Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » werk buite suid afrika
|
|
|
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17417 is 'n antwoord op boodskap #17403] |
Wed, 09 September 1998 00:00   |
Steve Du Plessis
Boodskappe: 10 Geregistreer: August 1998
Karma: 0
|
Junior Lid |
|
|
Simon wrote in message ...
> On Wed, 09 Sep 1998 04:14:50 GMT, e...@dot.com (Johan ) had the
> following to say:
>
>
> |groen bestuurders begin op $10/uur.) Op elke besigheid, en ek bedoel
> |ELKE een, se deure is kennisgewings wat sê "Now Hiring" en dan
> |gewoonlik die poste wat gevul moet word. Ons is dit almal hier eens
> |dat as iemand hier in die middeweste nie werk nie, dan wil of kan hy
> |nie werk nie.
> |
> Dit laat 'n mens baie dink aan die fotos van die depressie en slegte
> ekonomiese tye waar hulle mense wys wat voor besighede staan waar daar
> bordjies op is "No Jobs!".
> Dan moet dit goed gaan met Amerika se ekonomie. Johan praat van die
> middeweste - is daar ander ouens in die VSA wat dit anders ondervind?
>
Simon
Baie beslis ou Simon, hier op die eilande (dit is nou Hawaii :-)) gaan dit
maar beroerd. Alhoewel die vasteland se ekonomie aan die bloei is, is ons
ekonomie besig om agteruit te gaan. Baie van die jong werkskragte, skool
verlaters en studente wat gegradueer het, gaan na die vasteland vir werk.
Hier is die lewenskoste baie hoog. Ek betaal byvoorbeeld hier vir 'n
buiteband 255/70-15 gemaak deur Good-Year, so om en by $280 - 305. In
Missouri is dieselfde band $87. Maar nou ja, ons is maar die swart skape in
hierdie vamielie.
Steve
S^e maar net.
|
|
|
|
|
|
|
|
Re: werk buite suid afrika [boodskap #17490 is 'n antwoord op boodskap #17403] |
Sun, 13 September 1998 00:00  |
G.B.
Boodskappe: 2172 Geregistreer: May 1997
Karma: 0
|
Senior Lid |
|
|
"Steve Du Plessis"
> Baie beslis ou Simon, hier op die eilande (dit is nou Hawaii :-)) gaan dit
> maar beroerd. Alhoewel die vasteland se ekonomie aan die bloei is, is ons
> ekonomie besig om agteruit te gaan. Baie van die jong werkskragte, skool
> verlaters en studente wat gegradueer het, gaan na die vasteland vir werk.
> Hier is die lewenskoste baie hoog. Ek betaal byvoorbeeld hier vir 'n
> buiteband 255/70-15 gemaak deur Good-Year, so om en by $280 - 305. In
> Missouri is dieselfde band $87. Maar nou ja, ons is maar die swart skape in
> hierdie vamielie.
>
> Steve
> S^e maar net.
Wonder of julle ekonomie nie maar net in
depressie is as gevolg van die toestand
in die "Pacific Rim" lande nie. Dieselfde
toestand word op die oomblik in British
Columbia hier in Kanada ondervind. Vir baie
lank was BC die groeipunt en die voorbeeld
van ekonomiese vooruitgang. Nou is dinge
daar nie meer so rooskleurig nie. Wanneer
die VSA 'n "boom" het, ondervind Ontario
in Kanada goeie tye. Wanneer veral die
Oostelike deel van die VSA in resessie gaan,
dan ly Ontario ook daaronder. Hopelik sal
julle ekonomie in Hawai weer terugkeer na
beter dae as die Verre Oosterse lande hul
huise in orde kry. Noord-Amerika het so 'n
periode deurgegaan in die laat 80's en
vroeg-90's. So dit duur nie vir ewig nie.
Gloudina
|
|
|
|
 |
Gaan na forum:
[ XML-voer ] [  ]
Tyd nou: Sun Mar 09 07:44:17 UTC 2025
|