Radiospeler Radiospeler
 
Supertaal
Kom praat saam!

Tuis » Algemeen » Koeitjies & kalfies » Die nuwe millennium (oeps...)
Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17312] Vr, 04 September 1998 00:00 na volgende boodskap
shaun[1]  is tans af-lyn  shaun[1]
Boodskappe: 3
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Henri Burger wrote:

> nomad skryf:

> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek
verneem die nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),

Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000
nie... As jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911,
nie 1910 nie, en so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy
met die volgende tien wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die
volgende tien begin by 21. Op dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar van
die eerste millennium; die nuwe millennium begin eers in 2001.

Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.

My ander boodskap hieroor was bietjie deurmekaar... jammer!
Re: Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17364 is 'n antwoord op boodskap #17312] So, 06 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Mees Roelofs[1]  is tans af-lyn  Mees Roelofs[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
shaun wrote:

>> Jy moet onthou Tzaneen lê amper aan die gatkant van die aarde (ek
> verneem die nuwe millineum breek eers in 2001 by ons aan),
>
> Die nuwe millennium breek in ieder geval eers in 2001 aan, nie in 2000
> nie... As jy tel, begin jy tog eers met die volgende dekade in bv. 1911,
> nie 1910 nie, en so aan. Die eerste 10 word eers afgetel, dan begin jy
> met die volgende tien wanner jy van 11 af verder tel tot by 20; die
> volgende tien begin by 21. Op dieselfde wyse is 2000 die laaste jaar van
> die eerste millennium; die nuwe millennium begin eers in 2001.
>
> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.

Die jaar 2000 se enigste belang is wat die mense voel as 2000 begin.
Hulle sal dit nie voel op nuwejaar 2001 nie.

Mees Roelofs
To reply replace BloodySpammers with Geocities in address
Re: Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17365 is 'n antwoord op boodskap #17312] So, 06 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
hb...  is tans af-lyn  hb...
Boodskappe: 21
Geregistreer: September 1998
Karma: 0
Junior Lid
Mees Roelofs skryf:

>> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.
>
> Die jaar 2000 se enigste belang is wat die mense voel as 2000 begin.
> Hulle sal dit nie voel op nuwejaar 2001 nie.

Ja, en hulle gaan party hou asof alles die vogende dag nuut gaan wees, en met
helse kopsere opstaan, nie vanweë dit wat hulle ingeneem het nie, maar vanweë
alles wat nog presies dieselfde gaan wees. Dan eers sal hulle besef dat
jaartelling 'n kunsmatige ding is, en niks meer nie.

Geluk Mees met jou eerste plasing hier in Afrikaans! Al wat jy nou nog vir die
ouens moet vertel, is dat daar iemand in Holland is wat meer van rugby weet as
die meeste van hulle!

Groete

--
Henri Burger, Tzaneen.RSA
(e-mail: hen...@pixie.co.za)

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17386 is 'n antwoord op boodskap #17312] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Errol Back-Cunningham  is tans af-lyn  Errol Back-Cunningham
Boodskappe: 1029
Geregistreer: Augustus 1996
Karma: 0
Senior Lid
|Ja, en hulle gaan party hou asof alles die vogende dag nuut gaan wees, en met
|helse kopsere opstaan, nie vanweë dit wat hulle ingeneem het nie, maar vanweë
|alles wat nog presies dieselfde gaan wees. Dan eers sal hulle besef dat
|jaartelling 'n kunsmatige ding is, en niks meer nie.
|
Laat mens baie dink aan 30 April 1994 toe almal in SA wakker geword
het en swart nog steeds swart was en wit was wit en niks het werklik
oornag verander nie. En toe begin die wiele stadig draai....

Johan

Vat dit rustig, dan geniet jy die lewe meer ....!
Re: Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17387 is 'n antwoord op boodskap #17312] Ma, 07 September 1998 00:00 Na vorige boodskapna volgende boodskap
Gideon  is tans af-lyn  Gideon
Boodskappe: 194
Geregistreer: Januarie 1997
Karma: 0
Senior Lid
In article ,
hb...@my-dejanews.com wrote:
> Mees Roelofs skryf:
>
>>> Die jaar 2000 se enigste besondere belang is die Y2K gogga.
>>
>> Die jaar 2000 se enigste belang is wat die mense voel as 2000 begin.
>> Hulle sal dit nie voel op nuwejaar 2001 nie.
>
>
> Geluk Mees met jou eerste plasing hier in Afrikaans! Al wat jy nou nog vir die
> ouens moet vertel, is dat daar iemand in Holland is wat meer van rugby weet as
> die meeste van hulle!
>

Ja - Mees het dit so ongemerk ingeglip dat ek dit nie eens agtergekom het nie.
Veelsgeluk Mees. Vir die van julle wat van Rugby hou - Mees het 'n heel mooi
website (oor rugby natuurlik). Is jy die 5e Desember op Twickenham om vir die
Bokke te skreeu teen Engeland Mees? Ons sal waarskynlik 'n hele skare
Suid-Afrikaners hier van Nederland wees wat oorgaan.

Boland Rugby se enigste ondersteuner in Holland (en wie sal nie trots voel na
die naweek se oorwinning oor WP nie)

-Gideon-

-----== Posted via Deja News, The Leader in Internet Discussion ==-----
http://www.dejanews.com/rg_mkgrp.xp Create Your Own Free Member Forum
Re: Die nuwe millennium (oeps...) [boodskap #17430 is 'n antwoord op boodskap #17312] Wo, 09 September 1998 00:00 Na vorige boodskap
Mees Roelofs[1]  is tans af-lyn  Mees Roelofs[1]
Boodskappe: 6
Geregistreer: Julie 1998
Karma: 0
Junior Lid
hb...@my-dejanews.com wrote:

> Ja, en hulle gaan party hou asof alles die vogende dag nuut gaan wees, en met
> helse kopsere opstaan, nie vanweë dit wat hulle ingeneem het nie, maar vanweë
> alles wat nog presies dieselfde gaan wees. Dan eers sal hulle besef dat
> jaartelling 'n kunsmatige ding is, en niks meer nie.

As jaartelling 'n kunsmatige ding is, en wie sal dit nie erken nie,
beteken dit die einde vir alle feeste. Die kalander is ook 'n
kunsmatige ding en die de kalender se einde sal die kers en
verjaardage se einde beteken.

Ek hoop dus dat die kalender nog 'n tydjie sal bestaan en my in staat
stel so af en toe 'n feest heë. Ouens sal ik 31 december 1999 as al
die andere jare met myn vriende deurbreng en met hulle om 12:00 die
nuwe jaar vier.

> Geluk Mees met jou eerste plasing hier in Afrikaans! Al wat jy nou nog vir die
> ouens moet vertel, is dat daar iemand in Holland is wat meer van rugby weet as
> die meeste van hulle!

Dankie. Tans moet ek nog myn Afrikaans verbeter.

Mees Roelofs
To reply replace BloodySpammers with Geocities in address
Vorige onderwerp: PW BOTHA may get jail term.
Volgende onderwerp: Re: NELSON MANDELA "We Thank You"
Gaan na forum:
  

[ XML-voer ] [ RSS ]

Tyd nou: Wo Mei 22 22:17:20 MGT 2024