hopelik sal een van die mense wat Duits of Nederlands magtig
> is, jou kan help met die relevante vertalings.
Ons het dit al gedoen, jy het seker nie die hele "thread" ontvang nie. Indien
jy ook in die Duitse/Nederlandse vertalings belangstel sal ek dit vir jou gee:
Duits: Zungenbrecher
Nederlands (sover ek kan onthou): Tongbreker
Terloops, die Nederlandse woord is 'n presiese vertaling van Duits.
Groete,
Thorsten
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 10:19:31 UTC 2025
|