Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Afrikaansmagtige Persoon van die jaar
Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17438] Do, 10 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Kobus Pietersen  is tans af-lyn  Kobus Pietersen
Boodskappe: 358
Geregistreer: April 1998
Karma: 0
Senior Lid
Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
doodeenvoudig goed voel.

Ek het begin wonder of mens nie op hierdie ng. jaarliks en informeel 'n
toekenning aan een persoon kan maak wie se huistaal nie Afrikaans is nie ?
Vir my sal dit nie gaan oor taalsuiwerheid en sulke dinge nie, maar eerder
oor hoeveel moeite so 'n persoon moes doen om die taal te leer, waarom, en
hoe dit buite die nuusgroep aangewend word, ens.

Mens kan waarskynlik maandeliks 'n finalis kies en ook klein pryse toeken?
Die wenner kan bv. ingeteken word op 'n tydskrif of so iets.

Laat weet as daar belangstelling is vir die gedagte, sodat mens 'n paar
details kan uitwerk.

Groete
Kobus
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17459 is 'n antwoord op boodskap #17438] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Kobus Pietersen wrote:
>
> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
> en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
> doodeenvoudig goed voel.

Ag wat, ek is net lief vir die taal. Dit is geen moeite vir my nie, ek is bly dat
daar ander mense is wat saam met my in Afrikaans wil gesels. En dan is dit ook
nie so moeilik vir 'n Duitser om Afrikaans te leer.

Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,

Groete,

Thorsten
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17460 is 'n antwoord op boodskap #17438] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Kobus Pietersen:

> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê.

Kobus, ek deel jou bewondering, en kom ons voeg maar Mees Roelofs se naam ook
by. Wat ek meer bewonder is dat dié ouens vasbyt hier t.s.v. die aanhoudende
vooroordele teenoor mekaar wat so gereëld hier uitgestal word en die
gepaardgaande persoonlike aanvalle. Ek het al moedeloos begin raak hieroor, en
dan duik iets op soos die Kuba-debat op die oomblik wat 'n ou weer laat
asemhaal.

Op die oomblik word daar al hoe meer plaaslik gepraat en debat gevoer oor die
'Diaspora van die Afrikaner' en daar word ook aandag gegee aan 'n
'Oorlegsentrum vir Afrikaans', en dit lyk my beide raak die behoefte van 'n
'sense of belonging' aan. Vir my wil dit lyk of hierdie nuusgroep 'n
belangrike rol in die opsig kan speel, want die diaspora is 'n werklikheid,
hetsy fisies of bloot net op emosionele vlak. Of die nuusgroep so 'n rol kan
speel, hang natuurlik daarvan af of die ouens hier wil hê hy moet dit doen,
en of ons maar gaan voortgaan met ons persoonlike agendas, posisionering en
afkraking. Iets waarmee ons lot nogal goed mee geword het van die dag toe JvR
Holland verlaat het.

Ja, ek stem, kom ons gee erkenning aan die nie-eerstetaal Afrikaanssprekendes
vir hul bydrae hier, al is dit dan net deur dit vir hulle te sê, soos jy reeds
gedoen het. Maar kom ons gee ook erkenning vir die ouens wat bydra sonder om
persoonlik te raak, en in die opsig vermeld ek met groot vrymoedigheid vir
Gideon die afgelope ruk.

Groete

Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17461 is 'n antwoord op boodskap #17438] Vr, 11 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Steve Du Plessis  is tans af-lyn  Steve Du Plessis
Boodskappe: 10
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
Thorsten Müller wrote in message ...
> Kobus Pietersen wrote:
>>
>> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
>> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
>> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
>> en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
>> doodeenvoudig goed voel.
>

Ek moet met Kobus saam stem, dit is 'n riem onder die hart om andertaliges
te sien komunikeer in Afrikaans. Ons ou moedertaal is beslis nie die
maklikste taal om te leer nie. Ek lig my hoed vir julle.

Ek wil ook net vir Thorsten sê, as jy meer in Afrikaans wil gesêls, stuur
maar die e -pos. Ek is halfpad om die aarde van jou so as jy dag het, het ek
nag. Dankie vir jou liefde vir my taal.

As ons almal bymekaar was, sou ek nou 'n glasie geklink het op julle.

Steve
'n Klein stuiwerkie in die groot arembeurs
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17472 is 'n antwoord op boodskap #17438] Sa, 12 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
hb...@my-dejanews.com writes:

> en of ons maar gaan voortgaan met ons persoonlike agendas, posisionering en
> afkraking. Iets waarmee ons lot nogal goed mee geword het van die dag toe JvR
> Holland verlaat het.

En ek verklaar: sieketrooster, heel jouself.

Jakob Ontong (moeg van maaiwerk)
Mabalel
Amakeia
Ou tante Koba
Die Ruiter in die Nag
Kittie (wat ver in die wereld is)
Frikkie
Fred Rundle
Tant Hessie en haar witperd
Tant Alie en Tant Miena (lesbies)
Oom Kallie (heteroseksueel)
Herrie op die ou tremspoor (?)
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17473 is 'n antwoord op boodskap #17438] Sa, 12 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
A.A. Hagen  is tans af-lyn  A.A. Hagen
Boodskappe: 155
Geregistreer: September 1997
Karma: 0
Senior Lid
Thorsten, jy is te bescheiden. Ek het baie bewondering vir jou inspanninge!

Kobus, my naam is misplaas op hierdie lys; behoudens enige armsalige poginge
van 'n jaar gelede, het ek nie in 't Afrikaans geskry nie, slegs in 't
Nederlands. Skrywe in 't Afrikaans is vir my baie tydrowend. Net vir hierdie
plasing het ek 30 minuten benodig!

Groete,
Arthur

Thorsten Müller heeft geschreven...
> Kobus Pietersen wrote:
>>
>> Mense soos Thörsten, Darren, Henry (HWM) en ander soos Hilda en Servaas,
>> Arthur en Roelf dwing groot bewondering by my af, aangesien hulle die moeite
>> doen om in 'n taal te kommunikeer wat my na aan die hart lê. Om 'n Duitser
>> en Amerikaner in gesprek te sien tree deur middel van Afrikaans laat mens
>> doodeenvoudig goed voel.
>
> Ag wat, ek is net lief vir die taal. Dit is geen moeite vir my nie, ek is bly dat
> daar ander mense is wat saam met my in Afrikaans wil gesels. En dan is dit ook
> nie so moeilik vir 'n Duitser om Afrikaans te leer.
>
> Maar in elkgeval dankie vir jou vriendelike woorde,
>
> Groete,
>
> Thorsten
>
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17523 is 'n antwoord op boodskap #17438] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
G.B.  is tans af-lyn  G.B.
Boodskappe: 2179
Geregistreer: Mei 1997
Karma: 0
Senior Lid
"Thorsten Müller" writes:

> Ek stem maar saam dat Afrikaans beslis moeiliker is as baie mense wil glo. Net
> alleen die groot aantal woorde wat mens moet leer en die feit dat Afrikaans
> meer woordespele gebruik as enige taal wat ek tot dusver raakgeloop het is 'n
> groot aansporing.

Ek vind dit interessant dat jy voel dat
Afrikaans meer woordespel gebruik as
waaraan jy byvoorbeeld gewoond is in Duits.
Kan jy meer hieroor uitwei? Bedoel jy daar
is meer woordspelings (punning) in die
taal, of speel die mense meer rond met die
taal? Laasgenoemde soepelheid van Afrikaans
is tot 'n groot mate die feit dat Afrikaans
hom losgemaak het van die meer gestileerde
Nederlandse uitdrukkings, en sy grammatikale
struktuur so vereenvoudig het dat dit hom
baie meer leen tot verskillende modaliteite
van betekenis.

Het jy byvoorbeeld al opgemerk dat in Afrikaans
jy 'n storie in die verlede tyd kan vertel, maar
die teenwoordige tyd kan gebruik, bloot deur net
die sin te laat begin met "toe."

Toe sien ek hom. (Then I saw him.)
Ek sien hom toe.
Toe ek hom sien, toe lag ek.

Gloudina
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17524 is 'n antwoord op boodskap #17438] Di, 15 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
Steve Du Plessis wrote:
>
> Ek moet met Kobus saam stem, dit is 'n riem onder die hart om andertaliges
> te sien komunikeer in Afrikaans. Ons ou moedertaal is beslis nie die
> maklikste taal om te leer nie. Ek lig my hoed vir julle.

Vir 'n Duitser of Nederlander is dit maar seker makliker as bv. vir iemand wie
se huistaal Engels is. Ek kan bv. baie woorde verstaan wat ek nooit voorheen
gesien het nie, omdat die wortels van daardie woorde dieselfde is as in Duits.
Ek stem maar saam dat Afrikaans beslis moeiliker is as baie mense wil glo. Net
alleen die groot aantal woorde wat mens moet leer en die feit dat Afrikaans
meer woordespele gebruik as enige taal wat ek tot dusver raakgeloop het is 'n
groot aansporing.

> Ek wil ook net vir Thorsten sê, as jy meer in Afrikaans wil gesêls, stuur
> maar die e -pos. Ek is halfpad om die aarde van jou so as jy dag het, het ek
> nag. Dankie vir jou liefde vir my taal.

Dankie. Ek sal jou met graagte in my lys van e-pos vriende opneem, maar ek
wens net ek kon meer tyd vir sulke dinge hê. Daarom verwag asseblief nie dat
ek genoeg tyd het om gereëld te skryf nie. Ek hou werklik daarvan om met mense
wêreldwyd in kontak te tree, en enigeen in hierdie NG is welkom om e-pos
vir my te stuur. Ek moet maar ook sê, so maklik dit vandag is om met ander
mense in kontak te tree, so moeilik is dit om al die kontakte te hou, want ek
is nie een van die mense wat elke dag 24 ure lank voor die rekenaar sit nie. ;-)

> As ons almal bymekaar was, sou ek nou 'n glasie geklink het op julle.

As iemand een dag na Wiesbaden toe wil kom, sal ek met graagte 'n glasie saam
met hom/haar klink... :)

Tot siens,

Thorsten
Re: Afrikaansmagtige Persoon van die jaar [boodskap #17539 is 'n antwoord op boodskap #17438] Wo, 16 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Thorsten Müller  is tans af-lyn  Thorsten Müller
Boodskappe: 103
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Senior Lid
@igs.net wrote:
>
> Ek vind dit interessant dat jy voel dat
> Afrikaans meer woordespel gebruik as
> waaraan jy byvoorbeeld gewoond is in Duits.
> Kan jy meer hieroor uitwei? Bedoel jy daar
> is meer woordspelings (punning) in die
> taal, of speel die mense meer rond met die
> taal?

Ek dink die aantal spreekwoorde of woordespeltjies mag amper gelyk wees, maar
die mense wat Afrikaans praat gebruik meer daarvan as bv. duitssprekendes.
Sommige is dieselfde in Duits en Afrikaans (bv. "in die vuis lag" = "ins
Fäustchen lachen"), maar my woordeboek gee ook baie spreekwoorde wat ek
voorheen nooit gehoor het nie (soos bv. "met Jan tuisbly se karretjie ry",
haha, baie snaaks!).

'n Ander aspek waarvan ek hou is dat Afrikaans baie woorde gebruik wat maar
verstaanbar is vir Duitsers, maar in Duits sou 'n mens daardie uitdrukkings
nooit gebruik nie omdat hulle óf "archaic" (?) óf net baie snaaks klink. Byvoorbeeld:

Stokperdjie = Steckenpferd, maar in Duits sê ons eerder "Hobby"

Lugbesoedeling = Luftverschmutzung, "besudeln" is ook 'n duitse woord, maar in
hierdie konteks klink dit werklik snaaks

> Het jy byvoorbeeld al opgemerk dat in Afrikaans
> jy 'n storie in die verlede tyd kan vertel, maar
> die teenwoordige tyd kan gebruik, bloot deur net
> die sin te laat begin met "toe."
>
> Toe sien ek hom. (Then I saw him.)
> Ek sien hom toe.
> Toe ek hom sien, toe lag ek.

Hmmm, ek moet erken dat ek dit maar al gesien het, maar tot dusver het ek nie
heel besef dat ek dit op dié manier kan aanwend. Interessant!

In Duits is dit 'n bietjie anders. Dis maar ook moontlik om 'n storie in die
verlede tyd te vertel en die teenwordige tyd te gebruik, maar dis eerder
ongewoonlik. Maar as jy 'n storie in die toekoms wil vertel kan jy die
teenwordige tyd wel gebruik. Weens die feit dat jy gewoonlik 'n woord soos
"later vandag", "môre" of "volgende week" byvoeg as jy van die toekoms praat
is dit in elkgeval verstaanbaar wat jy bedoel.

"Môre sal ek na Frankfurt toe ry" = "Morgen werde ich nach Frankfurt fahren"

Maar jy hoef die woord "werden" (="sal") nie te gebruik nie, dus "morgen fahre
ich nach Frankfurt" is ook korrek.

Groete,

Thorsten
Vorige onderwerp: Mapogo a Matamaga
Volgende onderwerp: Hoe vlieg die dae daarheen....
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Sa Jun 15 21:47:04 MGT 2024