Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND)
Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND) [boodskap #17390] Ma, 07 September 1998 00:00 na volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
wrote:
> "marius" writes: >
>
>>>
>>> Ek het nog nooit in my lewe 'n meer klomp
>>> SLAPGATTE van blankes teegekom as juis in
>>> hierdie " nuwe " Suid - Afrika van vadag nie. En
>>> dan noem hulle,hulle self nog Christene?
>
> So, ou Marius, waaraan skryf jy die slapgatgeit
> van die blankes toe? Omdat hulle nie so negatief
> is teenoor die regering van die dag (wat, merk ek,
> alle volksgroepe insluit) soos wat jy graag sou
> wou sien nie? En jy dink dis hierdie slapgat-
> blankes wat nou nie vir hulleself Christene moet
> noem nie. Hoe sou die Christene optree, volgens
> jou? Die wapens opneem teen die regmatige regering
> van die land? Die bevolking van die land terroriseer?
> Is dit wat die Christene waarvan jy hou in die
> verlede gedoen het? Nee, ou Marius, daardie mense
> wat gedurende die apartheidsregime en nou nog vir
> hulleself Christene noem, maar moord en doodslag
> predik, gaan brand in 'n spesiale plek in die hel,
> en daardie vuur gaan vir ewig brand, ou Marius.
> As julle moord en doodslag wil predik, gaan voort.
> Maar moet nie die Christelike godsdiens daarby
> insleep nie. Dis julle manne wat vir Beyers Naude
> onder huisarres gesit het. Dis alleen sy geloof

Hmmm....
wel...

Ek soek miskien nou vir moeilikheid en ek weet hierdie is nou nie eintlik
Soc.Culture.South-Africa.Afrikaans.Religion (of so iets) nie, maar miskien
sou dit 'n interessante een wees om so 'n bietjie te gesels oor die
geloofsregverdiging van geweld om 'n ideologiese doelstelling te bereik. 'n
Paar geskiedkundige en huidige nuuswaardige dingetjies wat dalk bespreek kan
word is:

1. Die kerklikes in die ANC en ander bevrydingsorgainisasies was (is?)
aanhangers van bevrydingsteologie. Dit was vir sommige van die Christene in
die bevrydingsbeweging die regverdiging van die gewapende stryd teen die ou
Apartheidsregering. Wat is opinies binne die groep nuuslesers oor die punt
waar gewapende weerstand selfs vanaf 'n geloofsoogpunt geregverdig is? Waar
is daai lyn (as dit enigsins bestaan)?

2. Die ondersteuners van Apartheid in die ou (en nuwe) SA gebruik
geloofsredes as een van die hoofredes vir teëstand teen kommunisme. Onder die
ou bedeling was die motivering vir hierdie houding "die beskerming van die
eie is vanuit 'n Christelike oogpunt geregverdig". Daar was erge weerstand
teenor bevrydingsteologie vanuit blanke kerklike kringe gedurende daai tyd.
Nou lees ek in hierdie thread dat Christene "slapgat" is ensovoorts. Beteken
dit nou dat bevrydigsteologie nou aanvaarbeer is omdat die skoen nou aan die
ander voet sit? Indien dit die opinie is, wat sou die skriftuurlike
regverdiging daarvoor dan wees?

3. As ons nou by die punt begin kom dat gewapende stryd maar ok is, solank
dit ek is wat die gewapende stryd pleeg, wat maak dan die pypbomaanval wat in
Planet Hollywood plaasgevind het so erg? Behoort die ondersteuners van enige
vorm van bevrydingsteologie dan nie die metodes te ondersteun wat gebruik
word deur moslemekstremiste nie? Dit gaan tog vir hulle ook om bevryding, al
is dit nou net van 'n ander geloofsoogpunt af, en ek lei af dat die
geloofsgeskrifte van die Moslems nie so erg verdraai hoef te word soos wat
Bevrydingsteologie en Apartheidsteologie vereis nie?

Heeltemal onskuldig aan wat julle my ookal van wil beskuldig ;)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND) [boodskap #17391 is 'n antwoord op boodskap #17390] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Leswin Laubscher  is tans af-lyn  Leswin Laubscher
Boodskappe: 26
Geregistreer: Augustus 1998
Karma: 0
Junior Lid
gide...@usa.net wrote in message

> 1. Die kerklikes in die ANC en ander bevrydingsorgainisasies was (is?)
> aanhangers van bevrydingsteologie. Dit was vir sommige van die Christene in
> die bevrydingsbeweging die regverdiging van die gewapende stryd teen die ou
> Apartheidsregering. Wat is opinies binne die groep nuuslesers oor die punt
> waar gewapende weerstand selfs vanaf 'n geloofsoogpunt geregverdig is? Waar
> is daai lyn (as dit enigsins bestaan)?

Bevrydingsteologie impliseer nie sonder meer 'n natuurlike aanvaarding van,
of regverdiging vir, die gewapende stryd nie. Binne die kader van hierdie
teologie (was?) is dit dus heel moontlik om totale pasifisme te predik,
sowel as die geregverdigde geweldsopsie.

Die "lyn" word natuurlik verder op die spits gedryf deur die ou filosofiese
cum morele vraag in byvoorbeeld die volgende: Is dit regverdigbaar
(godsdienstig of moreel) om 'n jong Hitler te vermoor, sou mens kennis kon
he van die dade wat hy in die toekoms sou pleeg.

Natuurlik is dit onmoontlik om 'n "bevrydingsteologie" op
apartheidsgrondslag te besig, juis omdat Apartheid in wese militeer teen die
christelike (onder andere) leer - vandaar die kettery-brandmerk van so 'n
dekade of wat gelede

leswin
Re: Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND) [boodskap #17392 is 'n antwoord op boodskap #17390] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
On 7 Sep 1998 18:20:07 GMT, wrote:

| teen fisiese geweld was. 'n Mens kan dus veilig
| aanneem dat geestelike leiers nie fisiese geweld
| maklik sal goedpraat nie. Ek dink dat selfs in die
| Moslem-wereld hulle konsep van 'n heilige oorlog
| nie fisiese geweld predik nie.

Gloudina, ek het saam met 'n Moslem klas gegee tydens die Golfoorlog
en dit het uit sy vertellinge net die teenoorgestelde geblyk: hierdie
ouens se Jihad is uiter fisies van aard en suiwer in die vorm van
konvensionele of terroriste oorlog.

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Bevryding en teologie (was: WEEN GELIEFDE LAND) [boodskap #17457 is 'n antwoord op boodskap #17390] Do, 10 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
bi...  is tans af-lyn  bi...
Boodskappe: 100
Geregistreer: Junie 2003
Karma: 0
Senior Lid
En diegene wat op hierdie nuusgroep kom
> praat van hoe hulle Christene is, en dan rasse-onmin
> predik en geweld voorstaan, hulle is 'n etter-sweer
> in die liggaam van die Afrikaanse gemeenskap binne
> en buite Suid-Afrika.
>
>
> BRAVO, wonderlik gestel en 100% waar.

Billy.

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Vorige onderwerp: Petrol
Volgende onderwerp: Re: "Prayer to the Young Moon" by X-NANNI
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 15 01:46:27 MGT 2024